Tekort op lopende rekening laat Rand verswak

reserwebankDie hoof van Ekoniese Oorsig en Statistiek, by die Suid-Afrikaanse Reserwebank, dr Johan van den Heever sê die groot tekort op die lopende rekening is ‘n aanduiding dat Suid-Afrikaners se besteding gestyg het.

Hy sê nominale rentekoerse in die land is steeds veel hoër as die van volwasse ekonomieë van die wêreld.

Van den Heever sê selfs ná die Amerikaanse Federale Reserweraad met ‘n afplatting van sy ekonomiese stimilus begin, behoort buitelandse beleggers steeds belangstelling in Suid-Afrika te toon.

Die Reserwebank sê die betreklik groot tekort op die land se lopende rekening beteken dat die land nie genoeg produseer nie en meer steun op invoere.

Die tekort op die lopende rekenig het in die derde kwartaal tot 6,8% van die Bruto Binnelandse Produk (BBP) gestyg, wat die hoogste in vyf jaar is.

Dit het daartoe gelei dat die rand vandag verder verswak het.

ANC sal aanstons op integriteit van OB-verslag reageer

madonselaDie lekkasie van sekere inligting uit die Openbare Beskermer Thuli Madonsela se voorlopige Nkandla-verslag kon die geloofwaardigheid van die finale verslag aangetas het, meen bronne wat vertroud is met die saak.

Madonsela het Woesdag gesê dat een van die persone aan wie sy die voorlopige verslag gestuur het, dit kon laat uitlek het.

Die kabinet sal na verwagting vandag op die verwikkelinge reageer.

Vroeër het die hoofsekretaris van die ANC, Gwede Mantashe Madonsela se kantoor daarvan beskuldig dat hulle doelbewus die verslag laat uitlek het vir politieke gewin. Madonsela het die aantygins ontken.

Die waarnemende minister in die presidense wat verantwoordelik is vir prestasiemonitering, Angie Motshekga sal meer lig op die kwessie werp wanneer sy die media in Pretoria toespreek ná ‘n twee dae-lange vergadering deur die kabinet.

Madonsela sal ook vandag die media toespreek oor haar afgehandelde verslae oor verskeie ondersoeke, onder ander na die voormalige minister van kommunikasie, Dina Pule, die minister van Landbou en Visserye, Tina Joemat-Petterson, sowel as die SAUK.

Vliegtuigongeluk in Richmond eis 2

richmond‘n Ligte vliegtuig se wrakstukke is vroeg Donderdagoggend op ‘n suikerriet-plaas buite Richmond in KwaZulu-Natal opgespoor.

Die vliegtuig het Woensdagmiddag van radarskerms af verdwyn. ER24 se woordvoerder Werner Vermaak het gesê die vliegtuig het vermis geraak kort nadat hy van die Oribi-lughawe in Pietermaritzburg opgestyg het.

Albei die insittendes van die vliegtuig is in die ongeluk dood.

Swaar reën en mis in die gebied het die polisie en reddingswerkers se soekpogings in die wiele gery en die soektog is eers afgelas.

‘n Woordvoerder vir die KwaZulu-Natalse polisie, kaptein Thulani Zwane sê een van die oorledenes se selfoon was deurentyd aangeskakel.

Die polisie het die sein gebruik om die wrak se posisie te trianguleer wat na die ongelukstoneel gelei het.

Haelskade sal ekonomie knou sê Britsboere

hail‘n Haelstorm by Brits, in Noordwes het vir groot skade gesorg. Boere sê ‘n geraamde R100 miljoen is deur die storm in die Brits-omgewing aangerig.

Die meeste plase in die gebied is geraak deur die swaar weer en haelskade.

Groenteboere sê hulle is baie nadelig geraak omdat hulle nie versekering op die oeste het nie.

Hulle meen die skade sal ‘n negatiewe invloed op voedselsekerheid en ekonomiese uitkomste hê.

SA het 5 op Brics-ranglys van beste universiteite

chinauniVyf Suid-Afrikaanse universiteite is in die top 100 van ‘n nuwe internasionale ranglys wat meer as 700 instellings vir hoër onderwys in 22 lande beoordeel.

Times Higher Education (THE) het Woensdag “die wêreld se eerste ranglys van universiteite in Brics en opkomende ekonomieë” bekendgemaak.

Brasilië, Rusland, Indië , China en Suid-Afrika, asook 17 ander lande wat die FTSE Global Equity Index geklassifiseer word as opkomende ekonomieë het meer as 700 universiteite wat beoordeel is.

Die vyf Suid-Afrikaanse instellings in die top 100 is die universiteite van Kaapstad (3), die Witwatersrand (15), Stellenbosch (21), KwaZulu -Natal (45) en Pretoria (78).

Die top twee plekke is universiteite in China. Chinese universiteite het ‘n totaal van 23 plekke in die top 100, en gee die land ‘n “totale oorheersing” onder die Bricsgroep en die ranglys as ‘n geheel, sê Phil Baty, samesteller.

Rusland het net twee universiteite in die top 100, wat gedeeltelik verklaar word deur die feit dat sommige van Rusland se sterkste instellings spesialisinstellings is wat nie ingesluit word nie.

Universiteite in Colombia, Pole, Thailand en die Tsjeggiese Republiek in die top 50.

Chili, Mexiko , Egipte , Marokko, die Verenigde Arabiese Emirate , Maleisië en Hongarye het almal universiteite in die top 100 en universiteite in Indië het nege van die top 50 plekke opgeraap.

Brasilië het vier universiteite in die top 100, met die Universiteit van Sao Paulo op nommer 11.

Staat wen eerste ronde teen Krejcir

radovanDie staat het die eerste ronde teen die Tsjeggiese voortvlugtige Radovan Krejcir gewen toe landdros Reginald Dawa geweier het dat ‘n bekentenis deur Krejcir se mede-beskuldigde aan die mafiabaas se verdedigingspan getoon word tydens sy borgaansoek.

‘n Eiendomsontwikkelaar van Sandton Desai Luphondo se getuienis het glo die name van die staatsgetuies en verdagtes bevat wat nog in hegtenis geneem moet word.

Krejcir, Luphondo, en die polisie adjudant-offisiere Samuel Maropeng en Jeff Macheche, verskyn in die Palm Ridge se landdroshof, aan die Oos- Rand.

Dit was Woensdag die tweede dag van hul aansoek om borgtog .

Die vier is in hegtenis geneem vir die beweerde ontvoering, aanranding en poging tot moord op die broer van ‘n Krejcir-medewerker.

Daar word vermoed dat die ontvoering gereël is nadat ‘n R25 miljoen-dwelmtransaksie skeefgeloop het.

Aanklaer Louis Mashiane het gesê Krejcir behoort borg geweier te word. Die mafiabaas het self erken sy ma het intussen R40 miljoen na Suid-Afrika gestuur, hy besit verskeie paspoorte onder vals name en het dit reeds gebruik om na verskeie lande te vlug.

Die aanklaer het bygevoeg dat daar ‘n internasionale lasbrief vir Krejcir se arrestasie is.

Mashiane het gesê Krejcir kan maklik vlug en “nadat hy weg is, is hy weg en ons saak teen hom ook”.

Die borgtogaansoek deur die Tsjeggiese voortvlugtige, Radovan Krejcir, ern sy medebeskuldigdes is in die landdroshof op Palm Ridge aan die Oos-Rand tot Vrydag uitgestel.

Vyf damme om Ermelo breek weens reën

ermelodamVyf damme om Ermelo en omliggende gebiede in Mpumalanga het meegegee na aanhoudende swaar reën.

Meer as 100 millimeter reën het sedert die naweek in die provinsie uitgesak.

Van die boere is in hulle skik met die reën terwyl ander bekommerd is oor die beskadigde damme.

Die R-39 van Morgenzon suid van Ermelo na Standerton en die R-35 tussne Bethal en Middelburg is intussen steeds gesluit weens oorstromings.

Die Departement van Veiligheid, Sekuriteit en Skakeling in die provinsie het motoriste aangeraai om van alternatiewe roetes gebruik te maak. – RSG

Gru-ongeluk eis drie op Sir Lowryspas

ER2Drie passasiers is dood en drie beseer toe drie motors Woensdag naby Gordonsbaai op Sir Lowryspas in die Wes-Kaap in ‘n botsing betrokke was.

Twee volwassenes en ʼn kind is op die toneel dood verklaar. Een van die passasiers het kritieke beserings opgedoen en moes per helikopter na ʼn hospitaal geneem word.

“Een van die voertuie wou ʼn ander verbysteek en het toe ʼn derde motor reg van voor getref, wat die een voertuig laat omslaan en bo-op ʼn ander laat beland het,” volgens Christo Venter, woordvoerder van ER24.

“Die ongeluk het op die N2 net voor die uitkykpunt plaasgevind.”

Twee ander het minder ernstige beserings opgedoen en is per ambulans na die Helderberg-hospitaal vervoer.

Wat van kostes wat verswyg word?

taxOns betaal reeds duur vir energie, medisyne, bankwese, en telekommunikasiedienste. Maar ‘n bietjie navorsing toon dat ons veel meer betaal op ‘n verskeidenheid maniere waarop ons sakevriendelike hoofstroommedia nie sal praat nie.

1. Farmaseutiese maatskappye: Die bedryf gaan baie verder as winste, met die werklike privatisering van ons liggame. Een vyfde van die menslike genoom is in privaatbesit deur patente.

Variante van griep en hepatitis is reeds opgeëis deur korporatiewe en universiteitslaboratoriums, wat navorsers verhoed om gepatenteerde lewensvorme te gebruik om kankernavorsing te doen.

Nou moet belastingbetalers dubbel opdok sodat regerings groot aankope doen soos vir anti-retrovirale medisyne.

2 . Oliemaatskappye: Hoe het die groot oliemaatskappye vergoed vir hul besoedeling en die agteruitgang van die omgewing en vergiftiging van waterbronne?

Exxon en Chevron betaal byna geen belasting aan hul regering nie, soos die meeste ander privaat oliemaatskappye wat van belastingontduiking ‘n kuns gemaak het.

3 . Telekommunikasie: Ons betaal vir hulle om te spioeneer op ons en gratis data in te samel, behalwe dat ons heeltemal te duur vir data en kommunikasie betaal. Data beteken geld, inkomste, waartoe ons nie toegang het nie, en ook geen beheer nie.

4 . Banke: Astronomiese bankfooie. Daar is kompetisie op die horison, maar dit gaan maar stadig. Die vier Groot banke in Suid-Afrika is al uitgevang dat hulle saamspan teen kliënte.

5 . Myne: Inkomste Hier Winste Oorsee.

Heckie van Tonder

Vavi: SAKP deel van ‘oligarge wat sal moor’

classwarDie ANC verdeel die werkersklas, volgens Cosatu se geskorsde sekretaris-generaal, Zwelinzima Vavi, het The Star Woensdag berig.

“Dit is duidelik dat die post-apartheid-staat ‘n kapitalistiese staat is,” het Vavi glo Dinsdag gesê.

“Is dit nie die tyd om … ‘n beweging vir sosialisme, ‘n breë anti-kapitalistiese front te bou nie?”

Vavi het ook na bewering Numsa se bewerings ondersteun dat hulle geteiken word om politieke redes .

“Die korrupte en selfsugtige oligarge sal ons altyd sien as ‘n irritasie en sal nie huiwer om rampokkers te huur om ons te vermoor nie,” het hy gesê.

Oor die naweek, het die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party ( SAKP ) se sekretaris-generaal Blade Nzimande glo gevra vir leefstyl-oudits oor Numsa se ​​hoofsekretaris Irvin Jim en sy adjunk Karl Cloete .

Numsa het op sy beurt vir leefstyl-oudits op die lede van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, waaronder Nzimande, gevra.

Hulle beskuldig Nzimande en sy adjunk Jeremy Cronin dat hulle die SAKP in ‘n “magtelose” en “hol monopolie-kapitaal front” verander het.