Glen Dell, kampioen kunsvlieënier, is Saterdag laatmiddag in die Sunninghill-hospitaal in Sandton oorlede.
Sy Red Bull Extra-vliegtuig het vroeër by die Secunda-lugskou neergestort.
Dell was die eerste Suid-Afrikaner om die Advanced World Aerobatic Championship in 2004 te wen.
Hy het baie ernstige brandwonde opgedoen toe sy vliegtuig se warm enjin volgens omstanders skynbaar die gras aan die brand gesteek het nadat dit geval het. Die vliegtuig het daarna aan die brand geslaan en Dell is erg verbrand.
