Clive Rice, oudkrieketkaptein van Suid-Afrika en Transvaal is Dinsdag oorlede. Die 66-jarige Rice is in Maart in Indië geopereer om ‘n gewas in sy brein te verwyder. ‘n Neurochirurg in Suid-Afrika het hom egter met sy terugkeer ingelig dat daar niks meer is wat hulle vir hom kan doen nie. Die Krieketraad se uitvoerende hoof,
Afrikaans veroorsaak ‘asemnood’ by swart US-studente
Sowat 30 studente, waaronder ook wittes, het Maandagoggend ‘n derdejaarslesing in politieke wetenskap by die Universiteit van Stellenbosch ontwrig toe ’n dosent na Afrikaans oorgeskakel het. Een van die swart studente het opgespring en gesê hy “kan nie asemhaal nie”. Toe die dosent, Ubenicia Adams-Jack, hom vra wat fout is, het hy gesê onderrig in
Lees verder: Afrikaans veroorsaak ‘asemnood’ by swart US-studente
Israel, Palestyne bots oor moskee
Lede van die Israelse veiligheidsmagte het slaags geraak met Palestyne tydens botsings in Jerusalem. Geweld het uitgebreek tussen Palestynse betogers en die Israelse polisie, nadat owerhede beperkte toegang aan Moslemse aanbidders tot die al-Aqsa-moskee. Dié moskee is in die ou gedeelte van Jerusalem en word deur Moslems simbool beskou. Israelse polisie het die moskee, een
Bekende Windhoeker in plaasaanval doodgeskiet
Die 76-jarige mnr. Gerald Leitner is Vrydag op sy plaas in die Hochfeld-omgewing sowat 76 km buite Okahandja deur vyf verdagtes aangeval en doodgeskiet. Die Republikein berig dat niemand nog in verband met sy dood in hegtenis geneem nie. Volgens die skakelbeampte van die Namibiese polisie, insp. Pendukeni Haikali, het rowers Woensdag verlede week probeer
‘Apartheidslagoffers’ kan nie van Ford, IBM eis sê hof
Sogenaamde slagoffers van apartheid in Suid-Afrika kan nie voortgaan met regsgedinge teen die motorvervaardiger, Ford en die rekenaarreus IBM, oor hulle destydse sakebedrywighede in Suid-Afrika nie. Dié maatskappye het glo meegewerk om die destydse stelsel in stand te hou, volgens eisers. ‘n Amerikaanse federale appèlhof in New York het egter beslis dat swart Suid-Afrikaners nie
Lees verder: ‘Apartheidslagoffers’ kan nie van Ford, IBM eis sê hof
Lyk van huiswerker gevind
Die lyk van ‘n 40-jarige huiswerker is vanoggend by ‘n huis in Hospitaalpark met ‘n tou om die nek gevind. Polisiewoordvoerder, Chaka Marope, sê die swart vrou is vermoedelik verwurg. Volgens hom het lede van ‘n sekuriteitsmaatskappy op haar lyk op ‘n trap in ‘n waskamer buite die huis afgekom. Hy sê haar kop het
Hengelaar se lyk opgespoor
Die liggaam van Hendro Schutte (29), wat twee weke gelede saam met sy oom in Barberspan naby Delareyville in Noordwes verdrink het, is gisteroggend gevind. Polisieduikers het onverpoosd na Schutte se liggaam gesoek. Die twee mans was besig om in ’n boot op die dam te hengel. Schutte se oom, Koos Venter (56), se lyk
Standbeelde na Fonteine verskuif
‘n Nuwe terrein is in Pretoria geïdentifiseer om “omstrede” standbeelde te huisves. Dit volg na die verwydering van standbeelde ná vandalisme teen koloniale en Afrikanermonumente. Die Gautengse LUR vir Sport en Ontspanning, Molebatsi Bopape, sê die provinsiale regering het die Fonteine-oord geoormerk as die nuwe nasionale monument- en erfenisgebied om die standbeelde te huisves. Sy
Voorleggings oor grondonteiening bevraagteken grondwetlikheid
President Jacob Zuma se beloofde onteieningswet wat in Februarie vanjaar in sy staatsrede aangekondig is, word beoog om die beginsel van “gewillige koper, gewillige verkoper” te laat vaar. Belanghebbendes sal van Dinsdag tot Donderdag voorleggings oor die omstrede onteieningswetsontwerp doen. “Ons is daartoe verbind dat die grond teruggegee sal word aan ons mense en die
Lees verder: Voorleggings oor grondonteiening bevraagteken grondwetlikheid
Telkom-hoof kry R19 miljoen sonder ‘n dag se werk
Die voormalige finansiële hoof van Telkom het in 2013 nagenoeg R19 miljoen verdien sonder om ‘n dag te werk. Telkom het gister sy geïntegreerde verslag vir die jaar tot einde Maart bekend gemaak. Volgens die verslag was Jacques Schindehütte se gewaarborgde pakket R6,5 miljoen en het hy ook “by- en ander voordele” van R12,2 miljoen vir
Lees verder: Telkom-hoof kry R19 miljoen sonder ‘n dag se werk
