JH du Toit se rubriek is 'n deprimerende dog nugtere en realistiese blik op die benarde posisie waarin Afrikaners hulself tans bevind. Alhoewel die VF+ 'n rapsie meer stemme as in 2004 gekry het, is dit niks om oor huistoe te skryf nie. Sowat 150 000 stemme verteenwoordig maar 'n breukdeel van alle Afrikanerkiesers.
Afrikaners verkies eerder om vir die Joods-Engels-gedomineerde ANC-Lite, die DA, te stem. Soos voorheen aangedui, is daar beleidsgewys egter min te kies tussen die ANC en die DA. Beide hang die multikultivisie aan. Beide staan transformasie en regstellende aksie voor. Beide doen entoesiasties mee aan straatnaamveranderinge van Afrikaanse straatname, soos die DA in Kaapstad gemaak het en die ANC in Pretoria.
Johann Wingard is die voormalige voorsitter van die Volkstaatraad. Hy het met 'n interessante gedagte vorendag gekom in hierdie
skrywe. Sy vraag is: siende dat die VF+ se model in ieder geval 'n soort samewerkingsmodel met die ANC verteenwoordig, en siende dat die meeste Afrikanerkiesers in ieder geval klaarblyklik gemaklik blyk te wees met leiers van buite ons etniese groep, waarom sluit die VF+ hom nie bloot by die ANC aan nie?
Dis nie sonder sy presedente nie – die NNP het so gemaak en Kortbroek het 'n kabinetspos as beloning gekry.
Uit 'n Machiavelliaanse oogpunt sou dit op 'n manier sin maak. My vyand se vyand is soms my vriend, as dit ons albei pas. Daar is niemand, behalwe Afrikaners, wat die Engelse in SA so haat soos vir Zuma nie. Die verskil tussen die DA en ANC, soos hierbo aangedui, is nie soseer beleid of ideologie nie, maar bloot watter rassegroepe vir die twee partye stem en die gelaatskleur van hulle leiers.
Siende dat Afrikaners in ieder geval skynbaar polities-gesproke boedel oorgegee het aan volksvreemdes, waarom ons nie skaar by die sterker party vir die doeleindes van politieke mag nie? Die ANC, uit hoofde van blote getalle, kan meer vir Afrikaners doen as wat die DA kan.
Wat Afrikaners het, en die ANC benodig, is kundigheid. Dink net hoe sal dit vir Botoxzilla-hulle irriteer as daar 'n paar ANC-stadsrade kom met Afrikaners as munisipale bestuurders en stadsingenieurs, wat goed bestuur word. Die ANC sou dus kritiek kon afweer dat hy bestuursvaardighede kort, en Afrikaners sal hopelik ook voordeel uit so 'n verwantskap kon trek.
Is bostaande sinies en opportunisties? Ja, beslis. Watter politiek is egter nie sinies en opportunisties nie? Dit sal in ieder geval meer sin maak, weer eens op 'n Machiavelliaanse wyse, as wat deelname aan 'n onwenbare rassesensus bekend as SA se verkiesings tans maak. Want sien, die demokratiese prosesse wat enigsins saak maak, het nie op 22 April 2009 plaasgevind nie. Dit was eerder in Desember 2007 in Pietersburg, toe Mbeki onttroon is.
As ons wel aan partypolitiek wil deelneem (en daar is kennelik diegene wat meen buite-parlementêre weerstand is verkieslik), waarom neem Afrikaners nie eerder deel aan die prosesse wat wel 'n verskil kan maak nie? play casino slotsлобановский политик