‘Gewelddadige en militante oproer sal toeneem’

Irvin Jim
Irvin Jim

Die werkersvakbond NUMSA beskuldig die ANC daarvan dat hy nie swart werkers as mense erken nie. Die vakbond se hoofsekretaris Irvin Jim het Sondag die Joe Slovo-gedenklesing in Queenstown, in die Oos-Kaap gelewer.

Jim sê die regerende party verwag van die land se arm mense om nederig en nie-gewelddadig te wees nie, ten spyte daarvan dat hulle wat hy noem, klein en afbrekende lone uit die koloniale era kry.

“As gevolg van die voortgesette lae en gewelddadige koloniale loon van die swart werkersklas, kan ons geweldadige en militante stakings elke dag sien,” het hy gesê.

Jim sê as dit nie spoedig deur die ANC aangespreek word nie, sal die gewelddadige en militante oproer toeneem.

“Ons base en die ANC-regering wil hê ons moet oorleef op lae, wrede en gewelddadige koloniale lone en intussen moet ons nederig, vriendelik wees, nie-gewelddadig en maklik om te manipuleer en hanteer tydens stakings.“

Hy het verder gesê: “Beide wit monopolie-kapitaal en ons ANC-regering dink op een of ander manier die swart werkersklas moet tevrede wees met ons minderwaardig koloniale lone en minderwaardige onmenslike sosiale omstandighede.” – salabournews.co.za

73 thoughts on “‘Gewelddadige en militante oproer sal toeneem’”

          1. Ja, maar as hoofsekretaris moet ‘n man daaaaam respektabel vertoon, don’t ye think ?

            Sal die tand los, maar draadjies is ‘n defnitief MOET !

          2. Dis waarvoor hy ‘n assistente het. Die kou die chappie tot dit sag is en gee dit dan vir hom. Dis in die begin stadium wat dit vassit

      1. Dit herinner my, julle moes sien wat sien ek gister! dit was vreeslik snaaks. Skoolseun met ‘n fiets met een of ander klein motortjie op die pyp aangebring en hy bzzzzzz by mens verby soos ‘n muskiet! Ek het soo gelag vir dit en dink toe dit is ‘n wetenskaplike in die making daai!

  1. Die Anglo-Amerikaners word SKAT ryk en die swart werkers vrek van die honger terwyl die Afrikaner beskuldig word vir alles; “The honeymoon is over for white poeple” asof alle witmense een organisme is met een verstand. Ek stem nie saam met die buitelandse oorheersing van die land se bronne nie.

    Die ANC pocket net al die pad. Mandela se heilige nalatenskap is niks anders as ‘n sekte van plunderaars nie. Van wapen transaksies tot skalie gas; hulle sal stroop tot daar niks oor is nie. En as jy wil wegbreek en apart wees van hierdie sirkus is daar ‘n weermag neo-marxiste wit self-haters wat jou wil brand op die stapel as ‘n rassis.

          1. Ja nee Willy, as daar iets is van Tripsie dan kyk jy gou dat dit verby kom en as dit veilig is rol jy terug.

          2. Tripsie, van nou af as Ken met ons sukkel stuur hom sulke verskriklike prentjies hoor. Sonder ‘n woord!!!

          3. Het jy enigsins gedink ek gaan jou aandete spaar … uit my kinderalbum … was ‘n ongeluk.

          4. Whaaaaaa sis, ek sluk flippen klonte! Fokkit dis gross! Ek dog jy gee net van sy familiefotos!!!

          5. WAT HET EK NETNOU GESê VAN HANDE OP DIE PLEK?
            Okay maatjies ek verlaat julle nou en moet asb nie dat Ken, alias poephol julle aand bederf nie! Lekker slapies

          6. Heeellllll maar ek gaan mooi slim en trim word. Ek sluk nie meer ek !!!!!! Sal net in die regte shape wees vir Margate se strand Desember maand. Bring it on babe!!!

  2. Dit tref my nou net – hulle mag in opstand kom, geweldadig ook en dit word so gelate aanvaar, dit is mos nou maar die manier. Ons moet dit so aanvaar.

    Ons mense protesteer vreedsaam deur rooi balonne die lug in te stuur en dan word ons as die grootse kwaaddoeners in die heelal uitgekryt deur al wat leef en beef. Waarin lê die geregtigheid?

    Dink hulle dit is net die “swartes” wat ‘n hongerloon verdien? Hoe is die lone “geweldadig”? Werk vir wat jy in die lewe wil hê. As jy wil meer verdien, werk harder, sorg dat jy geleerdheid bekom deur harde werk maar moenie net verwag dat jy kan sit en niks doen en dit na jou kant toe gaan kom nie.

    Verder is dit lankal nie meer wit monopoliekapitaal nie – gaan bedel by Zuma, Ramaphosa, Sexwale, Motsepe en diesulkes – hulle het veel meer geld as die blankes.

    1. So goed asof ek self getik het – jy neem die woorde uit my mond.

      Hierdie klomp bedelaars wat die hande so klap en na die mond wys by die verkeersligte loop tot by mens se motorruit en gebare maak, selfs die by winkelsentrums wat mens so lastig val – ek antwoord net, gaan vra Mandela of Zuma .. end van prent.

      1. Trippie, weet jy hoe erg is dit as daar wittes is wat PRESIES dieselfde doen op verkeersligte!! Ons het een witman wat op sy knieë staan in die middel van die pad en iemand gaan hom nog eendag moerpan toe ry want jy kan hom nie raaksien nie. Dit vat aan jou hart maar weet jy ek kan net nie myself sover kry om vir hulle geld te gee nie! Ek vertrou hulle nie want ek het eenkeer gesien hoe ‘n “gebreklike” regloop toe hy dink al die verkeer is weg. Ek ry in die oggend verby ‘n woonstel gebou waar bedelaars in die een bly en dit lyk ver van armoedig daar hoor. Sit hulle op die stoep voor werk en sulke LANG sigarette en rook.

Maak 'n opvolg-bydrae