‘n Swart man is Dinsdag in hegtenis geneem omdat hy na bewering ‘n drie-jaar-oue dogtertjie in Ipeleng, naby Schweizer Reneke, in Noordwes, verkrag het, het die polisie gesê.
Die 37-jarige man, wat die kind se buurman is, het haar na ‘n nabygeleë plakkershut ontvoer waar hy haar verkrag het Maandag, het kaptein Pelonomi Makau gesê.
“Die polisie is na die toneel ontbied nadat die gemeenskap na bewering die verdagte aangerand het. Die verdagte is na die hospitaal geneem met beserings en is onder polisiebewaking,“ het Makau gesê.
Die man is ontslaan en in hegtenis geneem Dinsdag en sal na verwagting binnekort in die Schweizer Reneke-landdroshof verskyn. – Sapa
