Dokumente gelek wat wys Macron steek geld in buiteland weg

Dokumente is Donderdag gelek wat onthul dat die Franse presidensiële kandidaat Emmanuel Macron moontlik geld in die buiteland wegsteek.

Macron het ‘n bedryfsooreenkoms aangegaan vir ‘n beperkte aanspreeklikheidsmaatskappy (LLC) in die Karibiese eiland Nevis en die maatskappy kon dalk ‘n sakeverhouding gehad het met ‘n bank wat vroeër betrokke was by belastingontduiking in die Kaaimanseilande, het Disobedient Media berig.

Inligting oor maatskappy-eienaars is nie algemeen beskikbaar nie, aangesien Nevis deur Bloomberg beskryf is as een van ‘n aantal gewilde belastingparadyse in die Karibiese Eilande.

Forbes het berig dat die betrokke bank as ‘n fasiliteerder van belastingontduiking in 2013 betrokke was. Dit is ook deur Reuters as ‘n speler in bedrog aangewys wat verband hou met die skandale van die Internasionale Sokkervereniging van 2015 (FIFA).

Macron het minder as ‘n maand gelede beweer dat hy nie bates wegsteek of geheime buitelandse rekeninge het nie.

Die eerste dokument is ‘n bedryfsooreenkoms opgestel op 4 Mei 2012 om “La Providence LLC” te vorm onder die 1995 Nevis Limited Liability Company Ordinance. Macron se naam en handtekening verskyn op die dokument.

La Providence is die naam van Macron se voormalige hoërskool in Amiens, waar hy sy heelwat ouer onderwyseres – nou sy vrou – romanties bevriend het op die tere ouderdom van 15, iets wat normaalweg tronkstraf vir haar sou beteken het.

Die besluit om ‘n maatskappy in Nevis te vorm, laat die vermoede ontstaan van belastingontduiking, aangesien die Nevis Confidential Relationship Act die bekendmaking van inligting verbied en die geheimhouding en privaatheid van buitelandse LLC’s in Nevis waarborg.

‘n Tweede dokument is ‘n brief gestuur aan La Providence Ltd van die First Caribbean International Bank, wat ‘n sakeverhouding met Macron se LLC aandui.

First Caribbean International Bank is daarvan beskuldig dat hulle belastingontduikers in 2013 gehelp het, en dit het geblyk dat ‘n verteenwoordiger vir First Caribbean persoonlik ‘n tjek van ‘n FIFA-beampte ontvang het en daarna teruggekeer het om dit in ‘n rekening in die Bahamas te deponeer, het Reuters berig.

In April het Macron ontken dat hy buitelandse rekeninge of geld van die Franse owerhede wegsteek. Francois Fillion was nie so gelukkig nie. Hy het na bewering sy bod vir die presidentskap verloor weens beweringe oor korrupsie.

As dit as outentieke dokumente bevestig word, sal Macron ‘n paar verduidelikings moet gee. Maar die hoofstroommedia staan bankvas agter hul kandidaat Macron en het ‘n striemende aanval teen die Front National geloods enkele dae voor die laaste stemmery.

Aanklaers in Parys het ‘n ondersoek teen Marine Le Pen geopen oor die “leuens” en “laster”, maar dit is nie duidelik waaroor hulle haar wil aankla nie. Sy het slegs tydens die laaste debat met haar teenstander opgemerk: “Dit sal jammer wees as ons ontdek dat jy ‘n geheime rekening in die Bahamas het.”

‘n Woordvoerder van die Macron-veldtog, het gesê hulle gaan almal aankla wat hierdie inligting versprei.

Trump se skoonseun steek bande met Soros weg

Jared Kushner, president Trump se skoonseun en senior adviseur, het die eienaarskap van ‘n eiendomsbelang wat verband hou met George Soros, volgens die Wall Street Journal nie bekend gemaak nie.

In sy openbaarmakingsvorm wat vroeër vanjaar geliasseer is, het Kushner Cadre nie as een van sy honderde bates geïdentifiseer nie. Die koerant het sy Cadre-belang geïdentifiseer deur middel van ‘n oorsig van sy bates, asook onderhoude met mense wat bekend was met die maatskappy en Kushner se finansies.

In hul oorsig van Kushner se bates het die WSJ opgemerk dat Kushner se Cadre-betrokkenheid “die senior Withuis-amptenaar tans ‘n sakevennoot van Goldman Sachs en miljardêrs, insluitende George Soros maak.

Kushner het ook nie ‘n aantal lenings bekendgemaak nie “ten bedrae van minstens $1 miljard, van meer as 20 leners,” ook uit die buiteland en Kushner “het ook persoonlike waarborge op meer as $300 miljoen van die skuld verskaf.”

Cadre het ‘n kredietlyn van $250 miljoen gekry van die familiekantoor van George Soros, ‘n top-demokratiese skenker. Soros se familiekantoor is ook ‘n belegger in Cadre. Kushner, wat met Trump se dogter, Ivanka, getroud is, was nie eerlik oor sy sake met Soros nie.

Kushner se prokureur het gesê sy kliënt is tans besig om sy openbaarmakings te hersien, in wat kennelik na ‘n poging lyk om die skelmstreke toe te smeer. Kushner het meer as 200 bates behou. Soos sy skoonpa, het hy geweier om hierdie bates in ‘n blinde trust te plaas, iets wat etiek deskundiges beskou as die beste manier om botsings van belange te vermy.

Christian Lammert, ‘n professor in die politieke wetenskap aan die Universiteit van Berlyn se John F. Kennedy-instituut, het gesê dat nepotisme ernstige politieke gevolge kan hê nadat die Duitse minister van buitelandse sake Sigmar Gabriel opgemerk het dat lede van die Trump-familie wat nog nooit verkies is nie, skielik verskyn “as amptelike staatsverteenwoordigers”.

Ivanka Trump, die Amerikaanse president se dogter het die Amerikaanse regering verteenwoordig tydens die Berlynse beraad “en dit is eintlik baie problematies,” het Lammert aan DW gesê.

Lammert het gesê Trump het sy Withuis met familielede gevul op ‘n manier wat tot korrupsie kan lei. “Familielede word in sleutelposisies sonder dat hulle verkies is, aangestel – posisies wat hulle toelaat om invloed te uit te oefen terwyl dit terselfdertyd implikasies het vir hul private besighede,” het Lammert gesê. Hy het byvoorbeeld daarop gewys dat pres. Trump se belastingplan vir hom en sy gesin ‘n groot voordeel sal wees en dat Ivanka en haar man, Jared Kushner, vergaderings met buitelandse politici hou in lande waar hulle ook sake doen.

Die Kushner-maatskappye het ook bevestig dat hulle ‘n “lang verhouding” gehad het met twee groot Israeliese banke, Bank Hapoalim en Bank Leumi.

Die Trump-administrasie het ‘n ondersoek na die VSA se departement van justisie geërf vir bewerings dat Bank Hapoalim Amerikaanse kliënte gehelp het om belasting te ontduik. Bank Leumi het na bewering gehelp om Amerikaanse belastingpligtige kliënte se geld vanaf 2002-2010 weg te steek en het in 2014 ‘n skikking met die departement van justisie bereik om $400 miljoen in boetes te betaal.

Terwyl Kushner se geskiktheid vir die rol in die Midde-Ooste se diplomasie vrae ontlok, het Trump aangehou om te beklemtoon dat sy skoonseun sal werk om ‘n vredesooreenkoms in die Midde-Ooste te bemiddel. Trump het van sy skoonseun waargeneem: “Ek bedoel, hy ken dit so goed. Hy ken die streek, ken die mense, ken die spelers.” Dit beteken waarskynlik eerder dat Trump minder as niks weet nie en dat hy daarom dink sy skoonseun is geskik.

Israeliese premier Benjamin Netanyahu is so ná aan die Kushners dat hy een keer in Kushner se kinderbedjie geslaap het, volgens ‘n New York Times-profiel van Kushner.

Na nagenoeg drie maande in die regering is die Trump-raadgewer Steve Bannon uitgeskop deur Kushner en het hy nou klaarblyklik ook van Sebastian Gorka in die Nasionale Veiligheidsraad ontslae geraak. Die teenterrorisme-raadgewer Gorka word verdink van sy beweerde bande met “anti-Semitiese groepe” in Hongarye.

Hierdie nuusberig is uniek in Afrikaans. Dit is nagevors vir ons webblad. U sal dit nie elders te lese kry nie. Steun ons asseblief om deurentyd sulke kwaliteitberigte te kan lewer!

Anti-rassistiese Groene word Stockholm-terroris se vyfde slagoffer

Die 66-jarige Sweedse onderwyseres van die omgewingsparty wat “Ons hou van verskille” op Facebook “gehou-van” het – ‘n slagspreuk wat deur multikulturele ondersteuners gebruik word – en ook ‘n foto opgelaai om diegene wat grensbeheer wil hê belaglik te maak net een dag voor die terreuraanval in Stockholm, het die terroriste se vyfde slagoffer geword.

Marie Kide (66) het die vyfde slagoffer van die terroriste van Stockholm geword, nadat sy aan haar beserings beswyk het terwyl sy nog in die hospitaal was. Kide was ‘n verkose politikus in die stadsraad van Trollhättan vir die Groen Party.

Die oop grense wat Swede se Groenparty-lede so graag wil sien, het haar haar lewe gekos. Kide was self ‘n voorstander van meer immigrasie na Swede en die transformasie van die land na ‘n multikulturele samelewing.

Haar laaste pos op Facebook was van die dag voor die terroriste-aanval in Sentraal-Stockholm op 7 April. Dit is ‘n satiriese tekening wat deur die kunstenaar Wisti gemaak is, waar hy mense uitbeeld wat strenger kontroles vir grense vra, belaglik maak omdat hulle gemotiveer word deur vrees dat hulle nie meer luukse kombuis toerusting sal kan bekostig nie.

Kide se laaste FB-pos lui: As ons ons grens nie nou sluit nie, kan ons eindig in ‘n situasie waar ons nie meer hierdie Per Moberg-snybord vir 400 euro kan bekostig nie.

Die terreuraanval in die winkelstraat Drottninggatan in Stockholm het vier mense ter plaatse vermoor en 15 ander beseer. Een van die slagoffers was ‘n elfjarige meisie wat op pad huis toe was van skool. Omdat sy gehoorgestremd was, het die kind nie vragmotor hoor aankom nie.

Kort ná die voorval het die polisie Rakhmat Akilov, 39, gearresteer, die bestuurder van die voertuig wat die voetgangers net soos in Nice, Frankryk, afgemaai het. Akilov kom uit Oesbekistan en was onwettig in Swede en was dus reeds deur die polisie gesoek. Die polisie het egter nie hulpbronne om die ongeveer 10 000 onwettige vreemdelinge van die land te soek nie.

Daar is ook ‘n gebrek aan politieke wil in Swede om die immigrasie-probleem die hoof te bied. Die Sweedse Groen Party se nalatenskap tot dusver was die bekendstelling van gratis gesondheidsorg en gratis skoolopleiding vir onwettige vreemdelinge wat in Swede wegkruip omdat hulle nie verblyfpermitte het nie.

Birmingham se gevaarlike uitvoerproduk: Jihad

Die stad Birmingham in die westelike Middeland van Engeland, is die tweede mees bevolkte stad in die Verenigde Koninkryk en die agtste grootste in Europa, maar huisves ook Brittanje se gevaarlikste uitvoerproduk.

Die voormalige sentrum van die Industriële Revolusie, spog met ‘n groot en groeiende Moslem-bevolking. Vyf van Birmingham se kiesafdelings het die hoogste vlakke van radikalisering en terrorisme in die land, en dit het ongelukkig ‘n uitvoerproduk geword.

Prominente militantes wat deur die stad se ondergrondse netwerke gekom het, sluit in Abdelhamid Abaaoud, organiseerder van die aanvalle van Parys in 2015, en Mohamed Abrini, ‘n Belgiese staatsburger wat gehelp het om die aanvalle in 2016 in Brussel van stapel te stuur.

David Videcette, ‘n voormalige senior teenterrorisme-amptenaar, het gesê Birmingham het selfs ‘n beter gevestigde ekstremistiese netwerk as Londen. “Dit is ‘n besigheid vir hulle,” het hy gesê. “As ons terrorisme sê, is mense geneig om te dink dit gaan oor godsdiens. Dit is nie so nie. Dit gaan altyd oor geld.”

Hierdie jaar, in Februarie, het die Franse joernalis Rachida Samouri die stad besoek en berig oor haar bevindings in die Franse dagblad Le Figaro.

In Birmingham à l’heure islamiste [Birmingham in die greep van die Islam] veroordeel Samouri die Islamitiese enklawe. “Birmingham is erger as Molenbeek,” het ‘n Franse kommentator opgemerk in antwoord op Samouri se verslag. Die Guardian het Molenbeek in België beskryf “as Europa se jihadi-sentrum”.

Moslemvroue in die Engelse stad wat met Samouri gepraat het, het Frankryk as ‘n “diktatorskap” op grond van godsdienstige vryheid veroordeel. Hulle het gesê hulle beskou godsdiensvryheid en die skeiding van kerk en staat as “‘n verskoning vir die aanval op Moslems”. Hulle het ook gesê dat die Verenigde Koninkryk hul voorkeurland is, omdat hulle toegelaat word daar om ‘n volle sluier te dra.

In ‘n verslag van 1000 bladsye “Islamitiese Terrorisme: Ontleding van Misdrywe en Aanvalle in die Verenigde Koninkryk (1998-2015),” geskryf deur die Hannah Stuart vir Brittanje se Henry Jackson Society, word Birmingham herhaaldelik aangewys as Brittanje se voorste bron van terrorisme en hierdie terroristeplaag word na die res van die vasteland uitgevoer, nie net die Verenigde Koninkryk nie.

In die Small Heath area, waar byna 95 persent van die bevolking Moslem is, is baardmanne en vroue wat volle Islamitiese kostuums dra, oorvloedig, markstalletjies sluit vir daaglikse gebed en die winkels vertoon slegs Islamitiese klere en godsdienstige boeke.

‘n Tiener van Franse herkoms verduidelik hoe sy pa Birmingham bó Frankryk verkies, want ‘n mens kan die sluier sonder enige probleem dra en ‘n mens kan skole vind waar seuns en meisies nie meng nie. Birmingham “is ‘n bietjie soos ‘n Moslemland. Ons is onder ons, ons meng nie”.

Die Birmingham Mail-koerant het selfs gekla dat die stad die onderskeid van “Terror Central” het. Nazir Afzal, die voormalige hoofaanklaer van Noordwes-Engeland, het aan die New York Times gesê: “Die ekstremistiese denkskole lyk meer ingebed in Birmingham as in ander dele van die land.”

Maar ten spyte van die Franse voorbeeld van meer integrasie in die sekulêre Franse samelewing, is jihadiese aanvalle in Frankryk onder die ergste in die geskiedenis. Daar word bereken dat die land sowat 751 spergebiede het, wat sogenaamde “zones urbaines sensibles” genoem word, plekke waar uiterste geweld plaasvind terwyl wetstoepassers, brandweermanne en ander openbare agente nie durf waag om in te gaan nie uit vrees vir meer geweld.

Die Noorse historikus en kenner op Moslem-enklave, Fjordman, verduidelik hoe die Britte die Moslem-gebiede ignoreer as ‘n gevaar van ander lande:

“As jy sê dat daar ‘n paar gebiede is waar selfs die polisie bang is om te gaan, waar die land se normale sekulêre wette skaars van toepassing is, is dit onbetwisbaar dat sulke gebiede nou in verskeie Wes-Europese lande bestaan. Frankryk is een van die moeilikste voorbeelde: Dit het ‘n groot bevolking van Arabiese en Afrika-immigrante, waaronder miljoene Moslems. Daar is nie sulke gebiede in die Verenigde Koninkryk nie, beslis nie op daardie vlak nie. Daar is Moslem-enklaves in verskeie stede waar ‘n nie-Moslem nie welkom mag wees nie; plekke wat soos Pakistan of Bangladesj en nie Engeland nie, lyk. Maar nie een van hierdie plekke is ‘n spergebied in die Franse, Duitse of Sweedse sin nie – plekke waar die polisie, ambulanse en brandweer aangeval word as hulle binnekom, en waar die enigste manier om (byvoorbeeld ‘n vuur te veg) is onder gewapende begeleiding.”

Omar Bakri Muhammed, wat mede-stigter van die Britse Islamitiese organisasie al-Muhajiroun is, het in ‘n televisie-onderhoud in 2013 erken dat hy en mede-stigter Anjem Choudary Westerse jihadiste gestuur het na verskeie ander lande.

Birmingham as ‘n geheel, met 234 000 Moslems, het 39 veroordeelde terroriste opgelewer. Die grootste enkele aantal veroordeelde terroriste, 117, kom egter van ‘n “geïntegreerde” Londen af.

Pakistanse en Bangladesjse immigrante en hul kinders is die meeste bestand teen integrasie binne die Britse samelewing. In sulke gemeenskappe praat baie van hulle vroue nie Engels nie en sê hulle verkies Islamitiese Sharia-wet bo Britse wette. In 2014 het Moslem-radikale saamgesweer om fundamentalistiese Salafi-leerstellings en -praktyke in ‘n verskeidenheid van Birmingham-skole in te voer.

Die voormalige Britse teenterrorismehoof, Peter Clarke, het in sy Julie 2014-verslag gesê: “Daar is gekoördineerde, doelbewuste en volgehoue ​​aksie, uitgevoer deur ‘n aantal geassosieerde individue, om ‘n onverdraagsame en aggressiewe Islamitiese etos in ‘n paar skole in Birmingham in te stel. Dit is behaal in ‘n aantal skole deur invloed oor die beheerliggame te verkry, simpatieke hoofonderwysers of senior personeellede aan te stel, soortgelyke persone in sleutelposisies aan te stel en om hoofonderwysers te verwyder.”

Sir Michael Wilshaw, die hoofinspekteur van haar Majesteit, het in ‘n brief aan die Staatssekretaris vir Onderwys, op 8 Julie 2016 verklaar dat die situasie “broos bly”.

Birmingham het die grootste aantal vroue wat nie in Engels praat nie, sowel as die grootste aantal moskees, 161 in die Verenigde Koninkryk. Meer as een opname het getoon dat die jonger geslagte Moslems selfs meer fundamentalisties is as hul ouers en grootouers, wat direk uit Moslemlande geëmigreer het.

Die jonger geslagte is in Brittanje gebore, maar fundamentalistiese predikers besoek die Britse Moslem-enklaves vrylik, gee lesing in moskees, Islamitiese sentrums en by jeugorganisasies.

Teen die begin van die eeu, in 2000, het die premier van Bangladesj, Sheikh Hasina, aan die Los Angeles Times vertel hoe die land hulle hordes mense gaan huisves, die verwagte verdubbeling van sy Moslem-bevolking teen 2050. Sy het geantwoord: “Ons sal hulle na Amerika stuur. Globalisering sal die probleem wegneem, aangesien jy alle produksiefaktore, ook arbeid, oopstel. Daar sal vrye verkeer wees, van land tot land. Globalisering in sy suiwerste vorm moet nie grense hê nie, so klein lande met groot bevolkings moet bevolking kan stuur na lande met groot grense en kleinbevolkings.”

Israeliese president vaar uit teen Marine oor kollektiewe Franse skuld

Die Israeliese president Reuven Rivlin het op Holocaust-herinneringsdag gesê dat die tendens in Europa om misdade teen Jode tydens die holocaust nie as hoogste prioriteit te beskou nie, gevaarlik is. Die Franse het ‘n kollektiewe en ewigdurende verantwoordelikheid teenoor Jode wat vir alle komende generasies moet geld, volgens hom.

Rivlin het uitgevaar by Marine Le Pen, die nasionalistiese Franse leier wat deurgedring het na die tweede ronde van die Franse presidensiële verkiesing. Reuvlin het Maandag ‘n “oorlog” gevra het teen ‘n nuwe soort “holocaust ontkenning” van Le Pen.

“As ‘n soewereine staat wat nasionale onafhanklikheid verkry het, het ons die plig om van ander nasies en state te eis dat ons nie verantwoordelikheid moet ontduik nie,” het Rivlin gesê. “Ons moet ‘n oorlog voer teen die huidige en gevaarlike golf van holocaustontkenning. Ons moet die afstanddoening van nasionale verantwoordelikheid in die naam van beweerde slagoffers beveg.”

“Dit is ‘n ontkenning wat daarop gemik is om die politieke en morele verantwoordelikheid wat die kern van die herinnering aan die holocaust in die komende generasies moet wees, te vernietig. Slagofferskap is die mees omvattende en effektiewe manier om verantwoordelikheid te ontduik,” het hy gesê.

As slagoffers sal Europeërs onwillig wees om verantwoordelikheid te aanvaar om hedendaagse anti-semitisme, vreemdelinghaat en om toenemende nasionalistiese geweld te bestry, het Rivlin gesê. “Dit is nie ‘n ontkenning van die bestaan ​​van die holocaust nie, maar ‘n ontkenning van die onderskeid tussen ‘n slagoffer en ‘n misdadiger.”

Rivlin het sonder om direk na Le Pen te verwys, te kere gegaan oor ‘n “Franse presidensiële kandidaat” wat “Frankryk se verantwoordelikheid vir die deportasie van Jode tydens die Tweede Wêreldoorlog ontken het,” het Rivlin Maandag in sy toespraak by Kibbutz Lohamei HaGeta’ot in Galilea gesê.

Rivlin het verwys na ‘n onderhoud met Le Pen op RTL-radio vroeër hierdie maand toe sy gesê het dat Frankryk nie kollektiewe verantwoordelikheid kan dra vir die 13 000 Jode in 1942 by die Vel d’Hiv fietsrystadion byeengebring is voordat hulle na die Duitse konsentrasiekampe vervoer is nie.

Le Pen is deur ander presidensiële kandidate sowel as Israel se ministerie van buitelandse sake veroordeel toe sy vroeër hierdie maand voorgestel het dat die skuld slegs aan skuldige partye toegeskryf moet word en nie onoordeelkundig aan alle Franse nie.

Verantwoordelikheid, het sy gesê, lê by dié mense wat destyds die gruweldade gepleeg het, en nie by alle Franse nie. Baie Franse wat byvoorbeeld ná die oorlog gebore is, kan nie op hierdie wyse beoordeel word nie.

Le Pen het gesê dat “as daar mense verantwoordelik is vir die deportasie van Franse Jode, is dit diegene wat destyds aan bewind was. Dit is nie die hele Frankryk nie”.

Die ministerie van buitelandse sake in Israel het haar opmerkings “teenstrydig met historiese waarheid” genoem en gewaarsku dat geslagte van Franse verantwoordelik gehou moet word vir die misdade van die holocaust. “Die ontkenning van verantwoordelikheid van die misdade wat in die dae van die Tweede Wêreldoorlog gepleeg is, is die ontkenning van ‘n nuwe, meer vernietigende en gevaarlike soort ontkenning,” het Rivlin gesê.

Die president van Israel het Le Pen se opmerkings as “uniek ontstellend” beskryf en het sy land aangemoedig om nie “onheilige alliansies” met opkomende nasionalistiese partye in Europa te maak nie.

Hy het Geert Wilders in Nederland ook uitgesonder as ongewens.

Trump se dogter kry onwelkome ontvangs in Duitsland

Ivanka Trump, dogter van die Amerikaanse president, is in Duitsland uitgejou toe sy probeer het om haar pa se verbintenis tot vrouekwessies te verdedig tydens ‘n vrouepaneelvergadering in Berlyn. En dit was tussen haar globalistiese geesgenote, kanselier Merkel en die gewese IMF-hoof Christine Lagarde.

Die geleentheid is geopen met die eerste dogter wat haar gebrek aan visie as adviseur in die Withuis ontbloot.

“Jy is eerste dogter – die Duitse gehoor is nie bekend daarmee nie – wat is jou rol – aan wie moet jy verantwoording doen? Jou pa, die Amerikaanse volk of jou sakebelange?” het Miriam Meckel, redakteur van die Duitse saketydskrif Wirtschaftswoche, gevra.

“Wel, beslis nie laasgenoemde nie, en ek is ook nogal onbekend met hierdie rol, omdat dit vir my baie nuut is,” het die dogter geantwoord. “Dit is nou ‘n bietjie minder as 100 dae, maar dit is net ‘n merkwaardige, ongelooflike reis.”

Maar Ivanka het nog steeds geen idee wat haar rol moet wees nie, selfs na ‘n honderd dae. “So dit is baie vroeg vir my. Ek luister, ek leer, ek definieer die maniere waarop ek dink ek sal ‘n impak hê,” het sy bygevoeg.

Die gehoor het tydens ‘n gesprek oor betaalde verlof begin sis en geboe toe sy haar vader as ‘n verdediger vir vroue begin beskryf het.

In ‘n onderhoud met Today, het die arme siel gesê Siriese vlugtelinge moet in die VSA toegelaat word, in totale teenstelling met haar pa se beleid dat hulle uit die land gehou moet word.

Die eerste dogter het ook Berlyn se Holocaust-gedenkteken besoek tydens haar eerste internasionale reis as ‘n amptelike adviseur vir haar pa, terwyl hy “Holocaust-ontkenners en antisemitisme” veroordeel het, met sy opmerking tydens die jaarlikse Herdenkingsgeleentheid in die VSA. Ivanka het haarself tot die Judaïsme bekeer voor haar 2009-huwelik met Jared Kushner. Haar man is ‘n senior adviseur van die president.

Die waarskuwingstekens dat Kushner die voorhoede van die neo-konserwatiewes was, was altyd teenwoordig. Sy media maatskappy, Observer Media, wat die weeklikse aanlyn New York Observer publiseer, het prominent verskeie neo-konserwatiewe skrywers ruimte gegee om hul onheilige menings te verkondig.

Neocon Paul Wolfowitz is nou terug in die openbare debat, aan die kant van president Trump. Die gruwel van ‘n Wolfowitz het aan die Wall Street Journal gesê Trump moet sy bombardement in Sirië met nog meer aggressie opvolg, en ruil tans privaat e-posse uit met Trump Verdedigingsekretaris Jim Mattis en nasionale veiligheidsadviseur HR McMaster, albei jarelange kontakte sedert Wolfowitz se Bush-dae.

In ‘n onderhoud met die Duitse nuusblad Der Spiegel in 2016, toe hy gevra is of Donald Trump ‘n veiligheidsrisiko is, het Wolfowitz gesê: “Ja hy is … Hy sê dat hy Poetin bewonder, dat Saddam Hussein terroriste vermoor het, dat die Chinese indrukwekkend was omdat hulle op Tienanmenplein opgetree het. Dit is redelik ontstellend.”

Wolfowitz sê hy is nou egter bly dat Trump ‘n Amerikaanse strategie van meer betrokkenheid in die Midde-Ooste sal volg. Die oorlogsargitek van die totale ellende wat Irak vandag is, het enkele weke gelede het nog steeds openlik Trump en sy familie as onbevoeg verklaar vir die presidensie.

Swart gepeupel val trein aan in Oakland, VSA, maar media swyg

In die VSA het vyftig tot sestig jong swart mans en vroue ‘n BART-trein in Oakland, Kalifornië bestorm. Hulle het passasiers geslaan en beroof.

Die aanval het Saterdag omstreeks 21:30 plaasgevind. Dit het die Amerikaanse media ongeveer 36 uur geneem om te berig oor die aanval, maar die ras van die aanvallers is verbloem.

Swart tieners het oor die kaartjiehekke op die Coliseum Stasie-platform begin spring. Hulle het op ‘n trein afgestorm en op die passasiers toegesak. Ten minste sewe mense is beroof. Twee van die slagoffers het gesigs- of kopbeserings opgedoen.

‘n Woordvoerder vir BART sê dit is nie die eerste keer dat hulle so aangeval word nie. Die oortreders word beskerm omdat hulle glo “jonk” is.

Daar is toesigvideos van die aanval, maar dit word nie vrygestel nie. Die polisie in Oakland sê hulle kan nie die video deel nie omdat dit glo die oortreders onder die ouderdom van 18 sal uitbeeld, maar ooggetuies ontken dat die aanvallers swart kinders was.

Oakland polisie sê hulle sal die video aan administrateurs by Oakland se openbare skole en behuisingsprojekte wys.

Fruitvale-stasie, wat naby aan die Coliseum-stasie geleë is, was onlangs die onderwerp van ‘n fliek met dieselfde naam. Die fliek vertel die verhaal van hoe swartes gereeld aangeval word op die BART-trein deur “rassistiese wit polisiebeamptes” vir geen rede nie.

Die fliek is glo gemaak nadat die BART-treindiens ‘n toepassing vir slimfone uitgebring het twee jaar gelede om die groeiende misdaad op die treine te bekamp. Dit het toe duidelik geraak op die “BART Watch-app” dat swartes die misdaad pleeg en die vervoerowerhede moes haastig die toepassing sluit weens beskuldigings van “rassisme”.

Hollywood het daarna die fliek uitgebring oor “wit rassiste” om die swart midsdaad-kopseer op BART toe te smeer. Die swart misdadigers was ses keer oorverteenwoordig in die persentasie wat die vervoerstelsel gebruik.

Die Ella Baker Sentrum, ondersteun die swart misdadigers en word befonds deur die Amerikaanse Neocon-konstruksiereus Bechtel. Bechtel is die tweede grootste ontvanger van sogenaamde “heropbou-dollars” in Irak ná Halliburton.

Marine Le Pen en Macron deur na 2de rondte

Marine Le Pen, leidster van die Front National en Emmanuel Marcon, die eertydse bankier sonder ‘n party, het gisteraand as die wenners na vore getree in die hoogs mededingende eerste rondte van die Franse presidentsverkiesing.

Die finale stemtotale van die ministerie van binnelandse sake too dat Macron bo-aan geëiendig het met 23,75 persent, terwyl Le Pen ‘n kortkop agter hom was met 21,53 persent.

In die tweede rondte van die geveg met Macron, sal Le Pen weereens fokus op die hoofelement van haar veldtog: globalisme teenoor nasionalisme. Die globaliste kan egter op die verlinkses reken om geweld by te dra. Die uitslag van gister se verkiesing het betogings in Parys ontketen waartydens etlike honderde jeugdiges op die Place de la Bastille onluste gepleeg het tydens ‘n “anti-fascistiese betoging”.

Die onluspolisie het kort ná die aankondiging dat Le Pen tot die finale rondte deurgedring het met linksgesindes gebots. Toe die polisie die betogers nader, is hulle met bottels en klappers gegooi, het ‘n joernalis van AFP berig. Drie mense is volgens die polisie in hegtenis geneem.
Ook in Nantes is ‘n “anti-fascistiese betoging” laataand Sondag gehou.

In haar oorwinningstoespraak in Hénin Beaumont het Len Pen aan die Franse gesê  om te vergeet van die partypolitiek wat verkiesings in die verlede gekenmerk het. “Die groot uitdaging is globalisering,” het Le Pen aan haar ondersteuners gesê. “Ek is die kandidaat uit die volk.”

Florian Philippot het kiesers herinner aan die ideologiese stryd met Macron wat tydens ‘n televisie-onderhoud met die France2-kanaal gaan plaasvind. “Ons het daarin geslaag om die idee van patriotisme op alle vlakke te vestig,” het Philippot gesê. “Dit gaan eintlik oor die konflik tussen privaat belange en die belange van die nasie.”

Op LCI het Philippot op Maandag 24 April verklaar: “Onder die kiesers van François Fillon gaan daar vele wees wat nie gaan aanvaar dat hulle vir die persoon moet stem wat gister (Sondag) nog ‘Emmanuel Hollande’ genoem is nie, aangesien dit die bynaam is wat die Republikeine op hom geplak het.”

François Fillon, die sentrum-regse kandidaat van die Republikeine wat voorgegee het om ook teen immigrasie te wees, het derde geëindig. Hy het gesê dat hy vir die linkse Emmanuel Macron gaan stem om Marine Le Pen te verhoed om in die tweede rondte van die verkiesing te wen. “Om buite stemming te bly is nie in my gene nie, veral wanneer ‘n ekstremistiese party naby aan die mag is,” het Fillon verklaar nadat hy sy neerlaag aanvaar het. “Ekstremisme kan slegs onheil en verdeeldheid oor Frankryk bring.”

Die kandidaat van die regerende Sosialistiese Party, Benoît Hamon, het in die vyfde plek geëindig. Hy het ‘n vyandige veldtog teen Macron gevoer, maar al die verguising het Sondag ná sy verpletterende neerlaag tot ‘n einde gekom. “Daar is ‘n duidelike onderskeid tussen ‘n politieke mededinger en ‘n vyand van die republiek,” het Hamon sonder ironie gesê en daarmee ‘n beroep op alle Sosialiste gedoen om vir Macron te stem, terwyl hy byvoeg: “Dit is nou doodernstig.”

Geert Wilders, leier van die Nederlandse Partij voor de vrijheid, wat tweede gekom het in die Nederlandse verkiesings in Maart, het sy gelukwense aan Marine oorgedra. “‘n Dag om te vier vir alle patriotte in Europa,” het hy getwiet. Matteo Salvini, leier van die Italiaanse Noordelike Liga, het op Twitter gesê: “Die mense tel hul koppe op. Sterkte Marine, dis tyd om uit Brussel se hok te breek!”
Nigel Farage, die voormalige Ukip-leier, is nie deur Macron en sy pro-EU-standpunt beïndruk nie. “Macron praat met die EU-vlag agter hom. Spreek boekdele,” het hy getwiet. “Macron se toespraak was leë onsin. Behalwe dat hy die status quo ondersteun, sê hy niks nie.”
Maar die leiers van die twee grootste politieke groepe in die Europese Parlement wat ook die EU ondersteun, Manfred Weber en Gianni Pitella, het Franse kiesers gemaan om nie op 7 Mei die Front National te ondersteun nie.
Die woordvoerder van die Angela Merkel, die Duitse kanselier, ondersteun insgelyks vir Macron en het om “alles van die beste vir die volgende twee weke” toegewens. Steffen Seibert het in ‘n twiet verklaar: “Dis goed dat Emmanuel Macron so suksesvol was met sy standpunt ten gunste van ‘n sterk EU en sosialemarkekonomie,” het Sigmar Gabriel, die Duitse minister van buitelandse sake bygevoeg en voorspel dat die 39-jarige Macron die volgende president van Frankryk gaan word.

Duitse industrialis wat ‘wit eenheid’ met Rusland voorstel in die sop

‘n Duitse sakeman, Hans Naumann, het die Amerikaanse president Donald Trump as ‘n politikus verwelkom wat “erken het dat die blanke bevolking saam moet staan” in ‘n onderhoud met ‘n plaaslike Duitse koerant op 15 April.

Prof Naumann

Naumann, ‘n Amerikaanse-Duitse burger, is hoof uitvoerende beampte van die Niles-Simmons-Hegenscheidt (NSH) groep, wat ‘n omset van 360 miljoen euro het met filiale regoor die wêreld, insluitend in die VSA. Naumann het gesê NSH, een van die grootste industriële maatskappye in Sakse, beplan tans ‘n nuwe aanleg in Rusland.

Maar Chemnitz Tegniese Universiteit sowel as die studente-unie eis nou sy bedanking uit hul raad, in die lig van sy kommentaar. Die 81-jarige is ‘n lid van die raad, maar Naumann het in sy hoedanigheid as ‘n private burger dié opmerking gemaak en nie namens Chemnitz se Tegniese Universiteit gepraat nie.

Sowat 20 persent van studente in Chemnitz is Asiaties, “‘n teken van ons internasionalisme”, het Eva-Maria Stange, ‘n sosiaal-demokratiese deelstaatminister van wetenskap, gesê. Sy het gesê sy opmerkings “gaan teen die internasionale karakter en die beginsels van verdraagsaamheid en kosmopolitiese teenwoordigheid in Sakse se hoër onderwysstelsel” en gesê Naumann se onderhoud in Freie Presse het ‘n “duidelike rassistiese toon”.

“Die kommentaar is nie onderhewig aan interpretasie nie, dit het ‘n duidelike rassistiese toon,” het Stange Donderdag gesê.

Naumann het in November 2016 vir Trump gestem. “Ek dink dat Trump – in teenstelling met baie Europese politici – erken het dat die blanke bevolking saam moet staan. Amerikaners, Europeërs, Australiërs – hulle is ongeveer 1,5 miljard mense, maar Asiërs is 6 miljard. Na my mening dwing die wêreld se demografie die twee kernmagte, Amerika en Rusland, om saam te staan. Daarom sê Trump dat die Amerikaners en Russe saam moet staan ​​om vrede in die wêreld te handhaaf. Om dit te bereik, kan jy natuurlik nie Poetin se neus in die grond vryf nie.”

Naumann is ook gevra oor die Afro-Amerikaanse bevolking, wat hy as ‘n “moeilike vraag” beskryf het. Hy het gesê: “Afro-Amerikaners sal hulself nie vrywillig aan enige beperkings onderwerp nie” en moet dus in die weermag opgeneem word.

“Die Afro-Amerikaanse jeug het baie van hul verantwoordelikhede versaak; Hulle verlaat skool vroeg, hulle maak nie eers laerskool klaar nie,” het hy gesê. “Ek is bevrees dat die volgende generasie swart jeug weer ‘n sosiale groep sal wees wat net so swak gaan leef as wat hul ouers en grootouers gedoen het. Daar was ongelukkig geen deurbraak nie. Dit is nodig, maar ek glo dat dit slegs bereik kan word deur jong Afro-Amerikaners in die weermag te dwing, dissipline te leer en hulle in staat te stel om ‘n vakmanskap te leer. ”

Intussen het die transformasie-afgevaardigde van die Chemnitz-studentebestuur, Ines Köpfel, aan die plaaslike TV gesê dat “diskriminasie teen nie-blanke mense, wat negatiewe eienskappe soos luiheid of swak dissipline aan hulle toedig, ‘n rassistiese ingesteldheid toon en heeltemal versuim om rekening te hou met ekonomiese en sosiale uitdagings en diskriminasie.”

In hul verklaring het die studenteraad se Marius Hirschfeld gesê dat die “grens van wat verdraagsaam is” “grootliks oorskry is”.

Die Studenteraad het ook ‘n beroep gedoen dat Naumann se Federale Orde van Verdienste van 2001 en ‘n soortgelyke burgerlike eer uit die oostelike deelstaat Sakse van 2004, herroep moet word.

In Sachsen-Anhalt, 2016, het die AFD 24,3 persent van die stemme in staatsverkiesings gewen – hul beste uitslag tot dusver in enige Duitse stemming.

Polisiebeampte vermoor, 2 ernstig beseer in Paryse Champs Elysees terreur-aanval

Een polisiebeampte is dood en twee is ernstig beseer tydens ‘n skietvoorval in die sentrum van Parys, het die Franse ministerie van binnelandse sake gesê. President Francois Hollande het gesê die skietery was van “terroriste aard” terwyl die Islamitiese staat (ISIS) aanspreeklikheid vir die aanval aanvaar het.

Die skietery het plaasgevind op die sentrale boulevard van die Champs Elysees. Die vermeende aanvaller is ook in die skietery doodgeskiet, volgens die polisie.

Die Franse president, Hollande, het na ‘n krisisvergadering by die presidensiële paleis gesê dat alle leidrade aandui dat die aanval van ‘n “terroriste aard” is.

Hollande het die publiek verseker dat “ons absoluut waaksaam sal wees” tydens die komende presidensiële verkiesing.

Hy het aangekondig dat ‘n veiligheidskomitee Vrydag om 8:00 sal byeenkom vir ‘n vergadering, en bygevoeg dat ‘n nasionale huldeblyk aan die vermoorde polisiebeampte gehou sal word.

Die polisie probeer vasstel of die skieter medepligtiges het. Intussen het die Franse ministerie van binnelandse sake bevestig dat die lewe van die polisiebeampte, wat swaar gewond is tydens die aanval, nie meer in gevaar is nie.

“Die identiteit van die aanvaller is bekend en is nagegaan. Ek sal dit nie gee nie, want ondersoeke oor aanvalle is aan die gang. Die ondersoekbeamptes wil seker wees of hy medepligtiges gehad het of nie gehad het nie,” het Francois Molins, die aanklaer van Parys, aan verslaggewers gesê.

Die Franse ministerie van binnelandse sake het vroeër in ‘n Twitter-pos bevestig dat die aanvaller ‘n polisiebus wat op die boulevard geparkeer was, geteiken het.

Die gewapende man wat die polisieman doodgemaak het, was reeds bekend aan wetstoepassers, het die polisie bevestig sonder om die identiteit van die aanvaller te openbaar.

‘n Buitelandse burger, is ook beseer as gevolg van die aanval, het die Parys-aanklaer Francois Molins aan BMF TV gesê.

Die polisie deursoek tans ‘n verdagte skuiling in Chelles, ‘n gemeente in die oostelike voorstede van Parys, sowat 20 km van die sentrum, het Le Parisien berig.

ISIS het die aanval as hul werk bevestig, het AFP berig, met verwysing na die mediaagentskap Amaq, wat geaffilieer is met die terroriste-groep. Dit het ook Abu Yusuf al-Beljiki as die man agter die aanval uitgewys.

Die skietery het plaasgevind omstreeks 21:00 (plaaslike tyd) naby die Franklin D. Roosevelt metro-stasie in die 8ste distrik van die Franse hoofstad, die Franse RTL TV-kanaal berig.

In die tussentyd het ooggetuies aan die plaaslike media gesê dat die aanvaller uit ‘n motor gespring het en met die Kalashnikov-aanval op die beamptes geskiet het. Hierdie inligting is dan gedeeltelik bevestig deur die woordvoerder van die binnelandse diens, Pierre-Henry Brandet, wat aan joernaliste gesê het dat “‘n outomatiese wapen teen die polisie – ‘n oorlogswapen – gebruik is.”

Die voorval kom net dae voor die eerste ronde van die Franse presidensiële verkiesings, wat geskeduleer is vir 23 April. Marine le Pen van die Nasionale Front het haar “solidariteit met die [Franse] veiligheidsmagte, wat weer geteiken word, uitgespreek.” Le Pen het aangedui dat sy haar presidensiële veldtog Vrydag sal uitstel, volgens AFP.

Die voorval kom net twee dae nadat twee mans in die Franse suidelike stad Marseille aangehou is, op die vermoede dat hulle ‘n “gewelddadige en dreigende aanval” voor die presidensiële verkiesing beplan het. Gewere en plofstowwe is na wat berig word tydens die soektog in hul woonstel gevind. Een van die verdagtes is onlangs na Islam bekeer, volgens Le Soir.

Le Pen weier ‘oligargiese vadoek’ in die agtergrond

Frankryk se Front Nasional het Woensdag die blou vlag van die Europese Unie ‘n “oligargiese vadoek” genoem en het voorspel dat sy dae getel is, volgens Reuters.

Die partyleier het geweier om op ‘n openbare platform te praat waar die EU-vlag vertoon word.

Die Franse TV-kanaal TF1 het ‘n vlag van die Europese Unie uit sy ateljee verwyder nadat Marine Le Pen daarop aangedring het dat slegs die Franse vlag tydens haar onderhoud met die uitsaaier sigbaar moes wees. Volgens die plaaslike media het TF1 ingestem om die vlag Dinsdagaand te verwyder.

Die verteenwoordiger van die Europese Kommissie in Frankryk, het getwiet: “Trots oor ons vlag, simbool van eenheid, solidariteit en harmonie tussen die volke van Europa. Kom ons steek dit nie weg nie,” nadat Marine Le Pen die blou-en-geelster vlag van die EU geweier het.

Die FN is ook nie geamuseer deur die EU-verteenwoordiger se twiet nie. “Jy sal sien, ons sal binnekort jou oligargiese lap in die kas pak,” het Florian Philippot Le Pen se tweede-in-bevel in reaksie op die EU gesê.

Le Pen het opgemerk dat sy verkies is deur Franse kiesers en nie die Unie nie. “Ek wil die president van die Franse Republiek wees. Ek wil nie president van die Europese Kommissie wees nie. Ek dink die EU het baie skade aan ons land gedoen,” het Le Pen aan TF1 gesê toe sy gevra is om haarself te verduidelik oor die EU-vlag.

Die EU-vlag is gereelde agtergrond op TV.

Meningspeilings is deurmekaar aangesien die gaping met Marine Le Pen se ander aanspraakmakers steeds verander, maar die grootste demografiese blok vir FN-ondersteuning kom van jonger kiesers tussen 18 en 24 jaar, waar Le Pen met 40 persent ondersteun word. In die Verenigde Koninkryk het die anti-immigrasie UKIP net agt persent gemonitor, wat daarop dui dat daar ‘n duidelike ekonomiese rede in Frankryk is vir die werklose jeugdiges om vir Le Pen te stem.

Jean-Luc Mélenchon, die ver-linkse kandidaat, het twiets uitgestuur vir Europa en vir die EU, het AFP berig. ‘N FN-amptenaar Joffrey Bollée het opgemerk dat Mélenchon “inderdaad ‘n agent van die stelsel is net soos die ander”.

Jeugwerkloosheid in Frankryk raak bykans ‘n kwart van werkers, in Duitsland is dit sowat sewe persent en in die Verenigde Koninkryk is dit 12 persent, volgens data wat deur die webwerf Trading Economics ingesamel is.

Dekades van ekonomiese wanbestuur deur sosialiste en sentrumpartye het gelei tot hoë vlakke van jeugdwerkloosheid, min werksversekering en verminderde sosiale mobiliteit. Maandag het Le Pen belowe om alle immigrasie met onmiddellike effek op te skort indien verkies, ‘n voorstel wat nie in haar manifes verskyn nie.

Twee van die mees prominente figure in die Front National, David Rachline en Marion Maréchal-Le Pen, is in hul twintigerjare.

Swart Islamitiese terroris vermoor drie in anti-wit skietery

‘n Swart Amerikaanse wou na die moord op ‘n veiligheidswag, soveel wit mense doodmaak as wat hy Dinsdag kon. Altesaam, het die gewapende man vier mense in die Fresno, Kalifornië geskiet.

Die swart verdagte het drie wit mans op die strate van die sentrum van Fresno, doodgeskiet voordat hy gevange geneem is. Een slagoffer is vermoor by die bushalte van ‘n Katolieke liefdadigheid.

Kori Ali Muhammad, 39, het ‘Allahu Akbar’ geskreeu – wat beteken dat “God is groot” in Arabies. Die polisie het hom ná die skietery op die grond platgetrek, volgens Jerry Dyer, polisiewoordvoerder van Fresno.

Hy was reeds gesoek vir die Donderdag-skietery van ‘n Motel 6 sekuriteitswag, ook in Fresno.

Al drie sy jongste slagoffers was wit mans, het die polisie bevestig. Hy het hulle volgens Dyer willekeurig gekies. Sy slagoffers was tussen die ouderdom van 34 en 58.

Een van die slagoffers soos Mark Gassett, ‘n 37-jarige pa, was “net buite die Katolieke liefdadigheid met ‘n kruideniersak sak vol kos toe hy geskiet is.” Die tweede liggaam was Zackary Randalls, ‘n getroude pa van twee.

Owerhede het gesê die verdagte het in een minuut 16 rondtes geskiet en sy rewolwer herlaai. Hy het op vier plekke in ‘n straatblok begin skiet.

‘n Facebook-boodskap deur die verdagte het gelees dat hy “wit duiwels” teiken en by verskeie geleenthede het hy statusopdaterings opgelaai wat die frase “Allahu Akbar” ingesluit het.

Dyer het aan CBS News gesê Muhammad het ‘n kriminele geskiedenis gehad en is voorheen gearresteer weens terroriste-dreigemente. Maar ondanks die bevestiging van Mohammed se terreurdreigemente, ontken Dyer dat die skietery verband hou met terrorisme en hy het bygevoeg “dit is uitsluitlik op ras gebaseer”.

Mohammed se prokureur het ‘n psigiatriese ondersoek vir sy kliënt aangevra en gesê hy het eksentrieke en bisarre oortuigings.

Muhammad, 39, het ook die frase “Allahu Akbar” op Twitter geplaas, en hom bedank vir die kataklismiese natuurrampe wat die VSA tref.

Slag van Berkeley: Patriotte en Antifa bots in Weimar-styl

Amerika lyk toenemend soos 1920 in Duitsland, tydens die sogenaamde Weimar Republiek, nadat fisiese gevegte uitgebreek het tussen linkses en vroeëre Trump-ondersteuners.

Op 15 April, is die “Patriots Day free-speech rally and picnic” georganiseer deur konserwatiewes in Berkeley, Kalifornië, maar die groep is aangeval deur ‘n groot bende linkses gewapen met knuppels, pepersproei, rookbomme en projektiele. Op sy hoogtepunt, het straatgevegte tussen sowat 1000 mense uitgebreek met plaaslike polisie wat meestal net toegekyk het.

Verskeie voorvalle het aandag getrek soos die pepersproei-bespuiting van ‘n onskuldige vroulike konserwatiewe deelnemer. Die hoofstroommedia het geen verwysing na hierdie voorval gehad nie, maar gefokus op ‘n ander voorval waar prominente altright-aktivis Nathan Damigo ‘n jong vrou slaan in ‘n video-opname wat viraal op Twitter en ander sosiale media versprei is.

Die vrou is geïdentifiseer uit haar Facebook-blad as Louise Rosealma. Dit was egter duidelik dat Damigo eerste geslaan is en met die eerste oogopslag kon hy gedink het dat sy ‘n man was. Op haar Facebook-profiel het Rosealma gepos dat sy die byeenkoms gaan ontwrig en “100 Nazi-koppe gaan lem”.

Damigo takel die bottelgooier

Rosealma het Damigo glo met ‘n gebreekte bottel bestorm. Ander beeldmateriaal toon haar wat bottels na diegene slinger wat sy beskou as haar “wit suprematistiese” vyande.

Die geleentheid het ‘n aantal prominente konserwatiewes gelok insluitend Lauren Southern, ‘n jong Kanadese joernalis, politikus en aktivis. Sy was gesien wat die byeenkoms agter ‘n bril en ‘n masker, omring deur ‘n paar fris ondersteuners wat optree as haar lyfwagte. In ‘n onderhoud met Stefan Molyneux daarna het sy het ook haar skok uitgespreek oor die gebrek aan polisie-optrede teen gewelddadige Antifa-betogers:

“Dit is regtig skrikwekkend om te sien hoe die berigte in die media hieroor was. Ek het pas op CNN ‘n bietjie gekyk en hulle is reeds met fopnuus besig om te vertel dat die polisie daar was en dinge het gebeur… Dit het nie gebeur nie. Hulle is aangesê om terug te staan Hulle was nie daar nie… So dit sal interessant wees om te sien hoe die media spin gaan wees… want jy is reg. Die breër publiek is nie bereid om te erken dat ons militante kommuniste het wat mense wat nie saamstem met hulle in die strate nie, stilmaak. Hulle is nie bereid om te praat oor hierdie siekte en probleem aan hulle kant van die politieke spektrum nie, en totdat dit gebeur gaan dinge van erg tot erger en erger raak. Die Berkeley byeenkoms dink ek was net die begin van waar ons politieke diskoers in Amerika op pad heen is.”

Antifa betogers het almal maskers gedra en swart klere, wat gelei het tot vergelykings tussen hulle en ISIS militante wat normaalweg op soortgelyke wyse geklee is. Maar, ten spyte van die gewelddadige optrede van die Antifa, het konserwatiewe fris Amerikaanse boerseuns terugbaklei en die versameling bleek kommuniste, anargiste en linkses teruggedryf. Die linkse swartgekledes het goed pakslae geskry.

Te oordeel aan haar Facebook-profiel, behoort die jong linkse slagoffer van die protes, Louise Roseales aan ten minste twee ver-linkse anargistiese groepe. Die presiese mate waarin anargiste en kommunistiese groepe reeds beheer oorgegeem het oor Amerikaanse kampusse is nie bekend nie, maar dit is insiggewend dat 500 gemaskerde Antifa “swartblok” milisie gemobiliseer kan word in Berkeley op redelike kort kennisgewing.

Op verskeie anargistiese en Marxistiese webwerwe, is lede van die bewegings aangemoedig om hul weg te vind na die park en konserwatiewes aan te val.

In Februarie vanjaar, met ‘n geskeduleerde praatjie deur Milo Yiannopoulos op die UCLA Berkeley kampus het anargiste brandstigtingsaanvalle geloods, het die Los Angeles Times berig:

“Terwyl die sogenaamde swartblok opstokers ‘n bekende gesig in Bay Area demonstrasies in die laaste dekade geword het, het hul verskyning by Berkeley Woensdag ‘n andersins vreedsame byeenkoms laat ontvlam in ‘n reeds gepolariseerde land.”

Yiannopoulos se praatjie moes gekanselleer word weens die swartblok-dreigemente.

“Ek dink dit is ‘n geskiedkundige dag om te onthou, want dit openbaar aan ons hierdie nuwe normaal dat ons beweeg in hierdie nuwe wêreld, ‘n wêreld van verpolitiseerde geweld en ‘n wêreld waarin twee voorhoedes twee kante van die politieke spektrum in die Verenigde State van Amerika verteenwoordig wat nie meer mekaar as debatsvennote, of teenstanders, en so aan sien nie, maar mekaar sien as twee kampe wat fundamenteel verskil, twee kampe wat mekaar as eksistensiële vyande sien. En so … ‘n soort oorlog het plaasgevind…. Ons is in ‘n nuwe politieke wêreld van eksistensiële vyande, van politieke akteurs wat ruimte beset, en so aan. Dit is waar ons is.”

Spencer op Dinsdag by die Auburn Universiteit kampus, Alabama, gepraat alhoewel sy optrede gekanselleer is deur owerhede. Daar ook is die linkse gespuis deur sy ondersteuners teruggedryf.

Spencer sê die federale regering moet veiligheidsmannekrag voorsien om te verseker dat die grondwetlike reg op vryheid van spraak beskerm word in Amerika, veral op universiteitskampusse, net soos wat die owerhede in die vyftigerjare vir die swart burgerregtebeweging gedoen het.

Franse dubbele stembrief ‘n katastrofe vir Marine Le Pen

‘n Halfmiljoen Franse kiesers het dubbele stembriewe ontvang in die pos, wat hulle sal toelaat om twee stemme in die eerste ronde van die verkiesing op 23 April uit te bring.

Boonop het die Franse owerhede bevestig hulle nie die ondersoek na die potensiële verkiesingsbedrog tot ná die verkiesing sal hou nie, en beweer dat terugwerkende vervolging moontlik kan wees.

Die anti-Le Pen slenter is daarop gemik om die meeste Franse burgers wat in die buiteland woon ‘n groter sê te gee, want die meeste Franse kiesers buite Frankryk ondersteun nie Le Pen nie. In Brittanje, is die aantal Franse in Londen so veel soos die inwoners van die sesde grootste stad in Frankryk.

Emmanuel Macron, die kandidaat-sonder-party kan grootliks baat vind by hierdie katastrofiese dubbele stembrief fout, omdat die ver-linkse kandidaat Jean-Luc Mélenchon onlangs opgeskiet het in die meningspeilings en dreig om deur te breek in die leierskapstryd om Macron uit te druk.

Mélenchon geniet ‘n skouspelagtige laat-oplewing van steun in die mees onvoorspelbare presidensiële wedloop die land se moderne geskiedenis.

Ná die bekendstelling van ‘n video-speletjie waarin hy die ster speel groei sy gewildheid. Mélenchon is die hoofkarakter in “bloei-die-rykes”, en sy karakter skud die teenstanders – insluitend Macron en IMF hoof Christine Lagarde – uit totdat munte uit hul sakke reën.

“Die opkoms van Jean-Luc Mélenchon het heeltemal die kaarte deurmekaar gekrap net dae vanaf die eerste ronde,” sê Frederic Dabi, hoof van IFOP.

Beide Le Pen en Mélenchon is anti-Amerikaans, anti-Merkel, anti-globalisties, anti-NAVO en pro-Poetin. Die enigste verskil is dat Mélenchon graag Moslem-immigrante wil verwelkom.

Franse regters het intussen daarop aangedring dat die Europese Parlement presidensiële kandidaat Marine Le Pen se immuniteit lig sodat sy aangekla word oor ‘n niksseggende twiet waarin sy ontken dat haar party soos ISIS is.

Maar haar vyande gryp na strooihalms om haar te probeer stuit. As Le pen wen, is dit neusie verby met die EU.