Kaapse paramedici moet koeëlvaste baadjies dra

Wes-Kaapse paramedici kan nie hul werk doen sonder koeëlvaste baadjies, pepersproei en skokstokke nie.

‘n Vlaag aanvalle in swart gevaargebiede die afgelope maande die noodhulpwerkers tot dié stappe gedwing.

‘n Noodhulpbeampte wat sedert 1995 in Kaapstad werk en wat anoniem wou bly, het aan Netwerk24 gesê personeel voel nie meer veilig nie.

Gesondheidsdepartement-woordvoerder, Luyanda Mfeka, sê verder paramedici sal voortaan deur die polisie begelei word in gebiede waar hulle onveilig voel.

In die jongste aanval op paramedici is ‘n ambulans se agterruit beskadig deur ’n klip wat gegooi is.

Paramedici waag hul lewens in New Brighton-lokasie

New Brighton-lokasie, die oudste en grootste swart gebied van Port Elisabeth, het ontoeganklik geraak vir paramedici weens aanvalle.

Noodpersoneel wat in New Brighton werk, het die teiken van misdadigers geword.

Hulle word gereeld aangeval, met klippe bestook en deur gewapende aanvallers beroof.

Meer as 21 voorvalle is sedert verlede jaar aangemeld waar paramedici slagoffers van geweld geword het.

Nelson Mandelabaai se nooddienste moet tans deur die polisie begelei word sodat hulle hulle werk kan doen.

Die noodddienste het dié week ‘n optog gehou om hul benarde situasie te belig.

Alhoewel personeel sê hulle sal voortgaan om die gemeenskap te dien, is dit duidelik dat daar nie genoeg polisielede is om elke ambulans te vergesel nie.

Een van die nooddienswerkers, Daniel Vywers, het al vier aanvalle beleef. Hy het gepleit dat sulke misdade tot ‘n einde moet kom.

“Ons het ingegaan en skielik was daar twee ouens by die venster met gewere en hulle het ons van alles beroof. Hulle het gesê as ons dit doen as hulle sê, sal hulle ons nie seermaak nie. Jy dink van jou familie en jy doen wat jy aangesê is,” sê Vywers.

New Brighton is die tuiste van meer as 50 000 mense, maar dringende mediese hulp het ‘n groot probleem geraak.

“Ons moet nou die polisie vra om ons te begelei in die gebied en dit raak dan ons reaksietyd,” sê ‘n woordvoerder van die Oos-Kaapse Departement van Gesondheid, Siyanda Manana.

Paramedici word deur die wet verbied om vuurwapens te dra en dit is ook te duur om sekuriteit vir elke ambulans te verskaf.

Paramedici gereeld teiken van aanvallers

Paramedici van Stasie 21 weier om uit te gaan na Durban Deep in Roodepoort nadat twee vroulike ambulansbestuurders Vrydagaand verkrag en onsedelik aangerand is.

Kollegas van die twee slagoffers wat by Stasie 21 gestasioneer was, is steeds ontsteld oor die voorval.

Hoofkantoor het vroeër die versekering gegee dat die ambulansdiens sal volhou om Durban Deep te bedien, maar Stasie 21 hou voet by stuk.

Die twee vroue is aangerand en verkrag nadat hulle uitgeroep is om ‘n tweejarige met geringe brandwonde te gaan behandel.

Durban Deep is ‘n mengsel van plakkers en laekoste woonstelle met onbegaanbare paaie.

Drie gewapende mans het die vroue oorval terwyl hulle besig was om die kind te behandel. Die kind is nie in die voorval beseer nie.

Nooddienstepersoneel kla dat regeringsambulanse gereeld aangeval word in swart woongebiede. Klippe word na hulle gegooi en hulle word aangerand, veral op Saterdae en Sondae.

Personeel kla ook dat hulle dikwels van polisiebegeleiding moet gebruik maak om swart gebiede binne te gaan wat die reaksietyd met ‘n uur kan verleng.

все для бани и сауныалександр лобановский класс