Beeld dra ‘n berig oor Sport24, wat ‘n peiling gedoen het waarin sy lesers ‘n hipotetiese keuse gegee word. Twee rylopers staan langs die pad. Een is John Smit en hy is laat vir ‘n rugbywedstryd. Die ander is die skoonheid (aldus Beeld) Lee-Ann Liebenberg, wat laat is vir ‘n skoonheidskompetisie.
Sowat 63% van die lesers het te kenne gegee dat hulle eerder vir Smit sou oplaai as vir Liebenberg.
Volgens Beeld is dit tekenend van hoe fanaties Suid-Afrikaanse mans glo oor hul sport sou wees.
Ummm….ja. Ek is nie so seker oor Beeld se gevolgtrekking nie. Dis soos om 250kg te weeg maar jouself dan wys te maak dis jou keuse van ‘n naskeermiddel wat jou maak sukkel met die teenoorgestelde geslag.
Is daar moontlik ‘n alternatiewe verduideliking vir die uitkoms van die peiling?
Alternatief 1: ‘n Reusepersentasie Sport24-lesers is gay.
Alternatief 2: Die meerderheid wat aan die peiling deelgeneem het, is fanatiese Haaie-ondersteuners.
Alternatief 3: Me Liebenberg voldoen nie aan die groot meerderheid rugby-ondersteuners se konsep van wie vir hulle ‘n skoonheid sou wees nie. Ek is uiteraard te polities korrek om te durf spekuleer waarom dit die geval sou wees.
