Goedkeuring vir die samesmelting van die Midvaal en Emfuleni munisipaliteite in die Vaaldriehoek in ‘n enkele metroraad sal teen die einde van die week afgehandel wees. Die samesmelting sal ook die Sedibeng Distriksraad insluit. Die Munisipale Afbakeningsraad gaan die saak finaliseer na uitgebreide konsultasies plaasgevind het. Midvaal is die enigste munisipaliteit in Gauteng wat reeds
Polisielede werk ten spyte van duur siviele eise
Die minister van Polisie, mnr. Nathi Mthethwa, sê sedert 2009 is geen klagtes van wangedrag teen enige lid van die Polisie ingestel waar howe siviele eise teen die Polisie toegestaan het nie. Dit blyk uit ‘n antwoord van die minister van Polisie, mnr. Nathi Mthethwa, op ’n vraag van Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus
Lees verder: Polisielede werk ten spyte van duur siviele eise
‘Geweld in Fochville bedreig die demokrasie’: ANC-LUR
Die geweld wat met diensleweringsbetogings gepaardgaan in Kokosi, die lokasie van Fochville, bedreig die demokrasie. Só het die LUR vir menslike nedersettings in Gauteng, Ntombi Mekgwe, gister verklaar. “Geweld op hierdie stadium van ons demokrasie kan slegs die winste van ons demokrasie omkeer,” het sy in ‘n mediavrystelling gesê. “Die eindresultaat van dié ongewenste en
Lees verder: ‘Geweld in Fochville bedreig die demokrasie’: ANC-LUR
ANC maak feitlik skoonskip in Noordwes-tussenverkiesings
Terwyl die hoofstroommedia so te sê die ondergang van die ANC vier, het die party gister ‘n stewige vertoning in Noordwes-tussenverkiesings gelewer deur almal behalwe een te wen. In die Potchefstroomse verkiesing waar vooraf hoë verwagtinge geskep is dat die DA die ANC in die Tlokwe-tussenverkiesing sou troef, het die ANC in kiesafdeling 9 met
Lees verder: ANC maak feitlik skoonskip in Noordwes-tussenverkiesings
Wildstropers bedreig aasvoëls
Wildstropers wat die karkasse van trofeediere met gif laai is ‘n groot bedreiging vir aasvoëls in Namibië. Mnr. Peter Bridgeford van Vultures Namibia is as Walvisbaaier een van die grootste navorsers en bewaarders van Namibië se aasvoëls. Met Walvisbaai as die basis van Vultures Namibia konsentreer hy op die skaars swartaasvoëls van die Namib, maar
OVK, polisie gereed vir Tlokwe-stemmery
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie sê hy is gereed vir vandag se hoogs-betwiste tussenverkiesing in wyk nege van die Tlokwe munisipaliteit in Potchefstroom in Noordwes. Die pos is vakant nadat ‘n raadslid bedank het om te fokus op sy werk as ‘n onderwyser. Die polisie in Noordwes sê daar is genoeg beamptes ontplooi om orde in die
Koue kom, krag beur
Rampbestuur in die Suid-Kaap en Klein Karoo is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag na waarskuwings van swaar reën en sneeu in die streek. Die nasionale weerkantoor het ‘n waarskuwing uitgereik van ongunstige weerstoestande in die Wes-Kaap oor die volgende paar dae. Eskom sê die vraag na elektrisiteit was Dinsdagaand baie hoog weens die koue weerstoestande. Kragverbruik
Kenia-lughawe in ligte laaie
Brandbestyders werk onverpoosd om ‘n groot brand by die Jomo Kenyatta lughawe in Kenia onder beheer te bring. Die brand wat ongeveer vyfuur vanoggend in die vertreksaal uitgebreek en na die aankomsaal versprei het, het tot die sluiting van dié lughawe gelei wat een van die besigste vervoersentrums in Oos-Afrika is. Die aksynsvrye-deel van die
ANC herontplooi dislojale, korrupte kaders
Die ANC het regeringslui wat hul poste weens vrae oor korrupsie en lojaliteit jeens pres. Zuma verloor het, is herontplooi. Die voormalige ministers in die kabinet, Dina Pule en Tokyo Sexwale asook die voormalige premier van Limpopo, Cassel Mathale, dien nou op verskeie parlementêre komitees. Mathale is voorheen betrek by ‘n korrupsieskandaal waarin Julius Malema
Swart verdagte wat 3-jarige verkrag vas
‘n Swart man is Dinsdag in hegtenis geneem omdat hy na bewering ‘n drie-jaar-oue dogtertjie in Ipeleng, naby Schweizer Reneke, in Noordwes, verkrag het, het die polisie gesê. Die 37-jarige man, wat die kind se buurman is, het haar na ‘n nabygeleë plakkershut ontvoer waar hy haar verkrag het Maandag, het kaptein Pelonomi Makau gesê.
