Leon Lemmer: Amy Chua oor ‘markoorheersende minderhede’

Amy Chua (gebore in 1962) is ‘n etniese Chinees en die dogter van ‘n Filippyn wat in Amerika studeer en ‘n hoogleraar in rekenaarwetenskap aan die Universiteit van Kalifornia te Berkeley geword het. Van jongs af het haar Chinese ouers haar gedryf om in bv wiskunde en klavier te presteer. Sy het regte aan Harvard-universiteit studeer en is tans ‘n professor aan Yale-universiteit. Haar ma het Rooms-Katolisisme as geloof aanvaar. Amy is met ‘n Yale-kollega, Jed Rubenfeld, ‘n Jood, getroud. Hulle twee dogters, Sophia en Louisa, is in die Joodse geloof opgevoed. Die kinders se vryheid is met Confusiaanse dissipline aan bande gelê, bv dat sukses belangriker as geluk is: “True self-esteem has to be earned” (Chua-webwerf). Geen aanspraak is op etniese bevoorregting gemaak nie, al behoort die kinders tot twee van Amerika se etniese minderheidsgroepe.

Chua het bekendheid verwerf na die publikasie van haar boek, Battle hymn of the tiger mother (Londen: Bloomsbury/Penguin, 2011, 273p; Amazon Kindle $11,39). Daarin toon sy aan watter probleme sy in haar gesin veroorsaak het omdat sy haar kinders anders as die deursnee Amerikaners opgevoed het, bv deur hulle te dissiplineer en ook in Chinees te onderlê. Die punt is dat Chua iemand is wat eerstehandse ondervinding van die werklikheid van etniese en kulturele verskille het. Sy sal nie die onnoselheid verkondig dat etnisiteit bloot ‘n sosiale konstruksie is nie. Haar situasie het haar uitnemend geskik gemaak om die boek te skryf waaroor die res van hierdie rubriek handel: World on fire: How exporting free market democracy breeds ethnic hatred and global instability (Londen: Arrow Books, 2004, 370p; Amazon Kindle $12,70).

Maar ek moet eers die aandag vestig op ‘n verskynsel in die Amerikaanse akademiese wêreld: die buitengewoon groot aanwesigheid van Oosterlinge en Jode as dosente. Dit kan onder meer toegeskryf word aan die druk wat van owerheidsweë uitgeoefen word om die belange van minderheidsgroepe te bevorder. Daar is gehoop dat veral swartes meer geredelik in akademiese poste aangestel sou word. In werklikheid doseer swartes veral die skyndissipline genaamd Black Studies/African American Studies, uitgaande van ‘n veronderstelling wat soos volg deur Samuel Johnson (1709-1784) geformuleer is: “Who drives fat oxen should himself be fat” (James Boswell, The life of Samuel Johnson, Londen: Everyman, 1992, vol 2, p 527). Amerikaanse swartes verlang dat hulle bv vanweë die destydse slawerny in groter mate as enige ander etniese groep bevoordeel moet word. By die aanstelling van dosente gee universiteite egter eerder voorkeur aan Oosterlinge en Jode.

Volgens die Wikipedia World on fire “explores the ethnic conflict caused in many societies by disproportionate economic and political influence of ‘market-dominant minorities’ and the resulting resentment in the less affluent majority … [It] examines how globalization and democratization since 1989 have affected the relationship between market-dominant minorities and the wider population.” Dit is ‘n onderwerp wat die opset in Suid-Afrika soos ‘n handskoen pas. In die nuwe Suid-Afrika word blankes deurlopend hulle relatiewe welgesteldheid verwyt. Blanke welvaart is na bewering die gevolg van die uitbuiting en onderdrukking van die meerderheid. Min erkenning word in die nuwe Suid-Afrika gegee aan die blankes (en Max Weber,1864-1920) se protestantse werksetiek, gebaseer op die begeerte om kapitalisties welgesteld te word en te bly (Kindle 775). Polities korrek mag die verweer nie wees dat blankes bv meer talentvol of toegewyd as swartes is nie. Enige sprake dat blankes in enige opsig beter as swartes kan wees, is taboe. Meerderwaardigheid en selfs elitisme word as ‘n onding beskou, want die veronderstelling is dat gelyke geleenthede gelyke uitkomste tot gevolg sal hê. Sommige plaaslike politici en hoofstroomjoernaliste is lief daarvoor om te beweer dat die grootste kloof tussen ryk en arm in Suid-Afrika voorkom. Dit is egter ‘n refrein wat volgens Chua dwarsoor die wêreld ten koste van “market-dominant minorities” aangehef word.

Pleks van die frase “market-dominant minorities” as “markoorheersende minderheidsgroepe” te vertaal, gebruik ek eerder die afkorting MDM. Chua benader hierdie verskynsel uit ‘n wêreldwye perspektief. Dit is ‘n buitengewoon ambisieuse onderwerp. Daarom is dit te wagte dat sy nie altyd gesaghebbende uitsprake lewer nie. Sy het Suid-Afrika in 1997 besoek. Sewentig [? ook op 4693] jaar lank was die swart meerderheid glo “a mass pool of uneducated, disenfranchised, dehumanized labor held in check by a police state … the apartheid regime deliberately and systematically destroyed the human capital of the black majority … In townships like Soweto, it is common for four thousand residents to share five toilets; electricity, where it exists, is generated with car batteries” (1825). Blykbaar het niemand aan haar vertel dat baie van die inwoners van owerheidsweë gratis elektrisiteit ontvang en dat baie ander eiegeregtig elektrisiteit steel nie en dat blankes verplig word om hierdie manewales te subsidieer nie.

Sy skryf oor “apartheid South Africa, where for generations a small white minority, backed by a police state, ruled the country and enriched itself on the backs of a disenfranchised, exploited black majority. Similar dynamics obtained in Namibia and Rhodesia (now Zimbabwe)” (2852). Chua is die Chinese en Jode sekerlik meer goedgesind as die blankes en veral die Afrikaners in Suider-Afrika.

Ter versagting moet ‘n mens in gedagte hou dat sy in Amerika met eensydige propaganda oor bv apartheid gebreinspoel is en dat sy blykbaar nie die moed het om haar ongewild te maak deur vir Suid-Afrikaanse blankes in die bres te tree nie. “All hopes are on South Africa. Perhaps, inspired by Nelson Mandela’s inclusive vision, the country can beat the region’s bloody record” (1788). “The main reason that South Africa’s present-day whites are so overwhelmingly market-dominant, vis-à-vis the black majority, is not because of any superior ‘entrepreneurialism’. It is because they have a gargantuan economic head start” (1825).

Teenoor die blankes in Namibië en Zimbabwe is sy net so onsimpatiek gesind. “Like South Africa, both the neighboring countries of Namibia and Zimbabwe have a market-dominant white minority who, because of their huge and hugely-undeserved [!] head starts, would under laissez-faire market conditions overwhelmingly economically dominate the black majorities around them” (1843). Wat Chua beweer, is dat hierdie blankes se welvaart nie meriete-gebaseerd is nie. Oor Namibië maak sy ook hierdie feitefout: “Following the Second World War, Namibia was annexed by a belligerent South Africa” (1850). Sy verwys na “Ian Smith’s grotesquely oppressive white rule” in Rhodesië/Zimbabwe (1869). Maar daardie Rhodesiese blankes was MDM: “Throughout the eighties en nineties [dus na onafhanklikheid in 1980], forty-five hunderd white commercial farmers produced more food than a million black farmers” (1894).

Ten spyte van hierdie growwe wanpersepsies oor Suider-Afrika heg ek waarde aan die breë benadering in Chua se boek en kom sy myns insiens tot aanvaarbare algemene gevolgtrekkings.

Chua begin haar boek deur te vertel van die lewe van haar voorouers en huidige familielede in die Filippyne, ‘n “entrepreneurial, economically powerful Chinese minority. Just 1 percent of the population, Chinese Filipinos control as much as 60 percent of the private economy” (108). “My relatives live literally walled off from the Filipino masses, in a posh, all-Chinese residential enclave … The entry points are guarded by armed, private security forces” (139). Die Filippyne beskou die Chinese “as exploiters, as foreign intruders, their wealth inexplicable, their superiority intolerable” (139). Daardie Chinese is blootgestel aan ontvoering en die eis van lospryse: “Hundreds of Chinese in the Philippines are kidnapped every year, almost invariably by ethnic Filipinos. Many victims, often children, are brutally murdered, even after ransom is paid. Other Chinese, like my aunt, are killed without a kidnapping, usually in connection with a robbery” (102). Dit klink soos ons plaasmoorde in soverre die motivering weerwraak/”revenge” is (145). Chua noem ook dat “marrying a Filipino” vir die Chinese “shameful” sou wees (77). Willie Esterhuyse misgun Afrikaners en ander blankes die aparte begraafplase wat hulle gehad het. Hy noem dit “werklik voorgeskrewe en staatsgereguleerde kollektiewe en rasgedrewe diskriminasie” (Geagte Jahwe, Tygervallei: Naledi, 2015, p 58). In die Filippyne het die Chinese egter ook ‘n eie begraafplaas in Manila (89), soos tewens ander etniese groepe (bv Jode en Indiërs) dwarsoor die wêreld.

Chua sonder uit “the three most powerful forces operating in the world today: markets, democracy, and ethnic hatred” (167). MDM “can be found in every corner of the world” (167). Ek verskaf vervolgens ‘n opsomming van die MDM wat in die boek geïdentifiseer word.

Afrika: Baganda in Uganda. Bamiléké in Kameroen. Blankes in Namibië, Suid-Afrika en Zimbabwe. Chagga in Tanzanië. Eritreërs in Etiopië. Ewe in Togo. Ibo in Nigerië: “Many Nigerians, especially Ibo, believe the explanation is genetic … achievement-oriented … stronger work ethic” (2007). Indiërs in Kenia en Zambië. Libanese in Benin, Gambië, Ghana, Ivoorkus, Liberië en Sierra Leone: “They feel they are better” (2189). Susu in Guinee. “Light-skinned” (2979) Tutsi in Burundi en Rwanda: “Successful [darker] Hutus could ‘become Tutsi'” (2979).

Asië: Bengali in Assam, Indië. Chinese in Birma/Mianmar, Filippyne, Indonesië, Maleisië, Thailand en Vietnam; selfs in Kambodja en Laos. Indiërs in Birma, Fidji en Thailand. Jode in die na-kommunistiese Rusland.* Tamils in Sri Lanka.

[* “Zioncrats” genoem (1718). “Russia was robbed in broad daylight, by businessmen who broke no laws” (1520). Suid-Afrika, anders as Rusland, het sedert 1990/1994 in groot mate pro-kommunisties geword. ‘n Aantal swartes het om etniese en kameraadredes feitlik oornag en sonder veel inspanning stinkryk geword.]

Europa: Kroate en Slowene in Joego-Slawië.

Sentraal-Amerika: “Blankes”* in Guatemala, Mexiko en Panama.

Suid-Amerika: “Blankes”* in Bolivië, Brasilië, Ecuador en Peru.

[* Die woord “blankes” word deur Chua tussen aanhalingstekens geplaas omdat grootskaalse verbastering in hierdie eertydse Spaanse en Portugese kolonies plaasgevind het. Daarom word hulle pigmentokrasië genoem (1039, 1045) in soverre hierdie MDM nog in beheer is. Breedweg kan drie etiese groepe in Sentraal- en Suid-Amerika onderskei word: “blankes” (bv Spanjaarde, Portugese, Libanese en Jode), basters/mestizo’s/mulatto’s, en Indiane (989). Diegene met ‘n ligter vel is die MDM, maar dit kan suksesvolle nie-wittes insluit: “People can essentially become ‘white’ by becoming wealthy” (1301). “Lightness of skin correlates directly and glaringly with increasing wealth and social status” (1087). “Political power have nearly always remained in the hands of the European-blooded, educated, cosmopolitan elite” (2864).]

Die belangrikste bate van die boek is myns insiens dat aangetoon word dat die twee beleide wat wêreldwyd deur die Amerikaanse regering gepropageer word, naamlik kapitalistiese vrye handel en demokrasie, in baie lande haat en etniese konflik bevorder. Dit is so omdat vrye handel kundige minderhede (bv Chinese, Indiërs, Jode en Libanese, wat handelaars by uitnemendheid is) bevoordeel terwyl demokrasie die politieke mag aan die meerderheid toevertrou. “Markets and democracy are not mutually reinforcing … markets and democracy benefit different ethnic groups” (234). “Markets concentrate wealth, often spectacular wealth, in the hands of the market-dominant minority, while democracy increases the political power of the impoverished majority,” wat dan dikwels uitdrukking in (gewelddadige) etniese nasionalisme vind (179). MDM “forment active ethnonationalist movements demanding that the country’s wealth and identity be reclaimed by the ‘true owners of the nation'” (239).

“This backlash typically takes one of three forms. [1] The first is a backlash against markets, targeting the market-dominant minority’s wealth. [2] The second is a backlash against democracy by forces favorable to the market-dominant minority. [3] The third is violence, sometimes genocidal, directed against the market-dominant minority itself” (252; ook 2283).

• ‘n Voorbeeld van [1] is die beslaglegging op blanke plase in Zimbabwe deur die regering van Robert Mugabe. Die ANC-regering is fluks op pad om dieselfde in Suid-Afrika te doen. “It is important to remember that Mugabe himself is a product of democracy” (265; ook 2310) en ‘n mens kan byvoeg, ook van terrorisme. In 1980 het Mugabe belowe “to expropriate ‘stolen’ white land” (265). Jacob Zuma sing deesdae dieselfde deuntjie. Nasionalisering is ‘n kenmerkende voorbeeld van weerslag [1].

• Weerslag [2] kan die vorm van kameraad-/”crony” kapitalisme aanneem, “from Ferdinand Marcos’s Chinese-protective dictatorship in the Philippines to President Siaka Stevens’s shadow alliance with five Lebanese diamond dealers in Sierra Leone to President Daniel Arap Moi’s ‘business arrangements’ with a handful of Indian tycoons in Kenya” (271).

• Voorbeelde van [3] is die pogings van die Serwiërs om die Kroate in Joego-Slawië uit te wis en die massaslagting van die Tutsi’s deur die Hutu’s in Rwanda. Die wydverspreide geweld wat veral sedert die jare tagtig tot op hede teen blankes in Suid-Afrika gepleeg word, kan myns insiens ook ‘n voorbeeld van sodanige weerslag, naamlik weerwraak, wees.

“Market capitalism is the most efficient economic system the world has ever known. Democracy is the fairest political system the world has ever known and the one most respectful of individual liberty” (215), maar dan moet die (oorgrote meerderheid) kiesers myns insiens ontwikkelde, ingeligte mense wees. Sommige van die nadele van demokrasie, gebaseer op algemene stemreg, kan deur die toekenning van minderheidsregte bekamp word (321). Dit word in bv Amerika gedoen, maar in Suid-Afrika is die grondwetlike onderhandelings so ondoeltreffend gevoer dat geen groep- of minderheidsregte bestaan nie.

‘n Ander maatreël wat kan help, is dat Amerika en die Weste “should not be promoting unrestrained, overnight majority rule* … the best hope for democratic capitalism in the non-Western world lies with market-dominant minorities themselves” (370). Dus, die beste hoop vir Suid-Afrika/Suider-Afrika is die blankes! MDM “are usually a crucial source of national economic vitality and growth” (4962). [* “A process of democratization no Western nation ever went through” (3418). Vir Westerse lande was demokratisering ‘n geleidelike proses: “Universal suffrage emerged in the West incrementally, over many generations” (4900). Die wagwoorde moet “gradualism and toleration” wees (4937). FW de Klerk wou egter die politieke opset eensklaps, dus rewolusionêr, verander. Hierin het hy die ANC as onverdraagsame vennoot gehad. ‘n Uiterste vorm van demokrasie is sonder ‘n mandaat van die blanke kiesers aan Suid-Afrika opgedring.]

Vir die Derdewêreld kies Chua ekonomiese welvaart bo demokrasie. “Influential writer Robert D Kaplan recently offered this general answer [in The coming anarchy (1994)]: hold off on democracy until free markets produce enough economic and social development to make democracy sustainable” (4637). “Markets first, democracy later, if at all” (4643). Pleks van “one-man, one-vote” eerder “some-men, one vote” (4657). Chua: “Adding democracy to markets has been a recipe for instability” (2271). “Putting political power into the hands of the impoverished ‘indigenous’ majority, will always be a source of tremendous potential instability” (4957). “It is dangerous to see democracy as a panacea” (302). “Democracy has to mean more than majority rule” (4878). Ook: “Americans often forget that there are many different models of democracy, even within the Western nations” (4895). Thomas Babington Macaulay (1800-1859) het selfs beweer algemene stemreg is “incompatible with property [and] consequently incompatible with civilization” (3374).

“The sobering thesis of this book is that the global spread of markets and democracy is a principal, aggravating cause of group hatred and ethnic violence throughout the non-Western world” (227). Blanke Amerikaners is nie MDM nie en daar kan nie gesê word dat demokrasie oral in die wêreld gevestig is nie. “Nevertheless, Americans today are everywhere perceived as the world’s market-dominant minority, wielding outrageously disproportionate economic power relative to our size and numbers. As a result, we have become the object of mass, popular resentment and hatred of the same kind that is directed at so many other market-dominant minorities around the world” (184). Heelwat hiervan kan nie net as weerwraak verklaar word nie, maar ook as blote jaloesie.

Chua beweer “the underlying causes of market dominance are poorly understood” (4705). Daar is egter diegene wat kulturele faktore* beklemtoon, bv “group differences in work habits” (4717). “Malaysia’s prime minister, Mahathir, for example, has often urged his Malay constituents to model themselves on their more ‘hardworking’ and commercially ‘astute’ Chinese counterparts” (4723). Sou die ANC-regering ooit swartes aanspoor om die voorbeeld van arbeidsame, toegewyde blankes na te volg? Is die weerhouding van komplimente vir blankes dalk ‘n klassieke voorbeeld van “racial ego”? (4833). [* “It is hardly clear that forced assimilation and acculturation, even if it were possible, would be desirable” (5034). Dink aan die ANC se beleid van gedwonge rasse-integrasie.]

In Suid-Afrika lewer te baie swartes met stemreg geen prositiewe ekonomiese bydrae nie. In baie gevalle is hulle ‘n finansiële las vir die land. Voeg hierby ‘n hoogs ondoeltreffende en korrupte ANC-regering. Die volgende sin kan dan as ‘n opsomming van die omstandighede in die nuwe Suid-Afrika dien: “Not enough to tax, and nearly no one who can be trusted to transfer” (4753). Die bankrotheid van ons situasie blyk bv uit die volgende: “In the West, affirmative action policies are intended to benefit disadvantaged ethnic minorities … By contrast, affirmative action policies in countries with a market-dominant minority are intended to benefit disadvantaged majorities, for example, blacks in South Africa” (4789). Dit bring ons by die huidige plaaslike vlaag van “rassisme”: “There is always the danger that government affirmative action policies will exacerbate rather than ameliorate ethnic conflict, by entrenching ethnic divisions” (4847).

Chua vind dit moeilik om die MDM-verskynsel te verklaar. Byron M Roth verwys in sy boek, The perils of diversity: Immigration and human nature (Whitefish: Washington Summit Publishers, 2011, 586p; Amazon Kindle $12,53), na wat Chua geskryf het: “In a substantial majority of cases the reasons [for MDM] can be found in differences in human capital, especially IQ. For reasons left unexplained, Chua never mentions IQ, though in most cases it is hard to ignore. For instance, in virtually every country in Southeast Asia, ethnic Chinese are overwhelmingly more successful than the local populace. Richard Lynn [The global bell curve (2008), p 237] reports that the ethnic Chinese in Southeast Asia have an average IQ of 105, while natives of the region have an average IQ of 89″ (4761). Roth is ‘n afgetrede hoogleraar in sielkunde wat groot waarde aan IK- (intelligensiekwosiënt-) meting heg. Die deurslaggewende rede waarom Chua nooit verskille in IK noem nie, is myns insiens omdat dit nie polities korrek sou wees nie. In die huidige ideologiese klimaat word, indien enigsins moontlik, etniese verskille by mense ontken.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.