Sedert die Engelse in die laat 19de eeu die Kaapse kolonialers leer rugby speel het, het rugby in SA maar altyd ‘n speelbal geword vir politieke ideologieë.
Die Britte glo tot vandag toe dat die Springbok-nederlaag teen die 1974-Britse Leeustoerspan van Willie John McBride, die einde van apartheid ingelui het.
Soos met apartheid, het Stellenbosch hulself die vorige eeu aangestel as kulturele voogde en rugbydenkers vir SA.
Dr. Danie Craven het by geleentheid glo al gestel dat Matierugby op Coetzenburg die toekoms van Springbokrugby bepaal.
Dit is ongelukkig so dat rugby ‘n kultus onder Afrikaners geword het, en dat rugby gebruik kan word om Afrikaners aan die neus rond te lei. Tans word rugby gebruik vir die skep van ‘n kunsmatige groep “Afrikaanses” wat ‘n plek vir hulself moet vind in ons falende staat.
Noudat die soveelste loesing van die Springbokke bekend is, kan ‘n paar opmerkings oor Saterdag se wedstryd gemaak word:
- Die vol stadion van ongeveer 90 000 mense (hoofsaaklik wit en bruin) getuig daarvan dat rugby al meer ‘n ontvlugting bied vir Afrikaanssprekendes van die realiteite van diskriminasie in ons korrupte samelewing, ‘n alternatiewe Angus Buchan-ervaring.
- Die bevooroordeelde kommentaar van John van Rensburg wat begin het met “die vreesbevange uitdrukking op die gesig van Richie McCaw”, en verder die skeidsregter geblameer het vir die Springbokke se tweederangse rugby.
- Die groep “awesome Afrikaanses” waaronder die meeste oud-Springbokkommentators, wat glo jy kan normale sport beoefen in ‘n abnormale samelewing. Hulle verstaan eenvoudig nie dat as jy meriete met ‘n politieke ideologie vervang, jy ‘n resep vir verloor het nie.
- Die rede vir SA se skokkende misdaadsyfers en gebrek aan wet en orde raak ook duidelik as jy Suid-Afrikaners se benadering tot verloor op die sportveld aanskou. Soos by misdadigers, is dit altyd iemand anders se skuld, in hierdie geval die skeidsregter s’n. Ons moet seker bly wees apartheid kry nie die skuld hiervoor nie.
- Ons moes Saterdag die patetiese figuur van John Smit aanskou op televisie, wat nie toegelaat is om in ere af te tree 3 jaar gelede nie, want Pieter de Villiers wou nie ‘n Afrikaner as Springbokkaptein hê nie.
Dit gaan die volgende paar weke interessant wees om die skadebeheer van SA Rugby te aanskou, want die rugbykapitaal van Jake White is opgebruik.
Moenie verbaas wees as die hele wêreld, behalwe Pieter de Villiers, hiervoor deur die media nie geblameer word nie.
Miskien sal die media nou ook beter verstaan waarom meeste Afrikaners maar louwarm oor hul persvryheid is.

“Maar hy is te klein om te merk,” sou ‘n mens g’n Franse Haan kon verkwalik as hy by die afrigter moes gaan verduidelik het hoe Gio Aplon twee keer die doellyn oorgesteek het nie.
Beeld dra ‘n berig oor Sport24, wat ‘n peiling gedoen het waarin sy lesers ‘n hipotetiese keuse gegee word. Twee rylopers staan langs die pad. Een is John Smit en hy is laat vir ‘n rugbywedstryd. Die ander is die skoonheid (aldus Beeld) Lee-Ann Liebenberg, wat laat is vir ‘n skoonheidskompetisie.
Die Springbokke het aan die begin van hierdie jaareindetoer rugby gespeel soos wat Ras Dumisani gesing het, maar hulle maak keel skoon om vandag hulle lang seisoen op ‘n hoë noot af te sluit, ‘n hoë-C, glinsterend en glorieryk soos Luciano Pavarotti s’n in “Ah mes amis” uit Donizetti se La fille du regiment. Net soos wat dit vir enige span amper onmoontlik is om elke wedstryd te wen, is dit baie moeilik vir ‘n kampioenspan om in ‘n string wedstryde te ploeter. Net soos wat elke Curriebekerspan ten minste een goeie wedstryd in ‘n seisoen het, so het die Springbokke minstens een goeie wedstryd in ‘n jaareindtoer in hulle. Die Engelse het dít nie verstaan nie en is verlede jaar nie net geklop nie, maar dit met sulke spogrugby en so oortuigend dat Martin Johnson se rooinekke nou nog sukkel om die gevolge daarvan af te skud.
Die Springbokke het gekla oor hoe swak die Nuwe Suid-Afrikalied voor hul 20-13-nederlaag Vrydagaand teen Frankryk gesing is.
Wat op aarde het wie op aarde gedink?