Paramedici gereeld teiken van aanvallers

Paramedici van Stasie 21 weier om uit te gaan na Durban Deep in Roodepoort nadat twee vroulike ambulansbestuurders Vrydagaand verkrag en onsedelik aangerand is.

Kollegas van die twee slagoffers wat by Stasie 21 gestasioneer was, is steeds ontsteld oor die voorval.

Hoofkantoor het vroeër die versekering gegee dat die ambulansdiens sal volhou om Durban Deep te bedien, maar Stasie 21 hou voet by stuk.

Die twee vroue is aangerand en verkrag nadat hulle uitgeroep is om ‘n tweejarige met geringe brandwonde te gaan behandel.

Durban Deep is ‘n mengsel van plakkers en laekoste woonstelle met onbegaanbare paaie.

Drie gewapende mans het die vroue oorval terwyl hulle besig was om die kind te behandel. Die kind is nie in die voorval beseer nie.

Nooddienstepersoneel kla dat regeringsambulanse gereeld aangeval word in swart woongebiede. Klippe word na hulle gegooi en hulle word aangerand, veral op Saterdae en Sondae.

Personeel kla ook dat hulle dikwels van polisiebegeleiding moet gebruik maak om swart gebiede binne te gaan wat die reaksietyd met ‘n uur kan verleng.

все для бани и сауныалександр лобановский класс