praag.co.za

Renamo, Frelimo op die oorlogspad

Written by

in

,
Renamo-leier, Alfonso Dhlakama
Renamo-leier, Alfonso Dhlakama

Mosambiek se opposisieparty, Renamo, het verklaar dat die vredesverdrag wat in 1992 met die regerende Frelimo-party gesluit is, tot die verlede behoort.

Dié aankondiging volg nadat ‘n aanval deur regeringsoldate op Renamo se hoofkwartier geloods is.

Volgens Renamo het die Mosambiekse weermag die party se basis in die sentrale Sofala-provinsie aangeval waarna die Renamo-leier, Alfonso Dhlakama, skuiling moes soek in die Gorongosa-gebergtes.

Hy is volgens berigte nie beseer nie en steeds gesond.

Volgens die nuuswebwerf Bloomberg hou Frelimo die opposisieparty verantwoordelik vir aanvalle op openbare vervoer.

Verskeie pogings om die verskille tussen Frelimo en Renamo by te lê, het misluk.

Mosambiek gaan volgende jaar na die stembus in ‘n algemene verkiesing.

Comments

25 responses to “Renamo, Frelimo op die oorlogspad”

  1. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Hier gaan Afrika al weer. Hier by ons gaan die ANC vs EFF wees en ons as blankes sal altyd die skuld kry en ongelukkig in die middel van die knyptang vasgevang wees.

    1. Marthinus Avatar
      Marthinus

      Dit is tyd dat ons ophou die slagoffer speel, dit is tyd om beheer te vat oor ons eie veiligheid in die nabye toekoms. Dank Vader vir die Suidlanders.

      1. Chris Avatar
        Chris

        Marthinus ek het ook baie belanggestel in die Suidlanders en hulle mag dalk n plan he vir groot stront maar niks vir ons situasie nou nie.Ek is ook versigtig vir bewegings met self aangestelde leiers.Aka AWB ens.Ek glo n groep mense kom saam en dan eers kies jy n leiers as jy een nodig het, maar, die stig n beweging en werf lidmate wat jou moet volg ai ek is nie so seker.

        1. Marthinus Avatar
          Marthinus

          Ja nee Chris, ek moet eintlik ophou sulke stellings maak. Dit is vreeslik frustrerend om oorgelaat te word aan die lot maar ek sal jou een ding sê hierdie tyd waarin ons lewe versterk my geloof in Christus soos ek nog nooit beleef het nie.

          Ek stem saam met jou. Ek is ‘n lid van die Suidlanders alleenlik vir ‘n uitweg AS dinge “suid” gaan soos hulle gereeld verkondig – ‘n Arabiese lente.

          1. Arnieann Avatar
            Arnieann

            Ek steun hulle ook. Al het hulle hul self aangestel Wie anders sou dit gedoen het.?
            Wie het vir Jaap Kelder, of Dan Roodt of Sunette en die vele ander mense wat goeie werk doen aangestel ??
            Mens moet konsekwent wees oor hierdie goed.

          2. Marthinus Avatar
            Marthinus

            Jy kry verseker twee tiepe leiers; die een wat net doen dan volg die res, en die een wat ‘n groepering van eendersdenkendes uitwys en aanstel. Andries Pretorius is ‘n goeie voorbeeld van geroep word. Hy was geroep om te kom help nadat Gerrit Maritz gesterf het. Hy was geroep want hulle het natuurlik hom geken en vertrou, hoe baie mense ken ons om van te kies wat die gepaste eienskappe het?

            Ek verkies eintlik die eerste een, want dit vat karakter om net op te staan en te doen, mense kan swak selfbeeld optel ‘n myl weg, selfde tel vir self vertroue. Daai sterkte voel mense – Sunette het net ingespring en gereël die res het gevolg want dit was iets waaroor ons omgee. Nou OK, sy het haar area, huis en hart beskerming is nou nie haar forte nie maar jy verstaan wat ek se.

            Dan kry jy derde plek die “leiers” met hulle “organisasies” en hulle “logos/vlae” en hulle het natuurlik altyd ‘n agenda wat gewoonlik meer spesifiek is as vir die beswil van die kollektief – dis by daai manne wat ek verby loop gewoonlik. Moenie my verkeerd verstaan nie, ek voel jy is vry om te stig wat jy wil stig. Die Suidlanders is duidelik nie so nie, hulle is spesifiek ja, maar dit gaan oor oorlewing en groepering.

            Nog ‘n rede hoekom daar nie ‘n leier uitgekies word nie is omdat ons nie genoeg sosiaal verkeer met mekaar nie, almal is te besig en te haastig. Mens kry nie tyd om as ‘n groep te ontwikkel saam nie. Ek kry die idee rugby/sport is op die oomblik al manier hoe mense saam kom, amper asof die Afrikaner ‘n groot introvert is en hy kort fanatiese opsweping en/of alkohol om passie te volhou. Vreemd, kyk, ek mag verkeerd wees.

          3. Arnieann Avatar
            Arnieann

            Wie sou ooit kon dink dat daar ‘n man soos Terreblanche op die voorgrond sou tree. Dit was op sy tyd ‘n totale nuwe verskynsel in SA.
            Dan was daar die verraaiers en ook die ooryweriges wat meer skade as goed gedoen het.
            Die AWB is nou skoon wat dit betref. Daar is nog steeds die insypelaars wat altyd daar sal wees.

          4. Marthinus Avatar
            Marthinus

            Mens kan nooit charisma onderskat nie solank dit gepaard gaan met intelligensie. Ek onthou ek het een slag Terreblance ontmoet in sy kantoor toe ek so 5 jaar oud was saam met my pa. Sal dit nooit vergeet nie. Het Terreblanche nie ‘n seun nie ek verbeel my iemand het my vertel hoe goeie spreker hy is?

            Mense kan maar nou lag, huil of cheer oor die AWB dit is jammer dat hulle vandag onthou word as “militante rassite” hulle was nie so seer teen die swart ras as wat hulle teen die kommunistiese en sionistiese (Slovo) elemente was nie en hulle het mense probeer bewus maak met alle mag…

          5. Arnieann Avatar
            Arnieann

            Ek merk ook ‘n baie groot stilte wat betref negatiewe uitbarstings oor die AWB.
            Mense begin nou sien dat Eugene tog reg was met sy optredes.

          6. sjert Avatar
            sjert

            Groen onderbroeke wat deur die motte bygekom is, brannas en coke, perde wat val en al daai lekka dinge, is ook nie meer deel van die karikatuur wat van die Afrikaner geskets word nie.

          7. Arnieann Avatar
            Arnieann

            Jammer dat dinge eers tot op hierdie huidige situasie waarin ons nou is, moes vorder voordat oë oopgegaan het.
            Daar word nou eers ontdek watter baterds hierdie media is en watse leuns hulle aan die mense verkondig het.
            En die AWB moes al hierdie slaë verduur, en het dit tog oorleef.

        2. Riempies Avatar
          Riempies

          Chris ek dink ons moet begin besef aan wat se trauma ons as volks blootgestel is – die mat is in sy totaliteit onder ons
          uitgeruk deur FW se verraad. Die skok dat ons nou deur derdewereld mense in ons eie land regeer word en toe nog bo-op alles blootgestel word aan hulle gedrag soos kinders n wat n roomysfabriek gekry het – dit was en is groot trauma vir ons as volk.

          Ek haal my hoed af vir al die verskillende mense wat op een of ander manier gepoog het om te hergroepeer as groep. Ek sien dit as as n poging om emosionele stalbiliteit en sekuriteit te verwesenlik te midde van chaos.

          Dink dikwels daaroor as ons mekaar kan vind tenspyte van ons gebreke en hierdie groepe onder een sambreel te kry is ons alreeds by implikasie alweer n ordelike regering – die verskillende groepe se pogings verteenwoordig alreeds soveel disiplines dat ons net grondgebied kort want die agtergrond en fondasie is alreeds daar.

          Self sal ek nooit anders as om my aggressie te rig tot die wat dit verdien nie – die FW de Klerk Pik Botha en
          Roelfmeyer trilogie en hulle agterryers nie en sover dit vir my menslik moontlik is my mede Afrikaners in verdrukking ondersteun.

        3. Arnieann Avatar
          Arnieann

          Jy raak nou ‘n ding hier aan wat my hinder.
          Daar word al vir baie jare geroep vir ‘n Afrikaner leier.
          Bedoel die mense dat dit ‘n persoon moet wees wat uit sy eie uit die niet verskyn, of moet dit ‘n persoon wees wat deur mense aangestel moet word.
          Stel dan een aan, as dit die weg is wat geneem moet word.

  2. marula Avatar
    marula

    O Koek! n Ou vennoot van my het net so paar jaar gelede afgetree en n vakansie oord in Xai-Xai gekoop. Hoop net dinge raak nie nou handuit nie.

  3. Willy Avatar
    Willy

    Dis ‘n eeue oue kultuur van hulle. Die stamgevegte. So gaan dit in die res van Afrika. Hoop die wit boere daar sal veilig wees.

  4. sjert Avatar
    sjert

    Sal interessant wees om te sien wie nou daarvan beskuldig gaan word dat hulle vir Renamo en moer-rena Dlhakama ondersteun. Wapens,sjeld, die jille catastrophy.
    Was voor 1994 heel maklik. Die Frelimo en ANC trutte het altyd die destydse RSA regering daarvan beskuldig en sommer enige ander ongemaklikheid bygevoeg, van pestilensie onder die prawns tot ingroeiende toonnaels
    As ‘n bonus het hulle ook die skuld op die Boere se skouers geplak, vir oorle’ Cremora Machel en sy blink-gedrinkte Russiese paailits se verdwalery, wat tot sy tragiese afsterwe (snik), in die Lebombo berge gelei het. (Nog ‘n snik).
    :-()

  5. Shannon Avatar
    Shannon

    Hierdie storie kan Mosambiek se ekonomie ernistig knou.

    1. hb Avatar
      hb

      Mosambiek het nie n ekonomie nie.

  6. jas stegmann Avatar
    jas stegmann

    Waar is Antony Turton van NI? Hy maak mos daarop aanspraak dat dit hy is wat die vrede tussen Frelimo en Renamo bewerkstellig het. Lyk nou of hy vrot werk gedoen het. Hy en NI, manne soos Niel Barnard, was verantwoordelik vir vele poilitieke mirakels, ook die een hier te lande wat so baie Afrikanerlyke oplewer, hulle het ou Nelson mos so opgetof vir al sy ontmoetings met oorle Kobie Coetsee, PW, FW… Gróót gesprekke gevoer daar op hul eiland in die Vaalrivier met die kommuniste om hulle pensioene te verseker, glo nogal goeie bemarkers. Net jammer hulle moes ‘n nuwe skurk vir die verhaal skep: die regse Afrikaner. Wel, as Mosambiek in die put afneuk, soos Zimbabwe, dan is ons landjie se beurt om die draai. Aag, wat help praat. Mirakel, miraats, gaan vat ‘n sluk aan jou wegsteekdop in die geraats. Die manne met die vals snorre, donkerbrille en binne-inligting sal in elk geval sorg dat hulle vê.e.e.e.r van die moeilikheid af is wanneer allerhande goed in die lugversorger beland, die lugversorger wat gelukkig sal staan omdat Evkom en die kragstasies staan.

  7. Chris Avatar
    Chris

    Baie gas gekry daar. Sirie,Irak,Libie,Afganistan ens.

  8. Mattewis Kat Avatar
    Mattewis Kat

    Afrika-demokrasie! Die een met die meeste wapens & rondtes, asook die akkuraatste vuur is uiteindelik die oorwinnaar.

    1. manie Avatar
      manie

      Dis nie beperk tot Afrika nie.. kyk maar na Amerika.

      Demokrasie is ‘n plooi om die ander party te bind in ‘n eenheidstaat en so maklik meer te kry as wat jy op geregtig is. Soos elke ou dink hy gaan die lotto wen, dink elke party hy gaan die verkiesing wen. As dit nie gebeur nie, beskuldig jy die ander party van verneuk, en gryp jou wapens.

      Jy moet net altyd ‘n goeie storie he..

    2. sjert Avatar
      sjert

      Jy’s doodreg Matt.
      Lekker ge-doeks?
      🙂

  9. Arnieann Avatar
    Arnieann

    Ek het elders gelees dat groot ondernemings in Zim die een na die ander sluit.
    ‘n Paar honderd in ‘n kort tydjie het opgepak, en geskoert.
    Wonder waarheen.

    1. Marthinus Avatar
      Marthinus

      Waar daar ‘n rokie is, is daar ‘n vuurtjie. Soos rotte wat vlug vir ‘n vloed.

Leave a Reply