‘Geweld in Fochville bedreig die demokrasie’: ANC-LUR

Die geweld wat met diensleweringsbetogings gepaardgaan in Kokosi, die lokasie van Fochville, bedreig die demokrasie. Só het die LUR vir menslike nedersettings in Gauteng, Ntombi Mekgwe, gister verklaar.

“Geweld op hierdie stadium van ons demokrasie kan slegs die winste van ons demokrasie omkeer,” het sy in ‘n mediavrystelling gesê.

“Die eindresultaat van dié ongewenste en verkeerde optrede is dat, nadat eiendom en infrastruktuur verwoes is, ons mense slegter daaraan toe is, en nie andersom nie.”

Ten minste 45 mense is vandeesweek in verband met openbare geweld in die gebied in hegtenis geneem.

Volgens Mekgwe bestaan daar “opportunistiese elemente”, sowel polities as misdadig, wat die probleme van die Kokosi-gemeenskap uitbuit.

‘n Aantal vergaderings is reeds met inwoners gehou om die ontwikkeling van die buurt te bespreek en dienste is reeds op grond in uitbreiding ses aangebring, waar huise gebou sou word.

Mekgwe het gesê dat dit na vore gekom het dat die grond onwettig aan die munisipaliteit verkoop is.

“Hierdie ontstellende feit, asook die hofsaak wat daaruit voortspruit, het die program opgeskort.”

Sy het ‘n beroep op inwoners gedoen om geduldig te wees en die plaaslike en provinsiale regerings tyd te gee om die grond terug te kry.

Mekgwe beweer dat betogers klippe na die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, gegooi het.

Vroeër het luitenantkolonel Katlego Mogale gesê dat 45 mense Maandag en Dinsdag weens openbare geweldpleging gearresteer is.

Inwoners het paaie met klippe en brandende buitebande versper.

“‘n Spaza-winkel, ‘n drankwinkel en ‘n huis, wat vermoedelik aan ‘n raadslid behoort, is aan die brand gesteek,” het sy gesê.

Dinsdag sou die burgemeester van Mazibuko- en Merafong-munisipaliteit, Maphefo Mogale sud eLetsie, die inwoners ontmoet om hul kwellinge te bespreek, maar die vergadering moes ontbind toe betogings uitgebreek het.

Diegene wat in hegtenis geneem is, sal vandag in die Carletonville-landdroshof verskyn. – Sapa

10 thoughts on “‘Geweld in Fochville bedreig die demokrasie’: ANC-LUR”

  1. The great majority of this nation is so
    feminine in its character and outlook, its thought and conduct are ruled by
    sentiment rather than sober reasoning. This sentiment, however, is not complex
    but simple and consistent. It is not differentiated, but has only the negative and
    positives of love and hatred, right and wrong, truth and falsehood. ANC
    propaganda especially understands this in a marvelous way and put what
    they understand into practice. That allow no half measures which might give
    rise to some doubt.

    1. Ek dink nie dit is noodwendig vroulike denke nie – dit is eerder kinderlike denke. Soos mens grootword leer jy jou emosies beheer. Soos jy meer verstand kry probeer jy eerder goed uitredeneer as uitbaklei met die vuiste.
      Dit is wat ons hier mee te doene het. ‘n Groep mense wat nie in staat is om vir hulleself te dink nie.
      Dit is ‘n direkte uitvloeisel van die ANC wat die volk onder die apartheidsregering opgesweep het tot geweld. Gebruike soos daardie neem generasies om af te leer en die ANC kry nou maar net van sy eie medisyne. Dit is een van die redes waarom ek sê Malema se EFF gaan baie steun van die ANC vat ek kan dalk selfs die land regeer. Behoed ons daarvan. Die bewyse dat so iets kan gebeur is egter duidelik in Zim.

    1. Willy nou sal jy begryp hoekom ek se dat Suid
      Afrika gaan verdwyn in vorteks – daar is geen vermoee onder die ANC regering en
      hulle onderdane om te ontsnap uit die maalkolk nie – hulle het nou bereik wat
      hulle kon met hulle beperte vermoee en met dit wat die Afrikaners daar gestel
      het en so min of meer alles vernietig wat hulle nie opgebruik het nie, daarom
      repeteer alles sonder ophou al in n sirkel terwyl die Afrikaners water moet trap
      in afwagting dat die wereld daarbuite gaan rasionaliseer.

Maak 'n opvolg-bydrae