Die parlementêre portefeuljekomitee oor kommunikasie het Woensdag besluit dat Ellen Tshabalala, SABC-voorsitter, uit haar amp verwyder moet word. ‘n Ondersoek deur die komitee of Tshabalala oor haar akademiese kwalifikasies gelieg het, het haar skuldig bevind op twee aanklagte van wangedrag. “Ons beveel aan dat sy uit die SABC se raad as voorsitter en raadslid verwyder moet word,”
Eskom waarsku hele land oor kragonderbrekings
Eskom het kragverbruikers gewaarsku dat beurtkkrag van Donderdag asook oor die naweek ingestel kan word. Die waarskuwing is Woensdag uitgereik dat beurtkrag weer ingestel kan word indien die druk nie op die kragnetwerk verlig word nie. “Ons gebruik tans ons noodreserwes,” het Andrew Etzinger, woordvoerder van Eskom, gesê. “Na verwagting gaan die noodreserwes voor die einde van
Suidooster blaas brande in Kaapstad aan
Brandbestryders het Woensdagmiddag steeds teen die hange van Vlaeberg – beter bekend as Seinheuwel – asook Leeukop gespook om vure te blus. ‘n Brand het Dinsdagaand uitgebreek en is deur die Suidooster aangeblaas. Liezl Moodie, woordvoerder vir Kaapstad se brand- en reddingseenheid, het omstreeks 12:00 aan Sapa gesê daar is steeds brandbestryders op die toneel om smeulende boomstompe dop te hou. Daar
Moetiemoordplan teen premier gefnuik
‘n Swartvrou is Dinsdag in hegtenis geneem nadat sy ‘n toordokter genader het om die Noordwes-premier Supra Mahumapelo en die uitvoerende burgemeester van Mahikeng, Gosiame Seatlholo, te vermoor, het die Valke gesê. “Die 42-jarige raadslid is in die vroeë oggendure in Mmasebudule in hegtenis geneem,” het Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, gesê. Die vrou het
EFF rig dringende aansoek teen skorsing
Die regspan wat die 20 geskorste EFF-parlementslede verteenwoordig, vergader vandag met die regterpresident van die Wes-Kaapse Hooggeregshof, John Hlophe, oor ‘n regter om die party se dringende aansoek teen die skorsing aan te hoor. ‘n Aantal lede is vir dertig dae geskors sonder betaling. Die EFF se regsverteenwoordiger, Luvuyo Godla sê hulle gaan ook
Oproeriges suid van Johannesburg versper Lawleyweg
Oproeriges in Lawley, suid van Johannesburg het verkeer op ou Lawley-weg tot stilstand gedwing. ‘n Woordvoerder van die Metropolisie, Wayne Minnaar sê dele van die pad word versper met rotse en brandende buitebande. Die oproermakers is glo ontevrede omdat hulle nie elektrisiteit het nie. Minnaar het aanbeveel dat die K43 en R580 as alternatiewe roetes gebruik word om
Lees verder: Oproeriges suid van Johannesburg versper Lawleyweg
Swart plaasaanvaller gevonnis
‘n Swart plaasaanvaller is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy ‘n egpaar lewendig wou verbrand. Die wrede aanval op Jan Pretorius, 72, en sy vrou op 18 November 2012 op hul plaas Uitschot in Noordwes, is aan die sewen-en-twintigjarige Hans Lekgetho verbind. “Lekgetho is Vrydag gevonnis vir die misdade wat hy saam met twee minderjariges gepleeg
R36 by Tzaneen onbegaanbaar weens oproer
Oproeriges het verkeer op die R36 tussen Tzaneen en Hoedspruit Woensdagoggend ontwrig. Die polisie is in die gebied ontplooi om die situasie onder beheer te probeer kry. Dié pad in Limpopo is deur swart oproermakers onbegaanbaar gemaak met brandende voorwerpe. Die oproeriges eis lopende water en beter paaie. Die inwoners van Mokgolobotho het sowat twee maande gelede ‘n griefskrif aan die
Oud-Springbok met rots deur kapers aangeval
In nog ‘n voorval van guerilla-oorlog op straat, is die oud-Springbok Hannes Strydom eergister op straat in Waterkloofrif deur ses motorkapers met ‘n rots aangeval. Onlangs is mev. Irene Myburg vermoor toe ‘n groot klip vanaf ‘n snelwegbrug af gegooi is. Die klip het deur die motorruit gedring, haar op die keel getref en sy
Eskom-raad baklei soos kat en hond, o.a. oor R43m vir New Age-koerant
Eskom is die jongste semistaatsinstelling waarvan die raad dalk binnekort weens onbekwaamheid en binnegevegte vervang sal moet word. Die minister van openbare ondernemings, Lynne Brown, sal by die volgende kabinetsvergadering aanstaande week so ‘n voorstel indien. Volgens die New Age-koerant van gister het die voorsitter van die Eskom-raad, Zola Tsotsi, ‘n brief aan Brown geskryf
Lees verder: Eskom-raad baklei soos kat en hond, o.a. oor R43m vir New Age-koerant
