Calvinisme oorsaak van Afrikanerfatalisme

Ek stem volkom met Wolvaardt saam op die punt dat Afrikaners hulself in ‘n gat gepraat het. Ons het ‘n fatalistiese houding ingeneem oor ons kultuur en taal. Ons glo VAS dat dit gaan verdwyn en nog meer, ons glo VAS dat ons niks daaromtrent gedoen kan kry nie.

Hierdie fatalisme kan ‘n mens terugvoer na die euwel van Calvinisme met die uitverkiesingsleer waarmee ons as kinders geindoktrineer is. Ons is vertel dat alles uitwerk soos God wil hê en jy as individu kan niks daaraan verander nie – selfs nie jou eie salighed as individu kan jy oor besluit nie. So, die enigste strategie is om maar oor te gee.

Ek dink ons moet nou onself begin vertel wat ons alles KAN doen om die posisie van die Afrikaner te verbeter en om die golf van Afrikanerhaat teen te staan. Daar is baie om te doen. Wat ons net sal moet besef is dat as ons nie bereid gaan wees om te betoog, klippe te gooi en ander vorme van openbare ongehoorsaamhed en verset te beoefen nie, ons nie ver gaan kom nie.

Ons leef in ‘n Afrikaland en ons kan nie die hoë, demokratiese diskoerse verwag wat in Westerse lande gevoer word nie. Hier ter lande is geweld die koning. As jy iets wil hê, soos wat die duisende betogers in die strate al bewys het, sal jy in opstand moet kom.

Daar is te lank geploeter in ons eie defaitisme en ons moet nou oorgaan tot aksie. Koms ons bespreek ‘n lys van dinge wat ons kan doen om ons lot ter verbeter. Ek sal voorstel dat ons almal bymekaar kom en so ‘n lys opstel. Dit moet dan die program wees waarvolgens ons kan optree.

www euro comФильчаков прокурор харькова

Taalpessimisme maak mense moedeloos, pendule sal weer swaai

Ek dag ek gooi maar net my mening in. Die taaldebat heers nou weer op Praag en ek kan myself met beide kante vereenselwig, die vrees dat Afrikaans geheel en al sal verdwyn en die wete dat dit tog sal voortbestaan.

Die vrees dat Afrikaans totaal verdwyn, word oorspeel en ek dink ook nie dit het veel waarde nie; dit maak mense net depressief… en die afkraak- en negatiefmaakargument werk nie vir Afrikaners nie. Dit maak hulle negatief en lus om die land te verlaat. Die HNP en KP kwyn nou al vir jare met hulle negatiewe houdings. 'n Positiewe benadering werk beter. Dis beter om vir mense te sê dat ons moet werk daaraan om die pendule vroeg om te draai. Die houding by mense is dan anders; hulle weet dit gaan verander; hulle wil hê dit moet vroeër gebeur; dit maak hulle vol selfvertroue oor hulle argumente en dit maak ander mense meer vatbaar daarvoor.

Afrikaans het baie boeke, skole, tydskrifte en koerante, webwerwe, radiostasies en selfs 'n TV-kanaal. Afrikaans het nie in die Kaap onder Britse beheer uitgesterf nie en dit gaan ook nie onder die Afro-saksers uitsterf nie. Wat wel gaan gebeur is dat ons baie woorde gaan verloor en baie Engelse woorde gaan erf, nie veel anders as wat met die Frans/Hollands-kombinasie aan die Kaap gebeur het nie (behalwe dalk met meer woorde).

Wat belangrik is, is dat ons vir Afrikaners moet benadruk dat dit wel gaan verander, dalk nie nou nie, maar later. Dat dit groot siklusse is waaroor hulle min beheer het en dat dit kom of hulle dit nou wil hê of nie. Dit skep 'n soort afwagting by die een kant en 'n vrees dat hulle onbelangrik en in die moeilikheid gaan wees by die ander kant. Niks soos die vrees vir die onafwendbare om joernaliste geleidelik oor jare heen te swaai nie (soos wat ná die einde van apartheid gebeur het). Eiebelang en werk of geldlike sekuriteit troef vir 95-99% van mense alles.

Dan is dit nou maar eenmaal so dat hierdie goed in siklusse loop. Tans is ons besig om nog te na die lamsakkige geslag (dis nou die skuldig voelende, arme wonderlike swartmense, kom ons praat Engels om almal in ag te neem-groep) oor te slaan, soos wat hulle ouer word en meer invloed verkry. Dit beteken nie dat dit die einde is nie; dit beteken maar net dat ons vir nog 'n ruk moet wag vir die pendule om terug te kom (na my mening het hy reeds in seker opsigte gedraai). Soos die taal nou kwyn, sal hy weer opbloei as ons weer selfregering verkry (soos tydens die vorige taalomwentelings). In baie opsigte het Afrikaans reeds verbeter; daar is baie musiek en kuns wat gepleeg word, baie jongmense wat na Afrikaanse rockgroepe luister, ens.

Ons gaan intussen woorde verloor, maar ons is 'n te groot groep vir die taal om uit te sterf. Ná baie Jode in die 1940s omgekom het, is daar meer van hulle as ooit. Onderdrukking is seker die beste ding vir groei, soos die kunsmatige aanmoediging deur die ou NP die slegste ding daarvoor was. Ek dink ons sal 'n vorm van selfregering binne 15 jaar vekry. Ja, dis lank, maar dis lank want 'n nuwe "nie-skuldige geslag" moet eers grootword en meer mag begin bekom (hier, asook in Europa en die VSA).

Die mode in Europa is om vir minderhede kultuurregte te gee. Ons moet oor die volgende 5 jaar die idee propageer. Ons moenie vir mense vertel dat hulle dit wil hê nie, ons moet hulle vertel dat dit die nuwe wêreldmode is, dat dit vroeër of later gaan gebeur omdat Europa en die VSA dit van lande gaan vereis, net soos hulle tans "demokrasie" vereis.

Dit moet ook duidelik gemaak word dat dit goeie wêreldklasskole (nie Afrikaanse skole nie, maar wêreldklasskiole; hulle gaan toevallig Afrikaans wees) sal beteken en beter veiligheidsdienste. Dit moet ook gepropageer word dat dit nie die voorloper vir afstigting is nie, maar 'n poging om mense beter te integreer (soos in Europa). Die heel belangrikste is dat dit gaan gebeur, vroeër of later; dis onkeerbaar.

насосная станция пожаротушенияОлександр Васильович Фільчаков

Pleidooi aan die Boere-Afrikaner

Met die lees van gister se Rapport besef ek weereens net hoe sterk die aanslag teen ons is. Nog nooit in ons volk se geskiedenis was ons in sulke groot gevaar soos nou nie. Tyderns die goudoorlog het ons ten minste geweet wie die vyand is en waar ons heil lê. Vandag het ons vergeet wie die vyand is en waar ons verlossing vandaan kom. Kan ons oorleef?

Dit is die vraag wat ons moet beantwoord. Iemand waarvoor ek baie respek het, het eendag vir my gesê om die oplossings van vandag se probleme te vind, moet ons na die verlede kyk. Ons voorsate het na die suidpunt van Afrika gekom om die Katolieke vervolging vry te spring. Hulle het vir geloofsvryheid gekom. Die gevolge van die Groot Trek is so relevant vandag soos toe. Vryheid was die kernslagspreuk. Dít is wat ons saamgesnoer het as 'n volk bestaande uit 'n klomp verskillende nasies, dít is wat ons een gemaak het. Dit is die gom wat ons by Vegkop, Bloedrivier en Majuba geplak het en is seker die mooiste woord in Afrikaans: VRYHEID.

Wat was die wenresep? Getrouheid aan ons Skepper en getrouheid aan mekaar en ons vryheidsideaal; dít is wat ons laat wen het.

Hierna het ons vyand sy taktiek verander en Mammon onder ons ingestuur. Van ons mense het geswig en verpand hulle siele; in die proses word ons volk van binne gewen. Die 3-jarige oorlog, Rebellie van 1914 en die verset tydens die Tweede Wêreldoorlog was alles pogings van ons volk om sy vryheid te herwin. Daardie verset was suksesvol en tot vandag toe word ons daarvoor gehaat. Ná onafhanklikheid was daar 'n vlietende oomblik van lig vir ons as volk maar met die dood van dr. Verwoerd was ons op 'n afdraandepad wat sy topspoed met die oorgawe van 1994 bereik het.

Kan ons oorleef? Ons mag nie eens in sulke terme dink nie; ons móét oorleef. Hoe gaan ons dit regkry? Ons moet terugkeer na die kernbeginsels wat ons voorsate 'n volk gemaak het. Nommer een: ons moet terugkeer na ons Skepper wat ons gemaak het en wat ons hier gewil het en Hom elke oomblik volg. In die tweede instansie moet ons weer getrou aan mekaar wees en nommer drie moet ons strewe na ons vryheidsideaal. Want alleenlik deur vry te wees, kan ons onsself wees.

Dit begin by my en jou, om verby al ons verskille te kyk en na Paulus se woorde te luister wat sê ons moenie struikelblokke vir mekaar wees nie. Wees getrou aan die verlede, dan is die toekoms verseker.

games onlineЛобановский Харьков

Swart media sukkel in die VSA

Hoofstroomediapublikasies sukkel in die huidige ekonomiese klimaat om advertensie-inkomste te trek, maar by swart tydskrifte in die VSA lyk die prentjie veral droewig.

Twee van die oudste swart publikasies 'Ebony' en 'Jet' smeek hulle intekenare deesdae om nie te kanselleer nie en die eienaar Johnson Publications moes intussen hulle historiese kantoorgebou in Chicago verpand.

Uitsaaiers vir 'n swart gehoor het om staatshulp gevra om te kan bly oorleef en in Massachusetts moes die swart koerant “The Bay State Banner” sluit totdat hulle oorbruggingskapitaal ontvang het van die stad Boston.

Die koerant het die grootste rasherrie van die jaar, die arrestasie van Harvard professor Henry Louis Gates Jr., in die proses misgeloop en baie lesers en dus advertensie-inkomste so ingeboet.

Die rede sê Kai Wright van die TheRoot.com, 'n werf wat op swart politiek en kultuur fokus en deur die “Washington Post.” geborg word, is dat adverteerders geskuif het na Latyns-Ameriaanse verbruikers.

Die jong swarte identifiseer ook nie meer met die ouer swart publikasies soos 'Ebony' en 'Jet' nie.

Christopher Smith, 'n professor in kommunikasie by die universiteit van Suid-Kalifornië sê swart klasseverskille asook generasieverskille veroorsaak dat swart publikasies ondergaan.

детская одежда для новорожденных мальчиковалександр лобановский харьков класс

Arabiere koop glo landbougrond in Israel

'n Israeli radiostasie het Saterdag berig dat groot stukke landbougrond in die noorde van Israel, in Galilea, deur Arabiere opgekoop word wat met geld uit die Golfstate ondersteun word.

Dosyne hektaar is reeds opgekoop en 'n plaaslike landbou-organisasie het Israelse amptenare glo tevergeefs gewaarsku oor die kopers.

Die radiostasie beweer landbouminister Shalom Simhon het gesê die grondtransaksies is nie sy besigheid nie aangesien dit "grond in privaatbesit behels".

Galilea en die Negevwoestyn in die die suide is nie so dig bevolk nie en daar is spesiaal 'n minister, Sylvan Shalom, aangewys om ontwikkeling daar te behartig.

Die grootste aantal Arabiere in Israel, 'n bevolking van ongeveer 1,4 miljoen mense, woon in Galilea.

Die Israelse parlement het op 3 Augustus 'n kontroversiële grondhervormingswet ingestem wat plaaslike amptenare in staat stel om openbare grond te privatiseer. Die Arabiese minderheid is ontevrede oor die nuwe wet.

Die wet, wat die ondersteuning van die konserwatiewe Benjamin Netanyahu geniet, sal pogings deur Palestyne om vergoeding van die Israelse owerhede te eis omdat hulle in 1948 met die totstandkoming van Israel uitgedryf is, tot niet maak.

Die nuwe wet stel plaaslike munisipale amptenare in staat om grond in stadsgebiede te verkoop en behou 'n verbod op die verkoop van grond aan nie-Jode of grond wat aan die Keren Kayemet LeIsrael Joodse agentskap behoort.

купить детский рюкзак для девочкилобановский александр биография

‘Mynmaatskappye het maatskaplike verantwoordelikheid’ – minister

Image

Susan Shabangu

Mynmaatskappye beskik oor 'n verantwoordelikheid om hul winste in die gemeenskappe waarin hulle bedrywig is, terug te ploeg, het die minister van minerale sake, Susan Shabangu, gesê.

"As ons 'n lisensie aan 'n mynmaatskappy uitreik om die rykdom van ons land te myn, moet so 'n maatskappy 'n maatskaplike en arbeidsplan voorlê," het die minister gister in 'n verklaring gesê.

"Hierdie planne vereis dat maatskappye in gemeenskappe waarin hulle bedrywig is, sal belê en hul omstandighede sal verbeter."

Die ministerie het die verklaring uitgereik nadat Shabangu Saterdag 'n oorhandigingseremonie van 'n preprimêre ontwikkelingsentrum aan die gemeenskap van KwaNzimakwe naby Port Edward bygewoon het.

Die sentrum word as 'n gemengde openbare-private vennootskap tussen regeringsdepartemente, 'n sementmaatskappy en die gebied se munisipaliteit bedryf word.

"Toekomstige geslagte myningenieurs en geoloë moet vanuit die voorheen benadeelde gemeenskappe kom.

"Dit is waarom ons vir demokrasie in Suid-Afrika geveg het, om kinders die kans te gee om dít te bereik waaroor hulle voorheen net kon droom," het sy gesê.

slot machines no download no registrationОлександр Васильович Фільчаков

Zuma se gewildheid groei

Dit blyk uit ’n peiling van Ipsos Markinor wat in April onder 3 340 mense gedoen is dat president Zuma die gewildste van alle huidige Suid-Afrikaanse politieke leiers is.

Dit lyk ook boonop of sy gewildheid toeneem.

Byna drie uit elke tien Suid-Afrikaners, of 28%, was heeltemal ten gunste van die huidige president. Toe hy in Desember 2007 as ANC-leier verkies is, het dié syfer op 17% gestaan.

Zuma het veral steun onder swartes en ANC-kiesers, maar onder DA-ondersteuners, baie min met slegs 1,8% wat hom voor sy inhuldiging gesteun het.

Onder vroue is nie president nie baie gewild nie.

Sowat ses uit elke tien ANC-ondersteuners meen die ANC handel in die belang van alle Suid-Afrikaners.

Kommer oor die bekostigbaarheid van basiese dienste is nietemin hoog. Sowat 57% het aangedui dat onderwys baie duur of te duur is, 61% voel behuising is buite bereik en 58% kla oor die koste van elektrisiteit.

паркет купить ценалобановский депутат

Britse minister verdedig terreur

David Miliband, Britse minister van buitelandse sake, het gesê apartheid is ’n voorbeeld van tye wanneer terreur wel geregverdig is. Hy het Vrydagaand op die BBC Radio 4-program Great Lives deelgeneem aan ’n bespreking oor die lewe van die ANC-aktivis, wyle Joe Slovo.

Slovo, Suid-Afrika se eerste minister van behuising, was ’n vriend van Miliband se Marxistiesgesinde vader Ralph.

Die Konserwatiewe Party en konserwatiewe media het met woede op sy uitlatings gereageer, omdat hulle meen sy woorde verleen steun aan die Taliban in Afganistan.’n Politieke ontleder in die Telegraph het Miliband se uitsprake ’n skande genoem.

"Die minister van buitelandse sake stuur ’n uiters gevaarlike, gemengde boodskap na Brittanje se vyande uit en gee hulle ’n yslike geleentheid vir propaganda," het die ontleder gesê.

Die dodetal onder Britse soldate in Afganistan die afgelope naweek tot 201 gestyg het.

Miliband is deur die aanbieder, Matthew Parris, gevra of terreur ooit geregverdig kan word. “Ja, daar is omstandighede wanneer dit geregverdig is, en ja, daar is omstandighede wanneer dit doeltreffend is,” het hy geantwoord.

“Op sy eie is terreur egter nie doeltreffend nie. Wat belangrik is vir my, is dat die Suid-Afrikaanse voorbeeld iets uitsonderlik bewys het: Dit het gelyk soos ’n regime wat vir ewig sou voortduur, en toe is dit weggeblaas. Dis moeilik om aan te voer dat ’n politieke stryd op sy eie dieselfde vrugte sou lewer.”

Miliband het Slovo beskryf as ’n held vir tienduisende Suid-Afrikaners. Slovo se dogter, Gillian, wat ook aan die bespreking deelgeneem het, het gesê die moderne gebruik van die woord “terroris” verskil van destyds.

“Die Arbeidersparty sou in daardie dae beslis nie die ANC beskryf het as terroriste nie – eerder guerrillastryders,” het sy gesê.

As haar pa ’n "terroris" is, het sy gesê, is die vorige Amerikaanse Bush-administrasie, wat “terreur vir politieke doeleindes gebruik het”, ook terroriste.

online casinotopcargo

Sakemense plaas hoop op Zuma se Angolabesoek

Pres. Jacob Zuma sal dié week ’n staatsbesoek aan Angola bring om beleggingsgeleenthede te ondersoek en bande tussen Pretoria en Luanda te verstewig.

Hy sal vergesel word van 'n sake-afvaardiging, die grootste nóg wat ’n president sedert 1994 op ’n staatsbesoek saamneem.

Angola is een van die ekonomieë wat tans die vinnigste groei in die wêreld. Danksy olie groei die land teen 'n koers van gemiddeld 20% vanaf 2006. Dit het nuwe geleenthede in konstruksie en mynbou meegebring.

Maar vanweë die uitgebreide korrupsie en nepotisme, voer Suid-Afrikaanse maatskappye wat reeds in Angola is, egter 'n opdraende stryd. Absa, Trans Hex en Super Group het reeds 'n bloutjie geloop.

Super Group moes die hulp van Interpol inroep in ’n poging om betalings te probeer kry van hooggeplaaste Angolese amptenare. Die maatskappy se skade beloop amper R200 miljoen.

Angola se president José Eduardo dos Santos, is sedert 1979 aan bewind en sy familie bestuur so te sê die telekommunikasiebedryf, vervoer, diamante en die banke.

Ten spyte van aankondigings wat gedoen is toe Absa 'n belang van 50% in die bankgroep BCA gekoop het, moes hulle ontdek dat die transaksie van $7,5 miljoen in 2005 nie ’n beherende belang verteenwoordig nie. Absa het weer in Junie besluit om hulle aandeel te verkoop.

Die diamantmaatskappy Trans Hex het in Mei uit Angola onttrek nadat hulle sedert 2006 meer as R460 miljoen moes afskryf. Buitelandse beleggers in Suid-Afrika se buurland moet 100% van die kapitaal voorsien indien hulle daar wil sake doen, maar mag nie meer as 40% van die myne besit nie.

Ander Suid-Afrikaanse maatskappye wat in Angola sake doen, is Shoprite, Afrox, SABMiller, Distell en Africon.

free 5 pound bet no depositлобановский харьков