Julius Malema, Juju, se EFF-ondersteuners (Economic Freedom Fighters) het in hul getalle opgedaag om die bekendstelling van die party by Marikana-koppie Sondag te vier.
Daar was meer as 5 000 mense wat anti-Zuma liedjies gesing het, baniere van die onderskeie liggings rondgeswaai het soos Johannesburg se Alexandra, Bophelong in die Noord-Wes en Kathlehong aan die Oos-Rand.
Soortgelyke liedjies het luid uit die taxi’s weerklink. Ondersteuners het ook opgedaag in meer as 50 busse.
Die EFF-leier het by die Nkaneng-lokasie in Marikana vir die amptelike bekendstelling ingery met ‘n brullende motorfietskavalkade.
Die skare het beserk geraak en begin gil “Juju, Juju” toe die agt motorfietsenjins se toere opgejaag is. Na die lawaai het Malema sy sitplek langs die United Democratic Movement se leier en goeie vriend van Roelf Meyer, Bantu Holomisa, ingeneem.
Pastoor Ralekgolela het die formele program met ‘n gebed geopen en die skare het weer luidrugtig ge-Juju.
“Vandag is ons hier om die geboorte van ‘n nuwe baba te vier, ‘n baba waarop ons kan trots wees. Dit is ‘n teken dat Suid- Afrika ‘n demokratiese land is.”
Hy het gesê die duisende deelnemers teenwoordig het getoon dat hulle bekommerd is oor die toekoms van die land en sy ekonomie. DielandvanSuid-Afrika behoort aandiegrondloses,het Malema hulle belowe.
“Dit is jougrond.Jy(diegrondlose)hoef nie tebetaal vir die grond nie.Dit is reedsbetaal deurdie sweet van jouvaders,” het hy gesêby die bekendstellinginMarikana.
Hy het gesê datwit Suid-Afrikanersnog steedsweier omdiegrond teoorhandig wat hulle “gesteel” het.
“Tot vandag toeis hulle(blankes)nie skaam oor die doodmaakvan ons mense nie.Hulle wil dat onskniel voorhulle.
“Ons isnie van planom dit te doen nie.Ons isnie van plan omte bedelvir diegrond nie.Gee terug diegrond.“
Juju het gesê as die ryk wittes metdie swart armesdeel sal daar geenmisdaadwees nie.
“As jydeel metdie armessal daar geenbehoefte wees om hoë murete bouomjouhuis nie.“
Malema het mynwerkers gehelp met die verskaffing van vervoer na die begrafnisse van hulle kollegas wat geskiet is tydens die oproer in Marikana.
Talle vlugte is Sondag op die OR Tambo-lughawe in Johannesburg vertraag weens kabeldiefstal.
“Ons het nie ‘n tekort aan brandstof nie,” het Unathi Batyashe-Fillis, woordvoerder vir Airports Company SA (Acsa), gesê. “Ons het drie kragkabels wat erg beskadig is wat ons verhoed het om brandstof in te gooi in vliegtuie by die lughawe.”
Volgens Batyashe-Fillis is die kragtoevoer onderbreek toe die kragkabels beskadig is in ‘n roofpoging.
Die polisie ondersoek die saak en tegnici van die lughawe werk reeds sedert Sondagoggend 11:00 om krag na die kabels te herstel. “Sodra dit afgehandel is kan ons weer so gou as moontlik met bedrywighede voortgaan.”
“Alle bedrywighede het egter nie tot ‘n stilstand gekom nie. Vlugte vertrek steeds, maar talle is steeds op die grond en word vertraag. Van die vliegtuie kan brandstof kry, maar dit neem baie lank,” het Batyashe-Fillis bygevoeg.
Sodra die kabels vervang is en die kragtoevoer weer aangeskakel is, kan die vlugte voortgaan. “Vlugte wat voor in die ry staan sal eerste opstyg, soos die Lugverkeer en Navigasiedienste (ATNS) bepaal.” – Sapa
Die plaaswerkersorganisasie, die Freedom Trust, sê hy gaan vandag nog drie vermeende slagoffers aan die media bekendstel wat op plase in die Wes-Kaap mishandel is, het RSG berig.
Die organisasie sê hy wil ook lig werp op die omstredenheid rondom die aanrandingsaak van Flippie Engelbrecht in aanloop tot die 2014 verkiesings.
Die saak word vanoggend in die streekhof op Worcester voortgesit wanneer ‘n verhoordatum vasgestel sal word.
Die staat is ook van plan om nog aanklagte teen die beskuldigde te lê. Wilhelm Treurnicht staan alleen tereg nadat ‘n medebeskuldigde, die 62-jarige Johny Burger, verlede maand sy eie lewe geneem het.
Die saak spruit uit ‘n voorval in 2008 toe Treurnicht en Burger na bewering vir Engelbrecht aangerand het toe hy 15 was.
Drie lede van die Gautengse verkeerspolisie se hoëspoed-eenheid is oor die naweek naby die Randfontein-afrit op die N1-suid aangeval, het Beeld berig.
Hulle was besig om die N1 te patrolleer vir spoedvrate en het na bewering net ná 04:00 onder ’n brug op die hoofweg stilgehou om moontlike oortreders dop te hou.
’n Geraas in die bosse wat die wetstoepassers gerhoor het, was die enigste waarskuwing voor hulle oorval is.
Een van die verkeerslede is geskiet waarna hy uit die voertuig gepluk is en sy vuurwapen gesteel is.
Die aanvallers het hom nog ses keer geskiet. Toe die bestuurder van die voertuig op die rowers begin skiet, het hulle op die vlug geslaan.
Die verkeersbeampte wat geskiet is, is in ’n kritieke, maar stabiele toestand in die Emfuleni Mediclinic se hoësorg-eenheid.
Busaphi Nxumalo, woordvoerder van die Gautengse verkeerspolisie, het die voorval bevestig.
Voedselsekerheid in Suid-Afrika kan moontlik ‘n knou kry nadat Amerikaanse beleggers besluit het om Afgri vir R2,4 miljard uit te koop.
Die Amerikaners het glo ’n swart landbou-organisasie uit die transaksie gedruk en ’n nuwe SEB-konsortium uit Limpopo betrek.
AgriGroupe van die VSA gaan Afgri se aandeelhouers R7 per aandeel betaal, ten spyte daarvan dat die aandeelprys op R4,70 gestaan het voordat die transaksie aangekondig is.
’n Staatsagentskap kan egter steeds ’n teenaanbod doen. Indien die Amerikaners slaag, sal die mees strategiese infrastruktuur die land verlaat.
Die name van die partye kan nie bekend gemaak word totdat daar aan sekere vereistes voldoen is nie. Dit sal waarskynlik aanstaande week gebeur.
Afgri se bestuur het benadruk dat hulle daartoe verbind bly om voedselsekerheid in Suid-Afrika en Afrika te verseker en die regering se doelwitte met die bemagtiging van kleinboere steun.
Tedros Adhanom steur hom nie aan menseregtegroepe nie
Die Afrika-unie het bewerings verwerp dat sy versoek om ‘n tersydestelling van die verhoor van die Keniaanse president en sy adjunk, ‘n kultuur van menseregte-vergrype sal bevorder.
President Uhuru Kenyatta en William Rutto is in die Strafhof aangekla dat hulle die baasbreine was agter die geweld wat na die verkiesing in 2007 uitgebreek het en waarin meer as duisend mense dood en 600 000 ontwortel is.
Die Ethiopiese Minister van Buitelandse Sake, Tedros Adhanom sê hulle is ongeërg deur die kritiek van menseregtegroepe.
Hy sê geen druk van buite is nodig om hulle aan te moedig om strafloosheid uit te wis nie, aangesien al die Afrika-lande daaraan glo.
Die Afrika-Unie leiers het intussen President Kenyatta aangeraai om nie sy verhoor by te woon nie, indien die Internasionale Strafhof die versoek dat dit laat vaar word, van die hand wys. – RSG
Grondhervorming, werkloosheid, armoede , misdaad en toegang tot hoër onderwys was ‘n paar van die kwessies wat die ANC wil aan te spreek in sy 2014-verkiesingsmanifes.
Die party wat ‘n verkiesingsmanifesforum by die Durbanse Stadsaal gehou, wat deur die adjunk-sekretarisgeneraal, Jesse Duarte toegespreek is.
Duarte het ‘n beroep op grondeisers gedoen om nie die keuse uit te oefen om finansiële vergoeding te ontvang wanneer grondeise slaag nie.
Sy sê dit is ‘n groot uitdaging vir die regering omdat die meeste eisers tot dusver verkies het om die geld te kry eerder as om die grond terug te kry.
Duarte sê hulle het probleme by die Landbank om aan te spreek, omdat dit duur is vir boere geword om saad en implemente te kry. Met die heropening van die grondherstelproses, sê Duarte eisers word tans aangemoedig om nie geld te vra nie, maar eerder grond.
Alhoewel die regering hulp in die vorm van lenings beskikbaar gemaak het om nuwe boere te help om vaardighede te ontwikkel, is dit duur. Sy het nie aan die gehoor gesê dat die meeste swart boere ‘n groot mislukking maak van hul boerderye nie.
Die party wil met sy raadplegende proses interaksie met gemeenskappe regoor die land bevorder om hul insette oor die manifes in te samel asook die geleentheid benut om diensleweringsgriewe te hoor.
Honderde mense van ANC-takke en die burgerlike organisasies is genooi om hul stemme te laat hoor. Maar die byeenkoms het gou in ‘n platform ontaard waar mense kritiek teen die ANC gelewer het.
Duarte het egter gesê die forums is van onskatbare waarde vir die party.
Toegang tot hoër onderwys en werkskepping is van die kwessies wat voorrang geniet.
Duarte het ook sommige van die prestasies van die ANC oor die afgelope 19 jaar beklemtoon. Sy het die party se verbintenis tot grondhervorming en landelike ontwikkeling benadruk. Duarte sê die regering het hulp beskikbaar gemaak in die vorm van lenings aan boere om hulle te help om saad en implemente kry . Duarte sê gesprekke is aan die gang oor die voorgestelde jeugaansporingskema vir werkskepping. Die skema het ten doel om werkgewers aan te moedig om aan jong mense werksondervinding te gee.
Die reeks vergaderings sal na verwagting hierdie maand afgehandel word.
Glen Dell, kampioen kunsvlieënier, is Saterdag laatmiddag in die Sunninghill-hospitaal in Sandton oorlede.
Sy Red Bull Extra-vliegtuig het vroeër by die Secunda-lugskou neergestort.
Dell was die eerste Suid-Afrikaner om die Advanced World Aerobatic Championship in 2004 te wen.
Hy het baie ernstige brandwonde opgedoen toe sy vliegtuig se warm enjin volgens omstanders skynbaar die gras aan die brand gesteek het nadat dit geval het. Die vliegtuig het daarna aan die brand geslaan en Dell is erg verbrand.
Ondersteuners en lede van Julius Malema se politieke party, die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), sal Sondag op Marikana in die Noordwes bymekaarkom.
Die EFF word amptelik daar bekendgestel.
Die bekendstelling sal op die koppie gehou word waar die polisie verlede jaar 34 mense, meestel stakende mynwerkers, doodgeskiet het.
Agt beeste is vir die seremonie geslag. Noordwes-polisiewoordvoerder, Thulani Ngubane het mense wat die geleentheid bywoon gewaarsku om nie wapens te bring nie. – Sapa
Die onlangse “bitsige” korrespondensie van sekere rolspelers in sake die belang van selfbeskikking in die internasionale reg en betekenis daarvan vir Afrikaner selfbeskikking, noop my om die pen op te neem.
Die beledigings wat my toegesnou is, het my weer onder die indruk gebring dat ons (die Afrikaners) nie ons selfbeskikking moet probeer regverdig op oppervlakkige (lees: onwetenskaplike) interpretasies van die internasionale regsposisie nie.
Die reaksie deur een of twee mense was verbasend venynig en onbroederlik.
My standpunt was dat die “people’s”-begrip nie as kultuurgemeenskappe vertaal moet word nie, maar eerder as nasies (die polities-staatkundige begrip).
Intussen het ek met drie staatsregsgeleerdes gesprek gevoer. Die drie stem saam, maar omdat ek skriftelike terugvoer van prof. Marinus Wiechers gekry het, gee ek graag sy standpunt weer.
Intussen het Paul Kruger in rustige korrespondensie daarop gewys dat raadgewende uitspraak van die Internasionale Hof betreffende Kosovo wel ‘n president geskep het, wat die selfbeskikkingsbegrip breër sanksie gee.
Hier was my argument dat ons onself mislei deur die “people’s”-begrip as volk/kultuurgemeenskap in die Afrikaans oor te sit en dat nasie (die staatkundige begrip) korrek is.
Verder was my argument dat selfbeskikking in die internasionale regsdokumente verwys na die reg van nasies om uit koloniale kontekste uit te tree en hulle soewereiniteit te vestig.
Hieroor skryf Wiechers soos volg:
“Selfbeskikking in die internasionale reg moet — soos Landman tereg aanwys — teen die dekolonisasie tendense en ontwikkeling beoordeel word. Hierdie aandrang op selfbeskikking van ‘peoples’ het impetus na die Eerste Wêreldoorlog verkry en word daar stukrag agter die dekolonisasie van voorheen afhanklike gebiede gegee.”
Internasionale selfbeskikkingsreg afgeweeg teen nasionale grondwette
Hieroor het ek beweer dat die SA-grondwet territoriale selfbeskikking bemoeilik. Daar is tans beterweters wat argumenteer dat “’n volk se reg op selfbeskikking nie onderhewig is aan die RSA of enige ander staat se Grondwet nie”.
Hieroor skryf Wiechers soos volg:
“Die internasionale reg sanksioneer ‘n grondwet van die hele land, algemene burgerskap en selfbeskikking van die bevolking as geheel. Hierdie sterk beginsel is ‘n direkte uitvloeisel van die opkoms van die nasionale staat en vorm trouens die grondslag van state-erkenning in die internasionale reg.”
In die geval van die RSA-grondwet lees die grondleggende beginsel van die grondwet in die Aanhef dat die RSA aan al sy inwoners behoort. In artikel 2 word die RSA as een grondgebied getipeer en op ‘n ander plek as ‘n land met een burgerskap vir almal. In a.235 word die reg op selfbeskiiking van ‘n taal-, godsdiens-, en kultuurgemeenskap onderhewig gemaak aan die reg van die RSA-bevolking in die geheel.
Kosovo as presedent?
In ‘n netjiese brief het Paul Kruger tot die gesprek toegetreë met die argument dat die raadgewende uitspraak betreffende Kosovo van die Internasionale Hof alles verander het en ‘n presedent vir sesessie skep. Alhoewel ‘n raadgewende uitspraak van die Internasionale Hof nie ‘n beslissende uitspraak [legal case adjudicate] is nie, is die VN daardeur nogtans van advies bedien oor die grondwetlikheid van die Kosovo-sesessie. Die Internasionale Hof word in hoofstuk VI van die statute met gesag bekleë om regsadvies aan die VN of sy organisasies te gee.
Hieroor skryf Wiechers dat dit onseker is of die Kosovo-advies ‘n presedent skep. Die US State Department het op 19 Februarie 2008 verklaar dat “every territorial conflict unique” is en dat die Kosovo-advies nie deur ander separatistiese groepe gevolg kan word nie. Die VN se sekretaris-generaal Ban Ki-Moon het verklaar dat die Kosovo-geval “highly distinctive” is.
Aan die anderkant van die munt het separatistiese bewegings, soos die Parti Quebecois van Kanada, onder meer voorbeelde, onmiddelik Kosovo aangegryp as sou dit sesessie kondoneer.
Die vraag is nou wat Kosovo uniek maak: Kosovo was vroeër ‘n deelstaat van Jugoslawië met sy eie wetgewer, administrasie, regsinstellinge en selfs met ‘n vetoreg in die Federale Parlement van Jugoslawië. Die Serbiër, Milosevic, het gepoog om met die interne soewereiniteit van deelstate soos Kosovo, Kroasië, Slovenië, Bosnia en Herzegovina weg te doen. Dit het ‘n oorlog ontketen en vandag is hierdie eens Jugoslawiese deelstate vry en onafhanklik.
In kort: om die Kosovo-uitspraak nolens volens op die selfbeskikkingsreg van Afrikaners van toepassing te maak, is juridies gewaagd. Alvorens die Afrikaners nie ‘n deelstaat beset met ‘n eie administrasie en wetgewer nie, kan ons nie op die Kosovo-uitspraak steun nie.
Ek wil dit daarom duidelik stel dat ek ten gunste van ‘n Volkstaat en selfbeskikking is, maar waarsku dat regsargumente wat op valse gronde gebaseer is, tot mislukkig gedoem is.