Rampbestuur in die Suid-Kaap en Klein Karoo is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag na waarskuwings van swaar reën en sneeu in die streek.
Die nasionale weerkantoor het ‘n waarskuwing uitgereik van ongunstige weerstoestande in die Wes-Kaap oor die volgende paar dae.
Eskom sê die vraag na elektrisiteit was Dinsdagaand baie hoog weens die koue weerstoestande.
Kragverbruik gaan na verwagting vir die res van die week hoog wees as gevolg van ‘n kouefront wat die suide van die land vandag tref.
Huishoudings word gevra om elektrisiteit spaarsaam te gebruik in die spitstydperk tussen vyfuur en nege-uur elke dag.
Eskom stel voor dat inwoners nie die ketel vol maak nie, maar net genoeg water kook vir ‘n koppie koffie of tee.
