Referendum oor grondwet wys Thailand se ‘bamboesdiplomasie’

Thailand se inwoners het begin stem in ’n referendum oor ’n nuwe grondwet wat deur die militêre junta opgestel is en die weg sal baan vir ’n algemene verkiesing in 2017, maar ook voorsiening maak vir toekomstige regerings om op die voorwaardes van die weermag te regeer. Dit is die eerste toets vir die junta

Lees verder: Referendum oor grondwet wys Thailand se ‘bamboesdiplomasie’

Uganda se president mik vir lewenslange termyn

Pres. Yoweri Museveni (foto bo links, in die geselskap van Barack Obama) word volgens Uganda se grondwet verbied om homself opnuut verkiesbaar te stel, maar indien die parlement besluit om die klousule rakende ouderdom te verwyder, kan hy “lewenslange” president word. Museveni is al drie keer herverkies in verkiesings waartydens beskuldigings van knoeiery telkens opklink.

Lees verder: Uganda se president mik vir lewenslange termyn

Rio Spele ingelui deur ‘n ontploffing

Die Rio Olimpiese Spele het met ‘n ontploffing afgeskop toe militêre plofstofdeskundiges ’n verdagte pakket naby aan die eindpunt van die mans se fietswedren by Copacabana-strand opgeblaas en vrees by toe­skouers ingeboesem het. By ‘n perdesportbyeenkoms in Deodoro, wat op ’n militêre basis is, het ‘n dwaalkoeël deur die seildak van die mediasentrum geskeur en

Lees verder: Rio Spele ingelui deur ‘n ontploffing

Zim Sondag in duisternis na groot kragonderbreking

Zimbabwe was Sondag donker na ‘n groot kragonderbreking veroorsaak is deur die meeste energie-eenhede onklaar geraak het. Krag het omstreeks 15:00 afgegaan voor dit in sommige dele van die land herstel is drie uur later, terwyl die oorblywende gebiede eers ses uur later weer elektrisiteit gehad het. Die kragvoorsiener ZESA Holdings het gesê: “ZESA Holdings

Lees verder: Zim Sondag in duisternis na groot kragonderbreking

Is ‘geestesongesteldheid’ die nuwe dekmantel vir terreur?

Is “geestesongesteldheid” die nuwe dekmantel waaronder djihadistiese aanvalle op die Weste geregverdig word? Dit lyk beslis só. Die jongste “geestelik onstabiele” jong man om ‘n oënskynlik arbitrêre aanval op ongewapende burgerlikes te loods was Zakaria Bulhan, ‘n 19-jarige Somaliese Moslem (foto bo). Hy het op die ouderdom van 5 in Noorweë aangekom en was glo

Lees verder: Is ‘geestesongesteldheid’ die nuwe dekmantel vir terreur?

Leon Lemmer: Twee politieke waterskeidings: 1795 en 1994

Die historikus Dan Sleigh (gebore in 1938) skryf soos geen ander outeur nie en dikwels beter as baie van hulle. Sy skryfwerk is ‘n toonbeeld van die seggingskrag van Afrikaans. Om sy werk te vertaal sou nie maklik wees nie. Niemand kan die lewe in bv die Hollandse Kaap herskep soos hy nie. Hy munt

Lees verder: Leon Lemmer: Twee politieke waterskeidings: 1795 en 1994

VSA erken dat ISIS uitbrei

Ná die VSA Dinsdag nog lugaanvalle teen ISIS-teikens in Libië van stapel gestuur het – ‘n uitbreiding van Amerikaanse militêre operasies buite Irak en Sirië – het NBC News ‘n kaart van die globale uitbreiding van die terreurgroep bekom. Die kaart is deel van ‘n geklassifiseerde inligtingstuk wat deur die Withuis ontvang opgedateer is vir

Lees verder: VSA erken dat ISIS uitbrei

Rand versterk ná Britse rentekoersverlaging en DA-vertoning

Die rand het sy beste koers in nege maande teen die dollar bereik nadat die Bank van Engeland rentekoerse verlaag het en die Demokratiese Alliansie ‘n goeie vertoning in gister se plaaslike verkiesings gelewer het. Die rand het vanoggend vroeg op R13,7035 teen die Amerikaanse dollar gestaan en R17,9938 teenoor die Britse pond. Die plaaslike

Lees verder: Rand versterk ná Britse rentekoersverlaging en DA-vertoning

‘Hollywood-base dreig akteurs wat Trump ondersteun’

Liberale Hollywood-base dreig na bewering akteurs wat Donald Trump ondersteun dat hulle nooit weer werk sal kry nie. Dié bewerings word gemaak deur die Amerikaanse sepiester en manlike model, Antonio Sabato jr. (foto hier bo). Volgens Sabato is hy aanlyn “geteiken” en op ‘n swartlys geplaas nadat hy ‘n toespraak ter ondersteuning van Trump by

Lees verder: ‘Hollywood-base dreig akteurs wat Trump ondersteun’

VF Plus kry 2% in Pretoria, hoop op koalisie met DA

Die leier van die Vryheidsfront Plus, Sakkie du Plooy, hoop om in ‘n koalisie met die DA in Pretoria te dien. Gisteraand teen tienuur was die DA en ANC min of meer gelykop met 42% elk van die stemme in die sogenaamde Tshwane-metrogebied. In weerwil van die groot aantal Afrikaners in Pretoria, is die VF

Lees verder: VF Plus kry 2% in Pretoria, hoop op koalisie met DA