Direkteurgeneraal Ayanda Ntsaluba het in Pretoria aan die media gesê dat bevestigings instroom vir die feestelikhede wat beplan word vir die 9de Mei. Die buitelandse besoekerslys sal duideliker word teen Maandag of Dinsdag.
“So ver het 21 staatshoofde bevestig dat hulle gaan kom, en daar is daar is ook 20 ander lande wat teenwoordig sal wees.”
Ntsaluba het gesê die 20 ander lande sal verteenwoordig wees meestal deur hulle ministers van buitelandse sake en spesiale gesante.
Hy wou nie uitbrei oor watter staatshoofde teenwoordig sal wees nie, aangesien dit ‘n sensitiewe saak is en daar is sekuriteitsredes. Hy het wel bevestig dat die Amerikaanse president Barack Obama nie teenwoordig sal wees nie.
Intussen gaan voorbereidings voort vir die inhuldiging van ongeveer R75 miljoen by die Uniegeboue, met werkers wat besig is en stellasies orals op die gronde.
