‘n Derde dosent aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) is skuldig bevind aan seksuele teistering, en afgedank.
Adam Habib, visekanselier, het gesê die instelling het ‘n beleid van zero-verdraagsaamheid tov seksuele teisteraars aanvaar. Twee ander dosente is in Julie oor dieselfde klagtes afgedank.
“Ons hoop dat die daadwerklike optrede in die gevalle ‘n duidelike voorbeeld stel dat seksuele teistering nie in enige vorm op ons kampusse geduld sal word nie.”
Die universiteit is besig met ‘n ondersoek teen nóg ‘n dosent. ‘n Taakspan is saamgestel om die oortredings te ondersoek.
Habib het Woensdag gesê hy aanvaar volle verantwoordelik vir die mishandelings wat op die kampus plaasgevind het.
“Ek wil om verskoning vra aan al diegene wat seksuele teistering ervaar het. Wits moet ‘n veilige plek wees en ons sal verseker dat dit is.” – Sapa
