Onlangs is aangekondig dat die bevrydingsteoloog, Nico Koopman, as waarnemende viserektor van die Universiteit Stellenbosch (US) aangestel is (US-webwerf 20 deser). Dit is omdat die topbestuur van die transformerende US nie uit ‘n blanke rektor en uitsluitlik wit mans as viserektore mag bestaan nie. Voorheen is ‘n bruin man en later ‘n blanke vrou as
Leon Lemmer: Universiteit Stellenbosch (Deel 1): ‘n Stryd tussen Boer en Bantoe?
My opskrif is na aanleiding van die titel van Christiaan de Wet se boek, Die stryd tussen Boer en Brit (1902). Nelson Mandela het beweer dat sy ANC-kamerade “almal” De Wet se boek gelees het, met die oog op die ANC se guerrilla-oorlogvoering teen die blanke bewind in Suid-Afrika (Niël Barnard, Geheime revolusie, Kaapstad: Tafelberg,
Lees verder: Leon Lemmer: Universiteit Stellenbosch (Deel 1): ‘n Stryd tussen Boer en Bantoe?
Clive-Derby Lewis kry mediese parool na 21 jaar in gevangenis
Mnr. Clive-Derby Lewis, ‘n vorige Suid-Afrikaanse parlementslid wat die Konserwatiewe Party verteenwoordig het, is vandag deur die Pretoriase Hooggeregshof meegedeel dat hy vir mediese parool kwalifiseer. Tot dusver het die ANC-bewind, asook verskeie ministers van korrektiewe dienste, volstrek geweier dat Derby-Lewis vrygelaat word, al is hy reeds in 2008 vir gewone parool en meer onlangs
Lees verder: Clive-Derby Lewis kry mediese parool na 21 jaar in gevangenis
ANC beplan groot aanlyn-ingryping
Die Rolprent- en Publikasieraad het bewerings verwerp dat sy konsepbeleid oor aanlynregulering internetgebruik in Suid-Afrika gaan sensureer. Die Raad sê die voorgestelde regulasies is slegs daarop gemik om te verseker dat kommersiële media nie onwettige materiaal wat pornografie, geweld en haatspraak bevat, publiseer of bevorder nie. Die Raad se bedryfshoof, Sipho Risiba het in Johannesburg
Airbus 330 verloor skielik onverklaarbaar krag
‘n Airbus A330-300 van Singapore Airlines met 180 passasiers en 12 bemanningslede aan boord het tydelik die krag van albei sy enjins verloor terwyl dit Saterdag op ‘n vlug van Singapoer na Sjanghai op ‘n hoogte van 39.000 voet deur ‘n storm gevlieg het. ‘n Woordvoerder van die lugdiens sê die vlieëniers het operasionale prosedures
Tenderhouer in Limpopo ontplof
Die Valke het die ondersoek na ‘n ontploffing by ‘n tenderhouer by die kantore van die Departement van Onderwys in Limpopo oorgeneem, het RSG berig. Die houer is opgeblaas kort voor die spertyd vir die indiening van tenderdokumente vir die Skoolvoedingsskema verstryk het. ‘n Woordvoerder van die Valke, Hangwani Mulaudzi, sê die ondersoek is nog
Onrus by Delareyville na taxi leerlinge raakry
Inwoners van die lokasie by Delareyville in Noordwes het Donderdag die hoofpad na die dorp met brandende buitebande en ander voorwerpe versper nadat ‘n taxibestuurder twee leerlinge raakgery het. Hulle beskuldig die taxi-bestuurder van nalatigheid en vra dat die owerheid streng moet optree teen die oortreder. Een kind verkeer glo in ‘n ernstige toestand. Die
Danny Jordaan stom oor FIFA-aantygings
Onthullings dat twee Suid-Afrikaners na bewering die sokkerliggaam FIFA met 120 miljoen rand omgekoop het sodat Suid-Afrika die Wêreldbeker sokkertoernooi in 2010 kon aanbied, het “Madiba-koors” waarskynlik vir goed laat verdamp. Die kantoor van die Amerikaanse prokureur-generaal sê die twee Suid-Afrikaners het FIFA amptenare omgekoop om stemme vir die 2010-bod te bekom. Dit blyk dat
ANC hoop om Nkandla dood te praat
‘n Veelparty adhoc-komitee in die Parlement sal op die been gebring word om die minister van Polisie se verslag oor Nkandla te bestudeer. ‘n Reusebedrag van die belastingbetaler se geld is aan die privaatwoning van ‘n politieke ampsdraer bestee, maar Zuma word in die verslag kwytgesteld van enige finansiële aanspreeklikheid vir die opgraderings van 246
Uitspraak oor Derby-Lewis vandag verwag
Die Hooggeregshof in Pretoria sal na verwagting vandag bepaal of die Minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, Michael Masutha, ‘n fout gemaak het deur Clive Derby-Lewis se paroolaansoek te weier. Maandag het Derby-Lewis ‘n aansoek ingedien om Masutha se besluit te hersien. Derby-Lewis is destyds in hegtenis geneem omdat vals getuienis gelewer is wat beweer
