Moenie kla nie

Die prestasie van die VF+ in die verkiesing is hartseer.

Nadat Dr. Pieter Mulder sy hart uit baklei het om stemreg vir Suid Afrikaners in die buiteland te kry is sy hand deur die einste Suid Afrikaners weggeklap. Hierdie kiesers het boonop die land uit gevlug omdat dit vir hulle onder ANC regering in terme van regstellende aksie en misdaad onuithoudbaar geraak het.
 
Dit is onverstaanbaar dat slegs 230 van daardie Suid Afrikaners hul stem vir die VF+ gegee het.

Na stemdag is dit nou duidelik hoekom ons so swak gevaar het volgens my waarneming en wel vir die volgende redes:
•    Die meeste Afrikaanssprekende persone wat ek mee gepraat het, het die stembus vermy met die flou verskonings dat 1) hulle stem nie ‘n verskil sou maak nie 2) of hulle het nie ‘n ID-boekie nie 3) of hulle sien nie kans of beskik oor die tyd agv werk of hul besigheid vir die lang toue om ID-boekies te bekom nie
•    Die ander stem vir die DA omdat dit ‘n sterk opposisieparty is. Dr Mulder het hoeveel keer verduidelik hoe die proporsionele stem werk maar hulle kon dit blykbaar nie snap nie. Hulle mening bly steeds dat ‘n stem anders as vir die DA die opposisie verswak.
•    Dan is daar ook vir Helen Zille gestem omdat sy ‘n wedergebore Christen is maar in hul konstitusie gee hul geen erkenning aan God se gesag en gebooie nie. Inteendeel is daar geen verskil tussen hulle ondernemings en dié van die ANC nie.
Nêrens staan ons saam vir ons regte hetsy by die stemlokaal of protesoptogte nie. (Selfs mnr Mandela het al genoem hy sien die Afrikaners protesteer nie).
In die toekoms moet daar nie meer gekla word oor ons lot in die RSA nie want ons verdien dit deur en deur. Ons is so gewillig om vertrap te word vir die voorreg om te kan kerm en kla.

циркуляционный насос российского производстваФильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae