ANC herontplooi dislojale, korrupte kaders

dinapuleDie ANC het regeringslui wat hul poste weens vrae oor korrupsie en lojaliteit jeens pres. Zuma verloor het, is herontplooi.

Die voormalige ministers in die kabinet, Dina Pule en Tokyo Sexwale asook die voormalige premier van Limpopo, Cassel Mathale, dien nou op verskeie parlementêre komitees.

Mathale is voorheen betrek by ‘n korrupsieskandaal waarin Julius Malema tenders bekom het. Sy sakevennoot is aangekla van korrupsie, geldwassery en omkopery.

Die aankondiging is Dinsdag in die parlement gemaak. Pule en Sexwale wat albei as ministers afgedank is, bly lede van die parlement.

Sexwale dien as lid van die konstitusionele hersieningskomitee terwyl Pule Loretta Jacobus in die vervoerkomitee vervang.

Mathale word lid van die wetenskap en tegnologiekomitee.

Die voormalige hoofsweep van die ANC, Mathole Motshekga wat deur Stone Sizane vervang is, dien op die komitee vir justisie en konstitusionele ontwikkeling.