NYT loods histeriese aanval teen Trump

Vyftig sogenaamde Republikeinse veiligheidskenners, insluitende ‘n voormalige direkteur van die Amerikaanse intelligensiediens (CIA), het Maandag die party se presidentskandidaat, Donald Trump, uitgekryt as ongekwalifiseerd om die land te lei en gesê hy sal die “mees roekelose president in Amerika se geskiedenis” wees.

Die verklaring is die jongste verwerping van Trump se kandidatuur deur veteraan Republikeinse veiligheidspesialiste en word deur die felheid van die taalgebruik gekenmerk.

“Mnr. Trump skiet te kort aan karakter, waardes en ondervinding om president te wees. Hy verswak Amerika se morele gesag om die leier van die vrye wêreld te wees. Hy beskik nie oor basiese kennis en geloof in die Amerikaanse grondwet, Amerikaanse wetgewing en Amerikaanse instansies, insluitende geloofsvryheid, mediavryheid en ’n onafhanklike regbank nie,” lui die verklaring.

Volgens die verklaring sal nie een van die vyftig ondertekenaars vir Trump stem nie.

“Uit ’n buitelandse beleidperspektief, is Donald Trump nie bevoeg om president of opperbevelvoerder te wees nie.

Ons is inderdaad daarvan oortuig dat hy ’n gevaarlike president sal wees wat die land se nasionale veiligheid en welstand in gevaar sal stel,” lui die verklaring wat eerste in die New York Times gepubliseer is.

Trump het die koerant voorheen daarvan beskuldig dat hulle partydig is en nie belangstel daar in om objektief te wees nie. Hy het ook gesê hy vrees dat die verkiesing in November ‘n gekonkel gaan wees.

Intussen het Julian Assange op die Nederlandse televisieprogram Nieuwsuur gesuggereer dat Seth Rich (foto bo), ‘n Demokratiese medewerker die bron vir die Wikileaks-eposkraak was en nie die Russe nie.

Die Clinton-veldtogvoerders het Rusland die skuld gegee vir die vrystelling van gekraakte eposse wat aantoon hoe Clinton die Demokratiese verteenwoordigers manipuleer.

Rich is vermoor.

Zambiërs nie entoesiasties oor demokrasie nie

Zambië sal Donderdag stem in ‘n algemene verkiesing. Inwoners sal ook hulle stemme uitbring vir die volgende president van die land.

Maar daar is byna geen entoesiasme vir die demokratiese proses nie. Regoor Zambië is besonder lae stempersentasies in die 2014 verkiesing opgemerk. Net 32,36% van geregistreerde kiesers het deelgeneem.

Ontleders verwag dieselfde lustelose vertoning van kiesers by die stembusse waar min toustanery voorheen opgemerk is (foto bo).

Die koperryke land is die afgelope tyd swaar deur laer globale kommoditeitspryse getref, het AFP berig.

Die skerp afname in die prys van koper en swakker uitvoere na China, ’n belangrike handelsvennoot, tesame met ’n ommekeer in regeringsbeleid, het internasionale beleggersvertroue in die land ondermyn.

Die belangrikste kandidate vir die presidentskap is die tussentydse president, Edgar Lungu van die Patriotic Front (PF), wat in Januarie 2015 ’n naelskraapse verkiesingsvoorwinning behaal het, en Hakainde Hichilema van die United Party for National Development (UPND).

Die Zambiese kwacha was die swakste geldeenheid in die wêreld in 2015 wat met 42% teenoor die dollar gedaal het, iets wat Lungu dalk die verkiesing kan kos.

Die laaste verkiesing is gehou ná die onverwagte dood van pres. Michael Sata.

Partye het tot 20 Augustus om koalisies te vorm

Politieke partye het tot volgende Saterdag, 20 Augustus tyd om koalisies te vorm om munisipaliteite en metrogebiede te bestuur waar geen party ‘n volstrekte meerderheid stemme gekry het nie.

Die SABC berig samesprekings tussen die ANC en die EFF sal na verwagting vandag voortgaan.

Die ANC se leierskap het volgens berigte in die geheim met die EFF begin vergader in ‘n poging om ‘n koalisie-ooreenkoms te bereik.

Die ANC kon nie ‘n meerderheid stemme in die Nelson Mandela-baai en Tshwane Metro’s behaal nie, en ook nie ‘n volstrekte meerderheid in die Johannesburg en Ekurhuleni Metro’s nie.

Die EFF het genoeg steun om te kan bepaal watter party aan bewind kom in van die metro’s, maar gaan na verwagting eis dat President Jacob Zuma bedank as ‘n voorwaarde vir ‘n koalisie-ooreenkoms.

Die ANC het intussen die gewelddadige betogings by Qunu in die Oos-Kaap veroordeel.

Die oud-terroris Nelson Mandela is in Qunu begrawe.

Sy kleinseun, Mandla Mandela het vroeër sy skok uitgespreek oor berigte dat minstens drie lede van sy familie by die onluste betrokke was. Hy het ‘n beroep om kalmte gedoen.

Inwoners van Qunu het Dinsdag betoog oor die aanstelling van ‘n munisipale raadslid, en het die N2 vir ‘n aantal ure versper.

Die ANC-voorsitter in die OR Tambo-streek, Xolile Nkompela sê ANC-lede kan nie die party met geweld dwing om ‘n raadslid te verwyder nie, en die regte kanale moet gevolg word om griewe te hanteer.

Volgens Nkompela sal hy vandag met tradisionele leiers in die wyk vergader oor die kwessie.

Kaapse paramedici moet koeëlvaste baadjies dra

Wes-Kaapse paramedici kan nie hul werk doen sonder koeëlvaste baadjies, pepersproei en skokstokke nie.

‘n Vlaag aanvalle in swart gevaargebiede die afgelope maande die noodhulpwerkers tot dié stappe gedwing.

‘n Noodhulpbeampte wat sedert 1995 in Kaapstad werk en wat anoniem wou bly, het aan Netwerk24 gesê personeel voel nie meer veilig nie.

Gesondheidsdepartement-woordvoerder, Luyanda Mfeka, sê verder paramedici sal voortaan deur die polisie begelei word in gebiede waar hulle onveilig voel.

In die jongste aanval op paramedici is ‘n ambulans se agterruit beskadig deur ’n klip wat gegooi is.

Nog drie klaskamers in Vuwani afgebrand

Ten minste drie klaskamers is Dinsdagaand afgebrand by die Mugoidwa Sekondêre Skool in Vuwani, Limpopo.

Die Mugoidwa hoërskool is die 29ste skool wat in ‘n kwessie van drie maande deur ontevrede inwoners van die gebied aan die brand gesteek is.

Ouers en leerlinge was voorberei vir die eerste dag van skool na drie maande van gewelddadige oproer wat kinders tuis gehou het, toe die skool deur vermeende brandstigters in ligte laaie gelaat is.

Die departement van basiese onderwys het gesê die aanval was laakbaar en is besig om die departement miljoene te kos wat hulle nie het nie.

Departementele woordvoerder Elaijah Mhlanga het gesê die aanval was teleurstellend en pogings om ‘n einde aan geweld te bring het ‘n groot terugslag gekry.

“Niks gaan ons stop nie, ons gaan nou saamwerk met die gemeenskap om seker te maak dat ons mense wat dit doen isoleer, want dit gaan die verstand te bowe. Dit is by ‘n punt waar ons regtig nodig het om drastiese stappe te neem om te verseker dat ons ons onderwysstelsel herstel, en die toekoms van ons kinders respekteer,” het Mhlanga gesê.

“Dit is oor die toekoms van ons kinders, natuurlik is dit die toekoms van ons land en dit is intimidasie en moet nie toegelaat word nie. Ons hoop die polisie sal hul werk doen en die oortreder in hegtenis neem.”

Mhlanga glo dat die aanval was ‘n intimidasietaktiek wat nie moet geduld word nie.

“Ons moet drastiese stappe neem … Dit is intimidasie, dit moet nie aanvaar word nie.”

Een van die ouers het gesê hulle is optimisties dat die skool sal hervat Woensdagoggend.

Beatrice Masuvhelele het gesê sy het haar kinders voorberei om terug te keer skool toe.

Inwoners het nie opgedaag by die stemlokale Woensdag nie, nadat hulle ‘n besluit geneem het om verkiesings te boikot en nie te stem nie.

Tydens stemdag, hulle óf sokker gespeel of sit by die huis gesit vir die 2016 plaaslike verkiesings.

Onluspolisie is reeds in die gebied ontplooi sowat 70km daarvandaan in Nzhelele waar ‘n ander gewelddadige oproer uitgebreek het.

Hulle is na Vuwani gehaas toe brand uitgebreek het.

Mali gaan steeds gebuk onder djihadiste-aanvalle

Minstens vyf Malinese soldate word vermis ná ’n aanval in die sentrale Mopti-streek van Mali, waar gewapende Islamitiese ekstremiste aktief is, het ’n militêre woord­voerder gesê.

Die aanvallers het Maandag een van die weermag se posisies tussen Tenenkou en Sevare aangeval. Die weermag gee Ansar Dine die skuld vir die aanval.

Ansar Dine is ’n hoofsaaklik Toeareg-groep wat vroeg in 2012, met die hulp van twee ander bewegings, waaronder Al-Kaïda in die Islamitiese Maghreb (AQIM), beheer oor die noordelike woestyngebied geneem het.

Die djihadiste is in Frans-geleide militêre operasies in 2013 uit die gebied verdryf, maar hulle voer steeds aanvalle van hul skuilings in die woestyn uit.

Ansar Dine het aanspreeklikheid aanvaar vir ’n aanval op ’n militêre basis by Nampala op 19 Julie waarin 17 soldate dood en 37 gewond is en ses vermis word.

Voortgesette internasionale militêre betrokkenheid sedert Januarie 2013 het die Islamitiese vegters uit belangrike bevolkingsentrums verdryf, maar groot dele van die land is steeds nie onder die beheer van Malinese of internasionale magte nie.

Djihadistiese groepe het vroeg verlede jaar begin om aanvalle in die sentrale en noordelike dele van Mali uit te voer.

Zuma betuig medelye aan Pakistanse selfmoordbomslagoffers

President Jacob Zuma het sy medelye aan Pakistan betuig ná ‘n dodelike terreuraanval op ‘n hospitaal in die stad Quetta.

Minstens 70 mense is dood en meer as 100 is beseer nadat ‘n bom gister by die ingang na die noodeenheid van die hospitaal ontplof het.

Tientalle regslui was uit protes by die hospitaal byeen nadat die lyk van ‘n kollega, wat vroeër doodgeskiet is, daarheen geneem is.

Die aanval was blykbaar ‘n selfmoord-bomaanval. Die meeste mense wat gedood is, is regslui.

Zuma het die daad ten skerpste veroordeel en gesê Suid-Afrika sal voortgaan om terreur te help beveg.

Die aanval dui op faksiegevegte in die land. Na Irak en Afghanistan, is Pakistan derde op die lys van lande waar selfmoordbomaanvalle die meeste voorkom.

Die aanval is glo uitgevoer deur ‘n mededinger van ISIS, die Jamaat-oer-Ahrar.

Die groep het minstens 70 mense in April gedood in ‘n soortgelyke aanval in Lahore toe Christene tydens Paasfees geteiken is.

Pakistanse regsgeleerdes het begin staak nadat dosyne van hul kollegas Maandag omgekom het.

Volgens mediese personeel was ongeveer 60 van die oorledenes regsgeleerdes, wat by die hospitaal vergader het om oor die sluipmoord van die president van die Baloetsjistan balie, Bilal Anwar Kasi, Maandagoggend te rou.

Dit was die jongste en dodelikste van ‘n reeks aanvalle teen regsgeleerdes in Pakistan. Militante beskou hulle as ‘n verlenging van die regering en gevolglik geregverdigde teikens.

“Hoe swak en pateties is hierdie mense wat hospitale teiken, waarheen vrouens en kinders gaan om behandeling te kry?” het Ashtar Ausaf Ali, Pakistan se prokureur-generaal by ‘n betoging buite die hooggeregshof in die hoofstad Islamabad gesê.

Die president van die hooggeregs­hof-balie, Ali Zafar, het ‘n beroep op die regering gedoen om meer beskerming aan regsgeleerdes te verleen.

Eskom-staking kan krag knou

Elektrisiteitsvoorsiening kan onder druk kom wanneer vyftienduisend vakbondlede van die NUM vandag aansluit by ‘n onbeskermde staking.

Die vakbond sê hy het besluit om voort te gaan met volskaalse arbeidsoptrede om die werkgewer te dwing om aan werkers se salariseise gehoor te gee.

Eskomwerkers word ingevolge arbeidswetgewing verbied om te staak.

Die president van die NUM Piet Matose hou vol dat hulle met arbeidsoptrede voortgaan en werkers sal veg vir hulle reg om te staak.

Ondersoek kom na OVK anti-Zuma-aktiviste innooi

Veiligheidsagentskappe gaan aan ‘n hoëvlakondersoek blootgestel word nadat pres. Jacob Zuma se toespraak deur aktiviste ontwrig is.

Zuma het Saterdagaand by die Verkiesingskommissie se uitslaesentrum in Pretoria sy toespraak gelewer toe vier swart vroue het op die verhoog hul plakkate vertoon het.

Die protes het glo gehandel oor ‘n saak van verkragting teen Zuma tien jaar gelede. Die president is in 2006 op dié aanklagte vrygespreek.

Die Minister van Staatsveiligheid, David Mahlobo, sê ‘n volledige verslag sal meer duidelikheid gee oor ‘n moontlike sekuriteitsbreuk.

Intussen is ministers glo woedend vir Nosiviwe Mapisa-Nqakula (foto bo), die minister van verdediging, wat hulle beweer verantwoordelik is vir die verleentheid in haar hoedanigheid as hoof van die kabinet se sekuriteitsgroep.

Hulle sê Mapisa-Nqakula het “uitverkoop” aan die OVK wat die veiligheid tydens die toespraak moes hanteer.

Referendum oor grondwet wys Thailand se ‘bamboesdiplomasie’

Thailand se inwoners het begin stem in ’n referendum oor ’n nuwe grondwet wat deur die militêre junta opgestel is en die weg sal baan vir ’n algemene verkiesing in 2017, maar ook voorsiening maak vir toekomstige regerings om op die voorwaardes van die weermag te regeer.

Dit is die eerste toets vir die junta onder leiding van die eerste minister, Prayuth Chan-ocha (foto bo links, op besoek aan China), wat politieke aktiwiteit onder­druk het tydens die twee jaar sedert hy ná ’n staatsgreep in 2014 aan bewind gekom het.

Voor die referendum het menings­opnames getoon dat ’n klein meerderheid ten gunste van die nuwe grondwet was, maar die meeste kiesers was besluiteloos.

Prayuth het gesê hy sal nie bedank indien Thailand die grondwet verwerp nie en dat algemene verkiesings volgende jaar sal plaasvind, ongeag die uitslag.

Ongeveer 200 000 polisiebeampes is vir die verkiesing ontplooi. Thailand se grootste politieke party het die nuwe grondwet voor die verkiesing verwerp, maar daar was geen tekens van betogings of onluste nie.

Die junta, voorheen bekend as die Nasio­nale Raad vir Vrede en Orde, het kritiek van die grondwet verbied en die owerhede het dosyne mense, insluitende politici en studente-aktiviste wat uitsprake teen die grondwet gemaak het, aangehou en aangekla.

Thailand se houding staan bekend as die ‘bamboesdiplomasie” wat na die winde van verandering buig. Die land se toenadering tot Rusland en China het intussen egter gesorg dat hulle uitgesluit is uit die 2014-RIMPAC-militêre see-oefeninge wat deur die VSA gelei is.