Brandbestryders het Woensdagmiddag steeds teen die hange van Vlaeberg – beter bekend as Seinheuwel – asook Leeukop gespook om vure te blus.
‘n Brand het Dinsdagaand uitgebreek en is deur die Suidooster aangeblaas.
Liezl Moodie, woordvoerder vir Kaapstad se brand- en reddingseenheid, het omstreeks 12:00 aan Sapa gesê daar is steeds brandbestryders op die toneel om smeulende boomstompe dop te hou.
Daar was Dinsdagaand in ʼn stadium nagenoeg 200 brandbestryders op Leeukop besig om die brand onder beheer te bring.
Sommige inwoners naby Leeukop en Vlaeberg is as ʼn voorsorgmaatreël ontruim, alhoewel geen skade aan eiendom aangemeld is nie.
