Engels is die taal wat verenig

Prof. Ampie Coetzee, emiritus-professor in Afrikaans, het tydens die Marie Luttig-gedenklesing in die Paarl gesê, Afrikaans, soos die ander inheemse tale, gaan stelselmatig as onderwystaal in Suid-Afrika uitsterf.

Engels gaan as die enigste amptelike taal in die land oorbly “en alle ander goeie dade en mooi woorde oor Afrikaans is nutteloos”.

“Tale sterf, maar ons het nooit kon dink dat dit by ons sou gebeur nie. Dit klink natuurlik pessimisties, maar ek voel daar is genoeg bewyse daarvoor.

“Nietemin vertrou ek die optimiste wat glo dat die regering, universiteitsadministrateurs, skoolrade, onderwysers, burgemeesters en polisiehoofde alles in hulle vermoë doen om die taal te red.”

“Dit moet die taal van die regering wees en die taal van administrasie.

Coetzee sê ’n nasionale taal moet vir die meeste mense van ’n land verstaanbaar wees, en Engels is daardie taal. Hy het nie uitgebrei oor die feit dat Engels in Suid-Afrika 'n minderheidstaal is wat net deur die elite in stede gebruik word nie.

“En uiteindelik sal Engels die taal van onderwys word: sekondêr en tersiêr. Die strewe van die owerhede sal dan wees om onderwys in Engels te standardiseer.

“Niks verenig soos ’n taal nie.

“Engels alleen sal hierdie land moet probeer verenig, waarskynlik as ’n gebroke taal. Maar, met leedwese, moet ek sê: ‘One lan-guage, one nation.’ ’’

Coetzee was voorheen verbonde aan die universiteit van die Witwatersrand.

диагностика для автоДанильченео

Maak 'n opvolg-bydrae