Swart media sukkel in die VSA

Hoofstroomediapublikasies sukkel in die huidige ekonomiese klimaat om advertensie-inkomste te trek, maar by swart tydskrifte in die VSA lyk die prentjie veral droewig.

Twee van die oudste swart publikasies 'Ebony' en 'Jet' smeek hulle intekenare deesdae om nie te kanselleer nie en die eienaar Johnson Publications moes intussen hulle historiese kantoorgebou in Chicago verpand.

Uitsaaiers vir 'n swart gehoor het om staatshulp gevra om te kan bly oorleef en in Massachusetts moes die swart koerant “The Bay State Banner” sluit totdat hulle oorbruggingskapitaal ontvang het van die stad Boston.

Die koerant het die grootste rasherrie van die jaar, die arrestasie van Harvard professor Henry Louis Gates Jr., in die proses misgeloop en baie lesers en dus advertensie-inkomste so ingeboet.

Die rede sê Kai Wright van die TheRoot.com, 'n werf wat op swart politiek en kultuur fokus en deur die “Washington Post.” geborg word, is dat adverteerders geskuif het na Latyns-Ameriaanse verbruikers.

Die jong swarte identifiseer ook nie meer met die ouer swart publikasies soos 'Ebony' en 'Jet' nie.

Christopher Smith, 'n professor in kommunikasie by die universiteit van Suid-Kalifornië sê swart klasseverskille asook generasieverskille veroorsaak dat swart publikasies ondergaan.

детская одежда для новорожденных мальчиковалександр лобановский харьков класс

Maak 'n opvolg-bydrae