Britse minister verdedig terreur

David Miliband, Britse minister van buitelandse sake, het gesê apartheid is ’n voorbeeld van tye wanneer terreur wel geregverdig is. Hy het Vrydagaand op die BBC Radio 4-program Great Lives deelgeneem aan ’n bespreking oor die lewe van die ANC-aktivis, wyle Joe Slovo.

Slovo, Suid-Afrika se eerste minister van behuising, was ’n vriend van Miliband se Marxistiesgesinde vader Ralph.

Die Konserwatiewe Party en konserwatiewe media het met woede op sy uitlatings gereageer, omdat hulle meen sy woorde verleen steun aan die Taliban in Afganistan.’n Politieke ontleder in die Telegraph het Miliband se uitsprake ’n skande genoem.

"Die minister van buitelandse sake stuur ’n uiters gevaarlike, gemengde boodskap na Brittanje se vyande uit en gee hulle ’n yslike geleentheid vir propaganda," het die ontleder gesê.

Die dodetal onder Britse soldate in Afganistan die afgelope naweek tot 201 gestyg het.

Miliband is deur die aanbieder, Matthew Parris, gevra of terreur ooit geregverdig kan word. “Ja, daar is omstandighede wanneer dit geregverdig is, en ja, daar is omstandighede wanneer dit doeltreffend is,” het hy geantwoord.

“Op sy eie is terreur egter nie doeltreffend nie. Wat belangrik is vir my, is dat die Suid-Afrikaanse voorbeeld iets uitsonderlik bewys het: Dit het gelyk soos ’n regime wat vir ewig sou voortduur, en toe is dit weggeblaas. Dis moeilik om aan te voer dat ’n politieke stryd op sy eie dieselfde vrugte sou lewer.”

Miliband het Slovo beskryf as ’n held vir tienduisende Suid-Afrikaners. Slovo se dogter, Gillian, wat ook aan die bespreking deelgeneem het, het gesê die moderne gebruik van die woord “terroris” verskil van destyds.

“Die Arbeidersparty sou in daardie dae beslis nie die ANC beskryf het as terroriste nie – eerder guerrillastryders,” het sy gesê.

As haar pa ’n "terroris" is, het sy gesê, is die vorige Amerikaanse Bush-administrasie, wat “terreur vir politieke doeleindes gebruik het”, ook terroriste.

online casinotopcargo

Maak 'n opvolg-bydrae