Een van die grootste regse byeenkomste in die meer onlangse Amerikaanse geskiedenis, die Unite the Right-byeenkoms in Charlottesville, Virginië, moes afgelas word nadat die goewerneur van dié Amerikaanse deelstaat ‘n noodtoestand afgekondig het. Die byeenkoms is gereël om beswaar te maak teen die verwydering van ‘n standbeeld ter ere van genl. Robert E. Lee, die legendariese Suidelike generaal wat as ‘n soort Christiaan de Wet of Koos de la Rey in die Suide van Amerika vereer word.
Michael Signer
Die linkse stadsraad van Charlottesville onder die burgemeester, Michael Signer, het ‘n besluit geneem om die standbeeld van die generaal te verwyder aangesien hulle dit as ‘n “simbool van rassisme” beskou.
In weerwil van ‘n hofbevel wat aan die organiseerders, mnre. Jason Kessler en Richard Spencer, deur ‘n Amerikaanse regter toegestaan is en waarin die byeenkoms kragtens die Eerste Wysiging aan die Amerikaanse grondwet toegelaat is om voort te gaan, het die deelstaat en die munispaliteit besluit om ‘n stokkie daarvoor te steek.
In ‘n twiet het dr. Dan Roodt van PRAAG hom só uitgelaat oor die nuus dat die byeenkoms afgestel word:
The USA = a banana republic! #UniteTheRight had a court order allowing protest, now cancelled by police. Won’t happen even in S. Africa!
Die byeenkoms het gisteraand begin met ‘n nagmars op die kampus van die Universiteit van Virginië wat deur sowat 500 “altregse” (alternatief-regse) betogers bygewoon is. Fakkels oftewel “tiki-fakkels” is tydens die nagmars deur die betogers gedra. Die toneel is vanuit die lug met behulp van ‘n hommeltuig verfilm.
Tydens die nagmars het ‘n twintigtal linkse betogers opgedaag maar alles het nog redelik vreedsaam verloop. ‘n Transgeslagbetoger, “Emily” Gorcenski, het in ‘n selfoonvideo histeries die feit bekla dat daar so min anti-regse of AntiFa-betogers was.
Teen dié tyd het die #UniteTheRight- asook #Charlottesville-hutsmerke reeds op bo-aan die Amerikaanse Twitter se hutsmerkneigings begin registreer en is honderde linkses aangespoor om die volgende oggend die toesprake deur regse leiers te gaan ontwrig.
Teen tienuur Saterdagoggend wou die polisie nie die toesprake deur o.a. Richard Spencer van die National Policy Institute, Nathan Damigo van Identity Europa, die Sweed Daniel Friberg van Arktos, “Baked Alaska” en verskeie ander altregse figure toelaat nie, ondanks die hofbevel van die vorige dag. Die organiseerder, Jason Kessler, het sy misnoeë met dié stand van sake op ‘n direkte Periscope-uitsending te kenne gegee.
Kort hierna het die polisie egter aangekondig dat die byeenkoms summier as ‘n “onwettige byeenkoms” beskou word en is alle altregse betogers aangesê om die Robert E. Lee-park in die stadsentrum van Charlottesville te verlaat. Linkse AntiFa-betogers is egter deur die polisie toegelaat om verder te betoog, sodat die hele stadsentrum deur hulle oorgeneem is. Regse betogers is verhoed om hul voertuie uit parkeerruimtes te verwyder, sodat humeure opgevlam het en ‘n motoris probeer het om deur die linkse skare te ry.
Volgens die hospitaal is een persoon tydens dié voorval dood en negentien beseer. Ten minste een getuie beweer dat van die AntiFa-betogers die grys Ford Mustang (eintlik ‘n Dodge Challenger) met klippe bestook het alvorens die bestuurder in die skare vasgery het.
Mnr. Richard Spencer, wat op ‘n stadium hardhandig deur die polisie in hegtenis geneem is toe hy met die vergadering wou voortgaan, het hulle in ‘n twiet geblameer vir die geweld wat agterna uitgebreek het.
I’m watching images of the street violence outside the rally. Where were the police!? They failed. The demonstration itself was peaceful.
Die hoofstroommedia in die VSA het deurlopend oor die gebeure in Charlottesville berig en sowel mnr. as mev. Trump het in twiets daarop kommentaar gelewer.
Amerika lyk toenemend soos 1920 in Duitsland, tydens die sogenaamde Weimar Republiek, nadat fisiese gevegte uitgebreek het tussen linkses en vroeëre Trump-ondersteuners.
Op 15 April, is die “Patriots Day free-speech rally and picnic” georganiseer deur konserwatiewes in Berkeley, Kalifornië, maar die groep is aangeval deur ‘n groot bende linkses gewapen met knuppels, pepersproei, rookbomme en projektiele. Op sy hoogtepunt, het straatgevegte tussen sowat 1000 mense uitgebreek met plaaslike polisie wat meestal net toegekyk het.
Verskeie voorvalle het aandag getrek soos die pepersproei-bespuiting van ‘n onskuldige vroulike konserwatiewe deelnemer. Die hoofstroommedia het geen verwysing na hierdie voorval gehad nie, maar gefokus op ‘n ander voorval waar prominente altright-aktivis Nathan Damigo ‘n jong vrou slaan in ‘n video-opname wat viraal op Twitter en ander sosiale media versprei is.
Die vrou is geïdentifiseer uit haar Facebook-blad as Louise Rosealma. Dit was egter duidelik dat Damigo eerste geslaan is en met die eerste oogopslag kon hy gedink het dat sy ‘n man was. Op haar Facebook-profiel het Rosealma gepos dat sy die byeenkoms gaan ontwrig en “100 Nazi-koppe gaan lem”.
Damigo takel die bottelgooier
Rosealma het Damigo glo met ‘n gebreekte bottel bestorm. Ander beeldmateriaal toon haar wat bottels na diegene slinger wat sy beskou as haar “wit suprematistiese” vyande.
Die geleentheid het ‘n aantal prominente konserwatiewes gelok insluitend Lauren Southern, ‘n jong Kanadese joernalis, politikus en aktivis. Sy was gesien wat die byeenkoms agter ‘n bril en ‘n masker, omring deur ‘n paar fris ondersteuners wat optree as haar lyfwagte. In ‘n onderhoud met Stefan Molyneux daarna het sy het ook haar skok uitgespreek oor die gebrek aan polisie-optrede teen gewelddadige Antifa-betogers:
“Dit is regtig skrikwekkend om te sien hoe die berigte in die media hieroor was. Ek het pas op CNN ‘n bietjie gekyk en hulle is reeds met fopnuus besig om te vertel dat die polisie daar was en dinge het gebeur… Dit het nie gebeur nie. Hulle is aangesê om terug te staan Hulle was nie daar nie… So dit sal interessant wees om te sien hoe die media spin gaan wees… want jy is reg. Die breër publiek is nie bereid om te erken dat ons militante kommuniste het wat mense wat nie saamstem met hulle in die strate nie, stilmaak. Hulle is nie bereid om te praat oor hierdie siekte en probleem aan hulle kant van die politieke spektrum nie, en totdat dit gebeur gaan dinge van erg tot erger en erger raak. Die Berkeley byeenkoms dink ek was net die begin van waar ons politieke diskoers in Amerika op pad heen is.”
Antifa betogers het almal maskers gedra en swart klere, wat gelei het tot vergelykings tussen hulle en ISIS militante wat normaalweg op soortgelyke wyse geklee is. Maar, ten spyte van die gewelddadige optrede van die Antifa, het konserwatiewe fris Amerikaanse boerseuns terugbaklei en die versameling bleek kommuniste, anargiste en linkses teruggedryf. Die linkse swartgekledes het goed pakslae geskry.
Te oordeel aan haar Facebook-profiel, behoort die jong linkse slagoffer van die protes, Louise Roseales aan ten minste twee ver-linkse anargistiese groepe. Die presiese mate waarin anargiste en kommunistiese groepe reeds beheer oorgegeem het oor Amerikaanse kampusse is nie bekend nie, maar dit is insiggewend dat 500 gemaskerde Antifa “swartblok” milisie gemobiliseer kan word in Berkeley op redelike kort kennisgewing.
Op verskeie anargistiese en Marxistiese webwerwe, is lede van die bewegings aangemoedig om hul weg te vind na die park en konserwatiewes aan te val.
In Februarie vanjaar, met ‘n geskeduleerde praatjie deur Milo Yiannopoulos op die UCLA Berkeley kampus het anargiste brandstigtingsaanvalle geloods, het die Los Angeles Times berig:
“Terwyl die sogenaamde swartblok opstokers ‘n bekende gesig in Bay Area demonstrasies in die laaste dekade geword het, het hul verskyning by Berkeley Woensdag ‘n andersins vreedsame byeenkoms laat ontvlam in ‘n reeds gepolariseerde land.”
Yiannopoulos se praatjie moes gekanselleer word weens die swartblok-dreigemente.
“Ek dink dit is ‘n geskiedkundige dag om te onthou, want dit openbaar aan ons hierdie nuwe normaal dat ons beweeg in hierdie nuwe wêreld, ‘n wêreld van verpolitiseerde geweld en ‘n wêreld waarin twee voorhoedes twee kante van die politieke spektrum in die Verenigde State van Amerika verteenwoordig wat nie meer mekaar as debatsvennote, of teenstanders, en so aan sien nie, maar mekaar sien as twee kampe wat fundamenteel verskil, twee kampe wat mekaar as eksistensiële vyande sien. En so … ‘n soort oorlog het plaasgevind…. Ons is in ‘n nuwe politieke wêreld van eksistensiële vyande, van politieke akteurs wat ruimte beset, en so aan. Dit is waar ons is.”
Spencer op Dinsdag by die Auburn Universiteit kampus, Alabama, gepraat alhoewel sy optrede gekanselleer is deur owerhede. Daar ook is die linkse gespuis deur sy ondersteuners teruggedryf.
Hi @Amazon! You banned the Confederate flag but are happy to sell Antifa gear, an active domestic terrorist group. Why is that? pic.twitter.com/G7YlZxhuxh
Spencer sê die federale regering moet veiligheidsmannekrag voorsien om te verseker dat die grondwetlike reg op vryheid van spraak beskerm word in Amerika, veral op universiteitskampusse, net soos wat die owerhede in die vyftigerjare vir die swart burgerregtebeweging gedoen het.
Richard Spencer is Vrydagmiddag (Washington DC-tyd) uit die bloute deur ‘n betaalde antifa-betoger in die gesig geslaan, terwyl hy besig was om ‘n onderhoud met ‘n groep joernaliste te voer.
Donald Trump is Vrydag, 20 Januarie as die 45ste president van die Verenigde State van Amerika ingesweer. Spencer was in Washington om voetsoolvlakverslaggewing te doen. Hy was besig om ‘n vraag oor sy “Pepe”-lapelwapen te beantwoord toe die blanke skurk in ‘n swart masker hom met die vuis bydam.
Daar is Vrydag wêreldwyd in die alternatiewe media oor gewelddadige optogte en vandalisme verslag gedoen.
Die hutsmerk #RichardSpencer was tydens die skryf van hierdie berig die nommereenhutsmerk op Twitter.
Vele bekende figure soos Keith Olbermann en Patton Oswald het hulle teen gunste van die antifa-man se gedrag uitgespreek. ‘n Bakleiery het op Twitter losgebars toe altregse figure soos “Baked Alaska” en “Paul Joseph Watson” ingespring het om Spencer te verdedig.
‘n Bord met die woorde “white lives matter too much” kan in die agtergrond van hierdie video gesien word waarin die aanval op Spencer vasgelê is.
Ek het die volgende kommentaar op Spencer se splinternuwe www.altright.com gelaat:
The overwhelming support/laughter/joy coming from the left/celebrities after this incident should remind all white people: THEY HATE YOU! THEY WANT YOU DEAD!
Suid Afrikaners is gewoond aan geweld teen diegene wat deur linkses as “ketters en hekse” beskou word. Sekere opinies of politieke standpunte verdien om met ‘n ysterhand deur die uitverkorenes vermink en belaglik gemaak te word.
Blankes is wêreldwyd in groot, groot moeililkheid.
Burgers van alle lande; mense wat dalk voorheen middelmatig was, hunker na ideologieë wat oplossings bied.
#RichardSpencer was een van die min hutsmerke wat Vrydag nommer een op Twitter behaal het. #Inauguration was die ander belangrike een. Dink bietjie daaraan: Spencer en President Trump word nou in dieselfde asem genoem!
Byt vas. Blankes gaan nie langer die internasionale epidemie van geweld — wat deur verskeie polities en rasgedrewe faksies teen hulle gevoer word — duld nie.
Leopold Scholtz is, soos Kallie Kriel van Soliforum en ‘n paar ander, bekend as ‘n “anti-rassistiese” stryder. Die hele Westerse kultuur is deurdrenk van rassisme en “die patriargie”, dus besoedel hulle hul nie graag daarmee nie. Dit lei dan logies tot die volgende: hoe minder jy van Westerse kultuur (tale, filosofie, musiek, opera, kuns, geskiedenis ens.) af weet, hoe beter. Onkunde is die hoogste vorm van anti-rassisme. Dit spreek byna vanself.
Scholtz skuim gereeld om die mond as hy op sy interlokuteurs gil: “rassis, fascis, Nazi!” “Interlokuteur” is eintlik ‘n Franse leenwoord, maar omdat die kleurlingmarxis, prof. Hein Willemse, dit gereeld gebruik, het dit al tot ‘n stukkie “Kaaps” gevorder wat ‘n mens mag gebruik. Dis toelaatbaar, amper polities korrek, kan ‘n mens maar sê. Verbasend genoeg gebruik Scholtz, in ‘n artikel oor vandag se Franse streeksverkiesings, nie ‘n enkele keer die terme “rassis”, “fascis” of “Nazi” in verband met Marine Le Pen nie. Miskien het hy vergeet. Darem herhaal hy die woord “regs” in elkeen van die eerste twee paragrawe.
Vir ‘n veteraan-antifa soos Leopold Scholtz is dit werklik vreemd. Maar miskien herstel hy nog van die Duitse polisie se traanrook en waterkanonne wat hulle op hom gebruik het toe hy en sy mede-antifa’s (anti-fasciste) gister in Leipzig teen “neo-Nazi’s” betoog het en onluste gepleeg het. Leopold Scholtz is ‘n opperste klipgooier en onlusmaker wat soos ‘n berserker klaskamers en lesingsale kan afbrand as hy die dag lus het; vandaar sy aangetrokkenheid tot antifa. Veral Duitse antifa, want dit is meer gewelddadig. Boonop het Karl Marx en Friedrich Engels mos in Duits geskryf. Al is jy ‘n eurofoob wat die Weste verafsku, mag jy maar Marx en Engels lees want hulle en hul volgelinge het self die ondergang van die Westerse beskawing bepleit.
Leopold Scholtz woon in Delft, Nederland, van waar hy gereeld met ‘n motorfietshelm en ‘n knuppel saam met sy mede-antifa’s die “regse gevaar” met geweld gaan bestry. Só het dit gister in Leipzig gelyk nadat ‘n duisend antifa’s slaags geraak het met tweehonderd betogers wat hulle teen die toestroming van migrante na hul land wou uitspreek.
Leipzig is binne trefafstand van Delft. Maar Scholtz waarsku ook gereeld die hele kleuterskool wat ademloos na KykNET se linkse juffrouens luister oor die “regse gevaar”, soos in dié video wat ‘n koninklike aantal van 38 kyke op YouTube onvang het.
Ná dié gratis advertensie op PRAAG gaan die getal kyke seker die hoogte inskiet, maar anders as Scholtz en sy trawante glo ons in sulke “regse” eurosentriese begrippe soos “die oop gesprek” en spraakvryheid. Van Wyk Louw, wat die term “oop gesprek” gemunt het, was volgens die Stellenbosser Gerrit Olivier juis om dié rede ‘n Nazi, iets waarmee Scholtz die antifa geredelik sou saamstem.
Kennelik weet Leopold die linkse knuppelswaaier net van een lid van die Front National, en dit is Marine Le Pen self. Die bestaan van die onderleier en strateeg, Florian Philippot, asook die gewilde lid van die Nasionale Vergadering vir Vaucluse, Marion Maréchal-Le Pen, verkeer iewers buite sy tonnelvisie. Dan praat ‘n mens nie eens van Louis Aliot, Philippe Loiseau en Sophie Montel wat óók elkeen die meeste stemme in hul onderskeie streke tydens verlede Sondag se eerste rondte behaal het nie. ‘n Sewende kandidaat, Nicolas Bay, het in Normandië min of meer gelykop met die sentrum-regse kandidaat geëindig. Scholtz se Engelse koerant wat hom daar op Delft “ingelig” hou, neem nie kennis van sulke twyfelagtige figure op die “diep platteland” van Frankryk nie. Onthou u nog daardie uitdrukking, “diep platteland”? Dis ‘n term waarmee die Afrikanerkieser in vorige dekades deur die plaaslike Engelse koerante beledig is.
Scholtz skryf:
“Vir vandag se tweede ronde het die Sosialiste hulle aan die verkiesing in drie streke onttrek en gaan met die konserwatiewe kragte saamsnoer om die FN te beveg. Peilings wys egter die FN kan in dié streke selfs teen die gekombineerde kragte van die konserwatiewe en die Sosialiste die pyp rook.”
Die uitdrukking “pyp rook” hier vind ek nogal vreemd: óf dit wys heen na die dagga wat Scholtz die antifa en oud-hippie daar in sy Hollandse “koffie”-kroeg rook, óf dit herinner aan die loodpyp in sy mou waarmee hy die arme Duitsers wat oor hul heimat bekommerd is daar in Leipzig toegetakel het. Feit is egter dat daar ‘n paar nuanses en feite in sy relaas makeer. Ten eerste het die Sosialiste hulle slegs in twee streke onttrek. In die derde streek, Elsas-Lotaringe-Sjampanje-Ardenne waar Philippot die FN-kandidaat is, het die Sosialistiese kandidaat, Jean-Pierre Masseret, geweier om hom te onttrek, ondanks die opdragte van die Sosialistiese politburo in Parys. Dus vind daar vandag net twee “tweestryde”, of duels soos die Franse dit noem, plaas: dié in Nord-Pas de Calais-Picardie waar Marine Le Pen kandidaat is teen Xavier Betrand van die Republikeine, asook in PACA (Provence-Alpes-Côte d’Azur) waar Marion Maréchal-Le Pen teen Christian Estrosi te staan kom.
Marion Maréchal-Le Pen, FN-kandidaat in PACA
Dit lyk nie asof Leopold die antifa enige onlangse meningspeiling in Frankryk geraadpleeg het nie, want daar was ten minste drie oor die afgelope paar dae, wat almal voorspel dat die sentrum-regse Republikeine net-net teen die dames Le Pen gaan wen. Woensdagaand het ‘n meningspeiling deur TNS-Sofres vir Le Figaro et LCI voorspel dat Xavier Bertrand met 53% teenoor Marine Le Pen se 47% gaan wen. Dieselfde meningspeiling meen dat Christian Estrosi met 54% teenoor 46% oor die 25-jarige Maréchal-Le Pen gaan seëvier. Kort voor sesuur Vrydagaand – waarna geen meningspeilings of veldtogte meer gevoer mag word kragtens Franse wetgewing nie – het ‘n ander meningspeiling vir die koerante La Provence, Nice-Matin en Var-Matin weliswaar die gaping tussen Estrosi en Maréchal-Le Pen as veel kleiner beskryf, naamlik 51% teenoor 49%.
Anders as wat Leopold Scholtz die antifa-propagandis van Delft beweer, betree die FN-kandidate dus vandag se verkiesing as buiteperde. Maar enigiets is seker moontlik, want die FN se kiesers is gretiger om te stem as die ander. Omdat hulle ook jonger is, is hulle meer verbind op sosiale media waar hulle mekaar aanspoor om vir Marine Le Pen en haar span te gaan stem “om Frankryk van sosialisme te bevry”. Marine Le Pen beskik oor 822 000 volgelinge op Twitter, teenoor haar opponent se 64 000. Indien sosiale media dus die deurslag in ‘n verkiesing kan gee, kan dit dalk net die knoop vir die Front National deurhaak.
Leopold Scholtz beskou die FN as ‘n gevaar vir Europa. Maar is hy nie eerder ‘n bedreiging vir Europa nie, iemand wat die ANC-SAKP se eertydse terreur in Suid-Afrika al jare lank goedpraat, benewens sy renons in alles wat blank, Europees en veral Frans is?
Die uitslae sal vanaf nege-uur Suid-Afrikaanse tyd vanaand begin bekendraak soos wat die uitgangmeningsopnames en wiskundige skattings deur die media gepubliseer word. Volg my op op Twitter waar ek ook die uitslae sal twiet by @danroodt.
Ten slotte, en spesiaal vir Leopold Scholtz en sy mede-antifa’s, hier is nog ‘n nommertjie van die Franse groep Les Brigandes, juis oor die antifa’s, met Duitse onderskrifte en ‘n Engelse vertaling hier onder sodat selfs hy dit kan verstaan. (Die vertaling is vanaf Les Brigandes se webblad, in minder as puristiese Engels.)
I saw an old man over the counter in a supermarket,
He was called a bastard by a barking Arab woman.
When the Antifa was coming in,
The Antifa has screamed:
“Police!”
“This is an old Pétainist!”
A young girl reading the Bible in the train,
Young Non-Europeans started their nasty games with her.
If the Antifa had been there
Then it would be sure that they have witnessed…
In the face of the police…
That she was a provocateur!
A little boy sang an old song.
Non-violent Rastas have massacred him, just like he stand there.
The Antifa had put him on the list…
The list of anti-globalist suspects.
He had sung: “Auprès de ma blonde”…
What an evil Nazi!
That was before the time of the “Don’t insult my buddy.”.
But such a buddy set me the blade to my throat.
If the Antifa would have been established at this time…
Then, the psychologist had demonstrated
That the fear of the unknown was the evidence of…
The racist syndrome.
[Nota: Die sinsnede in Franse sleng, “touche pas à mon pôte” (moenie aan my gabba vat nie) is die naam van ‘n anti-rassistiese organisasie in Frankryk wat deur Harlem Désir in die tagtigerjare gestig is, met miljoene wat hy in die geheim van die Sosialistiese regering ontvang het. – DR]
I say, you have to send Manuel Valls…
At night…
In an area in which he has never walked in.
Without a bodyguard, without the police
And if he can escape the harassment…
Then he can say to the media:
“Inshallah!”
And when the rabble is going to rape you in the evening.
Take an iron bar and use it to save your skin.
But if one of them is lying on the ground.
Then the judge will say that it is a conspiracy.
The newspapers will read x3:
“This was done by a fascist!”
Going to eat a falafel in the Rue des Rosiers,
I put on my kippah and my turban in the market.
The Antifa will not miss you,
When you look like a Gaul.
And if you eat quenelles with fries:
“Anti-semite!”
If you do this, or if you…
Say that,
If you even think it…
Then that’s already too much.
If you say a word they don’t like…
Then you will have to deal with the Antifa.
For the Trotskyist GPU…
You are a fascist.
They put millions there…
In hell for this reason.
For them it is a fixed idea…
A method of terrorism.
When I dispute, when I resist
Then I find myself on the list:
“I am a fascist!”
And if you don’t think… how you have to…
Then you’re a fascist.