Die kabinet het die spertyd vir grondeise tot 2018 verleng.
Die Wysigingswetsontwerp op die Herstel van Grondregte gaan binnekort by die Parlement ingedien word.
Dit stel eisers, wat te laat was vir die sperdatum in Desember 1998, in staat om hul eise opnuut in te stel.
Die adjunkkommissaris vir grondeise, Thami Mdontswa sê die wetsontwerp maak ook vals eise strafbaar en dit vereenvoudig die prosedure om regters tot die Grondeisehof aan te stel. – RSG
