ANC, DA se verkiesingsbeloftes presies dieselfde

Lucas Moripe propvol Effers
Lucas Moripe propvol Effers

President Jacob Zuma het 90.000 juigende ondersteuners by die ANC se Siyanqoba-saamtrek in Soweto Sondag toegespreek.

Die ANC se DA se verkiesingsbeloftes was heeltemal ononderskeibaar.

Zuma het presies soos die DA belowe: “Ons sal die toepassing van die bepalings van die nuwe gewysigde Wet op Gelyke Indiensneming en die Wet op Breedgebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtiging versterk vir suksesvolle implementering van meer oop geleenthede vir swart-, Indiër en bruin mense , asook vroue, die jeug en persone met gestremdheid, soos ons die apartheiderfenis omkeer.”

Hy het ook die ANC se aanspraak op ‘n nie-rassige beleid herbevestig.

“Ons is een nasie, uit die as van rasse-onderdrukking gebore. Ons is besig om ‘n gemeenskaplike identiteit te vorm. Ons sing een volkslied, hys ‘n nasionale vlag en omhels ons kulturele diversiteit ,” het hy gesê.

Hy het ook soos die DA 6 miljoen werksgeleenthede en meer huise belowe.

Sy ontvangs was baie anders as die vorige twee kere wat hy gepraat het by FNB-stadion en het sy gewildheid beklemtoon.

By Nelson Mandela se roudiens in Desember en by die eindstryd van die Afrika Nasies se sokkerkampioenskap in Maart is hy uitgejou deur ‘n deel van die skare, maar Sondag het hy ‘n helde-ontvangs geniet.

Malema, die EFF-leier is deur ‘n kapasiteitskare van byna 30.000 by die Lucas Moripe-stadion in Atteridgeville, Pretoria, verwelkom.

“As mens na hierdie massas kyk, is my plek in die parlement gewaarborg,” het Malema gesê.

Applous het gevolg toe Malema sy ondersteuners belowe het dat die EFF Zuma se multimiljoen-rand Nkandlahuis sal verkoop en die geld aan die armes sal gee. Hy het gesê die EFF sal die aankoop van motors en huise deur ministers stop en hul kredietkaarte wegneem.

Malema het sy party se beleid van nasionalisering van grond en natuurlike hulpbronne herbevestig.

“Ons gaan die waardigheid van plaaswerkers herstel. Na die verkiesing gaan ons die plase oorneem en dit aan werkers gee,” het hy gesê.

“Niks [van die myne] sal gaan na Engeland nie. Ons is nie bang vir wit mense soos die ander nie.”

Malema het die moontlikheid van die vorming van ‘n koalisie met die ANC of die DA verwerp.

Volgens ‘n peiling deur Ipsos namens die Sunday Times, sal die ANC 63,9% van die stemme kry.

14 thoughts on “ANC, DA se verkiesingsbeloftes presies dieselfde”

  1. “Ons is een nasie, uit die as van rasse-onderdrukking gebore. Ons is besig om ‘n gemeenskaplike identiteit te vorm. Ons sing een volkslied, hys ‘n nasionale vlag en omhels ons kulturele diversiteit ,” …
    VOETSEK, ONS IS NIE EEN NASIE NIE ! Ek is nie, en WIL NIE deel van julle wees nie, nie nou nie, nooit ! Beslis ook nie deel van die reënboognasie nie.

    “Hy het ook soos die DA 6 miljoen werksgeleenthede en meer huise belowe.” …
    Waar op aarde en deur wie gaan hierdie 6 miljoen werksgeleenthede geskep word – Zuma het 5 jaar terug al werk en behuising BELOWE en die gepeupel het hom nogal geglo ook ! Hierdie spul leef in ‘n droomwêreld sowel as hul ondersteuners.
    LANK LEWE FRONT NASIONAAL !

    1. Die 6 miljoen werksgeleenthede het ek nou mooi gaan sit en dink waar dit vandaan gaan kom! Ja beslis moontlik, AS die VIGS lyers vinniger vrek en poste beskikbaar stel! Dit en DIT alleen gaan werksgeleenthede skep! Waar is Malema se liefde vir die donnerse witman nou??? WAT ROOK DIE MUHR! Kom vat die plase en kyk hoe word jy donnerse kompos! Mense ek dink ek sal moet dubbele bloeddruk pille drink tot na die verkiesing want ek gaan ‘n koronêr skiet! Hoe kan enige persoon met bietjie breinselle nie sien wat gebeur nie? Ek stem met Rooikop. Skrif is aan die muur want DA ondersteuners se koppe word vergruis onder betonblokke!!!! Nie een nie sommer ‘n paar! As hulle nie wen nie gaan hulle tel TOT HULLE WEN!

    2. Soms word die werklikheid van die barbarisme waarin ons
      moet leef net te veel – Hoe gouer die FN vir ons selfbeskikking kry – hoe beter.
      En sommer gou daarna ons eie grondgebied. Ek sal my huis net so los en n
      karavaan aanskaf om te trek waar daar nie barbare is nie en alles wat ek
      besit las om lemmetjiesdraad heining om ons gebied te sit van 500 meter breed.

    3. Ou Nguni was nie verkeerd toe hy gese het dat hy werksgeleenthede gaan skep nie. Al sy kaders het poste gekry in die staatsdiens en streeksdienserade, Nege wetgewers en elke Jan Rap en sy maat het ‘n spartywoordvoerder. Nie te praat van hoeveel blouligbendes is daar nie maar as daar ‘n verkeerslig buitewerking is, is daar nie ‘n puntsman in ‘n duisend seemyl van die probleem area nie.Hy sorg vir party maar te hel met die wat op die sypaadjies en spruite slaap. Uit hulle kan hy mos nie “score” nie.
      Hoe lomp het die hele besigheid geraak na 1994!

  2. ‘n “nie-rassige beleid” maar ons vat die witman se plekke in die werk en in die sportspanne weg? Dit is moes beesuitwerpsel op sy beste.

    Malema is besig om die radikales om hom te versamel en die ANC gaan hom navolg om nie hulle slaapstoeltjies in die parlement te verloor nie – dit betekn dat die grondvat en goedvat ‘n werklikheid gaan word. DIT IS NIE GOEIE NUUS NIE.

    Ek weet nie wat fout is met die “waardigheid” van plaaswerkers nie – die probleem is egter dat hulle reeds op die plase woon en dus word die boere nog makliker deur bekendes geteiken. Hierdie dinge stem my onrustig.

  3. As die DA meer stemme kry as die EFF is dit die beste bewys dat die uitslae bekook word. Die aantal stemmers wat vir die EFF opgedaag het is met ‘n faktor van vier meer as die DA stemmers. Die rooi see is baie groter as die blou een en mense wat nie kan tel nie, kan dit maklik raaksien. Malema se mense gaan seker begin brand en afbreek as die DA hulle wen

  4. By woorde van Zille haarself is die DA meer ANC as die ANC. Aan haar eie woorde sou sy liefs haarself by die ANC geskaar het. So wat sou die wesenlike verskil tussen die twee wees? Moontlik beter administrasie in Kaapstad – dit is definitief nie die geval in Midvaal nie waar ongeruimdhede met die vorige DA burgemeester (en sy familie se voordele uit gemaklike eiendomstransaksies) maar net ‘n ANC truuk in ander gewaad is.

    Kom ons bekyk die situasie in SA huidiglik. Onbevoegdheid in staats en semi-staatsinstellings is so verskans dit sal ‘n onbegonne taak wees om reg te ruk. Indien die DA – indien hulle ooit aan bewind sou kom – die bogenoemde onbeholpenheid sal wil regruk sal hulle stappe moet neem wat hulle gebrandmerk sal kry as die nuwe “Apartheidsregime”. Dit kan hulle nie bekostig nie en sal hulle in ons leeftyd nooit toepas nie.

    Die DA leierskoprs weet dit – ‘n blinde mongool weet dit. Hulle weet ook goed dat hulle nooit die ANC by die stembus kan troef nie

    So wat maak hulle? Maak lee beloftes aan die stemvee want hulle sal nooit uitgeroep word om te voldoen aan daardie beloftes nie.

    Die DA het een eenvoudige doel – om Volkseie mense te agiteer. Daar is ‘n merkwaardige ooreenkoms tussen die DA en die Demokrate in Amerika. Politiese korrekte funksionerende morone wat propaganda baie goed gebruik

    1. Die DA is nie ‘n beter administrasie in die Wes-Kaap nie. Die Wes-Kaap het die hoogste misdaadkoers en hulle het boggerol daaraan gedoen. Miskien is die mense in die Wes-Kaap regtig net klipdom dat hulle na die opstande by De Doorns nog glo hulle word beter bestuur

  5. Weer eens word ‘n oproep aan die nuttige idiote gedoen: “Julle is nie rassiste nie. Julle wil swart bemagtiging hê. Julle wil julleself uitfaseer uit die Suid-Afrikaanse samelewing. Julle wil die “erfenis van Apartheid” uitwis. Julle wat gestem het vir FW De klerk se boedeloorgawe, stem, stem nou weer vir ons, die DA, die nuttigste idiote van almal. Want ons is die idiote wat dit vir die ANC moontlik maak om te regeer.”

Maak 'n opvolg-bydrae