Leeus het gister geskarrel teen Cheetahs

Image

WP Nel van die Cheetahs op dreef in gister se wedstryd in Bloemfontein

As 'n mens kort ná 'n Drienasieswedstryd moet sit en kyk hoe Curriebeker spelers die eierbal soos 'n afkop hoender gebukkend met bakhande rondjaag, wil jy eerder op jou Gin-en-Tonic fokus. En as jou oulike vroutjie dan nog in haar bikini buite lê en tên, is die laaste ding wat jy voor lus is 'n C-klaswedstryd tussen twee sukkelende spanne.

Nie dat die Cheetahs met hulle 36 drieë sovêr en vyfde plek op die punteleër as sukkelend beskou kan word nie. Hulle het immers met hierdie wedstryd hulle vyfde oorwinning agtereenvolgens behaal en onder hulle het 'n paar manne hand opgesteek om soos alte dikwels in die verlede deur ander spanne aangekoop te word.

Die lank en die kort van die wedstryd is dat die Lions dalk liewer Rugby vir hokkie of iets moet verruil. Nie eens Jake White se vinger-in-die-leeu-se-dinges kon die ouens in rooi tot groter hoogtes inspireer nie. Die enigste ding waarop hulle ná vandag se wedstryd kan trots wees, is dat hulle met 14 man 'n strafskop kon oorjaag in pleks daarvan om iets af te staan gedurende die tien minute wat die flank Franco van der Merwe oor sy sondes moes gaan nadink.

Die 20-16-oorwinning deur die Cheetahs vlei die Lions, en sê ook dat die Vrystaters nog bietjie afronding kort voordat hulle té entoesiasties oor hulle kanse word. As jy net met 4 punte teen 'n span wen wat in die 21ste minuut uit sy eie doelgebied uit begin hardloop, kan jy beslis nie op jou louere rus nie.

Die Cheetahs wat gevaar loop om voor aanloklike anbiedings te staan te kom, is o.a. die skrumskakel, JP Joubert, wat in sy 80ste Curriebrekerwedstryd gewys het wat ervaring beteken. Ek het gekrul van lekkerkry toe die stut in wit, JP Nel, in die 68ste minuut skielik sy lyf in 'n vleuel se skoene druk en die res laat stilstaan soos hy ooplê doellyn toe. As hy net die bal vir Nokwe gegee het, was dit sekerlik 'n drie.

Jacques-Louis Potgieter se skoppersentasie sal nooit goed lyk nie, bloot net omdat hy skop van plekke af waar ander liewer met die skeidsregter sal wil klets. So het hy byvoorbeeld tot die klein skaretjie se plesier 'n 58-meterstrafskop suiwer tussen die pale deurgejaag. Hy teken dan ook die helfte van die Cheetahs se 20 punte met sy skoen aan.

Hennie Danille, die gespikkelde katte se heelagter, verdien sy beloning vir man van die wedstryd, al het hy nie self punte aangeteken nie. Hy was net eenvoudig rotsvas met sy verdediging en 'n kriewelrige aanvaller.

Die drieë deur WP Nel en Frans Viljoen van die Cheetahs en Derrick Minni van die Leeus sal seker nie vir lank deur enigiemand anders as hulleself onthou word nie, maar was welverdiende belonings vir harde werk.

Dit was 'n wedstryd van verskeie amperse drieë deur die Cheetahs en 'n geskarrel deur die Lions. Met 24 punte lê die Cheetahs nog steeds in die vyfde plek, en het die gaping tussen hulle en die Bulle met een punt gerek. Volgende week kom hulle teen 'n opgewonde WP-span te staan en ek hoop heimlik hulle kan dan die amper na stamper oorskakel.

справка для спорталобановский класс харьков

Die Springbokke se neerlaag voor die glorie, en hoekom hulle die Drie Nasies-trofee sal wen

Image

Jean de Villiers gister in Brisbane

'n Britse sportskrywer het een keer rakende 'n Roger Federer/Andy Roddick Grand Slam-eindstryd opgemerk dat Roddick die beste tennis van sy lewe gespeel het en Federer die vrotste van sý loopbaan en vir drie stelle was daar niks tussen hulle te kies nie. Net so was daar gister, op Brisbane, vir sestig minute weinig verskil tussen die Australiërs en die Springbokke – en dít terwyl die Wallabies die beste rugby van hulle seisoen gespeel het en die Suid-Afrikaners hulle vrotste.

Die Springbok-neerlaag was, soos ek vooraf verduidelik het, bykans onafwendbaar. Nadat hulle die Wallabies verlede week met hulle spoed, krag, tegniese meesterskap en veral oorgedoende wedstrydpatroon verras het, was dit te verwagte dat die Springbokke se wiele dié week sou afkom. Tog was die wedstryd se uitslag verbasend lank enige iets behalwe beklink. Dit was eers die dubbellooptreffers waarmee die Aussies eers 'n drie en toe 'n strafskop behaal het, wat die wedstryd na hulle kant toe laat oorkantel het.
Die Springbokke het met 'n sekere swierigheid begin, die Wallabies se beste aanvalle gesluk en self hard en vinnig tot die aanval oorgegaan. Maar hierdie keer, al het hulle die spyker teen die plank gehad, kon hulle dit nie ingekap kry nie. Die Australiërs, daarenteen, het hard geswot dié week en het al die antwoorde op die Springbok-vraestel reg beantwoord. Dit was veral opsigtelik toe Matt Gitau, kort ná 'n standaard-Morné-Steyn-skepskop, die vermetelheid gehad het om self die bal oor die pale te skepskop, en dit met sy swakker voet nogal.
Nadat Adam Ashley-Cooper sy drie gedruk het, het die Springbokke begin om vir 'n bonuspunt en daarmee waarskynlik die 3N-trofee te speel. Daarvoor het hulle van wedstrydbenadering verander en op die grond tussen die stoele van twee wedstrydplanne gaan sit. Uit met die bal-in-die-hand-patroon ten gunste van die hangskopdoodwurgplan. Die presiese samehorigheid waarmee die Springbokke verlede week nog 'n wedstrydplan toegepas het, is toe daarmee heen; hulle doeltreffendheid ook, asof hulle 'n basaar bedryf het wat deur twee wedywerende komitees beplan is. En dit was die Aussies wat die tombola gewen het.
Daarmee saam het Pieter de Villiers 'n paar angels uit die Springbokke getrek met onbesonne aanwending van plaasvervangers. Bryan Habana, wat nog 'n aflewering in sy groeiende legende geskryf het met twee drievoorkomende lakke, is van die veld af. Die laaste beeld van hom was waar hy in die spelerstonnel af verdwyn het, waarskynlik, soos wat daar stuitig opgemerk is, om sy bagasie WP toe na te gaan. 'n De Villiers-liefling, Adrian Jacobs, het op die veld verskyn en onmiddellik en toenemend uit sy plek in meer bedrewe geselsskap gelyk. Die presiesheid waarmee hy op sy doellyn die bal vir Matt Gitau beskikbaar gestel het, was die skreiendste stukkie spel wat hy in 'n gehawende seisoen uitgestal het en dit was net 'n verbete Jaque Fourie wat met 'n titaniumgraadlak die geeltruilosskakel by die hoekvlag oor die kantlyn gekletter het.
'n Baie beter ontplooiing sou daardie voetboller, Ruan Pienaar op vleuel, en die eksentrieke Frans Steyn op heelagter, gewees het.
Hierdie neerlaag is nie die einde van die Springbokke se Drie Nasies-wêreld nie. Dis nie eers 'n baie ernstige terugslag nie; eerder deel van 'n amperse roetine. Suid-Afrikaners wen nie Super 14's of Drie Nasies-trofeë met ongeskonde seisoenrekords nie. Dié doen hulle net in Wêreldbekers. Die All Blacks, daarenteen, wen meestal die Drie Nasies wanneer hulle sterk genoeg is om al hulle wedstryde in die reeks te beklink. En in Wêreldbekers? Nou ja, Wêreldbekers wen hulle lankal nie meer nie.
Volgende week gaan die roes van die Springbokstoomroller afgeklop wees, die magtige enjin gaan weer op alle silinders teen volle kompressie vuur. Hulle sal hulle laaste toets in die reeks wen, en daarmee saam die Drie Nasies. Kyk maar net.
Vir die Australiërs het Adam Ashley-Cooper en die parmantige James O'Connor drieë gedruk. Gitau het Ashley-Cooper se drie verdoel en ook 'n skepskop en twee strafdoele geregistreer. Morné Steyn het weereens al die Springbokke se punte, 'n strafskop en 'n skepskop dié keer, aangeteken. Ongelukkig was dit net ses punte werd. Die Wallabies wen 21-6.

mga gamesлобановский депутат

Botha-besering sit grynslag op Aussies-bakkiese

Image

Bakkies Botha, ‘n Bok-steunpilaar

Die son skyn vanoggend so 'n paar kerskrag sterker in Australiese rugbygeledere. Dit lyk asof Bakkies Botha nie Saterdag in Brisbane op die veld sal wees om die Wallabies te terroriseer nie. En dít is 'n baie dreigende donkerwolk wat uit die Aussie-hemelruim verwyder is. Botha is die dieselenjin in die Bokke se voorpakbus wat met soveel gemak oor die Australiërs gerol het die afgelope paar wedstryde. Botha het sy knie beseer, waarskynlik toe hy nogmaals bo-oor 'n armsalige Australiese voorspeler gehardloop het.

Om dinge vir die Springbokke te kompliseer, het Bakkies se rolstudent, Danie Rossouw, maar so pas van 'n besering herstel, en hoewel hy self 'n speler van graniet is, word daar gewonder of hy 80 minute voluit sal kan speel, al is dit teen Australië. Indien Pieter "Helium" de Villiers se mediese span hulle vingers natlek, in die wind hou en bepaal dat Rossouw nie die oplossing is nie, sal 'n dringende sein vir 'n plaasvervanger uit Suid-Afrika gestuur word. Dit beteken dat die Haaie se Johan Muller sy afsprake vir die week moet kanselleer. Al is hy 'n eerlike, harde speler, is hy geen Bakkies Botha nie.

Die mate van eerbied wat hy in die spel afdwing, kan beter verstaan word in die lig daarvan dat Bryan Habana se besering net so op die buitewyke van die rugbywêreld se bewussyn registreer. Habana is self nie 'n speler wat maklik vervang sal word nie, maar daar ís darem 'n Jongi Nokwe. Die groter gevaar is dat Habana se onttrekking vir De Villiers idees gaan gee. John Smit en Victor Matfield gaan al hulle dae hê om hom daaruit te praat om die agterlyn te skommel. Hy jeuk om sy een lieflingspeler, die pokkelrige Adrian Jacobs, te ontplooi, wat beteken dat Jaque Fourie uitgeskuif sal word na die vleuel. Dit is juis Fourie en Jean de Villiers se vennootskap, hulle Panzer-gehalte verdediging en hulle venyn op die aanval, wat bygedra het om hierdie die beste beroepsera-Springbok-span te maak.

Die Springbokke kort nog een punt om die Drienasies-trofee te wen. Met Bakkies Botha uit, en 'n Pieter de Villiers wat sy handjies vryf om die Bok-agterlyn te ontwrig, kan dít nogal 'n geswoeg afgee.

games casino online freeОлександр Васильович Фільчаков

Leeukos

Dit verg ‘n sekere elegansie, ‘n bepaalde suiwerheid van gees om nie te koop te loop met die vervulling van ‘n voorspelling nie. Ek is nie so elegant of suiwer van gees nie… so: EK HET JULLE GESÊ! Naas Botha, Owen Nkumane, Darren Scott en elke braaivleisrugbyprofessor: EK HET JULLE GESÊ DIE LEEUS GAAN DIE BULLE EET IN GISTER SE WEDSTRYD! Ek was die enigste een wat dit geglo het … errr, ek en Baywatch Grobbelaar.

Die Bulle het toe mooi saamgewerk om my voorspelling waar te maak. Waarop hulle ook al deur die week gewei het, dit het blykbaar bloedsuikerimplikasies gehad. Hulle was net ‘n tree te stadig, net ‘n newton-meter te flou, om hulle spelpatroon op die Leeus af te druk.  Die Ander Span op die Veld, daardie katspesie, daarenteen, het blykbaar suiwer adrenalien op hulle pap geëet. Kon ook nie anders nie. Daar is ‘n dowwe lyn tussen sukses, enige sukses, en ‘n korporatiewe massavuurpeloton vir die Leeus.  Om ‘n span te sien herrys, is altyd ‘n belewenis, maar die Leeus het skynbaar in die roet en as vasgesteek. Hulle is al vir die afgelope tien jaar besig om te verrys en het nog nie hoër as kniehoogte gevorder nie. Om te keer dat die span van 1-15 voor die voet gesnoei word, is dit nodig dat hulle ten minste een wedstryd per jaar teen alle verwagting in wen. Gister was dit sulke tyd.

Die Leeus het die wedstryd 20-13 gewen het, en het dit met soveel oortuiging gedoen dat dit die Bulle is wat gelukkig geag is met die hoeveelheid punte wat hulle verkry het. Gister het weer bewys dat die ou Noord-Transvaal/Blou Bul-wedstrydresep ontroefbaar is… die ironie synde dat dit die Leeus was wat die skop-skrum-en-stormtaktieke suksesvol uitgestal het. Daarmee het hulle twee drieë gekonstrueer en dit was hulle ononderdrukbare skrumskakel, Jano Vermaak, wat ‘n – kug! – Leeue-aandeel in beide gehad het.

Eers het hy ter ondersteuning van ‘n stoomrollende Hans van Dyk opgestorm, die bal gekry, gedra en netjies aan Alwyn Hollenbach besorg wat die kalk oorgesteek het.  Die tweede drie het Vermaak sommer self gedruk nadat hy ‘n steekskoppie van Franco van der Merwe agternagesit het. Herkie Kruger het die res van die punte met sy skoen gemunt.

Die Blou Bulle het dinge op hulle nimlike kruiptrekkermanier probeer doen en dit by tye selfs reggekry… maar nie vir lank genoeg aanmekaar nie. Dit het die Leeus telkens toegelaat om die juk af te gooi en uit hulle kwartgebied te breek.

Reg teen die einde het die Blou Bulle ‘n verdoelde Jaco Pretorius-drie en ‘n Burton Francis-strafdoel bygevoeg en daarmee ‘n bonuspunt ingeskryf.

Een van die dae is die Springbokke terug in hulle provinsies en sal sinvolheid terugkeer na ons rugbyuniversum. Elke span sal sy plek weer gedwee inneem. En vir die Leeus beteken dit hulle sal, weereens, soos altyd, tekens van ‘n herrysenis toon.

En die Blou Bulle? ‘n Goeie drag slae, soos vir ‘n stout seuntjie, doen hulle elke jaar net goed. Nou het hulle hulle s’n vir die seisoen gehad. Met Matfield, Du Preez, Bakkies Botha en Habana binnekort terug vir die betekenisvolle gedeelte van die Curriebekerseisoen, sal hulle maar weer doen wat hulle doen. Hierdie jaar sal hulle weer die Curriebeker wen. Dís wat hulle doen.

best gameлобановский александр интервью

WP en Haaie gaap die dag om

Hierdie was so ‘n oninspirerende wedstryd, van sulke onverteerbare middelmatigheid, sulke monsteragtige prikkelloosheid, dat dit regtig onmoontlik is om daaroor te skryf. So kom ons praat oor iets anders, enige iets anders. Soos watter kar moes jy nooit verkoop het nie? Myne was ‘n 1976 rooi Fiat 124.

Ek weet daar is oningeligtes en oningelyfdes wat hulle neuse vir die Fiat sal optrek, en ja, dit was ‘n nederige motor, so ‘n vierkantige bedryf met dertienduim wiele onder ‘n 1400 stootstaafenjin. Ek bedoel, dit was ‘n baie basiese voertuig, maar dit was juis die sjarme daarvan. Die motortjie het gewerk, áltyd gewerk en het hierdie vermoë gehad om net aan te klop. Jy kan hom aan die gang kry, vroeg die oggend en hy sal heel ongesteur die hele dag rondskarrel. Hy het ‘n sekere ritme gehad, so net bo 130 kpu en daarop kon jy hom maar net in ‘n rigting wys en hy sal uur in en uur uit net aanhou om die pad te verslind, hetsy dit die kronkelpaadjie tussen Brakpan en Boksburg is, of daar die liniaalreguit pad tussen Beaufort-Wes en Laingsburg. Daar’s nou vir jou ‘n pad wat voel of hy nooit sal ophou nie – soos gister se wedstryd tussen die WP en die Haaie.

Daar is weinig goeds om van die WP te rapporteer. Hulle het die spel so vieserig benader, soos ‘n Chihuahua wat ‘n pedikuur moet verdra. Hulle het min visie, minder passie en geen kreatiwiteit nie. Al skrams aanbeveling wat ‘n mens hulle mee kan toedeel is dat hulle strate minder vrot as hulle opponente was. Die Haaie het by die wedstryd opgedaag sonder oënskynlik belangstelling, geen plan en geen ambisie nie.

Die probleem met die Beaufort Wes-Laingsburgpad is dat daar bitter min aandagtrekkers is, baie min uitstaande eienskappe of landskapbakens. Dis alles net so dieselfde… Dis soos, soos… tel die bal op, storm in die naaste opponent vas, val om, gooi die bal uit en dan is daar ‘n aanslaan. Gister was daar in Durban so baie dáárvan, amper soveel soos wat daar vaalgroen bossies in die Karoo is. Dis asof sulke spelmakers soos Keegan Daniel, Rory Kockott en selfs die Argentyn, Hernandez, gister aan ‘n kollektiewe introversie gely het, asof hulle met iets gewigtig besig was, soos om dansende engeltjies op ‘n kopspelpunt te visualiseer, en nie tyd gehad het om hulle volle aandag aan iets so ligsinnig soos ‘n rugbywedstryd te gee nie.

Die geheim is om die padborde tussen Beaufort-Wes en Laingsburg te memoriseer. Ek sal toegee dat Rooi Fiat dit moeilik kon maak. Sy ewenaar het van dag een af freneties geneurie, en hoe vinniger jy ry, hoe skriller het die klank geword. Dit het enige geheueoefening moeilik gemaak. Ek onthou Kareekloof… en toe ‘n swaar hoofpyn.

Die WP het twee drieë gedruk, Chavanga een en Chris Jack een. Iemand het iewers die bal oor die pale geskop. Ek dink dit was Joe Pietersen. Die Haaie het ook punte gekry. Nie baie nie. Die WP het 21 punte gekry en die Haaie 9. Nie een van die spanne het dit verdien nie.

ігрушкиФільчаков Олександр Васильович

Die Springbok het gekom, gesien, afgeslag

Image

Schalk Burger in aksie tydens gister se Drienasiestoets

Agterna het al wat ‘n naas is te sê gehad dat die Springbokke tóg iets uit hulle oorwinning oor die Wallabies geleer het. En die stukkie opvoeding? Dat, in die Gesnorde se vlugvoetige woorde, geen span dit kan bekostig om nie vir tagtig minute nie te speel nie. Dan moet ‘n mens sê, as die Springbokke net vyftig minute nodig gehad het om die Aussies kas toe te stuur, vir watter rede op aarde sal hulle hulleself uitsit vir nóg ‘n halfuur. Ruik die rose terwyl jy kan… Eintlik was die uitslag redelik voldonge na ongeveer 14 minute se speel… waarin Fourie du Preez gedoen het wat ‘n skrumskakel aangesê word om nie te doen nie – neem ‘n tikskoppie al is die pale binne Morné Steyn-reikafstand, jaag die verdedigers een kant toe op ‘n knop en pluk homself anderkant toe en oor die doellyn vir ‘n uiters astrante drie.

Die Steyn-visier het die lang vlug van Durban af oorleef en die telling was 7-0.  Minute later, met die Wallabies wat strawwe verdrukking in hulle eie gebied beleef het, het Morné Steyn vir Jaque Fourie soos ‘n voorlaaier oorgehaal en toe op die regte breukdeel van ‘n moment afgevuur. Die buitesenter het die Aussie-verdediging soos ‘n snoek oopgevlek en het onder die pale gaan punte maak. Dit was tog ‘n deel van ontdekkings en een daarvan was dat Morné die Metronoom tog vel en vlees is en hy skop die maklikste skop in sy Bokloopbaan skoon mis.

Die res van die wedstryd was nie juis ‘n riller nie.  Dit was eerder ‘n misterie waarin die geheimenisse van Kiwi-skeidsregter Bryce Lawrence se skrumbeslissings deur die twee kapteins, John Smit en George Smith, moes ontrafel word. Die Da Vinci Kode verskil met Lawrence se Geheim juis daarin dat daar oplossings is vir die vrae in die Kode. Die Bok-pak het egter deurgaans die verkeer só beheer dat Lawrence se arbitrêre interpretasies tydelike irritasies eerder as wedstrydsinkers was. Tog het die geil oes strafskoppe die Wallabies in staat gestel om asem buite hulle gebied te skep en Matt Gitau het, eenkeer met krag en eenkeer met voetvlugheid, twee drie gedruk. Maar die Springbokke se nuutgevonde terugslaanvermoë in ag geneem, was dit net ‘n kwessie van tyd voordat die Wallabies ernstige skade sou ly – en dit het gekom deur twee Bryan Habana drieë, gesmee uit die skroot van Aussie-blapse wat deur volgehoue Bok-druk afgedwing is.

Uiteindelik was dit ‘n soort wiskunde van punte oor tyd en dit was duidelik dat die Wallabies nie die spel vinnig genoeg sou kon herwin om ‘n oorwinning asof uit niks te maak nie. Die Springbokke kon ontspan, soveel so dat hulle twee Australiese drieë laat in die wedstryd kon aflag. Pieter de Villiers kon sy lieflinge, vernaamlik Adrian Jacobs op die veld bring, wat net weer die gehalte van die opdrafspan onderstreep het. Die vaste vyf het die aarde laat bewe, die losvoorspelers het alles gelak wat beweeg het en die agterlyn het glad gevuur, met veral daardie voetboller, Ruan Pienaar, wat ordentlik gesweepslag het op heelagter.

Die eindtelling van 32-25, met ‘n vierdriebonuspunt, is presies deur die Bokke volgens bestelling afgelewer.
 

светодиодный asdФильчаков

Wie gaan eer kry en wie gaan seerkry?

Image

Dié naweek se rugby en wat die Blou Bulle en die Leeus aan mekaar gaan doen

Cobus Grobbelaar glo die Leeus gaan aansit vir blou biefstuk dié naweek. Hy’s oortuig sy trop gaan wen. Hy’s áltyd oortuig sy trop gaan wen. Dié keer kan hy reg wees, en dit nie in die minste mate omdat hy sy terugkeer maak na ‘n besering nie. Baywatch is een van daardie eerlike hardwerkende baljagters – hoewel die gedagte aan ‘n “eerlike baljagter” so oksimoronies blyk te wees as “eerlike dief” of doeltreffende ANK-staatsamptenaar. Hy is een van daardie amper-amper spelers wie se naam al in ‘n paar vroegseisoen skadu-Springbokspanne ingepotlood is. Hierdie jaar was dit weer so, en dit was net daardie natuurfrats van ‘n losbalmagneet, Heinrich Brüssouw, wat hom voorgespring het. So, Grobbelaar stort al sy hartstog in die Leeu-span in. En dis juis sy passie, en die desperaatheid van sy hele span wat my laat glo dat hulle gaan wen.

Die ideale span is een waarvan die breër spelmetodiek en bemanning so gevestig is dat die span selde, en net as hulle in ‘n onverwagse verknorsing is, in hulle emosionele voorraad gaan delf. Ander spanne, minder voortreflik bedeel in sekere afdelings, middelmatig om die minste te sê, kan net op passie reken om wedstryde te beklink. Die probleem is dat hartstog en durf sulke vervlugtende elemente is. Dit kan die een minuut daar wees, en die volgende oomblik het dit verdamp, en dan het hulle nie strukture, tegniek en krag om hulle deur te trek nie. Maar ‘n sielsgedrewe span kan vir die regte tagtig minute enige span se lewe versuur. Gewoonlik het so ‘n span net een so ‘n wedstryd per jaar in hulle. En ek reken hierdie Saterdag is dit die Leeus se wedstryd van die jaar. Hulle is net desperaat genoeg om die Bloues se bulkalfies plat te trek.

Die Blou Bulle se instaanspelers maak hulleself gaandeweg in die dodelike, doodsmoorpatroon waarvan bekersukses gemaak word. Maar dis te betwyfel of hulle genoeg geduld en teenwoordigheid van gees het  om ‘n vasgekeerde Leeu vasgekeer te hou. Terwyl die voorpak, met ‘n bosbrekervoorry van Kruger, Kuun en Engels en Flip van der Merwe op slot, lyk al hoe meer soos die geestelike afstammelinge van die Noord-Transvalers van ouds en Dewald Potgieter gaan beslis vir Grobbelaar al die pad bal toe jaag.

Agterlangs is waar dit kan lol, met te min terugvalplanne vir rou spelers soos Burton Francis en Francois Hougaard om verbete teenaanvalle te smoor. En aangeval gaan hulle aangeval word, en dit nie net deur die nuwelingsenter Pieter Engelbrecht en buitesneller Hollenbach nie, maar deur die venynige Jano Vermaak en die rammelende Willem Alberts van agsteman af. Voorts kan die Bloues maar vra wie de joos is Earl Lewis. Die antwoord is dat hy nie die ander een, Earl Rose, is nie. Hierdie jaar kon die Leeus se opponente deurgaans staatmaak dat wanneer hulle in die knyp teen die rooibontes is, Rose iewers ‘n geskenk vir hulle sal opdiep. Maar Pieter de Villiers se gunsteling “X-faktorspeler,” Rose, is uit die laaste vesting verwilder en, hoe of wat Lewis ook al is, so totaal selfvernietigend soos Rose kan hy nie wees nie.

Die wedstryd word op die Stadion-Voorheen-As-Ellispark-Bekend beding en hoewel tuisvoordeel nie soveel vir die Leeus beteken nie, is dit darem stukke beter as die teendeel: Om die Blou Bulle tussen die horings te kyk  op Fort Loftus.

Tuisveld, hartstog, desperaatheid en die afwesigheid van Earl Rose. Hierdie een is die Leeus s’n. Dis hulle Groot Wedstryd vir die jaar.

печи длялобановский александр игоревич харьков

W?reldrugby se grootste somerswaeltjie

Die een speler wat Springbokrugby nie kan vervang nie

Dat een swaeltjie nie 'n somer maak nie, is 'n ou braaivleisinsig. Daarmee word aangedui dat 'n sportspan se sukses nie aan 'n enkele speler toegeskryf kan word nie. Dit word meermale geïntoneer wanneer 'n sterspeler sy terugkeer na 'n besering maak. As, sê nou maar Richie McCaw of Daniel Carter ontslaan word uit die terapieproses en as't ware rittel en trippel om die veld tydens die All Blacks se volgende toets te betree, word die vraag gevra: Watter verskil sal dit maak? Dis dán wanneer die braaivleis-Naas Botha kug en frons en beduie dat, ja McCaw is die wêreld se voorste baljagter en moontlik die wêreld se beste speler, pond vir pond, maar – staan by hier kom dit nou – een swael maak nie 'n somer nie.

Dis hoog tyd dat hierdie tradisionele insig herbesoek word. Niemand stel voor dat die aanskoue van een Tachymarptis melba finaal aandui dat die somer opgedaag het nie. Net so ontken niemand dat McCaw nie sy towerwerk kan doen as hy nie 14 ander spanmaats het om te skrum, te lynstaanspring, balle uit te gee, te skop, ensovoorts nie. Maar dis tog duidelik dat een speler 'n klaaglied in 'n triomfkreet kan verander. Speel soos die Springbokke vroeër hierdie seisoen gespeel het, een speler se teenwoordigheid het die verskil gemaak tussen oorwinning en nederlaag: Morné Steyn. Toe hy in die tweede toets se stuiptrekkings aangetree het en die Gilbert in die ruimte bo die dwarslat en tussen die pale deurgesool het, het hy 'n Springbokwinter, of dan ten minste 'n koue herfs, in 'n heerlike, groensappige, songemarineerde somer verander. Hy was een swael wat eiehandig 'n invloed op die somer gehad het. Sy somerwerking is geleë in die eiesoortigheid van sy bydrae. As hy  nie die bal oorgeskop het nie, nou ja, daar was nie iemand anders wat hom dit sou nadoen nie. (Wel, miskien Frans Steyn, wat skop soos 'n howitzer, maar met 'n sekere ongeërgdheid rakende akkuraatheid. En sóú hy raakgeskop het, dan was hý die somerswael.)

Die "een swael maak nie 'n somer nie"-teorie word nie sonder meer gehuldig deur bekykers van ander sportsoorte nie. In sokker, byvoorbeeld, is dit goed bekend watter verskil 'n Pelé, 'n Maradonna of 'n Cristiano Ronaldo kan maak. "Karl-Heinz Rumenigge en tien robotte," is hoe 'n koerantskrywer in 1986 die Wes-Duitse wêreldbekersokkerspan beskryf het. Rumenigge was nogtans genoeg van 'n somerswael om sy span amper tot die kroon te tou.

Soms kan 'n swael selfs 'n valse somer, sê sommer 'n "Indiaanse Somer," bewerkstellig. In die sestigerjare het Manchester United 'n baie taai opleidingsproses vir jong spelers gehad. Dit het onder andere behels dat die jongelinge mekaar rondom 'n sokkerbal op die teerblad van Ou Trafford se parkeerterrein gepak het. Daar, sonder enige werklike toesig, het hulle die uitspattigste toertjies en swierige voetwerk uitgepak. Jy moes eenvoudig leer om op jou voete te bly anders het jy in vierkante sentimeter vel daarvoor betaal. Hulle het mekaar gesystap, die bal in pypkandribbels om verdedigers geknikker, lugskoppies oor die kop geskep, die teenstaander met buitevoet-binnevoet oëverblindery probeer omseil… en dan was daar die blinkste van alle tierlantyntjies: Die neutkraker. Dit was eenvoudig en dodelik, maar baie maklik om teen te verdedig. Die plan was om die bal tussen die voete van jou opponent deur te toonskop en agter hom weer bymekaar te maak. Natuurlik hoef die verdediger enige een van sy voete net 'n aks binne toe te skuif en jou skop skram van hom af weg. Maar kry jy dit reg, lyk hy soos 'n idioot en jy soos 'n superster.


Een van die verblindendste spelers in dié karparktoernooie was 'n jong, langhaar-Ier by name George Best. Hy was geoormerk as 'n toekomstige Rooitruidraer, maar was nog nie as gereed geag nie, toe die senior United-span se vliegtuig in die ys by München op die aanloopbaan neerstort en bykans die hele spelerkorps in een staalknarsende oomblik uitgeroei word. Die legendariese spanbestuurder, Matt Busby, moes inderhaas 'n span vir die volgende seisoen saamstel. Hy het 'n versameling afgeleefde strydosse en nat-agter-die-ore jongelinge nadergehark. Skielik was die jong teerbladspesialis, George Best, in die span.

Hy was oombliklik 'n rasende sukses, waarskynlik omdat hy nie van beter geweet het nie. Vir hom was die senior sokkerveld maar net 'n voorsetting van die motorpark en hy speel sy sokker met dieselfde uitbundigheid as wat hy en sy makkers op die teerblad gewys het. Hy pypkan, hy seil verby verdedigers met buitevoet-binnevoet oëverblindende ratsheid en vaart, hy knikker die bal oor hulle koppe en hy… doen die neutkraker. Binne 'n ommesientjie is Manchester United weer die tromslaners in die Engelse Eerste Liga. Best kon enige wedstryd omswaai met sy balgoëlery en hy het doele uit die onmoontlikste hoeke aangeteken. Die Rooies het die groenste van somers, sommer 'n paar in 'n ry, gehad danksy die swaeltjie George Best. Maar sy vernuf het 'n ernstige nadeel vir die span gehad: Dit was die glinsterpapier wat die krake, die ernstige struktuurgebreke, in die span verdoesel het. Best was boonop 'n eksentrieke genie, nie bestand teen die ophemeling van veral vroulike ondersteuners nie en heeltemal te gou het sy loopbaan verstrengel geraak in sy rokjagtery en ongebreidelde dipsomanie. Toe sy loopbaan voortydig verby is, was die Manchester United-somer ook daarmee heen. Die Best-lose span is ontbloot as 'n trop verbeeldinglose ploerte. Niemand het dit werklik besef nie want hulle het aangehou wedstryde wen… danksy George Best. En toe, te skielik, is hy nie meer daar nie en dit het amper 'n anderhalfdekade vir die span gevat om weer die voormalige kruin te bereik.

Selfs Naas Botha het 'n voorliefde vir die swaeltjie-somergesegde. Miskien is hy net beskeie, want as iemand beter behoort te weet, is dit Ignatius Hendrik Botha. Uli Schmidt beduie in sy outobiografie presies watter gehalte swaeltjie – of, in sy terminologie, wedstrydwenner – Naas was. Schmidt was die onderkaptein in die Blou Bul-masjien van die laat tagtigs en was baas van die voorspelers. Wanneer sy span swaar getrek het, het Schmidt eenvoudig die voorspelers byeengeroep en 'n eenvoudige krisisopdrag uitgevaardig: Kry die bal by Naas. Dis al. Naas sal die wedstryd wen. En hy het meestal. In 1987, byvoorbeeld, was Noord-Transvaal in die Curriebekereindstryd deur Transvaal op 'n nat Ellispark vasgekeer. Kry die bal by Naas. En die voorspelers, Schmidt en sy stutte Jan Locke en Heinrich Rogers, en die slotte Adolf Malan en Adri Geldenhuys, en die losvoorspelers met die kontoerploeër Burger Geldenhuys vooraan, het presies net dit gedoen. Na halftyd, met Noord-Transvaal uitgeval op 3-15, het Botha oorgeneem. Vier skepskoppe, vier strafskoppe. Baie dankie, kom ons gaan huis toe. Noord-Transvaal wen 24-18.


Die vraag is, wie is die somerswael van somerswaels in die huidige Springbokspan? Habana, sal party sê. Of Morné Steyn. Selfs jong strydros, Heinrich Brüssouw. Almal geldige kandidate, moet daar saamgestem word. Maar persoonlik reken ek die swael der swaels is Bakkies Botha. Hy is net 'n enorme sterk, doelgerigte, onstuitbare natuurmag. Hoewel hy geen gimnasiumfrats is nie, is hy net van nature 'n brutale sterk Afrikaner. Die Nieu-Seelanders noem hom "The Enforcer" en wat Bakkies afgedwing wil hê, sal hy afgedwing kry. Die Britse en Ierse Leeus het juis gereken hulle kan hom rangeer en daarmee die Springbokke ontspoor. Die beste pogings van hulle gehardste voorpakbrekers was nie goed genoeg nie en dit was eers toe hulle met 'n dissiplinêre slenter vir Bakkies van die veld afgehou het, wat hulle op die voorvoet kon kom.

Ons het spelers wat vir enige ander Springbok kan instaan. Andries Bekker is al meer soos Victor Matfield as Matfield self. Daar is 'n swetterjoel skrumskakels wat besig is om Fourie du Preez se skaduwee te ontgroei. John Smit bly net staan in die toetsskrum omdat hy Bakkies Botha agter hom het om hom vorentoe te stu. Jongi Nokwe is vinniger as Bryan Habana. Maar daar is net een Bakkies Botha.

As die teenwoordigheid van 'n enkele swaeltjie nie 'n somer maak nie, kan die afwesigheid van een 'n winter inlei. Hoewel Bakkies Botha in vorm en styl die algehele antitese van 'n dartelende swaeltjie is, kan ons onsself maar voorberei: Die dag wat hy ophou speel, sal die begin van 'n lang en droë Springbokwinter wees.

интернет магазины детских игрушекФільчаков Олександр Васильович прокурор

Ku?n en Hougaard in Blou-Bulspan

Image

Derick Ku?n

Die afrigter van die Vodacom Blou Bulle Frans Ludeke het heelparty van sy groot kanonne insluitende Derick Kuün, Werner Kruger en Wilhelm Steenkamp vir Saterdag se wedstryd in Johannesburg teen die Leeus nadergetrek. 

Kuün en Kruger gaan die skrum aan die sy van Jaco Engels anker met Steenkamp wat terug is in die tweede ry langs Flippie van der Merwe. 

Ludeke het sy ervare lostrio onveranderd gelaat, maar agterlangs sal Marius Delport in die plek van die beseerde Akona Ndungane diens doen met Jaco Pretorius en Stefan Watermeyer wat hul kombinasie in die middelveld hervat. 

Ludeke het besluit om vier voorspelers en drie agterspelers op die bank te kies maar hoewel daar nog ‘n bietjie twyfel oor die enkelbesering van Frik Kirsten is, is die afrigter sowel as Dr Org Strauss optimisties dat die groot stut betyds sal herstel. 

Ludeke sê hy is redelik tevrede met hoe die Blou Bulle se seisoen in die eerste ronde verloop het, maar daar is steeds verskeie aspekte waarin hy wil hê die span moet verbeter. 

“Ons moet in die tweede ronde in elke wedstryd vir die volle 80 minute speel en ek sal wil sien dat ons voortaan beter afrond. 

“Ons moet ook al hoe meer driedruk-geleenthede skep en baie klem sal in ons vaste fasette gaan, want alles was nie honderd persent in dié afdeling van ons spel nie.” 

Vodacom Blou Bulle: Zane Kirchner; Gerhard van den Heever, Jaco Pretorius, Stefan Watermeyer, Marius Delport; Burton Francis, Francois Hougaard; Dewald Potgieter , Pedrie Wannenburg, Deon Stegmann, Wilhelm Steenkamp, Flip van der Merwe, Werner Kruger, Derick Kuün (kaptein), Jaco Engels. Reserwes: Bandise Maku, Frik Kirsten/Dean Greyling, Fudge Mabeta, Jacques Burger, Heini Adams, Francois Brummer, Tiger Mangweni.

 

погружной дляФільчаков прокурор

Van Asse tot as… Engeland slag die Aussies af

Image

David Strauss, die Engelse kaptein, hou die Ashouer omhoog

Gister, nie lank voor uitskeityd nie, het "Meneer Krieket" sy balans effens na die wegkant verloor en 'n futlose aflewering van Graeme Swann opgeskep na die bykant waar Alistair Cooke die bal moeiteloos gevang het. Daarmee is 'n grootse verskuiwing in internasionale krieket bevestig. Engeland het met Michael Hussey se paaltjie die Asse 2-1 teen die Australiërs beklink. Die Engelse span het alle betaamlikheid afgeskud en soos apies in 'n wildevyeboom tekere gegaan, rondgenael, mekaar omhels, in groepies gedans. Hierdie was geensins 'n herhaling van die 2005-Asse-sege nie. Hierdie keer het hulle nie naelskraap deurgeskuur, komplimente van een of twee foutaflewerings, 'n skaduagtige skeidsregterbeslissing of twee nie. Dié keer het hulle die Aussies afgestof en weggevee. Daarmee het hulle finaal 'n einde gebring aan 'n era van Aussie baasskap wat begin het onder die nukkerige leierskap van Allan Border, wat versterk is onder die bestendige Mark Taylor en tot ongekende wenhoogtes gevoer is deur die meedoënlose Steve Waugh. Australië is nie meer baas op die krieketwerf nie.

Engeland het die vyfde en laaste toets in die reeks met 197 lopies gewen. Hulle Suid-Afrikaans gebore kaptein, Andrew Strauss, het die loot op die eerste dag gewen en – natuurlik – gekies om te kolf. Hulle eerste beurt van 332 was nie die stoffasie van legendes nie maar het die Aussies se lamlendige 160 heeltemal oorskadu. Nog 'n Union Jack-ingekleurde Suid-Afrikaner, Jonathan Trott, het die slaanwerk in Engeland se tweede beurt gedoen en 119 van hulle 373 ingesamel. Dit het die Australiërs die taak gelos om meer as 500 lopies in twee dae aan te teken. Dit sou 'n nuwe wêreldrekord gewees het, iets wat nie buite die ruim van moontlikheid was in 'n seisoen van rekords nie. Maar daar is nie 'n Smith, Kallis, De Villiers of Duminy in die Ponting-weergawe van die draers van die sakkerige groen pet nie. Dit was net Hussey wat soos van ouds gekolf het en 121 lopies verkry het. Die ander kolwers het of saggies hulle paaltjies opgeoffer of is in fratsvoorvalle uit. Dis veral hulle hedendaagse voorste kolwer, Michael Clarke, wat op 'n bitter manier uit is toe hy die bal teen die enkel van 'n veldwerker vasgedryf het en hy met 'n uithardloop geskok is. Taai hande soos Brad Haddin en Mitchell Johnstone het konsentrasieblapse gehad en hulle paaltjies aan die Engelse geskenk.

Vir die Engelse, wat die afgelope paar dekades gruwelik onder die Australiese tirannie moes ly, was hierdie wraak gouestroopsoet. Maar terwyl hulle op die Ovaal se biljardtafelgroen veld gerinkink het, sou dit die Engelse betaam om te erken wie die nuwe kitaarslaner in toetskrieket is. En hulle sal moet erken dit is nie hulle nie. Die kroon bly steeds Suid, steeds by 'n span met groen en goud vir maatskappyklere, al is dit in 'n omgekeerde rangskikking. Suid-Afrika is nou amptelik en werklikwaar die voorste toetskrieketnasie ter wêreld. Mickey Arthur en Graeme Smith het 'n span sonder enige werklike swakhede gesmee, een wat weet wat dit is om te verloor en die gevoel verpes. Maar meer nog, dis 'n span wat weet hoe om te wen; iets wat hulle nie net skouspelagtig in Australië gedoen het nie, maar ook verlede jaar in Engeland.

Engeland het 'n ruggraat van verloopte Suid-Afrikaanse spelers in die trio van Strauss, Kevin Pietersen en die nuweling Trott. Maar Suid-Afrika het veel meer van hierdie straatvegters. Jacques Kallis bly die onbetwiste voorste allesdoenspeler in die wêreld en hy is 'n lid van 'n voororde wat enige boulaanval flou kan foeter. Aan die agterkant is die angel van Dale Steyn en Morné Morkel liederlik giftig en met Paul Harris wie se linkstollers besig is om met elke uitstappie te verbeter, kan die Proteas op twintig paaltjies per wedstryd staatmaak.

Engeland moet 'n bietjie sjampanje vir Smith en sy vrolike makkers bêre. Dit was Suid-Afrika wat Ponting se span gekneus en kwesbaar gemaak het.

Dit sal ons, terwyl ons verlig is dat die Australiese oorheersing vir eers verbreek is, wel betaam om die hoed te lig ter herinnering van een van die beste balspanne in die geskiedenis van georganiseerde sport. Knap gedaan, Aussies!

бурениеалександр лобановский супермаркет класс

Griekwasavontuur vir eers verby

Image

Albert van den Berg lak vir Ryno Barnes in gister se wedstryd tussen die Haaie en die Griekwas

Die pret het gister finaal uit die Griekwas se voetbal verdwyn en die gevolg was ‘n pynlike drag slae wat hulle teen die Haaie in Durban op die lyf geloop het. Die Groot Gaters het die seisoen volspoed begin en opwindende, heerlike en – belangriker – wenrugby gespeel. Afrigter Dawie Theron het ‘n atmosfeer van durf, ‘n mate van astrantheid, spantrots en spelvreugde geskep waarin die span gefloreer het. Maar nadat die weeklikse sloegstryd verlede Saterdag teen die Blou Bulle begin het om die lekkerte uit hulle avontuur te dreineer, het die laaste daarvan hierdie week op die Absa Stadion weggekwyn. Al wat oorgebly het was die durf en astrantheid, bestanddele wat hopeloos minderwaardig was om ‘n bedrewe genootskap soos die Haaie flou te speel.

Waar die avontuurgees vroeër dié seisoen die Griekwas se voetbal laat vloei het, die aangeë laat behoue bly het, die steekskoppies laat reg spring het, het gister se oorangstigheid, gespannendheid en periodieke desperaatheid die hele masjien laat stotter. Vroeër dié seisoen sou Naas Olivier, die poublou losskakel, na ‘n kronkelende lynbreuk sy ondersteunende speler se hande met ‘n slingeraangee gevind het. Gister het Waylon Murray dié aangee teruggeskep, vasgevat, omgetol en net groen gras en ‘n doelgebied voor hom gesien. Monty Dumond, een van daardie netjiese losskakels wat blykbaar orals langs die kus uitpeul, het dit van die kantlyn af verdoel en die Haaie was skielik 13-0 voor.

Die Haaie, in teenstelling het daardie heerlike ritme waarvoor hulle bekend geword het, gevind en het gebaljaar soos kaalvoetseuntjies in ‘n reënwaterpoeletjie. Hulle vaste vyf het sterk genoeg gestaan en gedryf om die ligter, haastiger losvoorspelers soos Jacques Botes en Keegan Daniel vry te stel om sorgeloos die veld vol te nael. En terwyl nael die onderwerp is, gee voorspeler het dit met groter uitgelatenheid en meer vernietigend gedoen as daardie vleuel in hakervermomming, Craig Burden, nie. Rory Kockett-luitenant, die skrumskakel Charl McLeod, het self koek uit krummels gebak toe hy ‘n losbal opgepik en die Haaie se tweede drie onder die pale gedruk het.

Hoe meer die Haaie hulle uitstappie geniet het, hoe meer iesegrimmig het die Griekwas se spel geword en hulle mees waagmoedige en astrante pogings, gelei deur ‘n  uiters waagmoedige en astrante Godfrey Mokuena, het uiteindelik weinig wins gewys. Uiteindelik het hulle punte uit twee skamele strafdoele van Naas Olivier bestaan. Hoewel hulle soos die laaste Trojane verdedig het, was dit nie goed genoeg om Monty Dumond, Lwazi Mvovo en Keegan Daniel te keer om drieë aan te teken nie. Met die metronomiese Dumond wat gister blykbaar nie mag mis geskop het nie en wat 18 punte voetgewys gebank het, het die Haaie ‘n ordentlike oorwinning van 41-6 opgestapel.

Die Griekwas se avontuur is vir eers verby. Soos wat die onbeïndrukte musiekprofessor opgemerk het aan die oorgretige jong pianis wat ongevraagd ‘n oudisie by ‘n dinee gespeel het: Jy het ‘n snaakse gesig. Wees nou tevrede. Griekwas het ‘n heerlike, stuitige eerste helfte van die Curriebeker-seisoen beleef. Hulle was so astrant as om tot voor vandag voor te loop op die puntetabel. Hulle moet nou tevrede wees. Die Blou Bulle se instaanspan het hulle ritme gevind en die Haaie speel met al hoe meer presiese venyn. Normaliteit is besig om terug te keer na die rugbyheelal. Een van die dae is die Drienasiesreeks verby en keer die Springbokke na hoofsaaklik die voorloperunies terug. Sit dan reg… want dán begin die Curriebeker-reeks.

ппр оборудованияФильчаков прокурор отзывы

Pieter de Villiers: die Springbokke se grootste hindernis?

Image

Die ‘besnorde filosoof’ in aksie

'n Kampioen, word daar gesê, is iemand wat iets regtig moeiliks en ingewikkelds maklik laat lyk. Dink maar aan 'n Darryll Cullinan wat 'n wegbewegende snelbal deur die dekke kon dryf met soveel elegansie en presiese aanwending van spoed en tydsberekening dat iets ontsaglik veeleisends as baie eenvoudig voorgekom het. ("As 'n mens teen Darryll geboul het, was dit altyd asof die kolfblad twee meter langer was," het Andrew Hall by geleentheid beduie.)

Wel, wat dan van iemand wat iets baie makliks so vrekkens moeilik laat lyk? Die maklikste werk, in die post-Jake White-era is dié van Springbok-afrigter. Dít is moontlik sy grootste bydrae tot die eierbalsport. Voor White het die Springbokafrigter al die werksekuriteit van 'n Kongolese mynopspoorder gehad. Van die eerste ná-isolasieafrigter, John Williams, tot en met die einde van die bisarre Rudolf Straeuli-heerskappy, het net Kitch Christie die goeie grasie gehad om te bedank voordat die Rugbyraad se swaar stewel sy agterwêreld getref het. Williams, Macintosh, Markgraaff, Du Plessis, Mallett, Viljoen en Straeuli het almal saggies in die donker by die agterdeur uitgesluip na bitter, verwytende aftredes. Maar Jake White het met "Bill", (soos die Aussies die William Webb-Ellis-trofee noem) in sy handbagasie van die Wêreldbekertoernooi in Parys teruggekeer. Hoewel dit in ‘n relatiewe bloedlose veldslag gewen is (sonder om met Australië, Nieu-Seeland óf die Franse slaags te raak,) is 'n Wêreldbeker 'n Wêreldbeker, en hierdie een is gewen met 'n span wat oor vier jaar sorgvuldig versamel, geslyp en aanmekaar gesit is. Al wat die nuwe afrigter moes doen, was om die span as’t ware in die regte rigting te beduie, 'n klap op die boud te gee en te kyk hoe hulle holderstebolder oor die opposisie stormloop. Jy hoef nie vir hierdie rugbymonsters te beduie wat om te doen nie – elkeen ken sy werk, sy plek en sy doel en hy weet hoe om dit te doen.

Hierdie jaar het die werk nóg makliker geword met die Bulle wat 'n onstuitbare voetbalpatroon bemeester het: Gebruik 'n strategies bedrewe losskakel om die vyand in sy eie gebied op hok te hou en versmoor hom daar met jou trop voorspelerbuffels totdat hy onder die druk knak en jy jou ligvoetige missiele op die vleuel kan afvuur of, as die bui jou voorspelers pak, hulle sommer kortpad bo-oor hom hardloop. As jy die wedstryd in hierdie pan bak, en jou span se bestanddele is in elke opsig beter as jou opponent s’n, dan gaan jy elke wedstryd wen. So nou hoef die Springbokafrigter nie eens meer spelers van ander provinsies in te vlieg nie. Hy kan maar net, in die woorde van daardie melodieuse pleidooi, Bokke van al die Bulle maak: Trek die hele span in groen aan, gee hulle daai klap op die boud en laat hulle jou bel wanneer hulle die Leeus vernietig en die Drienasiesbeker gewen het. Maklik.

Maar blykbaar is niks vir Pieter de Villiers, die besnorde filosoof, maklik nie. Die Springbokke het verloor toe hulle moes gewen het en het net-net gewen toe hulle die opposisie moes verbrysel het. Die maklike het moeilik geword en is nêrens meer sigbaar as by die afrigter self nie. Hy, wat nooit 'n senior span afgerig het nie, was uitdruklik 'n regstellende aanstelling, en nie bestand teen die onthutsing wat só 'n posisie gewoonlik by die begunstigde veroorsaak nie. Nog voordat hy sy intrek in die afrigter se kantoor geneem het, het hy dit duidelik gemaak dat hy nie tevrede sou wees om 'n blote proseliet en voortsetter van die Jake White-doktrine te wees, sê nou maar op die manier wat Frans Luddeke die werk van Heyneke Meyer in Bloubulland voortbou nie. Hy sou sy eie voetbalfilosofie ontwikkel en toepas. In 'n ommesientjie het hy die Springbokke gekondisioneer om alles wat hulle oor die wen van wedstryde en wêreldbekers geleer het, te vergeet. Hy het in 'n swerm woorde iets onsamehangends verduidelik. Blykbaar was sy meestersidee om die Springbokke nie op die veld te jaag met 'n enkele wedstrydplan nie, maar met vyftien wedstrydplanne. Die Springbokke, wat soos die Bulle, gedy het omdat elkeen sy plek, funksie en aanwending verstaan het, moes nou elkeen 'n "besluitnemer" op die veld word. In krygsterme was hulle vyftien geheime agente. Van 'n eenvormige doelgerigtheid was daar niks te sien nie.

Wat 'n eenvoudige veldtog was om die Drienasiesbeker langs Bill te laat inskuif, het gou in 'n verbysterde gespartel, 'n ellendige geploeter ontaard. 'n Middelmatige All Blacks-span, wat nog aan bomskok ná die Wêreldbekertoernooi gely het, asook 'n lotjie ondergemiddelde Wallabies het die Springbokke met 'n sekere doelgerigtheid afgeransel.

Iewers in die proses verlede jaar, het senior spelers, vernaamlik Victor Matfield en John Smit, 'n satynrevolusie gelei. De Villiers is agteraf gepaai en vooraf opgehemel… terwyl die senior manne die woord laat uitsypel het dat die span maar net die woorde van agter die snor moet verontagsaam. Die ommeswaai het net betyds vir die laaste Drienasieswedstryd gekom en die Springbokke, met stoere Jake White-doelgerigtheid, het die Wallabies met 'n rekordtelling afgeslag en later, op die Britse toer, die Engelse op Twickenham, ook met rekordpunte, verneder.

De Villiers en sy voetbalfilosofie het 'n doelgerigte terugkeer hierdie jaar gemaak en dit was net die half-toevallige ingrype van die klassieke Blou Bul-losskakel, Morné Steyn, wat vir die Springbokke 'n sege oor die Britse en Ierse Leeus gegee het. Een van die stelreëls van die Jake White-stelsel is dat 'n oorwinning  'noorwinning is. Ja, maar regtig… Met die rypste oes primatalent wat Suid-Afrika in dekades gehad het, moes die Leeus opgefrommel en weggepak gewees het.

Die Smit-Matfield-metode het weer die oorhand gekry en die Springbokke het 'n goeie openingsalvo in hierdie jaar se Drienasies geskiet. De Villiers is weereens sielsaliglik uitgeskuif om onsamehangende uitsprake in mediamikrofone te maak.

Hierdie afgelope week sê hy in 'n televisieonderhoud dat die Springbokke uiteindelik geleer het om volgens sy patroon te speel. Agteraf grinnik Matfield en Smit. Laat hom maar so dink. Dis nie dat daar nie 'n leerproses was nie. Daar wás! Hulle hoop net Pieter de Villiers vergeet nie alles wat hy geleer het voor die volgende toets nie.

play slots forтопкарго

Onderduimsheid of chromosoom?

Nadat dit bekend geraak het dat wetenskaplikes selulêre materiaal deur 'n speekselmonster van die Suid-Afrikaanse atletiekster Caster Semenya aangevra het, geniet vrae oor die uitkoms van die werklike geslag van die atleet tans die wêreld se aandag.

Volgens sportwette, moet die paneel deskundiges wat die ondersoek gaan voer, 'n endokrinoloog en 'n sielkundige insluit.

Daar was al talle gevalle van doodgewone oneerlikheid en onderduimsheid, maar ook gevalle waar atlete wat as vroue geklassifiseer is, hulle hele lewe lank deurgaan met manlike chromosoommateriaal waarvan hulle nie bewus is nie.

In die 1930's is die Duitse hoogspringer Dora Ratjen ontbloot as Hermann, 'n man wat homself as 'n vrou voorgedoen het. Hy het daarna gesê die Nazi's, met hulle obsessie oor die volk se meerderwaardigheid, het hom daartoe gedwing

In 1964, is die Poolse naelloper Ewa Klobukowska met twee medaljes by die Somerspele in Tokio beloon, maar het in 1967 'n chromosoomtoets nie geslaag nie.

Die mees misterieuse geval bly egter dié van Stella Walsh, nog 'n Poolse naelloper. Sy is in 1980 in 'n gewapende roof gedood en 'n nadoodse ondersoek het aan die lig gebring dat sy manlike en vroulike geslagsdele gehad het.

free betДанильченко Юрий отзывы

Is SA se nuwe kampioen ‘n man of ‘n vrou?

Image

Semenya, Woensdag in Berlyn

Die IAAF, die internasionale atletiekliggaam, het gesê daar is drie weke gelede ’n versoek aan Atletiek Suid-Afrika (ASA) gestuur om Caster Semenya, Suid-Afrika se nuwe 800m-kampioen, vir ’n geslagstoets te stuur.

Die versoek het gekom nadat sy op die Afrika-junior-byeenkoms in Mauritius die 800 in1:56.72 gewen het

Die toets is ’n besonder ingewikkelde proses en die uitslae sal eers oor ’n twee tot vier weke bekend gemaak word.

Die IAAF het 'n mediese kommissie bestaande uit 12 lede aangestel en dit sluit toevallig 'n Suid-Afrikaanse dokter in. Hulle sal ook met medici in Suid-Afrika skakel.

Dit is ironies dat Semenya by dieselfde stadion deur vrae oor haar geslag geteister word. In 1936 was die Poolse naelloper Stella Walsh onder verdenking nadat sy die silwermedalje gewen het.

Walsh het in 1932 by die Los Angeles Olimpiese Spele die goue medalje gewen. Ná haar dood in 1988 is  bevind dat sy "dubbelsinnige genitalië" gehad het wat meer manlik as vroulik was.

Tot die uitslag bekend is, mag Semenya aan wedlope deelneem.

Semenya het Woensdagaand in Berlyn die eindronde van die 800 m vir vroue met die vinnigste tyd van 1:55.45 hierdie jaar gewen, byna 20 m voor haar naaste teenstander, Janeth Jepkosgei Busienei van Kenia.

Phiwe Mlangeni-Tsholetsane, bestuurder van die Suid-Afrikaanse span, sê sy gewete is skoon. Hy wou nie bevestig of ontken dat die 18-jarige atleet van die Universiteit van Pretoria die toets tans ondergaan of nie.

детская посуда киевФільчаков Олександр Васильович