Die vliegtuig het “onbekende tegniese probleme” ondervind kort na opstyging van Brazzaville, hoofstad van die naburige Republiek van die Kongo, het minister van vervoer Matthiew Mpita aan Associated Press gesê.
Mpita het gesê drie liggame is sover gevind en ‘n hoë dodetol word nie verwag nie, omdat die vliegtuig op ‘n toetsvlug was.
Mpindi Kabeya, ‘n adviseur aan die Kongo se eerste minister het gesê twee identiteitskaarte is gevind: een van ‘n Algeriese loods en nog een van ‘n student van Brazzaville. Mpita het egter gesê dit is te vroeg om die identiteit van die oorledenes vas te stel.
Lugveiligheid is iets wat lank reeds baie laks is in die Kongo, waar amptenare maklik omgekoop word en vaste onderhoudskedules baie skaars is. Daar was ten minste 20 noodlottige vliegtuigongelukke sedert 1996.
In Oktober 2007 is ten minste 50 mense dood toe ‘n vragvliegtuig in drie huise vasgevlieg het net na opstyging van Kinshasa se internasionale lughawe op ‘n vlug na sentraal Kongo.
