Vier vermeende renosterstropers is die afgelope naweek in die Krugerwildtuin doodgeskiet, het ’n woordvoerder vir Sanparke, Ike Phaahla, Maandag gesê. Veldwagters het Saterdag op ses vermeende stropers in die wildtuin afgekom en ’n skietgeveg het uitgebreek. “Drie verdagtes is doodgeskiet en die ander drie is in hegtenis geneem,” het Phaahla gesê. ’n Vierde vermeende renosterstroper
MK-veterane belowe nog ‘n Marikana na plundertog
Sowat 80 betogers is in hegtenis geneem Maandag vir hul betrokkenheid in ‘n gewelddadige protes buite die Germiston se Burgersentrum waar Ekurhuleni se burgemeester Mondli Gungubele geweier het om hulle toe te spreek. Die protesgroep, wat bestaan uit Umkhonto we Sizwe Militêre Veterane en die Azanian People‘s Organisation, het die gebou binnegedring, en deure, vensters
Lees verder: MK-veterane belowe nog ‘n Marikana na plundertog
Matriek: Regering doen weg met bevoegdheidstoetse vir merkers
Die regering het weggedoen met bevoegdheidstoetse vir onderwysers wat matriekvraestelle wil merk. Die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga het aan die parlement gesê die toetse sal slegs weer ingestel word ná samesprekings met die onderwysersvakbond, SADOU. Die vakbond het oor die toetse gekla nadat talle van sy lede in vorige jare nie kon slaag
Lees verder: Matriek: Regering doen weg met bevoegdheidstoetse vir merkers
Oproer in Tsonga-gebied bedaar
Die situasie by Malamulele in Limpopo was laat Maandagaand weer rustig nadat die polisie versperrings en voorwerpe op talle paaie verwyder het. Die lokasie word hoofsaaklik bewoon deur Tsongas. Die dorp self is 35 km weg geleë van die Punda Maria–hek van die Kruger Nasionale Park, hoewel die grense teen die heining van die Kruger
Militêre veterane gaan op plundertog in Germiston
Sogenaamde MK militêre veterane (Umkhonto we Sizwe) het op ‘n plundertog in Germiston aan die Oos-Rand gegaan. Metropolisie moes Maandag ongeveer 2000 veterane wat opgeruk het na die Ekhurhuleni Burgersentrum met rubberkoeëls in bedwang hou. Hulle het op die burgersentrum toegesak waar die kantore van die burgemeester, die speaker, die hoofsweep, personeel en ander politieke
Lees verder: Militêre veterane gaan op plundertog in Germiston
OB en OVK takel mekaar oor ‘hoogs onreëlmatige’ huurkontrak
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie se voorsitter adv Pansy Tlakula, “hoef” glo nie geskors te word nie. Thuli Madonsela het namens die Openbare Beskermer ‘n verslag vrygestel wat getoon het dat Tlakula ‘n “uiters onreëlmatig” rol in die verkryging van die Riverside Office Park gebou, in Centurion, vir die OVK se hoofkantoor gespeel het. Madonsela het onbehoorlike
Lees verder: OB en OVK takel mekaar oor ‘hoogs onreëlmatige’ huurkontrak
Aan Piet Croucamp: Afrikaners ís ’n etniese groep
deur Dan Roodt [followbutton username=’danroodt’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’] Hou van Dan Roodt se Facebookblad Piet Croucamp is geen ernstige denker nie. Trouens, hy neem nie sy opponente ernstig op nie en maak hulle gewoon as “onintelligent” of “regses met ’n “lae IK” af. Boonop is dit moeilik om te bepaal uit watter ideologiese hoek sy stellings
Lees verder: Aan Piet Croucamp: Afrikaners ís ’n etniese groep
Stakings kan beleggersvertroue knou
Die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid het sy besorgdheid uitgespreek oor die voortslepende stakings in die land. Duisende werkers staak in die voertuigvervaardiging- en die konstruksiebedrywe, terwyl ‘n staking ook in die goudmynbedryf dreig. Die SAKKN sê die impak van al die stakings sal nie net beleggers en sakeondernemings raak nie, maar ook die
Nelspruit-naamsverandering weens fout nie voor hof
Die hofsaak oor Nelspruit se naamsverandering na Mbombela kon nie in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria aangehoor word nie weens ‘n fout op die hofregister. Die finansiële bestuurder van die Laeveldse Sake- en Toerismekamer, Linda Grimbeek het dit as teleurstellend en frustrerend bestempel, maar gesê dat dit buite die beheer van albei partye is. Volgens
Lees verder: Nelspruit-naamsverandering weens fout nie voor hof
Beskuldigde nommer 4: Ope brief deur Hein Boonzaaier
deur Hein Zaayman (alias Hein Boonzaaier) Jy staan een oggend op met ‘n lied in jou hart, en gaan stap deur jou tuin met jou getroue ou boerboel aan jou sy. En ewe skielik sien jy voor jou omtrent dertig polisiebeamptes met masjiengewere op jou gerig. Jou boerboel se hare rys, sy begin vorentoe hardloop,
Lees verder: Beskuldigde nommer 4: Ope brief deur Hein Boonzaaier
