‘Die oorlog teen Afrikaans’: nuwe Dan Roodt-artikel op Amerikaanse webblad

Dr. Dan Roodt van PRAAG het einde verlede week ‘n artikel, The War on Afrikaans, op die invloedryke Amerikaanse webblad American Renaissance gepubliseer oor die aanvalle op Afrikaans wat tans by verskeie kampusse in die land plaasvind. Die redakteur van die webblad is mnr. Jared Taylor, ‘n Amerikaanse intellektueel wat in Japan grootgeword en aan

Lees verder: ‘Die oorlog teen Afrikaans’: nuwe Dan Roodt-artikel op Amerikaanse webblad

Rhodes sluit na boendoehof teen beweerde verkragters

Die adjunk vise-kanselier van die Rhodes-universiteit, Peter Clayton het bewerings ontken dat die universiteit weier om verkragtingslagoffers te ondersteun. Die betogende studente beweer die bestuur het nie opgetree nie en eis dat elf studente dadelik geskors word wat van die misdade verdink word. Die instelling het ‘n dringende aansoek gebring om te keer dat oproeriges

Lees verder: Rhodes sluit na boendoehof teen beweerde verkragters

UV begin dissiplinêre verhore oor amok by kampus

Die Universiteit van die Vrystaat (UV) sal na verwagting aantwoorde verskaf oor die dissiplinêre verhore wat glo Vrydag sal begin. Die verhore hou verband met die voorval vroeër vanjaar waarin verskeie ontevrede kontrakwerkers, studente en ander belanghebbendes ‘n varsitybeker-rugbywedstryd op Shimlapark onderbreek en swart en wit studente handgemeen geraak het. Dit is nie bekend of

Lees verder: UV begin dissiplinêre verhore oor amok by kampus

Swart jeug kry nie werk nie ten spyte van rassevoorkeure in hul guns

Ondanks drakoniese regstellende-aksiewetgewing in Suid-Afrika, kry blanke en Indiërjeugdiges steeds meer werk as hul swart en kleurling-eweknieë. Die blanke en Indiëropvoedingsvlakke het ook sedert 1994 toegeneem terwyl dié van swartes afgeneem het, met die implikasie dat die onderwysstelsel vir swartes onder sogenaamde “apartheid” beter was as die huidige mengelmoes van polities korrekte skole en linkse

Lees verder: Swart jeug kry nie werk nie ten spyte van rassevoorkeure in hul guns

Wilgehof-onnie deur EFF gejag

Die Trompsburg Primêre skool se beheerliggaam en ouers volstaan daarby dat ‘n onderwyser wat by die Laerskool Wilgehof in Bloemfontein afgedank is nadat hy ‘n ou Suid-Afrikaanse landsvlag en foto’s van die EFF-leier, Julius Malema, langs bobbejane in sy klaskamer vertoon het, as leerkrag op Trompsburg aanbly. Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas)

Lees verder: Wilgehof-onnie deur EFF gejag

Milde reën oppad

Groot dele van die Noord-Kaap, Vrystaat en Noordwes kan vanaand en môre na reën uitsien. Tonie Rossouw van die Bloemfonteinse weerkantoor het aan OFM gesê daar is vandag ‘n 30%-kans op buie en donderbuie in die sentrale deel van die binneland. Dit weens ‘n frontale stelsel wat suid van die land inbeweeg. Daarmeesaam is daar

Lees verder: Milde reën oppad

Valke maak nie hond haaraf teen stropers nie

Die Valke in die Noord-Kaap se ondersoek na twee afsonderlike voorvalle waarin twee renosters onlangs op ‘n plaas naby Kimberley doodgeskiet is, het nog niks opgelewer nie. ‘n Witrenosterkoei se ontbinde karkas is gekry. Die koeikarkas wat op 7 April op ‘n wildsplaas gevind is, het nog albei horings gehad. Die Valke se provinsiale woordvoerder,

Lees verder: Valke maak nie hond haaraf teen stropers nie

Swart seun in swembad: oordeienaar moet homself heropvoed, sê MRK

‘n Vakansieoordeienaar van Nylstroom wat voorheen daarvan beskuldig is dat hy ‘n “swart tiener” gevra het om uit die oord se swembad te klim, het onderneem om ‘n program van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie te volg om hom selfs van onbewuste neigings tot rassisme te genees. Johan Gresse van die Klipspringer-vakansieoord het ontken dat hy op

Lees verder: Swart seun in swembad: oordeienaar moet homself heropvoed, sê MRK

Kaapstad bestry rassisme, nie geweld nie

Kaapstad bestry liewer rassisme, nie geweld en die vernietiging van infrastruktuur nie. Wes-Kaapse Verkeersowerhede sê die N7 by Du Noon naby Milnerton is weer oopgestel na nog ‘n nag van gewelddadige protesoptrede. Protesgangers het voertuie met klippe bestook en buitebande aan die brand gesteek. Hulle sê daar word nie gehoor gegee aan hul eise om

Lees verder: Kaapstad bestry rassisme, nie geweld nie

Was dit SAPD wat Bothaville-plaasaanval geloods het?

‘n Tweede verdagte, wat deel was van ‘n groep van vier swartes wat hulle as polisiebeamptes voorgedoen het tydens ‘n gewapende roof op ‘n plaas by Bothaville in die Vrystaat meer as ‘n week gelede, is Maandag in Klerksdorp in Noordwes in hegtenis geneem. ‘n Polisiewoordvoerder, Stephen Thakeng het nog nie bevestig of polisiebeamptes by

Lees verder: Was dit SAPD wat Bothaville-plaasaanval geloods het?