Die parlementêre portefeuljekomitee oor kommunikasie het Woensdag besluit dat Ellen Tshabalala, SABC-voorsitter, uit haar amp verwyder moet word.
‘n Ondersoek deur die komitee of Tshabalala oor haar akademiese kwalifikasies gelieg het, het haar skuldig bevind op twee aanklagte van wangedrag. “Ons beveel aan dat sy uit die SABC se raad as voorsitter en raadslid verwyder moet word,” het Joyce Moloi-Moropa, voorsitter van die komitee gesê.
Tshabalala het 14 werksdae om te reageer op ʼn verslag wat die komitee se bevindinge en aanbevelings bevat. Die verslag en Tshabalala se repliek sal aan die Nasionale Vergadering gestuur word vir goedkeuring.
Slegs president Zuma kan haar uiteindelik afdank.
Intussen sal LP’s die speaker versoek om Zuma skriftelik te vra om haar onmiddellik te skors.
Die komitee het sy beslissing gemaak nadat ‘n UNISA-amptenaar aan die ondersoekspan dokumente voorgelê het oor die gebrek aan Tshabalala se akademiese prestasie.
Sy het vir ‘n BComm-graad en ‘n diploma in arbeidsverhoudinge geregistreer, maar het geen van die kwalifikasies behaal nie.
Jan van Wyk, uitvoerende direkteur van Unisa, het getuig dat Tshabalala in 1988 en 1996 vir haar BComm-graad geregistreer het, maar nie haar studies voltooi het nie. Volgens UNISA het sy in 1995 vir ʼn diploma in arbeidsverhoudinge geregistreer.
Tydens haar akademiese jaar het sy twee modules geslaag, twee gedruip en nie eksamen afgelê vir twee van die modules nie.
In Januarie 1996 kon sy aan ʼn hereksamen deelneem vir die twee modules wat sy nie die vorige jaar afgelê het nie.
Sy het 13% behaal vir die menslikehulpbronne-module en 35% vir arbeidsverhoudinge. Unisa het toe ‘n brief aan haar geskryf om aan te dui dat sy nie kwalifiseer om weer die kursus te doen nie. “Die brief sê dat sy so swak gevaar het dat sy nie weer toelating sal kry nie,” het Van Wyk uitgewys.
Tshabalala is skuldig bevind op twee aanklagte van wangedrag. Die een klag hou verband met inligting op haar CV dat sy die twee kwalifikasies behaal het toe sy aansoek gedoen het vir haar pos as voorsitter van die SABC.
Die tweede klag is in verband met ‘n beëdigde verklaring wat sy afgelê het en by die parlement ingedien het waarin sy beweer haar kwalifikasies is tydens ‘n diefstal uit haar huis gesteel. Sy was nie Woensdag by die ondersoek teenwoordig nie.
Michael Tillney, vir Tshabalala, het vroeër sy kliënt se verklaring aan die komitee voorgehou waarin sy “prosedurele onbillikheid” as rede vir haar afwesigheid aanvoer.
Sy het onskuldig gepleit, maar dit is van die hand gewys.

hoeveel is die “golden handshake”?
Die SAUK en SAL se hoof beamptes se kantore moet twee deure he, een vir in en een vir uit, dit is soos n flippen trein rangeer werf daar soos hulle base wissel.
Die handdruk is soveel soos die duurste Sandton salon se prys om die myt ‘n middelpaadjie te gee tot sy terug is in haar krot langs haar slopemmer
Daar was gister ‘n twiet wat Anthea Jeffrey aanhaal dat van die 10,000 munisipale amptenare het 8,000 net ‘n laerskool kwalifikasie en minder. Het iemand dalk die aanhaling? Ek is nie seker uit watter boek/artikel/navorsing dit kom nie.
“Slegs Pres Zuma kan haar uiteindelik afdank”!!! Omdat sy ongekwalifiseer is, omdat sy gelieg het? Volgens hulle standaarde IS sy gekwalifiseer en wat lieg betref….
Kyk gerus weer die artikel oor Prof James Watson hier onder.
……….het oor die gebrek aan Tshabalala se akademiese prestasie. Overgesetzynde …dokumente oorgelê het van Tshabala se akademiese WANPRESTASIES.