
Internasionale verkiesingswaarnemers in die land aangekom op die vooraand van die algemene verkiesing.
Die waarnemers sal diens doen in al nege provinsies om te bepaal of die stemmery aan internasionale standaarde voldoen.
‘n Woordvoerder van die Departement van Internasionale Betrekkinge, Clayson Monyela, sê waarnemers van die Statebond, die SAOG en die Afrika Unie is ontplooi.
Die VN en ambassadeurs wat in Suid-Afrika geakkrediteer is, is deur die OVK genooi om stemlokale te besoek.
President Jacob Zuma het die Nobelvredespryswenner, Desmond Tutu geroskam oor sy kritiek teen die ANC. Die Anglikaanse biskop het gesê hy sal nie vir die ANC stem nie weens korrupsie en swak regering.
Zuma sê biskoppe en pastore se taak is om te bid vir diegene wat die pad byster raak en hulle behoort nie by partypolitiek betrokke te raak nie.
Ronnie Kasrils, ‘n voormalige minister van intelligensie lei ‘n groep afvallige partyveterane wat kiesers gevra het om nie te stem nie.

Bwahaha – Zuma, dan moet die biskoppe en pastore nou ernstig begin bid vir jou, of liewers, hulle moes 5 jaar gelede al vir jou gebid het, want sien, jy was toe reeds die pad byster.
Dit is afgryslik as mens nie besef jy is die pad byster nie .
Jy kan die hel nie regbid nie Trips! Net reglê in die kis! Die enigste redding vir die ou pes!
+ 10 vir jou bitterbek!
Weet mos!
Nou ou Nguni, waar is die vryheid van spraak, opgeskryf in die Grondwet nou heen? Jy weet jy en jou regering is korrup, dis hoekom hierdie reaksie. Hy en sy regering het myns insiens meer nodig as net gebede.
Internasionale waarnemers seker almal donker met donkerbrille.
Hierdie misbruik van geloof (“Die ANC sal regeer tot die wederkoms” ens ens ens) is nog voorbeelde van die ydelike gebruik van die Here se naam. Ons weet ook dit sal nie ongestraf bly nie.
Ons bid vir diegene wat die pad byster is – dit is veral die huidige regering. Ons bid dat hulle tot inkeer kom want soos dit nou aangaan is hulle besig om alles wat ons opgebou het te breek, ons almal (hulle eie mense ook – net hulleself uitgesluit) te verarm.
Gooi net geloof rond wanneer dit vir hulle lyk of dit hulle kan baat Rooikop!
Net partykeer Zumie, kan nie eens gebed die verdwaaldes red nie en JY po..hol is BESLIS een van hulle! Sal ek nou asem op jou mors! GUH!!!
Die statebond is ook daar. Kyk nou net. Die futlose bond van derdewêreld patete met die tandlose bulhond “Groot” Brittanje in die mliddel. Die tandlose bulhond, “Groot” Brittanje het natuurlik meer as genoeg genoeg ondervinding daarvan om ‘n verkiesing in ‘n derde wêreldland te bedryf. Hulle is self ‘n derdewêreldland.
Jip,
Rhodesie is seker die heel beste voorbeeld. Soos altyd na sowat 300 jaar nogsteeds ons grootste “natuurlike vyand” …..