China verbied Britse kaas

China het al die invoer van kaas uit Brittanje gestaak. Die verbod is op 1 Mei ingestel na inspeksies vroeër in die jaar uitgevoer is om te verseker dat alle Britse verskaffers van suiwelprodukte voldoen aan die nuwe Chinese voedselveiligheidswet. Kwessies wat verband hou met die instandhouding, lugsanitisering, roumelkvervoertemperature en chemiese stoorprosesse is aangehaal in

Lees verder: China verbied Britse kaas

Uitspraak oor Limpopo-handboeke verwag

Die hooggeregshof in Pretoria sal na verwagting Dinsdag uitspraak lewer oor die handboekfiasko in Limpopo. ‘n Aansoek om die onderwysdepartement in Limpopo te dwing om uitstaande handboeke af te lewer, is by die hof ingedien. Die gemeenskapsorganisasie Basic Education for All (Befa) het die aansoek gebring nadat die departement van onderwys erken het dat honderdduisende

Lees verder: Uitspraak oor Limpopo-handboeke verwag

Internasionale waarnemers ontplooi

Internasionale verkiesingswaarnemers in die land aangekom op die vooraand van die algemene verkiesing. Die waarnemers sal diens doen in al nege provinsies om te bepaal of die stemmery aan internasionale standaarde voldoen. ‘n Woordvoerder van die Departement van Internasionale Betrekkinge, Clayson Monyela, sê waarnemers van die Statebond, die SAOG en die Afrika Unie is ontplooi.

Lees verder: Internasionale waarnemers ontplooi

Stembriewe glo by DA-agent se huis gekonfiskeer

Verkiesingsamptenare is van hulle stemlokaal op Nigel aan die Oos-Rand verwyder nadat stemmateriaal by die huis van ‘n party-agent gehou is. Na afloop van die eerste dag van spesiale stemme, het die joernalis Aldrin Sampear getwiet dat die stemmateriaal wat gekonfiskeer is deur die SAPD deur ‘n vrou by name “Swazi” gehou is. Die Onafhanklike

Lees verder: Stembriewe glo by DA-agent se huis gekonfiskeer

Duitse film ‘Barbara’ lewer subtiele kritiek op Westerse waardes

Een van die mooiste films wat ek in ‘n lang tyd gesien het, is Barbara (2012) deur die Duitse regisseur Christian Pezhold. Die fliek het ‘n baie interessante gegewe, want dit speel rondom 1980 in die DDR (kommunistiese Oos-Duitsland) af. Die hoofkarakter waarna die film vernoem is (gespeel deur Nina Hoss), is ‘n dokter wat as

Lees verder: Duitse film ‘Barbara’ lewer subtiele kritiek op Westerse waardes

Burgemeester verbied ‘haatfees’

Organiseerders van die Europese Dissidente Kongress sê hul byeenkoms gaan voort nadat die burgemeester van Anderlecht in Brussel dit Sondag verbied het. Regse persoonlikhede soos die Franse komediant Dieudonne en Alain Soral, sal daar optree Die besluit kom nadat dit deur Joodse groepe bestempel is as ‘n “anti-Joodse haatfees”. Die burgemeester het ook alle straatbyeenkomste verbied

Lees verder: Burgemeester verbied ‘haatfees’

ANC, DA se verkiesingsbeloftes presies dieselfde

President Jacob Zuma het 90.000 juigende ondersteuners by die ANC se Siyanqoba-saamtrek in Soweto Sondag toegespreek. Die ANC se DA se verkiesingsbeloftes was heeltemal ononderskeibaar. Zuma het presies soos die DA belowe: “Ons sal die toepassing van die bepalings van die nuwe gewysigde Wet op Gelyke Indiensneming en die Wet op Breedgebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtiging

Lees verder: ANC, DA se verkiesingsbeloftes presies dieselfde

DA-lid vermoor, DA-busse aangeval

Die lyk van ’n swart man in ’n blou DA-hemp met ’n stuk of vyf groot betonblokke by die kop, is Saterdagmiddag deur verbygangers oorkant ’n supermark in Browns Farm, Kaapstad gevind. Volgens ’n Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, kol. Tembinkosi Kinana, is die liggaam nog nie geïdentifiseer nie. Die oorledene in sy vroeë veertigs was geklee in ’n

Lees verder: DA-lid vermoor, DA-busse aangeval

Inkbessie wis helfte van kudde uit

‘n Stoetbul en 10 ander beeste waaronder ook dragtige koeie, het die naweek op ‘n plaas buite Bloemfontein gevrek nadat hulle vermoedelik inkbessiebos gevreet het. Landbou-organisasies het voorheen gewaarsku dat die inkbessie besig is om Suid-Afrika se natuurlike weiveld te verwoes. Die plant is inheems aan Suid-Amerika en is na Suid-Afrika gebring as immergroen ornamentele struike,

Lees verder: Inkbessie wis helfte van kudde uit

Petrol of diesel? Deel 2

Met sportnutsvoertuie soos die Hyundai iX35 en VW Tiguans wat so gewild is, maar nou al bykans aan die R400 000-merk raak, is die volgende twee motors dalk net die oplossing vir al die vroulike bestuurders tussen ons. Tot onlangs toe was daar nie ‘n groot verskeidenheid kompakte, bekostigbare sportnutsvoertuie nie. Die oorspronklike RAV4 was vir

Lees verder: Petrol of diesel? Deel 2