Leon Lemmer: Tot lof van mure?

Stewige, hoë mure kan die grondslag vir goeie buurskap wees, veral in ‘n abnormale samelewing soos Suid-Afrika, waar rasgeïntegreerde woongebiede van owerheidsweë aan almal, maar veral aan die blankes, opgedring word en verset hierteen as rassisme en rassediskriminasie teen nie-wittes geëtiketteer word.

‘n Britse joernalis en deesdae veral ‘n televisie- en radiokommentator, Tim Marshall (gebore in 1959), het onlangs ‘n boek oor mure gepubliseer: Divided: Why we’re living in an age of walls (London: Elliott and Thompson, 2018, 272p; Amazon Kindle $14,36). Aanvanklik het hy sy spore as oorlogskorrespondent verdien. Ek het voorheen verwys na sy uitstekende boek oor die oorlog in Kosovo: Shadowplay: The inside story of the overthrow of Slobodan Milosevic (2002 – Praag 12.05.2018). Marshall is ook die outeur van: Prisoners of geography: Ten maps that tell you everything you need to know about global politics (London: Elliott and Thompson, 2015, 256p; Amazon Kindle $10,34). In hierdie werk skryf hy in breë trekke oor streke en kontinente; inligting wat hy ook in sy jongste boek benut.

By Marshall se gebruik van die term “mure” is ingesluit alle fisiese en geestelike versperrings wat daar tussen mense bestaan. “I use walls as shorthand for barriers, fences and divisions in all their variety … those walls are the ‘what’ of division, not the ‘why'” (Kindle 94). In die boek is mure die saambindende element, maar die besprekings handel in groot mate eerder oor die betrokke kontinente, lande of streke in die algemeen, insluitende sake wat verdeeldheid veroorsaak. Ek bepaal my aandag egter by voorkeur by fisiese mure. Mure kan die troefkaart (“trump”) in ‘n geskil wees.

Hadrianus se muur in Noord-Engeland

Dit is bekend dat mense reeds in die antieke tyd mure gebou het om hulle belange teen indringers te beskerm. Voorbeelde is die Groot Muur in China (vanaf 214 vC) en Hadrianus se muur in Noord-Engeland (vanaf 122 nC). Heelwat later, in 1660, het Jan van Riebeeck ‘n heining van amandelbome laat plant toe veediefstal reeds ‘n endemiese probleem in hierdie droewe land was. Maar hierdie heining kon kwalik as versperring teen diefstal gefunksioneer het. Lees in hierdie verband gerus die deurwinterde historikus, Dan Sleigh, se uitmuntend nagevorste artikel: “Politieke versinsels rakende die amandelheining” (LitNet 29.08.2018). Individuele woonplekke en woongebiede, asook hele dorpe en stede, is van die vroegste tye af en in baie streke en lande om veiligheidsredes dikwels ommuur.

Ongebreidelde misdaad het weens die koms van “vryheid” in Suid-Afrika in 1994 ‘n bloeityd in die plaaslike sekuriteitsbedryf ingelui. Woonplekke, sake-ondernemings en ander eiendom, bv voertuie (wat ons snags nie op straat durf laat nie), behoort deesdae in elke moontlike opsig teen misdaad beskerm te word. Die ANC-regering het onlangs kennis gegee dat ommuring teen diefstal, in die geval van veral blankes se eiendom, in ‘n sin tevergeefs gaan wees omdat owerheidsdiefstal gewettig gaan word – onteiening sonder vergoeding genoem. Die ANC beoog dus om sabotasie vorentoe op ‘n ander manier as voorheen te pleeg. In die plek van fisiese sabotasie met bv plofstof word (rasgebaseerde) statutêre sabotasie kragtens wetgewing begeer.

In breër perspektief: Vanwaar hierdie “fortress mentality”? (28). Veral in Europa kan dit toegeskryf word aan bv “the frightening heights of mass migration, the backlash against globalization* [and] the resurgence of nationalism” (33). Mure is dwarsoor die wêreld gewild, by uitstek in die 21ste eeu. “2016 set the record for border deaths (7 200 globally) because of the increase in border security” (1548). Mure staan as getuies en selfs as monumente teen internasionalisering/globalisme. Mure “best illustrate the challenges of identity in a globalized world” (94). “Thousands of miles of walls and fences have gone up arround the world in the twenty-first century. At least sixty-five countries, more than a third of the world’s nation states, have built barriers along their borders; half of those erected since the Second World War” (33). “There are many reasons why we erect walls, because we are divided in many ways – in terms of wealth, race, religion and politics. Sometimes divisions lead to violence, and walls are erected to protect or defend. Sometimes walls go up to keep certain people out. Sometimes physical walls don’t go up at all, but we still feel the separation; it’s in our minds. These invisible barriers are often just as effective” (43). [* Eerder: “globalism” – Praag 25.11.2018.]

Vir Afrikaners het fisiese en later geestelike laertrek as doeltreffende verskansing, as ommuring teen vernietiging en ter behoud van wat waardevol is, gedien. Afgesien van lewens en besittings is daar kultuur en identiteit wat deur mure beskerm kan word. “We develop a group identity, and this often leads to conflict with others. Our groups are competing for resources, but there is also an element of identity conflict – a narrative of ‘us’ and ‘them'” (63). Dink aan Harald Pakendorf wat polities byderwets aan sy gehoor vertel het dat daar nie ‘n onderskeid tussen “ons” en “hulle” gemaak moet word nie. Almal moet “ons” wees. Die absurditeit van sy standpunt blyk uit die volgende: “In vraetyd staan ‘n boer voor in die gehoor op: Baie dankie, nou verstaan hy. Ons steel so baie van ons skape” (Praag 14.04. 2018). Of hierdie absurditeit: Ons kan nie ons motors snags op straat laat nie anders steel of vandaliseer ons daardie voertuie. “In the context of evolution more and more of us needed to build barriers: walls and roofs to house ourselves and our livestock, fences to mark our territory, fortresses to retreat to if the territory was overrun, and guards to protect” (69). Deesdae is baie van hierdie fisiese versperrings “electrified, topped with searchlights and CCTV [closed-circuit television]” (74). Die jongste is dat onbemande vliegtuie, genaamd hommeltuie (“drones”), gebruik word om bv grense te patroleer.

China

Deel van die Groot Muur van China naby Beijing

Die Groot Muur in China is seker die bekendste muur. Dit word soos volg beskryf: “Continuous defensive wall stretching from western Gansu to the Gulf of Liaodong (2 250 km/1 450 mi). It was once even longer. It was built under the Qin dynasty from 214 BC to prevent incursions by the Turkish and Mongol peoples and extended westwards by the Han dynasty. Some 8 m/25 ft high, it consists of a brick-faced wall of earth and stone, has a series of square watchtowers, and sections have been carefully restored” (Collins World Encyclopedia, 2003, p 394).

Marshall noem dat hierdie muur 13 000 myl lank was (119, 178). Dit is om veiligheidsredes gebou om die sentrale deel van China van Binne-Mongolië te skei. Die muur simboliseer die verskil tussen “us and them” (164). John King Fairbank beskryf die muur as: “a line of demarcation separating the steppe from the sown field, nomadism from agriculture, and barbarism from civilization” (164). Dit was ‘n uitlewing van “Sinocentrism … the belief that China was the cultural centre of the earth, and the most advanced civilization” (164). Dit is ‘n gesindheid wat deesdae weer al hoe meer prominent in China word vanweë die ekonomiese oplewing wat die afgelope dekades daar ervaar word.

In China se buurland en aartsvyand en -mededinger, Japan, word dieselfde gesindheid van etniese meerderwaardigheid en verskansing teen inkommers reeds lank aangetref. Dit is slegs van Westerse lande wat verwag word om nie-blanke immigrante op groot skaal en sonder keuring te aanvaar. Die sprekende voorbeeld wat China en Japan met hulle etniese gesindheid stel, gegrondves op eeue-oue beskawings, toon duidelik dat die gevoel van kulturele meerderwaardigheid nie net by blankes aangetref word soos ons deesdae plaaslik en in die Weste wysgemaak word nie.

Aan die suidekant het die muur gehelp om die etniese Han-groep te verenig (178). Die weswaartse verlenging van die muur “protected part of the Silk Route, thus furthering economic growth” (178). Daar was dus destyds genoegsame redes om die muur te bou, al het dit veral op die lange duur nie absolute beskerming teen invalle en invloede gebied nie. Deesdae maak elektroniese kommunikasie, soos die Internet, dit uiters moeilik om inligting, bv politieke idees, buite te hou. In die noordweste in die Xinjiang-provinsie, geannekseer in 1949 (219), aanvaar die Turkse Uigur (Moslems) glad nie Chinese dominansie nie (224). Dit geld ook vir die Tibettaanse Boeddhiste (242). Tibet is sedert 1951 staatkundig deel van China.

Amerika

Die muur wat deesdae meer in die nuus is as China se Groot Muur is die een wat Donald Trump belowe het om op die grens tussen Amerika en Mexiko te bou ten einde onwettige en ongewenste immigrante en vlugtelinge buite te hou. “This is perhaps the most famous non-existent wall in the world” (495). Trump het ‘n muur “with an average height of 30 feet” in die vooruitsig gestel (495). “The border stretches 2 000 miles from the Pacific Ocean to the Gulf of Mexico via California, Arizona, New Mexico and Texas. At most a wall could be built along 1 000 miles of it, with natural obstacles such as steep terrain, bedrock and water getting in the way along the rest of the route” (709). Maar daardie beoogde muur is meer as ‘n fisiese muur. ‘n Trump-ondersteuner het gesê: “We would look at the wall as not just a physical barrier to immigration but also as a symbol of the American determination to defend our culture, our language, our heritage, from any outsiders” (509). “It endorses the idea of making ‘America Great Again’ and symbolizes the support that exists for putting ‘America First'” (516). “A border defines a nation, and Trump’s wall is attempting to define what America is – both physically and ideologically” (736).

Soos dit iemand betaam wat ondersteuners soek, dus gewildheid en gevolglik die mode-politiek onderskryf, het Marshall ‘n goor gesindheid jeens Trump en sy muur: “It’s the ‘otherness’ of those who are entering the country, and the fear that they could dilute what some perceive [!] to be ‘American’ culture, that makes the wall so important to its supporters. For those who oppose it, the wall goes against American values of freedom, liberty,* equality and an America for all” (530). Die punt is: Daar is iets soos ‘n Amerikaanse kultuur, ten minste wat blanke Amerikaners betref en hulle is tans nog in die meerderheid. Dit is veral linkse akademici in Amerika wat ontken dat daar so iets soos ‘n Amerikaanse kultuur is en in soverre daar dalk sprake van so iets mag wees, is dit glo nie die moeite werd om dit te koester en te beveilig nie. Dit is kulturele marxisme in sy suiwerste vorm. [* Daar is ‘n neiging om “freedom” in persoonlike en sosiale verband te gebruik en “liberty” in politieke en staatkundige verband.]

“An America for all” is ‘n gevaarlike wanberip, soortgelyk aan wat veral Pierre en Justin Trudeau in Kanada wil bewerkstellig, naamlik dat Kanada weens massa-immigrasie in so ‘n mate multikultureel moet word dat die bevolking dié van die wêreld weerspieël. Afgesien van die nuwe probleme wat op hierdie manier doelbewus vir Kanada geskep word, sal die land dan ook met baie van die probleme wat in die res van die wêreld voorkom, opgeskeep sit. Massa-immigrasie hou daadwerklike gevare vir die tradisionele en heersende Amerikaanse (en Kanadese) kultuur in. Dit is linkse elemente wat die Amerikaanse regering die reg van keuring, van watter immigrante gewens is en hoeveel van hulle toegelaat word, wil ontsê.

Deel van die huidige grens tussen Mexiko en Amerika met patrollievoertuie.

Daar is reeds versperrings, bv heinings, oor lang afstande op die Amerika/Mexiko-grens. Marshall se bewering hier bo, dat dit ‘n “non-existent wall” is, is dus ten minste deels vals. Byvoorbeeld: “In 1978 the Immigration and Naturalization Service (INS) put out a tender for two 12-foot-high fences topped with barbed wire to be built in Texas” (594). “When President Obama came to the White House there were over 600 miles of barrier, and he kept building” (615). Die National Geographic Magazine het hierdie grensmure en -heinings ‘n aantal jare gelede duidelik op ‘n kaart aangedui. Daar is ook ‘n kaart hiervan in Marshall se boek (563). Vorige Amerikaanse presidente is nie vir die oprigting van daardie beveiligingsmiddele verkwalik nie. Waarom dan hierdie tirade teen Trump? Dit gaan vir hom immers om die bekamping van misdaad. Inkommers wat onwettig ‘n land betree, maak hulle skuldig aan ‘n misdaad. In linkse geledere word hierdie feit verdoesel. Hulle praat nie meer van “onwettige immigrante” nie maar van “ongedokumenteerde immigrante.”

In die Mexikaans-Amerikaanse Oorlog (1846-1848) “the USA acquired what are now California, Nevada, and Utah, and parts of New Mexico, Arizona, Colorado, and Wyoming” (Collins World Encyclopedia, 2003, p 602). In die suidwestelike state van Amerika word die Spaanssprekende inkommers al hoe meer. Eersdaags kan die blankes daar ‘n minderheidsgroep word. “Including the Hispanics, non-whites currently make up about 40 per cent of the [entire American] population, a figure that is predicted to rise to 53 per cent by 2050, with Hispanics comprising about 29 per cent, making them the fastest-growing ethnic group over the next thirty years” (Marshall 743). Dat die tradisionele Amerikaanse kultuur aangetas word, behoef geen betoog nie. “It is possible that within a few decades several states will give Spanish legal equality with English as the official language in schools and the government system” (537). In Amerika is daar groter geesdrif vir skoolonderrig in Spaans as wat daar in ANC-geledere ondersteuning vir Afrikaanse skole is. Die situasie in Amerika word vererger deurdat daar nou reeds talle organisasies bestaan wat hulle aktief vir “herowering” beywer, dus selfregering en selfs onafhanklikheid vir daardie suidwestelike state. Die deportasie van Mexikane deur Amerika is nie ‘n nuwe idee nie. Weens die groot ekonomiese depressie in die jare dertig, “somewhere between 500 000 and 2 million people were deported to Mexico, many of whom were actually US-born citizens” (587).

Israel

Israelse muur aan die Wesoewer wat Palestyne en Israeli’s van mekaar skei

Dit is in die Weste, in lande onder blanke beheer, waar mure nie mag bestaan om mense te skei of uit te hou nie. Vóór 1994 is geen sodanige mure, bv in poskantore, kritiekloos in Suid-Afrika geduld nie; deesdae steeds nie in bv Amerika nie. ‘n Ander land wat nie toegelaat word om sy voortbestaan kritiekloos te verseker nie, is Israel. Die muur wat oos en suid van Jerusalem op die Israeli/Wes-Oewer-grens tot by Bethlehem opgerig is, ontlok deurlopend ‘n stroom van negatiewe kritiek. Hierdie muur bestaan uit “26-foot-high slabs of concrete, topped with barbed wire. Some sections are electrified, and interspersed with high watchtowers” (903).

“The rest of the 440-mile-long barrier is a fence. Despite the fact that only 3 per cent of the ‘separation barrier’ between Israel and the Palestinian West Bank is made of concrete, it is routinely referred to as ‘The Wall’. Why? Because the 3 per cent is far more visually arresting than the other 97 per cent” (909). Dít is wat gefotografeer en gepubliseer word. Daar is in 2000 met die bou van die muur begin (948). Dit word deur die oorgrote meerderheid Israeli’s as ‘n noodsaaklike sekuriteitsmaatreël beskou (979). “The wall is a huge success” (986). “As the barrier has gradually enclosed the West Bank, suicide bombing and gun attacks in Israel have fallen dramatically” (1000; ook 979).

Die Palestyne beweer dat die muur daar is om teen hulle te diskrimineer. Ook dat dit plek-plek nie op die grens nie maar binne die Wes-Oewer-gebied opgerig is. Die Israeli’s steel glo Palestynse grondgebied (964): “It was ours all along” (971). Dit is die soort retoriek wat Suid-Afrikaanse blankes tans tot vervelens toe moet aanhoor wanneer gepoog word om onteiening sonder vergoeding te regverdig. In werklikheid is dit die uitlewing van die tradisionele swart Afrika-benadering waarmee diefstal vergoeilik word: “‘n Mens se besittings is tot beskikking van ander” (Attie van Niekerk, Sáám in Afrika, Kaapstad: Tafelberg, 1992, p 50).

Andries Bezuidenhout skryf dat die dorpie Alice, by die Universiteit Fort Hare, van ‘n blanke tot ‘n swart dorp getransformeer is. Anders as voorheen staan die voordeure van die huise deesdae oop. As oorverligte wil Bezuidenhout graag ‘n huis in Alice koop (Netwerk24, 16.10.2018). Dan sal sy besittings ook tot die beskikking van ander wees. Hy sal sy voordeur liefs moet sluit. Teen die 11de eeu was daar ‘n kolossale Beninstad in Wes-Afrika. In 1691 het ‘n Portugese skeepskaptein oor hierdie stad geskryf: “It was so well governed that theft is unknown and the people live in such security that they have no doors to their houses” (Marshall 2027). In die 21ste eeu in die nuwe Suid-Afrika is die werklikheid in hierdie opsig radikaal getransformeer. Steelsug vier hoogty. ‘n Mens kan tot die gevolgtrekking kom dat dit sedert 1994 aan onder meer ondoeltreffende regering te wyte is.

In 1949 het die Israeli’s en Palestyne ooreengekom dat die Groen Lyn die grens tussen hulle is. In 1967 het Israel egter die Wes-Oewer, Gaza, die Sinai-skiereiland, die Golan-plato en Oos-Jerusalem in ‘n defensiewe oorlog verower (941). Daarmee het Israel die reg verkry om van die Groen Lyn af te wyk. Dit dien as regverdiging vir die plekke waar die muur of heining binne die Wes-Oewer-gebied is. Sodanige posisionering bevorder die beveiliging van Israel.

“In addition to the one in the West Bank, they built a security barrier on the border with Gaza; begun in 1994, it’s nearly 40 miles long. There is also a 152-mile-long fence along the Egyptian-Israeli-border, completed in 2013, which has halted illegal immigration from a variety of African countries. Between 2000 and 2012 almost 50 000 Africans, mostly from Sudan, Eritrea and Ethiopia, crossed the border … A fourth fence, less publicized, is one built along the Syrian border after that country plunged [in 2011] into civil war” (1007). Wat opval, is dat Israel se muurbouery en heiningoprigting in 1994 begin het; dalk omdat die Israeli’s die onverkwiklike lot van blanke Suid-Afrikaners ten alle koste wil vermy. Israeliese Arabiere, ‘n vyfde van die bevolking, het meer regte as blanke Suid-Afrikaners. Hulle is nie net verseker van volle stemreg nie, maar ook van bv eie woongebiede en skole (1116).

Midde-Ooste

“In 2014 just 5 per cent of the global population lived in the Arab world but suffered 45 per cent of the world’s terrorist attacks” (1280). “There are small walls all over the Middle East. Each one is a testament to the terrorist violence now endemic across the region. You can see them in Baghdad [Iraq], Damascus [Syria], Amman [Jordan], Sana’a [Yemen], Beirut [Lebanon], Cairo [Egypt], Riyadh [Saudi Arabia] ” (1246). Veral die stewig ommuurde “Green Zone” in Baghdad se regeringsbied is bekend (1253). “Saudi Arabia has built hundreds of miles of fence along its northern and southern borders, Kuwait has fenced off its frontiers, and Jordan has fortified its border with Syria; to the north the Turks have built a wall 10 feet high and 7 feet thick [along part of the border with Syria – 1404], while the convulsions in Libya have led Tunisia and Egypt to construct fences along their frontiers” (1344). “Washington DC funded the ‘Jordan Border Security Program … There is now a 160-mile-long high-tech security fence along the Syrian frontier. It has watchtowers, night-vision cameras and ground sensors that can detect movement 5 miles each side of the border. A similar structure covers 115 miles of the Iraq border” (1357).

“The border fences constructed by the Saudis are even longer, and costlier, than those in Jordan, but they are also built with American assistance. The Northern Border Project covers over 550 miles of the Iraq frontier. It has a triple fence, a giant sand berm, thirty-two ‘response stations’ linked to seven command and control centres, all backed up by 240 quick-response vehicles” (1364). Die ironie is: Amerika kan oor honderde kilometers sekuriteitsheinings in Jordanië, Saoedi-Arabië en elders in die Midde-Ooste oprig, maar as dit by die beveiliging van Amerika se grens met Mexiko kom, is daar luide kritiek. “To its south Saudi Arabia has fenced off part of its border with Yemen [“a stretch of frontier about 100 miles long” – 1377]. This project began in 2003 and, as with Jordan’s original plan for the Syrian fence, was originally designed to reduce arms- and people-smuggling from dirt-poor Yemen into the far richer Saudi Arabia” (1370). “The fence still leaves hundreds of miles of the border open in the desert areas to the east, but here the distances are so great, and the conditions so brutal, that it is harder to evade patrols and there are fewer crossings” (1384).

In 1990, op die grens met Irak, “Kuwait … constructed, literally, a line in the sand … A 6-mile deep barrier consisting of three parallel sand berms arose along the entire length of the border. Parts were topped with barbed wire and had tank ditches in front of them” (1391). “A 135-mile-long fence has since been erected from the Iraqi border town of Umm Qasr along to the joint border triangle where Iraq, Kuwait and Saudi Arabia meet. Like so many other countries in the Middle East, Kuwait is trying to guard itself against the proliferating violence in Iraq, and also stop illegal immigration into its much wealthier economy” (1397).

Indiese subkontinent

Die Britse Ryk op die Indiese subkontinent, die Raj, het in 1947 met die onafhanklikheid van Indië en Pakistan tot ‘n einde gekom. Die verdeling het hoofsaaklik op grond van godsdiens plaasgevind, met Indië wat hoofsaaklik ‘n Hindoe- en Pakistan wat hoofsaaklik ‘n Moslem-bevolking het. In 1971 het Oos-Pakistan as Bangladesj onafhanklik van Pakistan (voorheen Wes-Pakistan) geword. “On India’s frontier with Bangladesh is the longest border fence in the world. It runs along most of the 2 500-mile boundary … Hundreds of miles of this barrier are double-layered, parts of it are barbed wire, parts are walled, parts electrified and parts floodlit” (1528). “Even if a sensor is tripped miles away from a control room, within a minute a drone can be overhead and a patrol on its way” (1534). “Border guards have shot dead hundreds of people attempting to get into India” (1542). Desnieteenstaande het die Indiese regering hom aangematig om jaarliks oor Suid-Afrika se apartheidsbeleid by die Verenigde Nasies te kla.

Oorlaaide trein in Dhaka, Bangladesj

“The justifications for the fence on India’s border with Bangladesh include prevention of weapons- and contraband-smuggling and deterrence of cross-border insurgents; but primarily the fence is there to prevent illegal immigration at levels that have resulted in riots and the mass killing of foreigners. Its main purpose is to keep people out” (1548). Indië is reeds oorbevolk. “Refugees and illegal immigrants have flocked there from Afghanistan, Sri Lanka, Myanmar (formerly known as Burma), Tibet, Pakistan and Bangladesh. There are at least 110 000 Tibetans who have fled since China annexed their territory in 1951, around 100 000 Tamil Sri Lankans who arrived during the island’s civil war earlier this century [1983-2009] and the upheavals in Afghanistan have seen a steady flow of people to India. But by far the greatest number of immigrants are from Bangladesh, which is surrounded by India on three sides” (1575). Bangladesj [1 100 mense per vierkante kilometer] is selfs meer oorbevolk as Indië [400 mense per vierkante kilometer]: Bangladesj “is smaller than the US state of Florida but is home to 165 million people, compared to Florida’s 20 million, and the population is growing rapidly” (1675). “Muslims make up about 15 per cent of Indians, getting on for 200 million in number. But in Bangladesh about 90 per cent of people are Muslim” (1697).

Anders as in Indië word, soos in Suid-Afrika, geen minderheidsregte in Bangladesj erken nie. “There are numerous reports of forced conversions of Hindus to Islam … Add to this Bangladesh’s annual storms and flooding and it is easy to see why so many people choose to cross the border” (1595). In hierdie eeu het meer as 15 miljoen Bangladesjers hulle in Indië gevestig (1602). “In the first decade of this century BSF [Border Security Force (India)] personnel gunned down an estimated 900 Bangladeshis as they attempted to cross the border” (1628). Indië “has not signed the 1951 UN Refugee Convention … Instead, all foreigners come under the 1946 Foreigners Act” (1628). Die Indiese provinsie Assam het ‘n grens van 163 myl met Bangladesj. “Since 1971, Assam’s population has more than doubled, from 14,6 million to over 30 million, much of which is due to illegal immigration. Hindu nationalists have argued that the area might have a Muslim majority by 2060” (1615).

In die ooste van Bangladesj, aan sy grens met Myanmar, is die Rohingya, ‘n Moslem-minderheidsgroep in Boeddhistiese Myanmar. “In the early 1990s up to 250 000 Rohingya fled to Bangladesh amid reports of religious persecution” (1711). “Faced with ever-increasing numbers, [Bangladesh] started to forcibly deport tens of thousands back across the border” (1717). Wat Myanmar doen, is “planning to upgrade and expand the barrier along the 170-mile border. There have also been allegations that landmines have been laid to prevent people from returning” (1731).

In die ooste van Indië, aan albei kante van sy grens met Myanmar, is die Nagas, ‘n christelike bevolkingsgroep wat hulleself nie as deel van Indië of Myanmar beskou nie. Sommige van hulle “sometimes spills over into India, and had led to the construction of a fence, not by the Indians but by Myanmar, along parts of that section of the border” (1744). “In early 2017, with Indian army operations continuing against the insurgents, Myanmar began to construct a short border fence in the ‘Naga Self-Administered Zone’, a region where the Naga people enjoy limited autonomy” (1763). Dit lyk asof die Nagas polities beter daaraan toe is as die Afrikaners. “There are now an estimated 2 million Nagas spread across each side of the frontier, an area that Naga nationalists want to turn into a united homeland” (1750).

Met onafhanklikheid in 1947 is die Kasjmir-provinsie met sy Moslem-meerderheid verkeerdelik by Indië pleks van Pakistan ingedeel (Praag 10.06.2018). “Since partition, relations between the two countries have been fraught and this is very much a ‘hot’ border. India has built a 340-mile-long barrier along the disputed ‘Line of Control’ (ceasefire line) inside Kashmir, a region both countries say is their sovereign territory. Most of it is 150 yards inside the Indian-controlled side and consists of double-row fencing up to 12 feet high … The strip of land between the two fences is mined” (1783). Tweederdes van die Kasjmiri’s woon aan die Indiese kant en ‘n derde aan die Pakistanse kant van die wapenstilstandslyn. Indië “is now filling in the gaps in its north and western border defences, having already fenced parts of the Punjab and Rajasthan in the 1980s and 1990s, and is working to ‘seal’ its entire western border, from Gujurat on the Arabian Sea right up to Kashmir in the Himalayas” (1797).

“Pakistan’s 1 510-mile-long western border with Afghanistan was also shaped by outsiders … It separates Pashtuns [Pathans] each side of it into citizens of different countries, a separation many do not accept. For that reason, and because Afghanistan claims some territory east of the line, Kabul does not recognize the border. Pakistan, desperate to prevent Pastun nationalism leading to secession, prefers a weak Afghanistan. This, in part, is why sections of the Pakistani military establishment covertly support the Taliban” (1824). “By the spring of 2017 things had become so bad that Pakistan announced plans to build a fence in two districts along the border” (1830).

In die suide “is the Pakistan-Iran border, and here it is the Iranians who are engaged in wall-building. A 10-foot-high, 3-foot-thick concrete wall is rising along parts of the frontier. This follows years of drug-smuggling, but also the infiltration of Sunni militia groups from Pakistan into Iran, which is a majority-Shia country” (1837).

Naas fisiese mure is daar geestelike, bv religieuse, mure tussen mense op die Indiese subkontinent, veral Hindoe teenoor Moslem (1850). Maar ook binne religieë is daar versperrings. “Hindus are divided into rigid hierarchical groups based on what they do for a living. This is justified in the Manusmriti – the most authoritative book on Hindu law, which regards the system as the ‘basis of order and regularity of society’. Higher castes live among each other, eating and drinking places are segregated, intermarriage is usually banned, or at least frowned upon, and in practice many jobs are closed to lower castes” (1856). Maar dit is juis die hoër kaste, diegene in beheer van die Indiese regering, wat jaarliks by die Verenigde Nasies teen Suid-Afrika se apartheidsbeleid uitgevaar het.

“There are four main categories of people according to the system: Brahmins, Kshatriyas, Vaishyas and Shudras” (1870). Laasgenoemde doen hande-arbeid. “Outside of the system are those who used to be known as the Untouchables, but are now mostly called the Dalits (‘broken people’)” (1870). “There is an element of skin colour involved in the caste system that many people like to downplay … a ‘profound influence on skin pigmentation’ within the class structure, the lighter skin tones being predominantly found among the ‘higher’ castes” (1877). “The walls around India are designed to keep people out, and those within to keep people down” (1917).

Afrika

Deel van die reeks grondwalle, mure en versperrings met Marokkaanse soldate in die Wes-Sahara

“There’s a wall at the top of Africa. It’s a wall of sand, of shame and of silence. The Moroccan Wall runs for 1 700 miles through Western Sahara and into parts of Morocco. The whole construction separates what Morocco terms its Southern Provinces along the Atlantic coast from the Free Zone in the desert interior – an area the Sahrawi people call the Sahrawi Arab Democratic Republic. It is built of sand piled almost 7 feet high, with a backing trench and millions of landmines stretching several miles into the desert on each side of the barrier. It is thought to be the longest continuous minefield in the world. Every three miles or so there is a Moroccan Army outpost containing up to forty troops, some of whom patrol the spaces between the bases, while two and a half miles back from each major post are rapid-reaction mobile units, and behind those artillery bases. The length of the wall is also dotted with radar masts which can ‘see’ up to 50 miles into the Free Zone. All this is intended to keep fighters from the Sahrawi military force, called the Polisario Front (PF), well away from the wall and the areas Morocco considers its territory” (1941).

“Prior to Spain’s withdrawal from the region in 1975 there had already been a Western Saharan independence movement. As the Spanish left, 350 000 Moroccans took part in the ‘Green March’ – they walked into the region and claimed it as Moroccan territory. Spain subsequently transferred control to Morocco and Mauritania; the government in Rabat effectively annexed the territory and sent in 20 000 troops, who were immediately confronted by the PF. The fighting lasted sixteen years and took the lives of tens of thousands of people. Despite their superior numbers and modern military equipment, the Moroccan army could not subdue the guerrilla tactics of the PF. In 1980 they began building what became known as the ‘Wall of Shame’, finishing it in 1987” (1947). Die Berlynse muur, wat tot 1989 Wes- en Oos-Duitsland geskei het, is ook “the Wall of Shame” genoem (2324). Met hierdie benaming skaar jy jou aan die kant van onderskeidelik die Polisario Front en die Weste.

“Moroccan immigration has completely changed the composition of the Western Saharan population as the government has encouraged people to settle there by offering tax breaks, subsidies and one-off payments. The total population of the remaining Sahrawi is … between 200 000 and 400 000. Until the mid twentieth century they’d had no concept of borders; they simply moved over a vast area, following unpredictable rainfall. Now, 85 per cent of what they would regard as their traditional territory is under Moroccan control. The word Sahrawi means ‘inhabitants of the desert’ and that is what they wish to be – not inhabitants of Morocco” (1955).

Later skryf Marshall dat ‘n mens sosiaal aanvaar wil wees en dit gebeur in die geledere van diegene waarmee jy identifiseer, “which gives you the feeling of safety in numbers – this quickly leads to the recreation of a tribe” (1999). Dit is seker die grootste gemis vir blankes in die nuwe Suid-Afrika: dat ons nie toegelaat word om bv eksklusiewe woonbuurte, skole en universiteite te hê nie. Dit is wel valslik deur FW de Klerk voor die 1992-referendum aan die blanke kiesers belowe, maar daar het niks van tereg gekom nie. Nêrens mag blankes hulle identiteit of kultuur sosiaal verskans nie. Slegs binne huise mag die eie in ‘n mate uitgeleef word. Wat tuis om bv vleisbraaivure gesê word, word verdag gemaak en aan kritiek onderwerp. Sodanige gedwonge individualisering van blankes bring mee dat hulle diep bewus is van die benardheid van hulle situasie; dat hulle in hulle klein getalle voortdurend en toenemend hulle onveiligheid aanvoel.

Waarvoor blankes deur swart mag verkwalik word – by voorkeur apartheid genoem – is in werklikheid ‘n hoogs natuurlike neiging. Marshall verwys na “Nairobi in Kenia, where often people from different tribes around the country settle in districts of the city populated by those of the same tribe” (1999). In daardie gevalle is die ontwikkelings- en kultuurverskille by swartes onderling baie kleiner as by blankes in vergelyking met swartes. “Belonging to a tribe is a positive thing, a source of pride for many, in Africa – as elsewhere” (2006); ook vir Afrikaners, maar as hulle hulle eiesoortigheid en trots probeer uitleef, word hulle van rassisme beskuldig. Anders as by swartes mag daar by blankes niks eksklusiefs wees nie. Wanneer blankes betrek word, moet grondige kultuurverskille met inklusiwiteit verwater word.

Botswana se stabiliteit en voorspoed word aan sy etniese homogeniteit toegeskryf (2150). Die volgende is dus verstaanbaar: “Botswana has a 300-mile-long electric fence along its border with Zimbabwe” (2171). “Zimbabwe, and its impoverished population, is also fenced off from South Africa. As one of the richest countries in southern Africa, South Africa is a magnet for migrants – which is partly why it also has a fence along its border with Mozambique” (2171). Die heinings waarna hier verwys word, is waarskynlik dié wat vóór 1989 opgerig is. Sedert 1990 word hulle nie meer behoorlik in stand gehou nie. Marshall stel die getal Zimbabwiërs in Suid-Afrika op 3 miljoen en die getal Nigeriërs op 800 000 (2178).

[Na aanleiding van Sean Christie se boek, Under Nelson Mandela Boulevard (Johannesburg: Jonathan Ball, 2016, 240p, R240; Amazon Kindle $13,10), het ek op Praag (29.07.2017) soos volg uit daardie boek aangehaal: “Perhaps the most powerful embodiment of the apartheid government’s attitude to black foreigners … was the three-hundred-odd kilometers of fencing it had erected along parts of South Africa’s border with Zimbabwe and Mozambique” (Kindle 1485). “When the voltage was cut in 1990,* holes began to appear. With the country’s leadership preoccupied with the transfer of political power from white to black hands, the holes widened until eventually entire sections of fence were being carted off by metal thieves” (1492). Ek het verder geskryf: “Die ANC-regering het hom al meermale ten gunste van die algehele afskaffing van grensbeheer uitgespreek” en “Wat deurgaans opval, is dat enigeen wat na of van Suid-Afrika wil reis of hom hier wil vestig, dit maklik sonder dokumentasie of formaliteite kan doen.” (* “Een van FW de Klerk se ‘inisiatiewe’, wat meegebring het dat terroriste en wapens, asook ander misdadigers, Suid-Afrika vryelik binnegekom het.”)]

“In Africa, already home to widespread poverty, the population is expected to double, from 1,2 billion now to 2,4 billion within about thirty years” (Marshall 3176). Die ANC se beoogde afskaffing van landsgrense beteken stikdonker nag vir Suid-Afrika. Hierdie dwase beleid is gebaseer op die drogredenasie “that the practice of citizenship within a state is as violent and discriminatory as the slave trade, because it places citizens’ rights over human ones and thus legitimizes the idea that some people are more human than others” (3189).

Steyn City, ‘n ommuurde woongebied noord van Johannesburg

Verskanste woongebiede (“gated communities”) is ‘n algemene verskynsel in die groot stede in Afrika; welgestelde mense wat hulle apartheid en veiligheid koop. Hierdie verskynsel het in die 20ste eeu begin (2206). Armoede en misdaad kom op groot skaal voor, gevolglik is daar ‘n behoefte by die elite om hulle af te sonder van die gepeupel. Marshall verwys na woongebiede in Lusaka (2192) en Johannesburg. Laasgenoemde “had 300 enclosed neighbourhoods and 20 security estates” (2212). Die Afrika-lande wat in hierdie opsig die toon aangee, is Suid-Afrika, Zambië, Kenia en Nigerië (2206), asook Ghana (2253). Dikwels is dit ‘n poging om instansies en welgestelde buitelanders aan te moedig om sake-ondernemings in hierdie lande te vestig.

[Maar verskanste woongebiede kom ook elders in die wêreld voor, bv “fortified towns” het reeds in die 1930’s hulle verskyning in Kalifornië gemaak. “One study in 1997 estimated that by then the USA had 20 000 gated communities housing 3 million residents” (2212). Dieselfde verskynsel kom in Sentraal- en Suid-Amerika voor. Marshall verwys na voorbeelde in Lima, Peru, en Sao Paolo, Brasilië (2220). Suid-Amerikaanse lande verskans hulle ook teen buurlande. “Since 2014 the residents of the Paraguayan town of Encarnación have been divided from their Argentine neighbours in Posadas by a 15-foot high, mile-long concrete wall along the river on the Argentine side … Next to Paraguay is Bolivia, from where migration into Argentina also comes. This prompted the congressman from the northern Argentine province of Salta, Alfredo Olmedo, to say ‘We have to build a wall … I agree 100 per cent with Trump'” (3209).]

Ter beveiliging van die inwoners is ommuurde stede en dorpe dwarsoor die antieke wêreld aangetref. Namate nasiestate gevorm is, het die sekuriteitsbehoeftes verander en is lande eerder as stede en dorpe verskans of ten minste verdedig: “With the rise of the nation state and internal security … cities allowed walls to be taken down, or began to expand outside them. Now the walls have started to go back up again. But whereas in the past the whole community would be able to retreat behind its walls for protection when threatened, now only a minority live there permanently” (2206).

In die nuwe Suid-Afrika hou die ANC-regering nie van verskansing/”apartheid” nie. Dit verg baie tyd, geld en moeite om goedkeuring vir ‘n verskanste woongebied te kry. Baie geld word eerder bestee aan die beveiliging van die lewens en wonings van die toppolitici. Die bedenklike veiligheidsituasie, soos weerspieël in die onderlinge gebrek aan vertroue by Suid-Afrikaners, toon duidelik dat Suid-Afrika nie naasteby ‘n nasiestaat is nie; wel veel eerder ‘n mislukte staat, al word daar graag hoog oor nasiebou opgegee.

In die nuwe Suid-Afrika is ommuurde of verskanste woongebiede wesenlik ‘n veiligheidsmaatreël en nie ‘n voortsetting van apartheid nie omdat enigeen wat dit kan bekostig en uit enige etniese groep hom daar kan vestig. Aparte woongebiede vir etniese groepe, soos in die Suid-Afrika van weleer, word nie uitsluitlik of by voorkeur ten behoewe van blankes geskep nie en kom dwarsoor die wêreld voor. Byvoorbeeld, Amy Chua, ‘n etniese Chinees, skryf: “My relatives live literally walled off from the Filipino masses, in a posh, all-Chinese residential enclave … The entry points are guarded by armed, private security forces” (World on fire: How exporting free market democracy breeds ethnic hatred and global instability, London: Arrow Books, 2004, 370p; Amazon Kindle $12.70, 139 – Praag 30.01.2016).

Europa

Deel van die voormalige Berlynse muur

Die Berlynse muur, wat die skeiding van Wes- en Oos-Duitlsland gesimboliseer het, word deur Marshall in besonderhede bespreek. In November 1989 is hierdie isolasie beëindig. In 1990 is Duitsland herenig. Hierdie gebeure het die verbrokkeling van die Sowjetunie ingelui en toon dat kommunisme as ekonomiese stelsel misluk het. In Suid-Afrika het FW de Klerk dit verkeerdelik as die einde van kommunistiese mag vertolk; asof bv die ANC oornag nie-marxisties sou word (of ten minste nie meer boos en gevaarlik sou wees nie) en daar dus met ANC-kamerade (swartes en blanke kommuniste) onderhandel kon word, asof hulle Westerse waardes aanhang en soos Westerlinge dink. Hierdie dwase benadering het sedert 1990 kolossale rampspoed vir Suid-Afrika meegebring.

Ná die Tweede Wêreldoorlog het die populêre mening téén nasionalisme en nasiestate gedraai. Europese eenheid sou glo vrede verseker. In 1957 is die Europese Ekonomiese Gemeenskap gestig, gevolg deur die Europese Unie (EU) in 1993 en vir lidlande ‘n enkele geldeenheid, die Euro, in 1999. “More and more powers were transferred to Brussels in a dilution of soveignty that not everone supported” (2448). Vrye beweging oor landsgrense heen is binne die EU toegelaat. Die massa-immigrasie van onder meer vlugtelinge en asielsoekers het die nadele verbonde aan die oopstelling van die EU-landsgrense tuisgebring, onder meer die onassimilieerbaarheid van veral Moslem-immigrante, asook die gevaar van terrorisme. Dit is veral Angela Merkel se verwelkoming van miljoene immigrate in Europa en veral Duitsland wat weerstand in veral die Visegrad-lande (Hongarye, Pole, Slowakye en Tsjeggië) ontlok het (Marshall 2489).

Europeërs het toenemend Jean-Claude Juncker, die president van die Europese Kommissie, se beskrywing in 2016 van landsgrense as “the worst invention ever” verwerp (2496). “The EU has never really succeeded in replacing the nation state in the hearts of most Europeans” (2476). “Many academics like to argue that nationalism is a ‘false construct’ because it is based on ‘imagined communities’, but there is nothing false about people’s feelings concerning their national identity, and ‘imagined’ does not mean non-existent” (2489). Daar is talle kultuurgroepe in Europa en elders wat “believe that they are a nation, and as such a nation deserving of a state” (2489). Dit geld ook vir (baie) Afrikaners.

“The 20-foot-high double fence” om Melilla en Ceuta, Spanje se enklaves in Marokko, bestaan reeds lank om veral onwettige immigrante uit Afrika buite te hou (2516). Na die anneksering van die Krim-skiereiland deur Rusland in 2014 het die Oekraïne sy oosgrens met Rusland gefortifiseer. Die Baltiese State (Estland, Letland en Litoue) het in 2015/7 ook heinings aan hulle oosgrens opgerig ten einde hulle teen die bedreiging uit Rusland te beskerm (2516).

Die eerste heinings teen die invloei van immigrante uit veral die Ooste en Midde-Ooste is in 2011 deur Griekeland aan sy grens met Turkye opgerig. “In 2015 Bulgaria followed suit” (2523). Hongarye “began to build a fence, first along its border with Serbia, then the one with Croatia, ending up with over 300 miles of razor-wire fencing to keep people out” (2530). “Slovenia erected a fence along its border with Croatia; Macedonia along its Greek border; Austria along its busiest border crossings with Slovenia and Italy” (2536). “Norway has built a fence along its border with Russia, and Sweden began to restrict the flow of migrants entering the city of Malmö across the Øresund bridge linking it with Denmark” (2543). “In 2016, Denmark introduced a bill under which asylum seekers arriving in the country with cash and jewellery could keep only 10 000 kroner’s (about £1 000) worth; anything above this had to be used to contribute towards the cost of ‘basic maintenance, healthcare and accommodation'” (2576). In Europa “the number of those who support immigration is shrinking” (2556) en “anti-Muslim sentiments seem to be on the rise” (2615), asook ondersteuning vir regse politieke partye (2647). In Junie 2016 het die kiesers van die Verenigde Koninkryk in ‘n referendum ten gunste van uittrede uit die EU gestem, blykbaar grootliks uit protes teen massa-immigrasie. “EU membership and globalization led not to a better life, but to competition for lower-skilled jobs and sometimes unemployment” (2972).

Verenigde Koninkryk

Die Verenigde Koninkryk is, weens bv Skotland wat wil afskei, nie meer so verenig soos vroeër nie. Daar is egter ‘n goeie rede waarom die opskrif “Verenigde Koninkryk” en nie “Brittanje” is nie omdat Noord-Ierland ook betrek word. Soos Ian Smith (1919-2007), die eerste minister van Rhodesië (1964-1979), verseg ek om van Groot Brittanje te praat, want sy grootheid (sy koloniale ryk wat tot die Statebond verwater is en waarby enige land kan aansluit, soos uit die lidmaatskap van Mosambiek duidelik blyk) behoort tot die verlede. “Some people think that the terms ‘United Kingdom’ and ‘Great Britain’ are interchangeable, but the latter refers only to England, Scotland and Wales (and a few small adjacent islands),* whereas the UK also comprises Northern Ireland. The full title is ‘The United Kingdom of Great Britain and Northern Ireland'” (2891). [* “Except the Channel Islands and the Isle of Man” (Collins World Encyclopedia, 2003, p 393).]

Marshall begin sy uiteensetting met Hadrian se Muur. “Built in 122 CE, it was 73 miles long and parts of it were 15 feet high and 10 feet deep. A 13-foot-deep, 30-foot-wide ‘fighting ditch’ was dug in front of it. Between the two were thickets of spikes” (2753). “Hadrian’s Wall was built to defend the [Roman] conquered territory against the parts they couldn’t rule” (2761). “For two and a half centuries the line held. Below it life grew increasingly Romanized; above it, a different Celtic culture continued. The future Wales and Scotland were never fully defeated and would always retain a sense of difference from the region that became known as England” (2775). Ná 383 nC “the ‘barbarians’ (Picts and Scots) broke through to the south” (2789).

“Scotland may not be a separate nation state, but the Scots are a nation quite distinct from the English – and, perhaps most importantly, they certainly feel that way. The differences between them can be exaggerated, but they do exist … The Scots were descended from Celtic peoples, as were the Welsh and Cornish” (2830). Die Engelse, daarenteen, stam af van veral die “Frisians, Angles, Jutes and Saxons” (2830).

In Noord-Ierland is daar die verdeling tussen Rooms-Katolieke en Protestante, wat saamval met die onderskeid tussen die Nasionaliste (wat insluiting by Ierland verlang) en die Unioniste (wat die politieke band met Brittanje wil behou). By albei groepe is daar by uitstek eerder ‘n kulturele as ‘n religieuse identiteit: “Whether a person is a Catholic or Protestant indicates whether they are a Nationalist or Unionist” (2939). Hierdie verdeeldheid vind uitdrukking in die talle skeidingsmure wat in bv Belfast (2905) en Londonderry (2918) te sien is. Daar is ‘n “increase in the number of walls since the conflict ended” (2911) in 2007. “There is a culture of separation in Northern Ireland” (2932). Woongebiede en skole neig om oorwegend Protestants of Rooms-Katoliek te wees (2926). Van owerheidsweë in Suid-Afrika ontbreek hierdie erkenning van kulturele identiteit al hoe meer vir blankes en veral vir Afrikaners.

Marshall verwys nie na mure in hedendaagse Britse stede nie. Maar hulle is daar. Byvoorbeeld: “The painful truth is that fences are being raised everywhere in [multicultural] London. Around school districts, around neighbourhoods, around lives” (David Goodhart, The road to somewhere: The new tribes shaping British politics, Penguin, 2017, 304p; Amazon Kindle $14.46, 2809).

Slot

In die laaste hoofstuk verwys Marshall na Ciprus waar die verdeling van die eiland in 1974 in ‘n Turkse noorde en ‘n Griekse suide kulturele harmonie en vrede gebring het. Daar is “a 111-mile-long buffer zone” wat van wes na oos dwarsoor die eiland strek (3143). “There are now seven points on the island where an official from one side will check your passport before you go a few hundred yards to reach the other side, whereupon you must present it again” (3149). Die Varosha-gebied in Famagusta “is now sealed off by barbed wire, guard towers and the Turkish military (3143). Die kulturele skeiding, bv wat taal en religie betref, van Ciprus se Turkse en Griekse inwoners is ‘n reusesukses. Dit hou reeds langer stand as apartheid.

“Until there is acceptance of the universal brotherhood of man, and a world in which there is no competition for resources, we will build walls. It was ever thus” (3257). “There is a proverb found in most languages: ‘Good fences make good neighbours.’ This is not some trite folksy saying; it states an inevitable truth about boundaries both physical and psychological. We plan for a future in which we hope for the best and fear the worst, and because we fear, we build walls” (3263).

Sommige van Marshall se standpunte het ek irriterend gevind. Byvoorbeeld, sy definisie van “patriotism” en “nationalism”: “I define the former partially as ‘love of one’s own country and respect for those of others’ and the latter as ‘love of one’s own country and contempt for those of others'” (3040). Ooreenkomstig die mode distansieer Marshall hom hiermee van nasionalisme. Dit is vir ‘n nasionalis tog sekerlik moontlik om sy eie land vurig lief te hê sonder om dieselfde soort nasionalisme vir diegene in ander lande te misgun. In plaas daarvan dat patriotisme en nasionalisme mekaar uitsluit, is dit moontlik dat patriotisme ‘n gevolg/uitvloeisel van nasionalisme kan wees. In die Suid-Afrika van weleer was ek nasionalisties en daarom noodwendig ook patrioties/lojaal. In die nuwe Suid-Afrika word daar aan Afrikanernasionalisme (amptelik en in die praktyk) geen (konkrete) plek gegun nie, gevolglik ontbreek my patriotisme deesdae ook.

Die voortbestaan van ‘n minderheidsgroep, soos die Afrikaners, word deur bv selfbeskikking, tuislande, enklaves, laertrek, heinings en mure bevorder.

“Die dag wanneer jou mure herbou word, dié dag sal jy nie onder die vyand se wet staan nie” (Miga 7:11).

 

Leon Lemmer: Twee politieke waterskeidings: 1795 en 1994

Die historikus Dan Sleigh (gebore in 1938) skryf soos geen ander outeur nie en dikwels beter as baie van hulle. Sy skryfwerk is ‘n toonbeeld van die seggingskrag van Afrikaans. Om sy werk te vertaal sou nie maklik wees nie. Niemand kan die lewe in bv die Hollandse Kaap herskep soos hy nie. Hy munt uit in die beskrywing van bv die seevaart en krygskunde. Sleigh het bekendheid verwerf met twee lywige romans: Eilande (Kaapstad: Tafelberg, 2002, 757p; binnekort as e-boek beskikbaar) en Afstande (Kaapstad: Tafelberg, 2010, 620p; Amazon Kindle $25). Eersgenoemde handel oor die eerste Kompanjie-jare aan die Kaap en die ander een oor gebeure in Klein-Asië en die Midde-Ooste vier eeue voor Christus. Albei tekste wek die indruk van historiese juistheid. Teen albei kan dalk dieselfde beswaar as teen my rubrieke ingebring word: te lank; of soos van Mozart se komposisie in die rolprent Amadeus (1984) gesê is: “Too many notes.”

Sleigh het hierdie suksesse met ‘n meer beskeie roman opgevolg, Wals met Matilda (Kaapstad: Tafelberg, 2011, 399p; Amazon Kindle $18). Ook hierin is daar “lang, boordensvol sinne” (p 124). Die situasie is meesal die hier en nou. Dit stel die outeur in staat om snydende kommentaar oor die nuwe Suid-Afrika te lewer. Daarin blyk dit duidelik dat Sleigh ‘n Afrikaner in murg en been is en sommer in hart en niere ook. Die outeur se politieke waarnemings is myns insiens van die hoogtepunte in die roman.

“Tussen hulle is die oudpolitici maklik om te herken van hulle dae aan lamppale, maklik om te vergeet, moeilik om te vergewe, minder opreg as hulle honde” (23). “Parlementslede verkies deur halfgeletterdes wat stem oor dinge waarvan hulle geen begrip het nie” (27). Robbeneiland het “‘n sleg versorgde apartheidsmonument en propagandakantoor van die Party” geword (37). “Reg voor ons is Robbeneiland, ons regering se poging tot ‘n toeristiese klaagmuur” (90). In Australië is die inboorlinge geleer: “Niks vir niks, anders wil hulle alles verniet hê” (279). “Onthou altyd, by hond, skaap, perd en mens: bloed tel” (189). “Dit is ‘n snaakse land. Die gevaarlikes speel grootmeneer, die goeies vlug voor die gereg” (254).

“Taal … is … die huis waarin ek woon” (162). “Mense wat nie van gevoeligheid vir taal weet nie, word losgelaat op ‘n medium [radio] wat uit taal bestaan” (304). “As jy opstaan en praat, word jy gestempel, getjap. Ek wil nie ‘n kampvegter of taalstryder of handhawer genoem wees nie, net dat my en my oom se taal ‘n onbesoedelde fontein bly, waar enigeen kan skep. Vir altyd. Dit is ons reg” (306). “My taal is kuns én gereedskap: my tjello, my palet, al my fyn beiteltjies, ek word bang wanneer dom mense daarmee speel” (307). “Sy voel oor besoedeling van haar taal soos hy oor besoedeling van die natuur; vir albei is dit iets om van bang te word” (333).

“Hy vind die gewoonte van volksliedere vóór rugby belaglik … Hy hou van goeie voetbal, maar die gesanik irriteer hom; ‘n onmusikale lied met onsinnige woorde geskryf deur mense wat niks van voetbal weet nie vir mense wat niks van musiek weet nie. Wat in godsnaam het dit met die wedstryd te doen? … Hy vra wat ek van Suid-Afrika se nuwe volkslied dink. Hulle s’n, nie myne nie, sê ek. ‘n Onsimpatieke sameflansing … Ek hoor julle [Australiërs] verkies ‘Waltzing Matilda” (126-127). Ek verkies ‘Sarie Marais’ maar die polities korrekte Rugbyraad en die borge verkies die volkslied.

Sleigh se jongste en, volgens hom, laaste roman is 1795 (Kaapstad: Tafelberg, 2016, 463p; Amazon Kindle $21,33). Die aanvanklike titel was: Die laaste goeie man. Die tema is die oorgang van die Hollandse na die Engelse bewind aan die Kaap. “Geskiedenis bewaar die herinneringe van hoë dade, is getuie van die verlede, ‘n voorbeeld vir die hede en ‘n waarskuwing oor die toekoms” (Kindle 641). “Praat met die verlede, dáár sal jy leer” (Job 8:8 – 860). Daarom is daar duidelike sinspelings op wat in 1994, dus twee eeue later, in Suid-Afrika gebeur het, naamlik die oorgang van ‘n blanke na ‘n swart politieke bewind. “Dié brawe Nuwe Tyd is geneig om die beskawende hand te onderdruk en die verderwende hand te ondersteun” (1618). “Hy, hulle almal, het hul eenvoudige verlede, met alle pligte en verantwoordelikhede so duidelik en onder beheer, gisternag verloor” (464). “Asof ‘n vertroude horlosie gaan staan het, is sekerheid en gerustheid nou verlore” (470). Dit is uitsluitlik vanuit hierdie politieke hoek dat ek oor 1795 in hierdie rubriek skryf. Ek gaan dus nie die storie vertel nie, maar aanhalings gebruik in soverre hulle veral op ons huidige situasie toepaslik gemaak kan word en sonder om noodwendig die presiese verhaalkonteks in ag te neem.

William (Willie, Will, Wil) Ferdinand, baron Van Reede van Oudshoorn, seun van ‘n vorige Kaapse goewerneur, Pieter (1714-1773), is die hoofkarakter in hierdie roman, “die met al zyn magt de Engelschen heeft tragt te weeren” (8). Dit gaan vir William om “sy Kaap” (101), “sy dorp, sy mense” (41). Maar: “Jy kan teen die draak verloor” (636). Sy pa het dit by hom ingeprent: “Ons saak is vir vryheid. Dat ons Jan Kompanjie se greep hier afskud en ons eie vlag hys … Ons land het ‘n toekoms so blink soos Amerika s’n” (205). “Pasop vir ‘n Engelsman wanneer hy beleefd word, het sy pa gewaarsku” (2620). “Die Amerikaner [was] slim genoeg om die Engelsman uit sy land te jaag. Vry en onafhanklik; hulle het ons nou myle vóór geraak. Waar sit ons vandag? Praat van agtergeblewe” (212). Die Kompanjie het hulle gefaal. “Dan moet ons nou maar self. Niemand gaan dit vir ons doen nie. Ons mense gaan veronnosel. Ons gaan bywoners word” (218). Daar is “vervlakking, agteruitgang onder ‘n kultuurarm volk wat in heillose donker wegsak. Almal hier is gestadig aan veronnosel” (288). “Wat tel is wat niemand sien nie: Die bloed in jou are” (311).

William bly koersvas stry vir die onafhanklikheid van die Kaap, van die mond van die Bergrivier tot by die mond van die Breederivier: “Daar het jy die vaderland … Die strook is nie Afrika nie; Kapenaars het lank en hard gewerk om dit anders as Afrika te maak. En dié klein landjie is hy; land, dorp, huis en hy is één. Dis sy lewe, dis sy bloed en asem in hom, waarsonder niemand kan leef nie. Verloor hy dit, word hy niks. Van gisteraand af is dit onder beleg. Hy moet dit vashou, aanhou om dit te besit” (488). “Dit is sy Saasveld [sy huis se naam]. Nou kom onrus hier, met ‘n dreigende oorlog deur sterk, vasbeslote invallers. Geen eerlike gees sal dit duld nie” (499). “Alles was ordelik, bekend, deur lang gebruik gevestig. Daar was gerustheid vir nog ‘n jaar … hy het geweet dat sy omstandighede gemaklik en aangenaam is, hy was in beheer van sy lewe, tevrede met sy vermoë. Waarom kon dit nie so bly nie?” (505).

Die Britse inval geskied op ‘n tydstip toe die distrikte van Graaff-Reinet en Swellendam hulle reeds onafhanklik van die Hollands Oos-Indiese Kompanjie (HOIK) verklaar het. Die versugting was: “Een fatale ding is nodig, messieurs, en dit is verenigde krag … Bring al jul boerestate onder een vlag. Volg die voorbeeld van die Noord-Amerikaanse state” (2940). “Ons moet ‘n Kaapse republiek uitroep, soos Graaff-Reinet en Swellendam” (3560). Die HOIK is op sy laaste bene en staar bankrotskap in die gesig. Daar heers groot politieke verdeeldheid onder die plaaslike bevolking. “Die kern is nie solied nie … Eweredig aan die verskeidenheid is die kanse vir verraad; miskien moet hulle eers saam val soos graan, daarna saam opstaan” (943). Die Nederlandse monarg, prins Willem van Oranje, het weens die Franse inval in sy land na Engeland gevlug en die Britte gevra om die Kaap te beset en teen die Franse te verdedig (1125). Sommige steun die Oranje-monargie en die Britte. Dadelik ontstaan daar hanskakies, bv “Die kêrel klim klaar uit die Kompanjie se sinkende skuit en maak hom diensbaar vir ‘n nuwe baas” (565). Ander verkies Franse besetting, wat sal meebring dat die Kaap ‘n Nederlandse kolonie van die Bataafse Republiek word. Tot 1795 was die Kaap ‘n private HOIK-besitting.

William van Oudshoorn is die laaste goeie man. Hy is eintlik so goed dat hy my herinner aan die ma van die Amerikaanse skrywer Philip Roth, wat graag gesê het dat sy net een fout het, dat sy té goed is. William voer sy pligte as graanskuurbestuurder, Raadslid en kommandant van die Pennistenkorps getrou uit. Hy is ewewigtig in sy oordeel en onbaatsugtig in sy optrede. Danksy ‘n erflating is hy welgesteld en maak hy hom nie aan korrupsie skuldig nie. “Veel mag het korrupsie, selfverryking en vervlakking, wat reeds begin het, bespoedig” (1640). Hy is goed vir sy medemense en wil die twee slawe in sy diens vrystel. “Ons het ‘n fout gemaak deur slawe in te voer. Ons het kundige Europese arbeiders meer nodig” (3993).

Heel aan die begin word William Shakespeare soos volg aangehaal: “Time will come and take my love away” (5). “Daar is tóé en daar’s nóú” (176). Dit som die situasie op waarin Afrikaners in die nuwe Suid-Afrika verkeer. Anders as voorheen, het dit vir ons feitlik onmoontlik geword om werklik patrioties/vaderlandsliewend te voel oor bv die chaos, verval en rassediskriminasie wat ‘n vreemde bewind in ‘n al hoe vreemder land oor ons loslaat. Feitlik alles is omgedop en opgedonder. “Patriotisme kan ‘n smal en vuil gangetjie word” (3492). “Alles hier is in gevaar” (665).

“Makosa [Xhosa] … is onregeerbaar … Hy ken geen god of sy gebod nie en respekteer ook nie andermansgoed nie. Hy glo alleen in die assegaai en gee g’n om vir ander se lewe nie. Nou meen ek dis tyd dat die Kompanjie ‘n sterk man stuur om met hulle te gaan sit en ‘n grens neerlê: Kyk, hier loop die rivier, julle se land is sonopkant. Ons, óns bly sononderkant, dis óns se land” (1568). “Stop ons hom nie, kan jy maar jou pluim in rooi doop en dwarsoor dié hele boel skryf, ‘Land van de Caffres'” (1599). “Moet Christenvolk onder die barbaar vergaan?” (1605).

“Persoonlik probeer ek om wilde mense en diere te vermy. Dis veiliger hier in my huis” (2053). “Jy is nie gereed vir wat met jou gaan gebeur nie. Jy weet nie hoe jou wêreld gaan verander nie, dat niks weer soos gister en eergister kan wees nie” (937). Byvoorbeeld: “Hoe ver is die Makosas van die Kaap af? … Ek het nog nooit een gesien nie” (2697). Deesdae is daar heelwat van hulle in die Kaap te sien, tot in die parlement, asof hulle hier inheems is. “Hier het net die Hottentot aanspraak voor ons … Ons het gebou. Geeneen voor ons nie” (3566).

Tydens sy besoek aan die Kaap (1771) het kaptein James Cook (1728-1779) na (fiktiewe) bewering gesê: “Is julle nie bang om op hierdie vasteland se uithoek in afsondering, onkunde en korrupsie te vergaan terwyl ‘n nuwe son van verligting oor die aardbol verrys nie?” (346). Die arrogante Britte wou hulle beskawing hierheen bring. Die globaliste redeneer deesdae op ‘n soortgelyke manier. “Die wat hom [Cook] kon verstaan het gebrom: Gaan huis toe, man. Verwaande rooibaadjie” (352). “Wat kom snuffel die dônnerse Engelse weer om die Kaap?” (346). In 1795 was daar skielik skepe van die Britse vloot in Simonsbaai. “Die Engelse het vannag oor sy land neergesak soos die pokke van ’13” (499). “Nege Engelse oorlogskepe met omtrent drieduisend soldate en matrose het gisteraand in ons seewater geanker” (1007).”Die vyand is voor die poort, die geveg om huis en haard begin vandag” (913).

William is oortuig “iemand moet opstaan en die leiding op hom neem … Is hy siek, of is dit skok en ongeloof, dalk angs omdat vreemdelinge sy land eis en oor hom wil regeer? … sy gedagte vermy hede en toekoms en stroom asof op vlug na die verlede, op soek na begrip van gebeure en ervarings wat sy lewe gevorm het én sy aanspraak op dié huis, dorp en stukkie land bevestig. Hy het gekies om met die lewendes te lewe. Hy skaar hom by die dorpenaars en boere, bruikbare, gewillige arbeiders in die ryk land waarop hulle hul tuisgemaak het” (808). “Veg vir die bewys van ons kultuur in die suide van die kontinent” (2684). “Hier ís potensiaal vir grootheid, wat gered moet word” (842). Maar dan moet jy jou aktief verset anders word “jou stilte … instemming, jou instemming ‘n wapen in die teenstander se hand, ewe ondermynend as ‘n landkaart of wagwoord aan die vyand gegee” (1120). “Dié is Afrika, gewelddadig; hier moet jy weerstand bied of ondergaan. Kommissaris [Rijckloff] van Goens [1619-1682] wou die Kaap losspit van Afrika en ‘n eiland daarvan maak om van hierdie donker agterlikheid los te kom: Apart, en vry” (1688).

Kommissaris Abraham Josias Sluysken (1736-1799) is as HOIK-amptenaar in 1795 die politieke hoof aan die Kaap met kolonel Robert Jacob Gordon (1743-1795) as die militêre hoof: “kleinlike skepsels met klein verstandjies” (1054). Sluysken het feitlik sonder slag of stoot aan die Britte oorgegee: “Op ‘n skinkbord aangebied … Hulle word met leuens en agteraf handelings regeer” (3038). Van Sluysken word gesê: “Hy, met ‘n vyand in sy land, kan niks wys wat hy vir die behoud van sy land doen nie … Hy het geen greep op die toestand nie … Waar is die beslissende, hete geveg om sy land” (3044). Vir toepassing op 1994 hou ek van hoe Sluysken se voorkoms beskryf word: “bles bliksem” (1969, 5235, 5279), “eierkop” (5235), “Bles gaan jul land onder julle uitverkoop” (2011), “Ek haat die bles dwaas” (4668). Oorweeg die toepaslikheidvan die volgende sin op 1994 se gebeure: “Nou skel die tyd op hulle oor nalatigheid, oor swak leierskap” (2266). “Die kerslig skitter op sy kaal skedel terwyl hy sy medepligtiges prys” (6036). William voorspel: “Jou geskiedenis gaan aan jou vreet” (6048). “Jy, meneer, gee ons land weg, draai jou rug op ons en vertrek oorsee” (6074). “Jou nalatenskap is ‘n klein kerkhoffie waarin ons volk se grafsteen staan” (6080).

Van die begin af het Robert Gordon “‘n onderhandelde skikking” met die Britte aanbeveel pleks van te veg (1204). “Stille onttrekking in die aangesig van die vyand is waarvan Robert praat. Só ‘n veragtelike daad is seker nog nie in die wêreld gepleeg nie, anders sou dit bekend wees. Kolonel so-en-so het weggekruip toe sy land ingeval word. Is dit nie erger as verraad nie?” (1981). “Robert se beskouing is dat as ons vrywillig wapens neerlê, ons later ons vryheid kan terugeis” (3084). Hy word “‘n lafhartige windsak” genoem (4715). William het ‘n “weersin in dié huigelaar met sy gemaklike selfbedrog” (4792). “Die tweegatjakkals weet hoe om tot die einde verantwoordelikheid en aanspreeklikheid te ontduik” (5011). “Hy het nog nie begin veg nie en Sluysken praat van kapituleer. Het Gordon voorgestel dat Simonsbaai ontruim word, of het Sluysken self die gedagte in die kolonel se naïewe verstand geplaas?” (3091).

William van Oudshoorn, daarenteen, het geredeneer: “Ek glo ons moet die allerbeste verdediging voorberei, en in beheer bly … Engeland sal geen vloot stuur uit liefde vir prins Willem nie, hul saak is alleen eiebelang … Ons wagwoord moet ‘paraatheid’ wees” (1209). Wat is William se doel? “Om oorlog te voer. Om die land en alles wat dit vir my beteken te behou deur die invallers deur aggressie te verdryf. Die nageslag gaan ons dankbaar wees” (2448). “Alles … is ‘n groot geveg werd” (2752). “Vir wat jy hier sien, gee ek my lewe. Dit is die offer werd” (2758). “Die Raad verdaag sonder om sy voorstel van aggressiewe reaksie te bespreek” (2820).

Sluysken gee voorkeur aan “verdraagsaamheid” (2825). Daarna volg bv “die ongelooflike, onnodige prysgee van ‘n bemande, gewapende buitepos … sonder dat een skoot deur hulle of hul vyand afgetrek is” (3050). “Waarom is hulle uit ‘n goeie posisie onttrek?” (3126). “Dit kom vir William voor of beide bevelhebbers [Sluysken en Gordon] ten gunste van oorgawe is en albei na geleenthede soek om die ander daarvoor te blameer … Redes en motiewe mag verskil, maar die twee spit saam aan sy vaderland se graf” (3138). Na die val van Muizenberg het die Kaapse gebrek aan verdediging van kwaad tot erger gegaan.

Daar is ‘n insiggewende bespreking van stemreg. “Een man, een stem is nie geskik vir plekke waar gevestigde meerderhede bestaan nie. Jul sogenaamde demokrate vra mense om hande op te steek, dan tel julle die hande. Die tel van hande sal nooit demokrasie wees nie en word ‘n skuiling vir opportuniste en misdadigers van die ergste soort. Stemme, messieurs, moet nie getel nie maar gewéég word. Dít is ons enigste hoop op regverdigheid. Mense is nie net hande nie, veel belangriker is die siel en die verstand. Ek aanvaar dat elke mens ‘n geboortereg het en deur die natuur met ‘n stem geseën word, maar dieselfde natuur het aan sommige een talent gegee en ander twee of drie. En dié wat harder as ander werk, maak hul soveel méér verdienstelik. Behoort hulle nie soveel stembriewe te kry as wat hul verdien nie?”(2897).

Byvoorbeeld: “‘n Tweede stem vir hoër opvoeding. ‘n Derde vir die hoeveelheid belasting wat jy betaal. ‘n Vierde op die ouderdom van vyftig. ‘n Vyfde as jy kinders tot volwassenheid [en nie-misdadigheid] opgevoed het” (2897). “Daar mag meer wees,” bv “vir [konvensionele, nie-terroristiese] militêre diens van drie jaar of langer. En wat van nog een stem vir besondere kulturele of wetenskaplike prestasie … Enigeen kan dus drie, vier of selfs ses stemme werd wees, teenoor die imbesiel en die straatveër se een of twee … Ja, dit sal inderdaad egte demokrasie wees, na verdienste én regverdig” (2909).

“Bedink terselfdertyd die vernietigende krag van die een-man-een-stem-stelsel. As ‘n talentvolle persoon soos [Thomas] Jefferson [1743-1826] se stem gelyk aan dié van sy tuinier of koetsier geag word, is dit nie langer demokrasie nie maar ‘n aaklige misverstand en skadelike dwaasheid. Jy kan net van demokrasie praat waar die gees se rol openlik erken word” (2915). “‘n Mens kan nie gelyk maak wat God self ongelyk gemaak het nie” (2921). Ek het dit voorheen gestel dat die woord “demokrasie” in die nuwe Suid-Afrika ‘n eufemisme vir swart mag is. “Toe Perikles [495-429 vC] begryp dat demokrasie ‘n veelkoppige monster is, het hy daarvan weggedraai” (3596).

Ten spyte van die verslegtende militêre posisie doen Van Oudshoorn hartstogtelik alles in sy vermoë om die land te probeer red. “Ons is nog geensins verslaan nie. Ons is nog nie eens getoets nie” (5041). “As dit [ons land] verlore gaan, is dit klaar met ons nasie” (3492). Hy bly “glo in die regverdigheid van ons saak” (3499). “Dit kom my en ander met wie ek daaroor gepraat het, voor dat ons regering, of ten minste sekere raadslede, se harte nie in ons stryd is nie en dat hulle nie omgee of ons land behou word of verlore gaan nie. Maar ons Kapenaars het net hierdie stukkie grond, kleiner as Nederland, en as ons dit verloor, word ons staatloos, burgers van nêrens … Ek vra … om julle tot verset teen die invallers aan te moedig … ons daarop geregtig, en soos die Amerikaners wel in staat is om ons self te regeer” (3517).

“As Engeland die Kaap ook neem … sal ons sy wette moet gehoorsaam, produseer wat hy eis, hul taal aan ons kinders leer sodat hulle daarna aan die vreemdeling verantwoording kan doen … Hulle bekom die mag om te gebied en te verbied … Hulle kan belasting hef op wat ons het, ons ontwapen en belet om wapens te besit” (3534). Party redeneer: “Ons pak ons waens en trek landuit … dit word ‘n ontvlugting aan die werklikheid” (3541). “Hulle het ‘n skof te ver getrek” (3560). Dit verskraal die eenheid. Dit sal “‘n onherstelbare ramp wees … Julle verswak ons volk en word nog daar uitgemoor. En as julle tussen die Swartes intrek, is dit ewig en altyd verby met skeiding deur vaste grense” (3547). “Laat ons bymekaar hou. In eenheid is krag” (3541). “Engeland se politiek is ongesond vir ons wêrelddeel … Hulle skep ‘n woestyn en noem dit vrede” (3547). Hulle vind “dit beter om te neem as om te gee” (5880).

“Onafhanklikheid is die basiese vorm van vryheid … Vryheid druk hom uit in wette en reëls wat vir één spesifieke volk beraam is. Vir één besondere volk … Jy het ‘n eie ruimte nodig vir jou vryheid. Binne andermansgrense kan jy nooit vry wees nie. Om vry te wees moet ‘n volk die soewereiniteit oor homself en beheer oor sy grond hê. Soewereintiteit se gesag ontstaan uit die volk, dit kom uit die goedkeuring van die volk en dit moet in die volk se hande bly. Niemand van buite mag dit verruil of wegteken nie. Hoe kan enige persoon sy volk se vryheid wegteken?” (3566). “Ons kan ons nie aan hul getalle onderwerp nie, dit sal selfmoord wees … As ons moet sterf, laat ons nie self die oorsaak daarvan wees nie … Nou moet ons opstaan en ons strate veilig maak, met ‘n verenigde wil” (3578). “Dis asof die Egiptiese plae die Kaap getref het” (4045). “Standaarde verval, sigbaar” (4069).

“William wonder of Sluysken iemand betaal om lawwe verduidelikings te bedink vir sy weiering om aggressief op te tree” (3687). Sluysken: “Dit sal beter wees om niks te doen wat die vyand as aggressiewe optrede kan vertolk nie” (4030). “Dié kêrel het nie die knaters nie” (4189): “Heb je g’n kloten, mijn heer?” (4727). Soos Gordon word Sluysken ‘n “tweegatjakkals” genoem (4959). “Sluysken … verswyg waarskynlik weer meer as wat hy sê. Sy grootste leuens, weet jy, lieg hy in stilte” (5006). “As die man se hart maar in die saak was en sy verstand net so goed soos sy mond gewerk het, hoef hy hulle nie met retoriek te probeer mislei nie. Of dink hy dat hulle onnosel is, en nie die verskil tussen sy praat en sy optrede opmerk en daardeur beledig en seergemaak voel nie?” (4602). ‘n Burger skryf: “Verwag geen hulp nie, maar maak soos die Amerikaners op u eie moed, vernuf en vaderlandsliefde staat” (3741). William sê: “Ons is beleër maar ek sien geen weerstand nie. Ek sien nie eens ‘n wil tot weerstand nie” (4141).

Sluysken sê: “Ek stel voor … dat die Raad ‘n wapenstilstand van agt-en-veertig uur vra, sodat ons voorwaardes vir kapitulasie kan bespreek” (5072). “William staan weer op: ‘Solank ons kan veg is ons nie verslaan nie'” (5072). Sluysken: “Ek het respek vir jou mening, William, maar nee. Om onnodige bloedvergieting te vermy” (5079). “In sy hart bly hy ‘n klerk wat die weg van minste weerstand kies” (5091). “Jy gee oor, kommissaris, maar dit bring geen vrede nie. Ons stryd gaan voort. Hoekom het jy ons nie vertel dat jy wil oorgee sonder om te veg nie? Dan kon ons self die aanval reël. Waarom het jy namens ons gekies en besluit?” (5097). Sluysken: “Ek moes keuses maak en besluite neem … Vir die land se beswil alleen” (5103). Van Oudshoorn: “Onsin. Jy kon veg. Wat van ons volk daar buite? Die onreg, die verraad, die misdaad!” (5103). Sluysken: “Ek het hierdie stad met al sy inwoners gered” (5291). William “kyk in die man se moeë oë: Sluysken lyk hol van binne. As hy ‘n siel gehad het, het hy dit verhandel” (5291). Hy het “aan ‘n onwaardige nasie kapituleer” (5893). “Ons weet dat die oormag én voordeel alles óns s’n was” (5589).

“So kry Sluysken en Gordon hul sin” (5103). “Die wenner skryf die storie” (6307). “Hul wandade word nou die Kaap se geskiedenis en môre se jeug erf die skande van hul vaders … sulke gemene knoeiery, onreg in stilte bewimpel, sulke skelmheid en uitgebreide diefstal, dat ek my beswaarlik ‘n soortgelyke toestand op enige plek ter wêreld kan voorstel” (5127). “Só, korrup, misdadig en morsig, eindig wat die pioniers hier in nederige en getroue werksaamheid begin het” (5206). “Die Kapenaars, verlangend na hul vrede en gerief, sal gou die Engelsman as hul baas aanvaar en gedweë gaan lê met die houding van ‘n hond wat slae gekry het. Almal sal aan die nuwe vlag gewoond word; enkeles sal dit met groeiende haat verduur” (5356).

Die Britte “is nou die wenners; aan hulle behoort die glorie én die mag om leuens te bedink en op amptelike, gestempelde papier en in skoolboeke te versprei en verewig … William loop huis toe met die sekerheid dat hy hierdie vyand nie sal vertrou nie … Hul grypsug oortref die Kompanjie s’n, hul oneerlikheid is minstens ewe groot” (5409). “Groenteplein [word] skielik Green Market Square … Enigiets wat die vreemde inkommer mag behaag het moontlik geword” (5416). “Afrikaners is deur die bank sleg, dis wat jy gaan hoor, jy sal jouself later nie meer ken nie … Die Afrikaner gaan geleer word om homself te skaam. Hy sal nie meer sy taal wil praat nie, want dié is minderwaardig … ons kinders … die skole leer hul in Engels” (5624). “As jy ‘n volk se taal uitroei is sy tong uitgesny … Uiteindelik, net Engels. Maar die verlies, dit bly julle s’n” (5874).

“Die rewolusie het Kaap toe gekom” (4444). “Iets is nou finaal verby” (5054). “Die lewe gaan moeilik word vir diegene wat die waarheid liefhet” (5489). “Algemene wantroue en bitterheid teen Sluysken en Gordon het onder die volk posgevat” (4505). “Hulle het ons ‘n nasie van verloorders gemaak” (5636). Die volk “is uitverkoop, beroof, hul vaderland is verraai, die Kaap is voor die vyand se voete gegooi en hy self is beveel om die burgers daaroor in onkunde te hou asof hulle landsvyande is” (4360). “Nou is daar geen skild meer teen onreg en verraad nie” (4648). “Wat maak ons met die mure van afkeer, agterdog of vrees waaragter ons nageslagte moet bly woon?” (6080).

“Anders as met die pokke van ’13 sal ons nakomelinge nooit, nooit die gevolg hiervan [“die volksramp”] ontkom nie” (5583). “Die ongeborenes sal nie weet waarvan hulle beroof is nie: ‘n Sterk, welvarende volk, onafhanklikheid, selfbeskikking, ‘n eervolle plek in die ry van state” (5630). “Hoe weerloos is die mens teen sy lot” (6351). “Afrika is só gemaak, só laat staan … uit Afrika kom steeds iets monsteragtigs” (6519). “Uit Afrika altyd iets verskriklik” (7157). “Wat lig was, is nou donker” (7105). “Wat kon hulle nie geword het nie! Wat word nou van hulle?” (7151).

Leon Lemmer: Só word daar oor Jan van Riebeeck se heining gelieg

Jacob Zuma het onlangs beweer dat Suid-Afrika se probleme in 1652 met die aankoms van Jan van Riebeeck begin het. Dit is ‘n nouliks bedekte aanval op die kollektiewe nalatenskap van blankes. Zuma kan steun vir sy onware stelling uit die volgende idilliese leuen van Nelson Mandela put: “Elders told of the good old days before the arrival of the white man. Then our people lived peacefully under the democratic rule of their kings” (David James Smith, Young Mandela, London: Weidenfeld & Nicolson, 2010, p 18).

As ‘n mens sulke ANC-aktiviste moet glo, het swartes mekaar voor 1652 nie uitgemoor nie. In soverre hulle mekaar sedertdien uitgemoor het, kan die skuld goedsmoeds op die blankes gepak word. Dit is net so vergesog soos die 1990/1994-waan dat een mens, een stem in ‘n eenheidstaat vrede en voorspoed gaan bring. Die ANC-regering met sy sterk kommunistiese neigings het oor meer as twee dekades bewys dat hy nie doeltreffend kan regeer nie en nog minder welvaart kan skep.

Die protes teen Cecil Rhodes se standbeeld(e) het nou uitgekring na onder andere Jan van Riebeeck. Hy het glo die inheemses se grond onwettig beset, gevolglik kan dese en gene in die nuwe Suid-Afrika ook maar grond onwettig beset. Hierdie aktiviste neem nie in ag dat daar seker geen grond meer in private besit is wat deur oorerwing, terug tot by die eerste “steler”, verkry is nie. Dit beteken dat al die huidige grondeienaars eiendom besit wat wettig deur die huidige of ‘n vorige eienaar gekoop is. Maar daar is ‘n groter wordende getal inwoners wat daarop ingestel is om sonder teenprestasie te ontvang wat hulle ook al begeer. Hoe meer hulle só ontvang, des te meer wil hulle op dieselfde manier inpalm. Die eindresultaat van hierdie proses is bankrotskap; nie net finansieel nie, maar ook moreel.

Die aktiviste ken nie die plaaslike geskiedenis nie of transformeer dit om hulle agenda te pas. Die onlangse verlede (bv die apartheidsera) of die verre verlede (bv slawerny, kolonialisme, imperialisme) word vervals sodat dit misbruikbaar vir huidige politieke agendas is. Byvoorbeeld, as ‘n verband gevind kon word tussen ‘n gebeurtenis in Van Riebeeck se tyd en wat tydens apartheid plaasgevind het, sou dit in die kraam van hierdie mense pas. Dit sou ter ondersteuning van die genoemde Zuma-standpunt gebruik kon word. So ‘n gebeurtenis is inderdaad gevind, naamlik ‘n heining van amandelbome wat in Van Riebeeck se tyd geplant is. Vir gemene mense met ‘n politieke agenda maak dit nie saak dat die heining nooit bestaan het nie. Die amandelpitte het nie ontkiem, wortelgeskiet en tot bome gegroei sodat ‘n heining gevorm is nie.

Maar gestel die heining het voorbeeldige wasdom bereik. Dit sou nie ondeurdringbaar vir die nomadiese Khoi gewees het nie. Ook sou die heining nie lank genoeg kon wees om sulke inkommers doeltreffend uit te hou nie. Die onderliggende motief van diegene wat teen so ‘n heining beswaar maak, is dat blankes nie hulleself mag beskerm nie. As wittes dit op enige manier sou doen, is die beskuldiging van rassisme hulle voorland. Dit is waarom die ANC-regering die kommandostelsel afgeskaf het en blankes in groot mate nie toelaat om hulleself te bewapen nie.

Van Riebeeck se beoogde amandelboomheining word sonder meer in verband gebring met apartheid, wat egter eers bykans drie eeue later beslag gekry het. Daar is al dikwels beweer dat goeie heinings goeie buurmanskap verseker. Skeidsmure en heinings hoef niks met apartheid te make te hê nie. Byvoorbeeld, Spanje besit steeds twee enklawes aan die Afrika-kus waarop Marokko aanspraak maak, te wete Ceuta en Melilla. Albei gebiede is omheim in ‘n poging om te voorkom dat onwettige immigrante Spanje en die Europese Unie binnekom.

Op die grens tussen Amerika en Meksiko is daar talle skeidsmure en heinings om veral smokkelware (bv dwelms) en onwettige immigrante buite die VSA te probeer hou. In 2004 het Steven Hayward ‘n boek gepubliseer waarin hy Jimmy Carter die Amerikaners se “worst ex-president” noem; ‘n standpunt wat wyd onderskryf word. Carter (president 1977-1981) het nie sy eie land se skeidsmure en heinings met apartheid geassosieer nie. Hy het verkies om eerder Israel die sondebok te maak. In 2006 het hy sy boek, Palestine peace, not apartheid, gepubliseer. Reeds in 2002 het hy die Nobel-vredesprys ontvang. Voor hom het dieselfde “eer” vier Suid-Afrikaners te beurt geval: Albert Lutuli (1960), Desmond Tutu (1984), Nelson Mandela (1993) en FW de Klerk (1993). Dit is duidelik dat hierdie pryswenners dikwels mense is wat eerder onrus gestook as vrede bewerkstellig het.

By Suid-Afrikaanse swartes is opportunistiese politieke stellings oor Van Riebeeck se heining en apartheid te wagte. Die probleem is dat sommige openbare instansies hulle ook hieraan skuldig maak. SANBI (SA National Biodiversity Institute) beweer op sy webwerf dat Van Riebeeck in 1659 ‘n houtheining opgerig en in 1660 ‘n heining van wilde of bitter amandelbome geplant het om die Khoi uit die nedersetting te hou. Terselfdertyd word erken dat die inheemses hierdie amandels geëet het omdat hulle geweet het hoe om seker te maak dat hierdie vrug hulle nie vergiftig nie. In hierdie opsig sou die heining die Khoi dus eerder aangelok as afgeskrik het. Nogtans verkondig SANBI dat 1660 die begin van apartheid was. Op die webwerf van South African History Online word hierop voortborduur deur te beweer dat hierdie amandelheining as die aanvang van die “gated community” beskou kan word.

Soos te wagte, klim sommige nie-wit aktiviste graag onkrities op hierdie wa. Kyk bv Zubeida Jaffer se giftige anti-blanke retoriek, wat onlangs op IOL News (13 Februarie) gepubliseer is. Sy is ook oor die Van Riebeeck-standbeeld beswaard. Antjie Krog het haar skryfwerk geloof. As joernalis kan Jaffer die arm vrou se Christi van der Westhuizen genoem word. Dit is die soort joernaliste wat Jonathan Jansen na die Universiteit Vrystaat lok om militante linkse politiek te bedryf en ‘n joernalistiekleergang te skep. Van der Westhuizen was Jaffer se voorganger. [In die ou Suid-Afrika was daar amptelik, soos dit (seker) hoort, net twee geslagte. Deesdae is daar drie geslagte en binne hierdie nuwe groep ‘n multi-geslagtelike verskeidenheid. Die letterwoord is LGBT (lesbian, gay, bi-sexual, transgender). Die hans-African-American Jansen bemagtig diesulkes met LGBT-byeenkomste op die kampus.]

Die bedenklikste is egter wanneer soortgelyke onwaarhede deur blanke Afrikaanssprekendes die wêreld ingestuur word. Die resultaat is immers die bevoordeling van swartes en die benadeling van blankes. Pas het Jan Taljaard in sy paslik getitelde rubriek, “Lunsriem” (iets wat vuil of smerig is), met die volgende twee sinne as bladsyvuller vorendag gekom: “Jan van Riebeeck het nie Eskom gebreek nie, maar kan seker pa staan vir die ry amandelbome wat hy geplant het om rasse uitmekaar te hou. Al was sy verklaarde doel daarmee om veediewe hok te slaan” (Rapport, Weekliks, 5 deser, p 15). Dit is blykbaar Taljaard se polities korrekte manier om Van Riebeeck-dag (6 April) te gedenk.

Kyk wat skryf oud-Broeder Willie Esterhuyse in sy boek, Eindstryd (Kaapstad: Tafelberg, 2012):

“Meneer Badenhorst, my onderwyser in geskiedenis, het gesê daar was destyds twee grense. Die een was aangeplant deur Jan van Riebeeck; die ander een was natuurlik: die berge in die groot kom langs die baai” (p 284). “Die onderhandelingsproses hardloop na 1 April 1993 soos ‘n sneltrein. Swart meerderheidsregering word onafwendbaar. Die res is geskiedenis, met die verkiesing in April 1994, ‘n jaar ná die hervatting van die proses, dié groot gebeurtenis in Suid-Afrika se droewe geskiedenis, ‘n ‘skarnier-datum’ na ‘n totáál ander politieke bedeling sedert April 1652, toe Jan van Riebeeck hier in die Kaap geland het en daar ‘n fort gebou en heinings geplant is om die ‘barbare’ uit te hou” (p 300).

Esterhuyse se entoesiasme vir swart oorheersing blyk baie duidelik. Dit is die enigste twee verwysings na Van Riebeeck in sy boek. Esterhuyse se houding spreek boekdele: Van Riebeeck moes liewer nie ‘n fort gebou en ‘n heining geplant het nie; die wittes moes eerder vroeg-vroeg almal uitgemoor gewees het. Maar leef Esterhuyse self sonder heinings, diefwering, alarms, lewens- en eiendomsversekering?

Pleks van sonder meer te aanvaar wat ‘n naïewe teoloog-filosoof en daarby een van die mees verloopte Afrikaners, naamlik Esterhuyse, skryf, behoort ons ons eerder te verlaat op twee hedendaagse geskiedkundiges, Dan Sleigh en Francois Verster. Hulle is professionele argivarisse wat hierdie onderwerp in die staatsargief in Kaapstad nagevors het. Sleigh is ‘n deurwinterde Afrikaner in murg en been. Laat my asseblief toe om ‘n paar minute van my heiningtema af te wyk en aan te haal uit Sleigh se boek, Wals met Matilda (Kaapstad: Tafelberg, 2011, 399p), sodat u die verskil tussen die skryfwerk van ‘n verloopte Afrikaner (Esterhuyse) en dié van ‘n ware Afrikaner (Sleigh) kan sien. Sleigh se politieke waarnemings is myns insiens van die hoogtepunte in sy roman.

“Tussen hulle is die oudpolitici maklik om te herken van hulle dae aan lamppale, maklik om te vergeet, moeilik om te vergewe, minder opreg as hulle honde” (p 23). “Parlementslede verkies deur halfgeletterdes wat stem oor dinge waarvan hulle geen begrip het nie” (p 27). Robbeneiland het “‘n sleg versorgde apartheidsmonument en propagandakantoor van die [ANC-] Party” geword (p 37). “Reg voor ons is Robbeneiland, ons regering se poging tot ‘n toeristiese klaagmuur” (p 90).

Skaapboerdery het in Australië vinniger vordering as in Suid-Afrika gemaak “omdat hulle nie ons moeilikheid soos roofdiere en inboorlinge gehad het nie” (p 57). Dáár is die klein getal inboorlinge geleer: “Niks vir niks, anders wil hulle alles verniet hê” (p 279). “Bedags was die Spaanse merino’s in die veld met ‘n herder om te sorg dat hulle nie met Koina-skape verbaster nie” (p 301). “Onthou altyd, by hond, skaap, perd en mens: bloed tel” (p 189).

“Hy vind die gewoonte van volksliedere vóór rugby belaglik … Hy hou van goeie voetbal, maar die gesanik irriteer hom; ‘n onmusikale lied met onsinnige woorde geskryf deur mense wat niks van voetbal weet nie vir mense wat niks van musiek weet nie. Wat in godsnaam het dit met die wedstryd te doen? … Hy vra wat ek van Suid-Afrika se nuwe volkslied dink. Hulle s’n, nie myne nie, sê ek. ‘n Onsimpatieke sameflansing … Ek hoor julle [Australiërs] verkies ‘Waltzing Matilda'” (p 126-127).

Die kostelikste en tragiesste dialoog handel oor die veldblomtuin wat die hoofkarakter se vrou in die duine by die see gevestig het. Op ‘n dag, toe hulle nie gestaak het nie, kom ‘n hele leërskare munisipale werkers daar aan om ‘n verskil te maak. “‘Dees is wheets, de four man order us, I mus’ cut him … I mus’ cut him. Four man she order us’ … Sy het besef die wêreld waarvoor sy leef bestaan nie meer nie” (p 46-47). “Eendag … as ons die land teruggekry het, maar daar gaan geen eendag wees nie” (p 269).

“Alles verander agteruit” (p 54). “Noudat [Universiteit] Stellenbosch tot niet gaan” (p 89; ook p 375, 390). “Ons is almal op ons eie en alleen” (p 144). “Dit is ‘n snaakse land. Die gevaarlikes speel grootmeneer, die goeies vlug voor die gereg” (p 254). Daar is die geval van ‘n man wat daagliks gratis kos geneem het “met die bussie na twee bewaarskole in die swart woonbuurt. Toe eendag skiet hulle hom dood en steel die kombi” (p 321).

Tot so ver Dan Sleigh se roman. Oor Van Riebeeck se heining het Fancois Verster onlangs sy mening en dié van Sleigh saamgevat in die weeklikse koerant, Bolander, onder die opskrif, “Waarom ‘n goeie storie met feite bederf?” (1 April, p 4). Die res van wat hier volg, is die volledige teks van Verster se rubriek.

“Onwaarhede wat gereeld deur onkundiges aan liggelowiges verkondig word … Iets in die[r] voege omskryf die term ‘mite’. In hierdie rubriek is al oor mites geskryf, ook oor spesifieke mites, soos die offisieel-beskryfde mites oor ‘Van Riebeeck se heining,’ al twee jaar gelede. En nou is dit wéér nuus, veral op die internet, oa op Facebook. So, laat ek dit kategories stel: Daar. Was. Nooit. So. ‘n. Heining. Nie. Maar, hoe weet ek dit? Want soos enigiemand anders wat die moeite wil doen, kan ek in die staatsargief in Roelandstraat in die dokumente van ‘Van Riebeeck se Tyd’ gaan oplees. Dis nou ‘n tyd toe niemand van apartheid gehoor het en niemand in sulke onderdrukkende maatreëls belang gestel het nie.

“Soos dr Dan Sleigh, wêreld-beroemde VOC-kenner dit al telkemale uitgestip het, het Van Riebeeck gepoog om ‘n heining op te rig – nie om mense uit te hou nie, maar wel beeste en wilde diere, sodat die graan nie vertrap word en die nedersetting dan ‘n broodtekort sou ondervind nie. Hoe weet ons dit was nie om rassisties te wees, soos op ‘n gedenkplaat in Kirstenbosch beweer word nie? Omdat daar juis toe al vrede tussen die Khoi en Europese nedersetters was (1660) en omdat die mens, anders as (vier-voetige, nie-klimmende) herbivore, maklik tussen kreupelhouttakke kan deurklim.

“As Van Riebeeck dan probleme met die Khoi wou veroorsaak, kort nadat vrede gesluit is, was hy inderdaad onnosel én so rassisties as wat sekere politici deesdae beweer. Nie net dit nie, dan … [was hy] ook moedswillig, met ‘n selfvernietigingsdrang, want sy uitdruklike bevele was om vrede te handhaaf en hom by sy doelstellings van handel, voedselvoorsiening en die verpleging van siek matrose te hou. Nie net het Van Riebeeck dus gefaal om ‘n heining suksesvol aan te plant nie, sy beweegredes was nie so interessant of boos soos aktiviste voorgee nie.

“Hoewel hulle en die lui of oneerlike joernaliste wat hierdie leuen versprei nie verantwoordelik is vir die ontstaan van die mite nie, maar wel die botanis, ene professor RH Compton, wat ‘n paar wilde amandelbome (L Brabeium stellatifolium) in sy agterplaas gevind het in 1936. Hy laat toe die plek as gedenkwaardigheid verklaar. Dit, terwyl daardie gebied reeds ‘n beskermde area was. Prof Compton het die plantjies die ‘oorblyfsels van Van Riebeeck se Heining’ genoem. En sedertdien is dit ook die amptelike naam van die heining waarvan, sover mens uit geskrewe bronne kan vasstel, niks meer oor was teen die eerste Britse besetting van die Kaap in 1779 nie.

“Tog staan daar op die gedenkplaat dat die plante wat nog daar is, in 1666 deur kommandeur Van Riebeeck geplant is. Op die huidige kopie van die plaat (die oorspronklike koperweergawe is gesteel) staan ook geskryf dat die heining ‘n ‘symbol of exclusion’ is. Dis egter onwaar – eerstens is dit nie die heining wat destyds aangeplant is nie, maar slegs voorbeelde van die natuurlike plantegroei teen die berghange (amandels is daar eeu[e] lank deur die Khoina-nomade geoes en gebraai – heerlike lekkernye).

“Wilde amandels groei nie ondertoe na die Vlakte nie, want dis te sanderig en juis daarom moes die plantjies met groot moeite daar gepant word – en aanvanklik beskerm word teen herbivore en dies meer. Soos veewagters moes die plantjies toe bewaak word, maar tevergeefs. En hier is die kersie op die koek: die sterk Kaapse winde het die plantjies letterlik doodgewaai, terwyl dit te veel moeite en onkoste geverg het om die plantjies te besproei.

“Dr Sleigh, wat onlangs wéér hieroor by SASNEV (SA Sentrum vir Nederland en Vlaandere, in Pinelands) gepraat het, is oortuig dat daar geen bewyse is of die bome wat prof Compton ontdek het aangeplant is nie, maar indien wel, dit ‘n (latere) boer se heining kon gewees het, want draadheinings is eers sedert die 1860s in Suid-Afrika gebruik. Terloops, die amandelpitte is deur ‘n span Franse skipbreukelinge geplant – nie deur Van Riebeeck self nie, maar wel op sy bevel.

“Dr Sleigh beweer: ‘Omdat Van Riebeeck verwag het dat hulle ná ontkieming vyf of ses jaar sou neem om tot ‘n doeltreffende heining te groei, was ‘n tussentydse heining nodig. Daarom is die Liesbeek se walle steil afgesteek, ‘n takheining gepak en ‘n paalheining van sowat 3 km (waarskynlik van geelhout) getimmer. Die totale [paal- en amandel-] omheining was 13.4 km lank. Dit het ook Van Riebeeck se eie plaas, Bosheuwel, ingesluit.’

“En dit kan ook in talle argiewe en boeke daaróór gelees word. Ons hoef nie daaroor te spekuleer óf mites te skep nie.

“Nagedagte: Die naam Rondebosch het verwys na ‘n digte doringbos wat in Van Riebeeck se tyd op die wal van die Liesbeekrivier gegroei het. Die doringbos is in die middel uitgekap en daar is ‘n opening gemaak wat met ‘n hek gesluit het. Sodoende kan die polities-strydvaardiges dit eerder as erg diskriminerend bestempel?”