Die Universiteit van die Vrystaat (UV) sal na verwagting aantwoorde verskaf oor die dissiplinêre verhore wat glo Vrydag sal begin.
Die verhore hou verband met die voorval vroeër vanjaar waarin verskeie ontevrede kontrakwerkers, studente en ander belanghebbendes ‘n varsitybeker-rugbywedstryd op Shimlapark onderbreek en swart en wit studente handgemeen geraak het.
Dit is nie bekend of die instelling wit studente gaan vervolg nie.
Die UV se woordvoerder, Lacea Loader het gesê ‘n mediaverklaring sal Woensdag uitgereik word, maar wou nie verder kommentaar lewer nie.
Verskeie UV-studente het glo reeds briewe ontvang het dat hulle Vrydag voor ‘n dissiplinêre komitee by ‘n hotel in Bloemfontein moet verskyn.
Dit is nie bekend by watter hotel nie.
Die openbare orde-eenheid is klaarblyklik op ‘n gereedheidsgrondslag geplaas weens dreigemente van verdere geweld.
Bewsaardes dreig om opnuut oproerig te raak omdat die briewe op kort kennisgewing uitgedeel is.
Diegene wat briewe ontvang het, word van aanranding met die doel om ernstig te beseer, openbare geweld en die beskadiging van die universiteit se goeie beeld aangekla.
Na wat verneem word, het lede van die universiteit se sekuriteit en die polisie reeds vergader om veiligheid op die Bloemfontein-kampus verder op te skerp.

Ja, komt de politie aan : Wie heeft hem op de grond gewerkt…..dan nemen we u mee omdat u voor eigen rechter speelt.
Die Universiteit se goeie beeld beskadig……..Watter goeie beeld???????
“aantwoorde verskaf” ?
Levitikus 26:21 En as julle jul teen My versit en na My nie wil luister nie, sal Ek meer plae op julle lê, sewevoudig volgens julle sondes.
22 En Ek sal die wilde diere van die veld onder julle in stuur, en dié sal julle kinderloos maak en julle vee uitroei en julle verminder, sodat julle paaie verlate sal wees.