
Ondersteuners en lede van Julius Malema se politieke party, die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), sal Sondag op Marikana in die Noordwes bymekaarkom.
Die EFF word amptelik daar bekendgestel.
Die bekendstelling sal op die koppie gehou word waar die polisie verlede jaar 34 mense, meestel stakende mynwerkers, doodgeskiet het.
Agt beeste is vir die seremonie geslag. Noordwes-polisiewoordvoerder, Thulani Ngubane het mense wat die geleentheid bywoon gewaarsku om nie wapens te bring nie. – Sapa

Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.