Calvinisme oorsaak van Afrikanerfatalisme

Ek stem volkom met Wolvaardt saam op die punt dat Afrikaners hulself in ‘n gat gepraat het. Ons het ‘n fatalistiese houding ingeneem oor ons kultuur en taal. Ons glo VAS dat dit gaan verdwyn en nog meer, ons glo VAS dat ons niks daaromtrent gedoen kan kry nie.

Hierdie fatalisme kan ‘n mens terugvoer na die euwel van Calvinisme met die uitverkiesingsleer waarmee ons as kinders geindoktrineer is. Ons is vertel dat alles uitwerk soos God wil hê en jy as individu kan niks daaraan verander nie – selfs nie jou eie salighed as individu kan jy oor besluit nie. So, die enigste strategie is om maar oor te gee.

Ek dink ons moet nou onself begin vertel wat ons alles KAN doen om die posisie van die Afrikaner te verbeter en om die golf van Afrikanerhaat teen te staan. Daar is baie om te doen. Wat ons net sal moet besef is dat as ons nie bereid gaan wees om te betoog, klippe te gooi en ander vorme van openbare ongehoorsaamhed en verset te beoefen nie, ons nie ver gaan kom nie.

Ons leef in ‘n Afrikaland en ons kan nie die hoë, demokratiese diskoerse verwag wat in Westerse lande gevoer word nie. Hier ter lande is geweld die koning. As jy iets wil hê, soos wat die duisende betogers in die strate al bewys het, sal jy in opstand moet kom.

Daar is te lank geploeter in ons eie defaitisme en ons moet nou oorgaan tot aksie. Koms ons bespreek ‘n lys van dinge wat ons kan doen om ons lot ter verbeter. Ek sal voorstel dat ons almal bymekaar kom en so ‘n lys opstel. Dit moet dan die program wees waarvolgens ons kan optree.

www euro comФильчаков прокурор харькова