Thandi Maqubela het glo haar man met kleefplastiek laat versmoor
Die moordsaak van waarnemende regter Patrick Maqubela sal vandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof hervat word, nadat regter John Murphy verlede week die aanklagte teen die twee beskuldigdes gewysig het.
Die twee word nou daarvan aangekla dat hulle die dood van die regter veroorsaak het op ‘n sogenaamde “onbekende wyse”.
Maqubela se weduwee Thandi en haar mede-beskuldigde, Vela Mabena staan tereg op die moord in 2009.
Thandi word ook daarvan aangekla dat sy die regter se testament vervals het.
Die staat hou vol dat die beskuldigdes kleefplastiek gebruik het om hom te versmoor. Die verdediging beweer egter dat Maqubela weens natuurlike oorsake dood is. – RSG
Oscar Pistorius, die paralimpiese atleet wat van moord aangekla word, se prokureurs onderhandel met Reeva Steenkamp se ouers in ’n poging om ’n skikking buite die hof te bereik.
Pistorius se prokureurs het Steenkamp se ouers genader, berig The Times. Die prokureurs vir albei partye wou nie kommentaar lewer oor die bedrag wat onderhandel word nie.
Die Steenkamps het R3 miljoen siviele eis vir die verlies van inkomste teen Pistorius gebring.
Steenkamp en haar halfbroer, Adam, het hul ouers finansiël ondersteun en ook die huur betaal vir hul huis in Port Elizabeth.
Adv. Dup de Bruyn SC, die Steenkamps se regsverteenwoordiger, en Kenny Oldwage, Pistorius se prokureur, het bevestig dat hulle in gesprek is
Reeva is op Valentynsdag vanjaar in Pistorius se huis in die ooste van Pretoria doodgeskiet. Die atleet staan tereg op aanklag van moord met voorbedagte rade en die oortreding van die Wet op Vuurwapenbeheer.
Die saak is Maandag uitgestel tot die verhoor op 3 Maart 2014 begin.
Amerika sal sanksies teen Zimbabwe ophef indien die nuutverkose president, Robert Mugabe, politieke hervormings implementeer. Die naweek het leiers by die SAOG-beraad in Malawi ‘n beroep op die internasionale gemeenskap gedoen om sanksies teen Zimbabwe op te hef.
Die 15 lande in dieSuider-AfrikaanseOntwikkelingsgemeenskap het vir “dieopheffing vanalle vormevan sanksiestot dusveropgelê teen Zimbabwe” gevra. Dit sluit sanksies in teendieveteraan-presidentendie maatskappyeen individue op die swartlys.
“Ek glo datZimbabwebeterverdien, dat Zimbabwiërsgenoeggely het,” het die voorsitter, presidentJoyceBandavanMalawi gesê.
DieSAOGhet ook“diehou van vryeenvreedsame”verkiesings geprys en Mugabeen syZanu-PFparty gelukgewens met huloorweldigendeoorwinningvan 31 Julie.
‘n Verderebewys vanvertroue in Mugabe, was sy aanwysing as die adjunk-voorsittervan die groep endie besluitdat Zimbabwedie volgendeSAOG-spitsberaad sal aanbiedinJulievolgende jaar.
Terwyl SAOG-leiers hul tevredenheid met Mugabe se oorwinning by die stembus te kenne gegee het, het Die Withuis egter verklaar dat hulle sekere voorbehoude koester oor die uitslag.
President Ian Khama van Botswana wat voorheen die verkiesingsuitslag gekritiseer het, het na ‘n ontmoeting met Mugabe verklaar dat hy hom sal neerlê by die SAOG se verklaring oor Zimbabwe.
Die VSA het in Maart 2003 sanksies ingestel teen Mugabe en diegene wat bande met hom het.
Mugabe sal Donderdag ingehuldig word vir sy sewende termyn van vyf jaar.
‘n Vrou van Pretoria-Oos-vrou watskuldig gepleit hetdat sy seks methondegehad het, sal die volgende jaarbesteeonder korrektiewe toesig – wat192urese skoonmaak van stadsinstansiessal insluit –ensy sal ‘n reeksrehabilitasieprogramme bywoon.
JanaSmit,32, is Vrydag gevonnisin diePretoria-streekhof.Sy hetaan die hof gesêdat syvroeërseks methondegehad het om haardestydseminnaarMornéFourie,38tevrede te stel.
LanddrosAdriaanBekkerhet haar gevonnistotkorrektiewe toesigvir dievier aanklagte vanbestialiteitentot twee jaargevangenisstrafopgeskort vir vyf jaarvir die verkrygingvan ‘n kind om pornografiete produseer, mitssy voortgegaanmetterapie.
Haar naamsalook geplaas word opdienasionale register vir seksueleoortreders.
Vroeër hierdie maand, het Smitin haarpleitverduideliking gesê datFourie,‘n IT-spesialis vanGarsfontein, haar geleidelikgeïndoktrineer het tydens hultweejaar lange verhoudingdeur middel vane-posse, foto’sen seksuelevoorstelle.
Diehof het gehoor dathy haarfinansieel ondersteunhet ensy sou enigietsvirhom gedoen het.
In‘n beëdigde verklaringgelees deurhaar prokureur,CarmelithaSmit-Brand,aan die hof, het Smitgesê dateen vanFourieseversoekewasdat sy‘n sewe-jaar-oue kind,bekendaan haar, verfilm terwyldie kindbad.
Smit,watin‘n spesialeskool was asook ‘nslagoffer vanmolestering,kon haarself nie daartoe bringom ‘nvideote maak nie.
Sy het aangedui dat sy besef het dat haaroptrede verkeerd wasen dat sygestraf souwordas hulle gevang word.
Die staat het niekorrektiewe toesig teengestaan nie. – IOL
‘n Vragskip het Maandag by die Richardsbaai-hawe gestrand nadat dit enjinprobleme ondervind het, het die hawebestuur gesê.
Kapt. Rufus Lekala, hawemeester van die Transnet- Nasionale Hawe-owerheid (TNPA), het in ‘n verklaring gesê die Smart, wat ‘n vrag van 147 650 ton se steenkool vervoer, het om 14:10 Maandagmiddag buite die ingang van die hawe gestrand.
Hy het gesê die skip het omstreeks 10:10 klaar gelaai by die Richardsbaai-steenkoolterminaal en het die terminaal kort voor 13:30 verlaat.
Luidens die verklaring het die skip enjinprobleme ondervind toe dit die hawe verlaat het.
Lekala het gesê die skip, wat onder ’n Panamese vlag vaar, het in twee gebreek en is gedeeltelik onder water.
Altesaam 23 bemanningslede is per helikopter opgepik.
Die TNPA het gesê hy monitor die ekologiese impak wat die skip kan hê. Weens swak weerstoestande is die ingang en uitgang tot die hawe tot verdere kennisgewing opgeskort. – Sapa
Die geestelike leier van die Moslem Broederskap in Egipte, Mohamed Badie, is Dinsdagoggend in die Nasr City in die noordooste van Kaïro in hegtenis geneem.
Badie (70) was die hoogste bevelvoerder van die organisasie wat deur die owerhede gesoek is. Hy sal op 25 Augustus verskyn saam met twee ander ampsdraers
Badie se seun is verlede week doodgeskiet toe die weermag op twee proteskampe van die Broederskap toegeslaan het.
Badie se inhegtenisneming volg te midde van nog lede van die Broederskap wat regdeur die land aangekeer word. Foto’s van sy inhegtenisname is op die interim-regering se Facebookbladsy geplaas.
Intussen is berigte ontvang dat die interim regering nuwe aanklagte van die aanhitsing van geweld aanhangig gemaak het teen die ontsetelde president Mohammed Morsi. Morsi se plek van aanhouding is steeds onbekend.
Die aanklagte hou verband met die dood van talle mense gedurende protesoptrede by die presidensiële paleis verlede Desember.
Dieselfde regter wat nuwe aanklagte teen Morsi bekendgemaak het, het ook verklaar dat die voormalige president Hosni Moebarak nie vir korrupsie aangehou kan word nie. – RSG
‘n Boot met sowat 100 asielsoekers het langs die kus van die afgeleë Kerseiland gesink en Australiese owerhede moes inderhaas die passasiers uit die water red.
Die boot het Dinsdag sowat 220 km noord van Kerseiland, een van Australië se ses immigrasie-aanhoudingsentrums, gesink.
Die Australiese maritieme owerheid het gesê sowat 105 mense was aan boord.
Die veiligheidsowerheid het Dinsdagoggend ‘n noodoproep ontvang. ‘n Skip van die Australiese vloot is na die toneel gestuur.
Kerseiland is sowat 500 km suid van Djakarta, Indonesië, geleë. Dit is ‘n gewilde bestemming vir asielsoekers wat bote by Indonesiese hawens oorlaai en mense betaal om hulle na Australië te neem. – AP
Die eerste getuies sal Dinsdag geroep word om voor die Seriti-kommissie van ondersoek na die wapentransaksie in Pretoria te getuig.
Die proses wat gevolg sal word is Maandag aangedui en die lys name van die eerste week se getuies is bekendgemaak.
Die eerste getuies by die kommissie se openbare sitting is senior offisiere van die Suid-Afrikaanse vloot.
Hulle sal na verwagting verduidelik waarom nuwe wapens aangekoop moes word in die multi-miljard randse wapentransaksies in die laat 1990’s, en watter aanbevelings gedoen is.
Die getuienisleier, Matshego Ramagaga, sê die vloot en lugmag sal verduidelik hoe die wapens en toerusting gebruik is tydens plaaslike en multi-nasionale oefeninge, vredesendings, reddingswerk en patrollies.
Ontleders het die langdradige proses as ‘n vertragingstaktiek beskryf vir die ondersoek wat reeds gebuk gaan onder bedankings weens beskuldigings van partydigheid.
Maandagaand op die SABC se program, Justice Factor, het ‘n kommentator dié mening beaam en gesê sy glo nie die oormatige detail sal getuienis oplewer wat vermoedens dat korrupsie plaasgevind het, bevestig nie.
Die Demokratiese Alliansie het die nuus verwelkom dat sy voormalige hoofsweep in die Tshwane Metroraad, Derrick Flemming, na die ANC oorgeloop het.
Flemming was ‘n lid van die ANC voordat hy by die DA aangesluit het. Flemming het gister aangekondig dat hy uit die DA bedank en weer by die regerende party aangesluit het.
Die DA streekleier, Solly Msimanga, sê Flemming het sy ontevredenheid met die DA se beleid bekend gemaak voordat hy hom opnuut by die ANC aangesluit het.
Msimanga het die DA se goeie wense aan Flemming oorgedra.
Flemming sê die ANC is steeds die enigste party wat maatskaplike, ekonomiese en politieke verandering in die land kan bewerkstellig. – RSG
Die parlement se Ad Hoc komitee oor die herstel van grondregte en die gevolge van die 1913 Wet op Naturellegrond voer vandag samesprekings met verskillende belangegroepe oor die vordering wat tot dusver gemaak is.
Die herverdeling van grond, die voorgestelde heropening van grondeise en kommer oor voortslepende onsekerheid oor grondonteiening, is van die kwessies wat bespreek sal word.
Die voorsitter van die Ad Hoc komitee, Jerry Thibedi sê terugvoering oor die vorige werksessie wat in Junie gehou is, sal ook gegee word.
Die Afrikanerbond, wat nie by die vorige sessie teenwoordig was nie, sal vandag ‘n voorlegging doen oor die nalatenskap van die 1913-wet.
Die ministeries van Openbare Werke en van Landelike Ontwikkeling en Grondsake sal ook terugvoering gee oor die voorgestelde Onteieningswet en die konsep-wysigingswetsontwerp oor die herstel van grondregte. – RSG