Ek moet sê dat dit ’n plesier is om deur al die briewe te lees wat op PRAAG se webbladsy geplaas word. Dit getuig van ’n eerlike introspeksie ná die afgelope verkiesing.
Herbesin oor VF-leierskap?
As 'n VF Plus-ondersteuner in die afgelope verkiesing, is dit teleurstellend om te sien dat die VF Plus nie daarin kan slaag om die deursnee-Afrikaner te oortuig dat identiteits- of minderheidspolitiek die enigste werklike oplossings bied vir ons volk se toekoms nie, veral nie ná die moontlikheid van politieke suurstof wat Zuma se onlangse ontmoeting met Afrikanerorganisasies vir ons geskep het nie. Feit is dat die VF Plus onder Pieter Mulder in sowel die 2004- as 2009-verkiesings geen vordering getoon het nie.
Klein partye sal moet keuses maak
Verskeie politieke ontleders vra of ondersteuners van klein partye sal volhou om lojaal te bly as hul stemme so vermors word.Kyk mens na die getalle van die klein partye op nasionale vlak, lyk die prentjie uiters verdoemend.
Zuma het meer respek vir pro-Afrikaanse organisasies
Ek wonder wat het van die euforie geword oor die De la Rey-liedjie waar Afrikanertrots skynbaar na vore gekom het? Selfs Afrikaners in die buiteland het na Bok se optredes gestroom en lustig breebors saamgesing. Nou stem meeste van die Afrikaners binnelands en buitelands vir die liberale wit miesies Zille. Ek dink die boodskap aan
Lees verder: Zuma het meer respek vir pro-Afrikaanse organisasies
VF+ is te beperk
‘n Goeie Boerevriend blameer die VF+ se agteruitboerdery aan die moontlikheid dat dit nie meer doelgerig vir ‘n Afrikaner tuisland staan om sodoende ons vryheidsideaal te verwesenlik nie – die rede hoekom steun verloor word. My ma reken dat hierdie nie ‘n normale verkiesing was nie – dit was pleks van VIR iets was dit
Moenie kla nie
Die prestasie van die VF+ in die verkiesing is hartseer. Nadat Dr. Pieter Mulder sy hart uit baklei het om stemreg vir Suid Afrikaners in die buiteland te kry is sy hand deur die einste Suid Afrikaners weggeklap. Hierdie kiesers het boonop die land uit gevlug omdat dit vir hulle onder ANC regering in terme
Obama ignoreer Zuma se inhuldiging
Een en twintig staatshoofde het sover bevestig dat hulle die ANC-leier Jacob Zuma se inhuldiging as die land se 4de demokraties verkose president gaan bywoon, het die departement van buitelandse sake Woensdag gesê. Direkteurgeneraal Ayanda Ntsaluba het in Pretoria aan die media gesê dat bevestigings instroom vir die feestelikhede wat beplan word vir die 9de
Waarom nie by die ANC aansluit nie?
JH du Toit se rubriek is 'n deprimerende dog nugtere en realistiese blik op die benarde posisie waarin Afrikaners hulself tans bevind. Alhoewel die VF+ 'n rapsie meer stemme as in 2004 gekry het, is dit niks om oor huistoe te skryf nie. Sowat 150 000 stemme verteenwoordig maar 'n breukdeel van alle Afrikanerkiesers.
Pakistan van groot strategiese belang
President Barack Obama het Woensdag sy kommer uitgespreek oor die swakheid van Pakistan se regering en het nie Amerikaanse inmenging uitgeskakel indien die Islamitiese land se kernwapens in ekstremistiese hande sou beland nie.
Boeing stort in DRK neer
‘n Boeing 737 wat op ‘n toetsvlug was het Woensdag suidoos van die Kongo se hoofstad neergestort, en ten minste drie mense dood gelaat, het amptenare gesê. Die vliegtuig het “onbekende tegniese probleme” ondervind kort na opstyging van Brazzaville, hoofstad van die naburige Republiek van die Kongo, het minister van vervoer Matthiew Mpita aan Associated
