Dosyne hektaar is reeds opgekoop en 'n plaaslike landbou-organisasie het Israelse amptenare glo tevergeefs gewaarsku oor die kopers.
Die radiostasie beweer landbouminister Shalom Simhon het gesê die grondtransaksies is nie sy besigheid nie aangesien dit "grond in privaatbesit behels".
Galilea en die Negevwoestyn in die die suide is nie so dig bevolk nie en daar is spesiaal 'n minister, Sylvan Shalom, aangewys om ontwikkeling daar te behartig.
Die grootste aantal Arabiere in Israel, 'n bevolking van ongeveer 1,4 miljoen mense, woon in Galilea.
Die Israelse parlement het op 3 Augustus 'n kontroversiële grondhervormingswet ingestem wat plaaslike amptenare in staat stel om openbare grond te privatiseer. Die Arabiese minderheid is ontevrede oor die nuwe wet.
Die wet, wat die ondersteuning van die konserwatiewe Benjamin Netanyahu geniet, sal pogings deur Palestyne om vergoeding van die Israelse owerhede te eis omdat hulle in 1948 met die totstandkoming van Israel uitgedryf is, tot niet maak.
Die nuwe wet stel plaaslike munisipale amptenare in staat om grond in stadsgebiede te verkoop en behou 'n verbod op die verkoop van grond aan nie-Jode of grond wat aan die Keren Kayemet LeIsrael Joodse agentskap behoort.
