‘n Wit vrouefotograaf is beseer toe sy deur ‘n klipgooier aangeval is tydens geweld wat Woensdag by die Tshwane universiteit van Tegnologie (TUT) in Pretoria uitgebreek het. Christine Vermooten, ‘n fotograaf by die Citizen, is glo deur swart oproermakers met klippe beseer en na die hospitaal gehaas. Volgens onbevestigde berigte is haar enkel gebreek. ‘n
Prasa ‘stel teleur’ sê OB
Die openbare beskermer sê die voormalige hoof uitvoerende beampte van Prasa se onlangse optrede en uitsprake oor haar verslag het haar verras en teleurgestel. Thuli Madonsela het haar verslag oor die spooragentskap vroeër vandeesweek vrygestel waarin Lucky Montana keer op keer uitgewys word as die persoon wat toegelaat het dat wanadministrasie van honderde miljoene rand
R115 by Brits weer oop na oproer
Die R511 naby Brits in Noordwes het heropen vir verkeer na gewelddadige oproer. Die oproer is glo teen misdaad in die streek. Die inwoners van twee plakkersgebiede, sowel as dié van lokasies by die Hartebeespoortdamgebied, versper sedert Sondag paaie. Sowat 20 betogers is reeds in hegtenis geneem. Die ANC se taksekretaris in die gebied, Victor
Amnestie beskuldig Burundi van foltering
Burundi se veiligheidsmagte het ysterstawe en suur gebruik om skulderkennings uit lede van die opposisie te dwing. Dit was tydens pres. Pierre Nkurunziza se geslaagde aanslag op ’n derde termyn as staatshoof, het Amnestie Internasionaal Dinsdag verklaar. Getuienis wat deur Amnestie Internasionaal ingesamel is en in ’n verslag vervat is, beskuldig die polisie asook die
ISIS-bom dood Egiptiese polisie
‘n Bom het Dinsdag ‘n bus getref wat Egiptiese polisiemanne vervoer het. Een polisieman is dood en 29 ander is in die voorval gewond, het AFP berig. Veiligheidsmagte in Egipte word toenemend deur jihadiste van die Islamitiese Staat-groep (ISIS) geteiken. Die aanval het in die Nyldeltaprovinsie, Baheira, ongeveer 260 kilometer noord van Kaïro, plaasgevind toe
Franse eer aan helde wat terreuraanval stuit
Frankryk se president, Francois Hollande, het Dinsdag die Legioen van Eer-medalje, Frankryk se hoogste eerbetoon, aan drie Amerikaners en ’n oud-Suid-Afrikaner toegeken. Die vier mans het Vrydag ’n swaar gewapende man oorrompel en ontwapen wat gereed was om los te brand op passasiers op ’n hoëspoedtrein wat van Amsterdam na Parys onderweg was. Hollande sê
ISIS-aanval op Palmyra ‘oorlogsmisdaad’ sê Unesco
Militante van die Islamitiese Staat-groep (ISIS) het ’n tempel in die antieke Siriese stad Palmyra verwoes en die ergste vrese van argeoloë bewaarheid. Die 2 000 jaar oue stad van die Romeinse era is in Mei deur die militante beset. Palmyra, een van die Midde-Ooste se mees aanskoulike argeologiese plekke en ’n Unesco-wêrelderfenisgebied, is naby
Lees verder: ISIS-aanval op Palmyra ‘oorlogsmisdaad’ sê Unesco
Ligte vliegtuig stort suid van Durban neer
Die ligte vliegtuig wat suid van Durban neergestort het, het vermoedelik in kragdrade vasgevlieg. Die vliegtuigongeluk het Dinsdag by Winkelspruit in KwaZulu-Natal plaasgevind nadat die vliegtuig waarskynlik enjinprobleme ondervind het. Twee mense is in die ongeluk dood. ‘n Polisiewoordvoerder, Thulani Zwane sê die vliegtuig het in kragdrade vasgevlieg voordat hy naby die N2 Noord neergestort
Kebble se pa dood aangetref met kop-skietwond
Roger Kebble, die vader van die vermoorde mynmagnaat Brett Kebble, is dood aangetref in Kaapstad met ‘n koeëlwond in die kop, het ANA berig. Die Wes-Kaapse polisie het bevestig dat die liggaam van ‘n man in sy motor in Bishopscourt gevind is. “Hierdie kantoor kan bevestig dat vanmiddag op 25 Augustus 2015, ‘n liggaam van
Polisiebeamptes wat Masbieker sleep skuldig aan moord
Die vonnisoplegging van agt voormalige polisiebeamptes wat skuldig bevind is in verband met die moord op die Mosambiekse taxi-bestuurder Mido Macia, is tot 22 September uitgestel. Al agt is Dinsdag in die hooggeregshof in Pretoria skuldig bevind, het RSG berig. Macia is in 2013 in Daveyton aan die Oosrand agter ‘n polisievoertuig aangesleep. Hy is
Lees verder: Polisiebeamptes wat Masbieker sleep skuldig aan moord
