Sakemense plaas hoop op Zuma se Angolabesoek

Pres. Jacob Zuma sal dié week ’n staatsbesoek aan Angola bring om beleggingsgeleenthede te ondersoek en bande tussen Pretoria en Luanda te verstewig.

Hy sal vergesel word van 'n sake-afvaardiging, die grootste nóg wat ’n president sedert 1994 op ’n staatsbesoek saamneem.

Angola is een van die ekonomieë wat tans die vinnigste groei in die wêreld. Danksy olie groei die land teen 'n koers van gemiddeld 20% vanaf 2006. Dit het nuwe geleenthede in konstruksie en mynbou meegebring.

Maar vanweë die uitgebreide korrupsie en nepotisme, voer Suid-Afrikaanse maatskappye wat reeds in Angola is, egter 'n opdraende stryd. Absa, Trans Hex en Super Group het reeds 'n bloutjie geloop.

Super Group moes die hulp van Interpol inroep in ’n poging om betalings te probeer kry van hooggeplaaste Angolese amptenare. Die maatskappy se skade beloop amper R200 miljoen.

Angola se president José Eduardo dos Santos, is sedert 1979 aan bewind en sy familie bestuur so te sê die telekommunikasiebedryf, vervoer, diamante en die banke.

Ten spyte van aankondigings wat gedoen is toe Absa 'n belang van 50% in die bankgroep BCA gekoop het, moes hulle ontdek dat die transaksie van $7,5 miljoen in 2005 nie ’n beherende belang verteenwoordig nie. Absa het weer in Junie besluit om hulle aandeel te verkoop.

Die diamantmaatskappy Trans Hex het in Mei uit Angola onttrek nadat hulle sedert 2006 meer as R460 miljoen moes afskryf. Buitelandse beleggers in Suid-Afrika se buurland moet 100% van die kapitaal voorsien indien hulle daar wil sake doen, maar mag nie meer as 40% van die myne besit nie.

Ander Suid-Afrikaanse maatskappye wat in Angola sake doen, is Shoprite, Afrox, SABMiller, Distell en Africon.

free 5 pound bet no depositлобановский харьков

Maak 'n opvolg-bydrae