Cosatu beweer die Swazilandse polisie het ‘n opposisieleier in hegtenis geneem asook ‘n vergadering van vakbondleiers uit Suid-Afrika ontwrig.
Cosatu se buitelandse sekretaris, Bongani Masuku, sê Mario Masuku, die leier van PUDEMO – die Swazilandse opposisieparty, is Vrydag in hegtenis geneem onderweg na ‘n betoging teen die regering van Koning Mswati III.
Die Swazilandse polisie het dit as onwaar bestempel.
‘n Verteenwoordiger van Cosatu en voormalige minister in Mandela se parlement, Jay Naidoo, en Biskop Paul Verryn van die Metodistekerk is eergister ook deur die Swazilandse polisie vir ondervraging ingeneem saam met nog lede van ‘n Suid-Afrikaanse groep wat die regte van werkers in Swaziland ondersoek.
Swaziland, Afrika se laaste absolute monargie, sal op die 20ste van vandeesmaand ‘n Parlementêre verkiesing hou. – RSG
Die optrede van die werknemers wat betrokke is daarby om substasies regoor die stad af te skakel, is gelyk aan terrorisme, het Gauteng se LUR Faith Mazibuko het Vrydag gesê.
“Ons is kwaad as ‘n provinsiale regering, en wat gebeur het is gelyk aan ‘n daad van terrorisme,” het Mazibuko aan verslaggewers gesê.
Sy het gesê die saak word ondersoek deur verskillende agentskappe, insluitend die Valke .
Mazibuko het gesê die mense agter die kragonderbrekings het mense se lewens bedreig.
City Power se besturende direkteur Sicelo Xulu het gesê hulle het besef dat daar met skakelaars by ‘n aantal substasies gepeuter is .
“Daar was geen gedwonge toegang nie, en dit beteken eenvoudig dat iemand hulle afskakel,” het Xulu gesê.
Hy het gesê dat City Power sekuriteitsmaatreëls by substasies regoor die stad in plek gestel het om te verseker dat die ontwrigting nie weer gebeur nie.
Xulu het gesê sommige van die gebiede wat steeds geraak word, is Lenasia, Alexandra, Randburg en sommige gebiede in die middestad van Johannesburg .
“Die proses van kriminele klagtes wat gelê is, is gedoen,” het Johannesburg se burgemeester, Parks Tau gesê.
Hy het gesê die stappe wat arbeidsverhoudinge regurleer moet gerespekteer word, en ‘n situasie waar die inwoners van elektrisiteit ontneem word, kan nie toegelaat word nie.
Krag is ontwrig in dele van die Wes-Rand en die noorde van Johannesburg na ‘n paar honderd City Power personeel Woensdagmiddag uitgeloop het.
City Power het gesê die staking was nie deur ‘n unie gelei nie.
Die werkers is ontevrede oor ‘n nuwe skofstelsel.
Stakende werkers het glo infrastruktuur gesaboteer, wat wydverspreide kragonderbrekings veroorsaak het en verkeersvloei en ‘n sakebedrywighede tot ‘n stilstand gedwing het.
Kragtoevoer is Vrydagmiddag ten volle herstel na gebiede wat Houghton en Melville insluit, maar ander dele van Johannesburg kan oor die naweek nog in donkerte gehul wees, het City Power gesê.
Die voorsiening van elektrisiteit is ook weer aangesluit in Auckland Park, Kew, en Bramley. – Sapa
Regter Rammaka Mathopo het Vrydag in die Johannesburgse hooggeregshof verlof tot appèl aan president Jacob Zuma se regspan toegestaan ivm die openbaarmaking van transkripsies van die omstrede spioenasiebande.
Hulle voer aan dat die bande vertroulik is en kan Zuma benadeel indien die transkripsies oorhandig word. Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het in 2009 besluit nalv van die bande, om die korrupsieklagte teen Zuma te laat vaar.
Mathopo het in sy uitspraak gesê daar is verskillende interpretasies moontlik van die Appèlhof se vroeëre beslissing dat die NVG die dokumente aan die DA moet oorhandig.
Dieappèlhofhetdie NVG destyds14dae gegee om alle dokumente,opnames,materiaal engetuieniswat gelei het totdie onttrekking vankrimineleaanklagte teenZumate oorhandig.
DieDAhetdie hof genader inSeptemberverlede jaar om voormaligewaarnemendeNVG-hoofNomgcoboJibate dwing omdie verkorte rekord,insluitend dieopnames,te oorhandig nadatdie NVGversuim het om dieopnamesbinne 14 dae te gee.
RegterRammakaMathopo het verlede maandbeveel datdie internememoranda, verslae ofnotules van vergaderingswat handel oordie inhoud van dieopnamesofdie transkripsieself oorhandig moet word, vir soverhierdie dokumenteniedie vertroulikheid vanZumaseskriftelike of mondelinge vertoëtot dieNVGskend nie.
Die DA wil die transkripsies bekom wat hulle glo inkriminerende inligting bevat oor die president.
Mathopo het gesê daar is verskillende interpretasies van die hofbevel moontlik en dus sal die Appèlhof daaroor moet beslis.
‘n Voorverhoor gaan vanoggend in Kaapstad gehou word in die saak van verkragting en moord teen Johannes Kana.
Kana het reeds skuld beken op ‘n aanklag van seksuele aanranding.
Die Bredasdorp-tiener, Anene Booysen (17), is in Februarie op ‘n buitengewone wrede wyse vermoor. Sy is op ‘n konstruksieterrein gevind.
Die saak sal na verwagting na die Swellendamse hof verskuif word waar ‘n verhoordatum in Oktober bepaal sal word.
Booysenwas nog lewendig waar syerg geslaanen haar ingewande oopgesnyop ‘nkonstruksieterreininBredasdorpop 1 Februarie gevind is.
Sy het indieTygerberg-hospitaal‘n daglater aan haar beserings beswyk.
Diestaat beweerdatKanahaar eers verkrag het en haar daarnaoopgesny het, wat gelei het tothaar dood.
InMei, het die Staataanklagte teenKanase mede-beskuldigde,22-jarigeJonathanDavids, teruggetrek.
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NV)se woordvoerderEricNtabazalilahet gesê‘n ondersoekhetaan die lig gebring dat daar onvoldoendegetuienis is om ‘nskuldigbevinding teen Davidste kry.
Voordat sy dood is,het Booysen gesêvanuit haar hospitaalbeddat vyfofses mansbetrokke was by dieaanval.
Sy het die naam “Zwai” geprewel, watbeide diebynaamvanDavidsen ‘n andermanZwelitsha is. – eNCA
Sowat 50 mense is dakloos gelaat nadat ‘n brand by die Rugby Club-lokasie in Roodepoort uitgebreek het, het die Johannesburgse nooddienste gesê.
Robert Mulaudzi, woordvoerder, het gesê die brand, wat omstreeks 05:00 uitgebreek het, is vermoedelik veroorsaak deur ‘n foutiewe elektriese toestel of ‘n kers. Altesaam 40 plakkershutte is verwoes.
Die DA het verlede jaar vrywilligers enbesighedegenader vir skenkings nadat ‘n brand ook tientalle plakkershuttein die lokasie vernietig het. Raadslid David Dewes het gesê omdat die regering nie huise voorsien nie, sal hy deur privaatondernemings werk om sy eie “noodplan” vir behuising te skep.
Die DA het die media op 25 Junie 2012 op ‘n begeleidetoer geneem om te wyswat gedoen isasook om al die planneindie pyplynte verduidelik vir splinternuwe huise.Die plakkerswas baie in hul skik oorhul nuwewonings.
Dieeenparigeterugvoer vandie plakkerswas dat hullebaie dankbaarentrots is.
Mulaudzi het gesê dit is die tweede brand in die laaste 24 uur. Altesaam 25 gesinne is Donderdag dakloos gelaat nadat 17 plakkershutte in Diepsloot in puin gelê is. – Sapa/praag
‘n Derde dosent aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) is skuldig bevind aan seksuele teistering, en afgedank.
Adam Habib, visekanselier, het gesê die instelling het ‘n beleid van zero-verdraagsaamheid tov seksuele teisteraars aanvaar. Twee ander dosente is in Julie oor dieselfde klagtes afgedank.
“Ons hoop dat die daadwerklike optrede in die gevalle ‘n duidelike voorbeeld stel dat seksuele teistering nie in enige vorm op ons kampusse geduld sal word nie.”
Die universiteit is besig met ‘n ondersoek teen nóg ‘n dosent. ‘n Taakspan is saamgestel om die oortredings te ondersoek.
Habib het Woensdag gesê hy aanvaar volle verantwoordelik vir die mishandelings wat op die kampus plaasgevind het.
“Ek wil om verskoning vra aan al diegene wat seksuele teistering ervaar het. Wits moet ‘n veilige plek wees en ons sal verseker dat dit is.” – Sapa
Die ANC sê tugstappe moet teen stakende City Power-werknemers ingestel word.
Werkers staak sedert Woensdag oor n nuwe skofrooster en het meer as 10 woonbuurte vir die derde agtereenvolgende dag sonder elektrisiteit gelaat, het Eyewitness News berig.
Die kragonderbrekings het toevoer na die huis waar oudpresident Nelson Mandela aansterk ook geraak. Daar was spekulasie dat probleme met elektrisiteitsvoorsiening Mandela se herstel sal beïnvloed. Twee kragopwekkers is by die huis in Houghton opgemerk.
Jolidee Matongo, ‘n woordvoerder van die ANC, het gesê die party is teleurgesteld dat stakende werkers nie die regte kanale volg om aandag op hulle griewe te vestig nie
City Power ondersoek bewerings dat stakende werkers doelbewus sekere woonbuurte se kragtoevoer saboteer.
Die kragverskaffer het ‘n vergadering belê om die dispuut op te los, maar sê dit kan tot drie dae neem voor kragtoevoer weer na alle woonbuurte herstel is.
Matongo het gesê in die stadium is dit nie nodig vir plaaslike raadslede om in te gryp nie.
Meer as 20 swart onderwysers van Mpumalanga is Donderdag in hegtenis geneem nadat hulle glo die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) uit R7 miljoen geswendel het, het die Valke gesê.
Die onderwysers van die Ehlanzeni- en Bohlabela-distrik is by hul werkplekke in hegtenis geneem.
“Ons het 36 lasbriewe in Mpumalanga. Toe ek vanmiddag weg is, het ons reeds 22 mense in hegtenis geneem en nog mense word vasgetrek,” het kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, gesê.
“Sommige van die onderwysers was nog by die werk, terwyl ander by rondgaande onderwyskantore in hegtenis geneem is. Hulle het na bewering die SAID deur belastingopgawes geswendel en die bedrag wat betrokke is, is R7 miljoen.”
Ramaloko het gesê die onderwysers sal Vrydag in vier howe op aanklag van bedrog verskyn.
“Hulle sal in die KaBokweni-, Komatipoort-, Bushbuckridge-, en Nelspruit-landdroshof verskyn.”
Die misdade is in 2012 gepleeg.
“In die tweede vlaag van arrestasies sal ons SAID-beamptes ook aankeer,” het Ramaloko gesê. – Sapa
Die kabinet het die spertyd vir grondeise tot 2018 verleng.
Die Wysigingswetsontwerp op die Herstel van Grondregte gaan binnekort by die Parlement ingedien word.
Dit stel eisers, wat te laat was vir die sperdatum in Desember 1998, in staat om hul eise opnuut in te stel.
Die adjunkkommissaris vir grondeise, Thami Mdontswa sê die wetsontwerp maak ook vals eise strafbaar en dit vereenvoudig die prosedure om regters tot die Grondeisehof aan te stel. – RSG